solar Panels

Discuss all kind of nice gadgets and two way radios here.
Post Reply
User avatar
Hilux 1
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4124
Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
Real Name: Tertius
Club VHF Licence: HC137

solar Panels

Post by Hilux 1 »

Good day

ek gaan maar Afrikaans praat, verstaan die makliker :cooldude:

ek wil gou hoor by al die slim mense hier. Ek wil n solar panel koop, so 120w, nou wil ek weet:

sal dit my battery(2de battery) lekker aan die gang hou? ek hardloop gewoonlik net 1 Weaco 50L van hom af en dalk so 38w work light in die aande.

gaan hy goed genog wees?

waste grootte regulator moet ek saam met dit aanskaf? 10A of 20A?
Last edited by Hilux 1 on Tue Jan 19, 2016 7:59 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Hilux 1
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4124
Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
Real Name: Tertius
Club VHF Licence: HC137

Re: solar Panels

Post by Hilux 1 »

o ja, ek gaan nog n yskassie dalk daarvan wil hardloop, maar sal minder as die weaco wees. n kleintjie so 20-30L
Engel 32L - Variable from 0.5 to 2.5 AMPS Maximum.
die Weaco lyk na 7A, kan dit wees??
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: solar Panels

Post by ThysdJ »

Koop maar 'n 20A controller, dan kan jy later uitbrei... Jy behoort okay reg te kom met 'n 120W paneel.. As jy een van 4x4Direct se HCDP dc-dc chargers koop kry jy sommer 'n lekker groot MPPT solar controller ook.. tesame met 'n lekker step-up dc-dc charger om jou battery propvol juice te hou... :thumbup: :thumbup:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: solar Panels

Post by george »

Ek kan nie eintlik iets byvoeg by Thys se raad nie
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
User avatar
Hilux 1
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4124
Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
Real Name: Tertius
Club VHF Licence: HC137

Re: solar Panels

Post by Hilux 1 »

Dankie George
User avatar
Jurgen10
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 108
Joined: Fri Jan 25, 2008 10:48 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2009 Hilux 4.0 V6 Raider DC 4x4
Real Name: Jurgen
Club VHF Licence: HC239
Location: Pretoria

Re: solar Panels

Post by Jurgen10 »

Daar is baie op die 4x4 Community geskryf oor son panele vir kamp ens..

Hier is 'n goeie voorbeeld:
http://www.4x4community.co.za/forum/sho ... p?t=187502" onclick="window.open(this.href);return false;

Bereken jou krag verbruik of behoefte.

Dit sal nooit 100% reg uitwerk nie want daar is baie ander faktore wat 'n rol speel, bv. die Temperatuur in en om jou yskas ens. maar jy kan naby genoeg aan jou behoefte kom en dan daar volgens beplan.

Ons het oor desember 11 dae by Kosi baai gekamp met 2 x 85W panele, een 105Ah battery en 'n 20A PWM Charge controller.

Dit saam met die 4 tot 6 ure se krag-opwekker krag per dag wat 'n Benton BX-2 charger getrek het was genoeg gewees om die volgende aan die gang te hou sonder enige ander bronne :
1 x 40l Weaco (Yskas)
1 x 80l National Luna (Vrieskas)
3 x LED ligte in en om die kamp/tente.

Bygesê, ek het nie een keer een van die yskaste oornag afgeskakel nie en ons het Ys gemaak in die National Luna oornag.
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: solar Panels

Post by Stef »

Ditto...en mens moet maar toets en eksperimenteer ook (nie dat dit goedkoop is nie)

Ek het 'n 100W panel met 'n D250S vir die boswa (90l NL dual en 'n klompie Led's), nog nie getoets nie maar ek dink dis voldoende gebaseer op die battery vlakke na 'n naweek kamp, so jou 120W sal werk IMO.

Kyk net wat die spanning v jou son paneel is, party stoot tot 36V; maw kyk dat jou controller dit kan hanteer. Ctek bv is 22V max
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: solar Panels

Post by ChrisF »

Stef wrote:Ditto...en mens moet maar toets en eksperimenteer ook (nie dat dit goedkoop is nie)

hierdie is die "HV" - high voltage - panele.

Die standaard panele wat 4x4Direct versprei is juis die 22V panele vir ons kamp toepassings. Sou jy eerder by n pv-winkel wou koop MOET jy spesifiseer wat jy soek ....

ek het tans die volgende op my huis se dak :
36/44V panele vir die swembad pomp - van die panele is ge-custom order by 4x4Direct.

gewone 22V paneel vir die battery vir die ligte en radio

110V panele (JA, 110V PER PANEEL) vir die geyser stelsel. Voordeel is dat ek 1kW kry teen minder as 10A :cooldude:
User avatar
Johan Kriel
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 623
Joined: Sun Apr 26, 2009 8:41 pm
Town: Okahandja
Vehicle: 2.5 SC 4x4
Real Name: Johan kriel
Location: Okahandja

Re: solar Panels

Post by Johan Kriel »

Kyk ook na victron se controlers.
Johan Kriel

Legend 50
User avatar
Niel
Moderator
Moderator
Posts: 7372
Joined: Sun Jul 15, 2007 10:07 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 2014, DC, D4D 3.0, 4x4
Real Name: Niel
Location: Bellville
Contact:

Re: solar Panels

Post by Niel »

Het die naweek weer met n 90 w paneel en 105 battery gehardloop om die 50 WAECO te power en geen problem nie. So 120 w sal genoeg wees. Stem met Thys saam.
User avatar
dalkill
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1573
Joined: Wed Feb 13, 2008 8:34 am
Town: Cape TOwn
Vehicle: 2.4 GD6 SR D/C 4x4
Real Name: Shaakir

Re: solar Panels

Post by dalkill »

ek het so met so a crazy idea opgekom om vars water te kry van seewater.
die teorie is mos dieselde as om moonshine te maan :-)

kook die seewater, stoom verdamp... daar het jy dit... drinkbare water.
maar om water te kook is mos baie energie intensief (ja jy kan die plastiek metode gebruik maar ek dink stoom metode sal meet water gee). toe dink ek mos aan solar panels te gebruik.
Is dit moontlik om water te kook met solar panel?

ja, daar is ook die probleem dat die distilled water niks minerale in het nie.... maar dit is phase 2 se probleem :-)
2016 2.4GD6 SR D/C 4x4 (Oct 2022 - current) (Buraaq VI)
2007 d4d 3.0 D/C 4x4 (Mar 2016 - July 2022) (Buraaq V)
2003 Isuzu KB300 D/C 4x4 (May 2015 - Feb 2016) aka Buraaq IV
2000 hilux DC 2.7 4x4 (Jul 2011 - Sep 2012) aka Buraaq III
1999 RXI 20v (Nov 2009 - Jul 2011) aka Quicksilver
1990 hilux DC 2.2 4x4 (Jun 2008 - Jul 2011) aka Buraaq II
1997 corolla 160i GLE (Feb 2007 - Sep 2009) aka Green Goblin
1990 GLI twincam (still my fav rolla) (Oct 2005 - Mar 2007) aka Wit Blitz
Golf GTI 2.0 (temp insanity for 2months) (Jun 2005 - Aug 2005) aka A mistake
1993 hilux SC 2.2 4x4 (April 2003 - Sept 2005) aka Buraaq

TOYOTA IS MY LEWE
User avatar
Hilux 1
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4124
Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
Real Name: Tertius
Club VHF Licence: HC137

Re: solar Panels

Post by Hilux 1 »

laat weet maar of jy regkom.
User avatar
Johan Kriel
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 623
Joined: Sun Apr 26, 2009 8:41 pm
Town: Okahandja
Vehicle: 2.5 SC 4x4
Real Name: Johan kriel
Location: Okahandja

Re: solar Panels

Post by Johan Kriel »

dalkill wrote:Is dit moontlik om water te kook met solar panel?
Ja is moontlik. n Kombuis ketel trek seker so 2Kw, maw 2000 watt. Dis 20 x 100 watt panele.

Jy kan seker kleiner elemente kry, maar dan sal dit uiteraard minder water kan kook op n slag. So om water af te damp vat baie engergie.

Sal dalk goedkoper wees om die son te gebruik om te water te laat verdamp en op te vang op n manier. Maar jy sal ook n plaas se oppervlak nodig het om sinvolle hoeveelhede te kry.
Johan Kriel

Legend 50
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: solar Panels

Post by Stef »

ChrisF wrote:
Stef wrote:Ditto...en mens moet maar toets en eksperimenteer ook (nie dat dit goedkoop is nie)

Ek het 'n 100W panel met 'n D250S vir die boswa (90l NL dual en 'n klompie Led's), nog nie getoets nie maar ek dink dis voldoende gebaseer op die battery vlakke na 'n naweek kamp, so jou 120W sal werk IMO.

Kyk net wat die spanning v jou son paneel is, party stoot tot 36V; maw kyk dat jou controller dit kan hanteer. Ctek bv is 22V max
hierdie is die "HV" - high voltage - panele.

Die standaard panele wat 4x4Direct versprei is juis die 22V panele vir ons kamp toepassings. Sou jy eerder by n pv-winkel wou koop MOET jy spesifiseer wat jy soek ....

ek het tans die volgende op my huis se dak :
36/44V panele vir die swembad pomp - van die panele is ge-custom order by 4x4Direct.

gewone 22V paneel vir die battery vir die ligte en radio

110V panele (JA, 110V PER PANEEL) vir die geyser stelsel. Voordeel is dat ek 1kW kry teen minder as 10A :cooldude:

Juis net dit Chris.. :thumbup:

Interessant, ekt met iemand gperaat or Krismis wat installasies doen... juis gepraat oor die HV panels en inverters; niks van 12v bedrading en so aan nie. Ou loop sy hele huis insluitend die swemabad pomp net so op 220V met inverters, maar ons praat nou van die groot menere. Ook by gese sy hele setup trek al by R50k
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: solar Panels

Post by ChrisF »

dalkill wrote:ek het so met so a crazy idea opgekom om vars water te kry van seewater.
die teorie is mos dieselde as om moonshine te maan :-)

kook die seewater, stoom verdamp... daar het jy dit... drinkbare water.
maar om water te kook is mos baie energie intensief (ja jy kan die plastiek metode gebruik maar ek dink stoom metode sal meet water gee). toe dink ek mos aan solar panels te gebruik.
Is dit moontlik om water te kook met solar panel?

ja, daar is ook die probleem dat die distilled water niks minerale in het nie.... maar dit is phase 2 se probleem :-)

hier so 2006 het n M-tech student by die voormalige Kaapse Technikon sy navorsing gedoen oor vars water uit see water ....

sy toetsmodel was seker so meter wyd en omtrent 5m lank. Son verdamp direk die water, die stoom slaan dan vas teen die skoon perspex cover. Dan die stoom gekondenseer .....

Ek weet nie wat die resultaat was nie, in terme van tempo waarteen die water ontgin is, of selfs die prosesse om weer die gekonsentreerde soute en minerale uit die eenheid te verwyder ....

sekerlik moontlik, maar dit is beslis nie maklik nie, en jy het BAIE spasie nodig om sinvolle volumes te ontgin .....
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: solar Panels

Post by ChrisF »

Stef wrote:
ChrisF wrote:
Stef wrote:Ditto...en mens moet maar toets en eksperimenteer ook (nie dat dit goedkoop is nie)

Ek het 'n 100W panel met 'n D250S vir die boswa (90l NL dual en 'n klompie Led's), nog nie getoets nie maar ek dink dis voldoende gebaseer op die battery vlakke na 'n naweek kamp, so jou 120W sal werk IMO.

Kyk net wat die spanning v jou son paneel is, party stoot tot 36V; maw kyk dat jou controller dit kan hanteer. Ctek bv is 22V max
hierdie is die "HV" - high voltage - panele.

Die standaard panele wat 4x4Direct versprei is juis die 22V panele vir ons kamp toepassings. Sou jy eerder by n pv-winkel wou koop MOET jy spesifiseer wat jy soek ....

ek het tans die volgende op my huis se dak :
36/44V panele vir die swembad pomp - van die panele is ge-custom order by 4x4Direct.

gewone 22V paneel vir die battery vir die ligte en radio

110V panele (JA, 110V PER PANEEL) vir die geyser stelsel. Voordeel is dat ek 1kW kry teen minder as 10A :cooldude:

Juis net dit Chris.. :thumbup:

Interessant, ekt met iemand gperaat or Krismis wat installasies doen... juis gepraat oor die HV panels en inverters; niks van 12v bedrading en so aan nie. Ou loop sy hele huis insluitend die swemabad pomp net so op 220V met inverters, maar ons praat nou van die groot menere. Ook by gese sy hele setup trek al by R50k
Stefan die ingenieurs kant van die projekte is relatief maklik.

Kostes .... hang af van wat jy wil hê, en net hoeveel jy van die grid af wil wees. In die dorp is dit maklik om terug te val op eksdom as dit vir n paar dae reen, dus maklik om met minder as 100k weg te kom. Maar probeer dit op n plaas. Nou moet jy ekstra groot battery banke insit, en die prys skiet die hoogte in.

wetlike aspekte ..... DIT is die nagmerrie op die stadium !!!! Ons briljante leiers is nou al n paar jaar lank besig om nuwe regulasies te skryf juis vir die pv stelsels, EN vir hoe dit mag/moet inskakel met die eksdom grid. Tans is dit slegs Stad Kaapstad wat n amptelike dokument gepubliseer het hieroor - in kort : jy mag los-staande stelsels gebruik soos ek tans doen. sodra jy dit wil koppel aan jy huis-db moet jy aansoek doen, en en en ..... en as jy klaar is spandeer jy 200k om R174 per maand te spaar aan krag - die res van jou besparings gaan aan die Stad Kaapstad.

Daar is reeds ander munisipale areas wat praat met Stad Kaapstad om die model te gebruik.

Tans is dit omtrent net PE wat JOU betaal vir die krag wat jy lewer.
User avatar
Hilux 1
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4124
Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
Real Name: Tertius
Club VHF Licence: HC137

Re: solar Panels

Post by Hilux 1 »

Chris, om terug te kom na my oorsprinklike vraag. gaan n 120 of 100w panel genoeg wees om my battery te herlaai wyl ons kamp, met 1 x 50L Waeco of soms 2 50L weaco's?? eks mos nou met die GURU besig :wave: :wave:
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: solar Panels

Post by ChrisF »

hang af WAAR jy kamp .... :crazy: :siffler:

Kom ons werk met 2,5A gemiddelde stroom per yskas. Wanneer dit 40+ grade in Kgalagadi is gaan daai yskas omtrent 20 uur per dag werk.

Dus 20x2,5 = 50A.h (per 50 liter NL Weekender, grooter eenhede sal nog meer krag trek)

Jou battery laai teen 13,8V (die 14,5V is n kort piek), dus kan n 100W paneel n maksimum van 7A in die battery sit, as als perfek werk en die paneel 100% krag lewer. Deur die dag begin die paneel in die oggend n bietjie krag lewer, maksimum in die middag en dan weer minder laat middag. Die effektiewe gemiddelde tyd waarteen maks krag gelewer word is ongeveer 6 ure in die somer en slegs 4 ure in die winter.

Hieruit kan ons dus sê: 7x6=42 A.h.

So as jy STAAN gaan jy so 120W paneel nodig hê in die ergste Kgalagadi hitte.

'n Kombinasie van staan-en-ry deur die dag maak dit baie meer interessant om die regte solar kapasiteit aan te beveel .... beslis iets in die lyn van 100W op die dak en n Ctek250S of die HCDP Merk 4 paneel .....

Kamp teen die see waar dit nie so warm word nie en n 80W paneel kan dalk die taak perfek doen .....

Dit is dus onmoontlik om so op papier een antwoord te gee wat vir almal werk :silent:

Maar vir die meeste mense werk n 100W paneel vir EEN yskas perfek, vir 99% van hul vakansies.

die ander moderne probleem .... ons ontwerp en installeer vir die 1 of 2 yskaste .... en dan kom die inverter vir die kamera batterye, en die selfoon batterye, en die ipad, en die laptop, en die ligte, en en ......
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: solar Panels

Post by Stef »

Tertius, Soos wat Chris sê hierbo se, dis moeilik om te bepaal. Persoonlik dink ek jou 120W paneel is genoeg om jou uit te help, maar dit hang ook af hoe lank jy staan en soos Chris genoem het waar.

Soos ek hierbo genoem het, ek kan met die boswa omtrent 'n naweek en 'n bietjie gaan dan staan die battery op 10.8V , dis met 'n 90l NL yskas, paar Led's en miskien 2 keer se foon laai. Dan praat ek van warm weer in die dag en koue in die nag in Aug maand.
Ek het 'n 100W panel met 'n D250S Ctek aangeskaf; glo dit hoort my te hou vir so minstens 5 dae se staan. Ander ouens het ek gesien sit bv 2 batterye in hulle boswaens met 2 x 100W panele; dus het ek gereken 1 battery 1 paneel. Nog nie kans gehad om dit te toets nie, maar mens kan altyd panele bysit.

My groot ding is dat 'n 100W panel is al kla groot, om nog saam te ry...eish...

My advies is kry jou 120W paneel en kyk hoe werk dit v jou manier van kamp; volg Thys se raad en kry 'n groot genoeg controller indien jy sou wou uitbrei
User avatar
Johan Kriel
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 623
Joined: Sun Apr 26, 2009 8:41 pm
Town: Okahandja
Vehicle: 2.5 SC 4x4
Real Name: Johan kriel
Location: Okahandja

Re: solar Panels

Post by Johan Kriel »

Maar ek dink wat mens nie moet vergeet, is om te weet wat met jou battery aangaan. Daai NL monitors werk eerste klas. Daar is ander fensie monitors ook. Dat jy kan sien of jou setup werk en dat jy vroegtydig kan sien of jou bier nie sal warm word nie. :D:

En dan die opsies: sou die son die dag nie baie skyn nie, jy n draai kan ry om die battery vanaf die alternatoer kan laai, hetsy dc to dc of met n solenoid, en dan as jy nie die dag baie ry nie, n solar om jou deur te sien vir die dag.

Soos Chris gewys het jy kan redeik akkuraat bepaal hoeveel amp-uur die yskas sal trek oor 24, deur die dag sal hy maklik 80 to 100% van die tyd hardloop , maar hier by 9.00 in die aand raak hy meer rustig, maar ten minste 75% oor die 24 is dalk n veilige opsie noord van die Oranje rivier. Totale Ah = 0.75 x 24 x n (Ah), waar 'n' die amps is wat die yskas trek as hy loop.

In die wintier loop die yskas aansienlik minder, kan tot slegs 40% wees.

Gebruik maar die amps (close circuit) wat agter op die paneel gewys x 6 ure. As jy die paneel agter die son aanskuif kan jy nog 20% by sit. Vergeet van die Watts, tensy jy n MPPT laaier het, dan kan jy bietjie meer amps kry. As die setup in die somer werk, hoef jy nie te worry oor die winter nie. :thumbup: As jou panele minder Ah gee as wat die yskas trek, weet jy moet x uur per dag vanaf die alternater ook laat laai. x = (A-B)/Z waar A = yskas Ah, B = Solar Ah, Z = charger Amps.

Of kyk op daai NL monitor tot die battery vol is :D: (Na die alternator gestop het , so na 10 min sal hy regte stand wys).

Alles is plus - minus - naastenby , maar gee jou n goeie idee.
Johan Kriel

Legend 50
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: solar Panels

Post by Stef »

Johan Kriel wrote:Maar ek dink wat mens nie moet vergeet, is om te weet wat met jou battery aangaan. Daai NL monitors werk eerste klas. Daar is ander fensie monitors ook. Dat jy kan sien of jou setup werk en dat jy vroegtydig kan sien of jou bier nie sal warm word nie. :D:

Alles is plus - minus - naastenby , maar gee jou n goeie idee.

Darem 'n NL monitor in die bakkie vir al 2 batterye en 'n monitor in die boswa ook. Is soos jy sê... dis maar battery dophou en die plus/minus ongeveer teorie wat jy dan net moet toets
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: solar Panels

Post by ChrisF »

om meer filosofies as tegnies te wees ......

watter dak spasie het jy ? Wat is die maksimum panele wat jy kan opsit ?

maak nie sin om wiskunde te doen as die voertuig net spasie het vir byvoorbeeld 2x80W panele nie ...

dan die ander bekerkende faktor - jy wil regtig nie meer as 12A in die battery indruk nie ... 12A x 13,8V is 165W .... en daar is ons weer terug by die gewilde 2x80W panele ....
User avatar
Gemsbok
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 73
Joined: Tue Feb 21, 2012 12:46 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Hilux 4.0 V6 DC 4x4 AT
Real Name: Lappies
Club VHF Licence: HC186

Re: solar Panels

Post by Gemsbok »

Wat is die afmetings van hierdie verskillende panele? Kan mens die panele bo-op jou canopy monteer? Indien wel, kan dit nie beskadig raak deur byvoorbeeld hael of klippe nie?
User avatar
Johan Kriel
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 623
Joined: Sun Apr 26, 2009 8:41 pm
Town: Okahandja
Vehicle: 2.5 SC 4x4
Real Name: Johan kriel
Location: Okahandja

Re: solar Panels

Post by Johan Kriel »

Daai panele is taai, kom nie somer iets oor nie. Jy kan hom maar daar monteer.

Ek hou myne in aparte sak, met n lang draad, om in die koelte te kan stop.

Chris, ja soos jy se, iewers het jy n beperking, en dit sal ook bepaal wat jy moet doen of nie doen nie, of hoe fyn jy moet beplan ens.

Geld is seker die mees algemene een :D:

Ek het n toer vriend wat elke trip sukkel met sy stelsel. Hy gebruik 2 leisure tipe aux battery, 2 yskaste, die NL laai stelsel, en hy het n 80 amp alternator. The aux battery laai net nie vol nie.

My vemoede is die NL is die verkeerde stelsel met die batterye wat hy gebruik, maar hy glo my nie. :D:
Johan Kriel

Legend 50
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: solar Panels

Post by ChrisF »

Johan Kriel wrote:Daai panele is taai, kom nie somer iets oor nie. Jy kan hom maar daar monteer.

Ek hou myne in aparte sak, met n lang draad, om in die koelte te kan stop.

Chris, ja soos jy se, iewers het jy n beperking, en dit sal ook bepaal wat jy moet doen of nie doen nie, of hoe fyn jy moet beplan ens.

Geld is seker die mees algemene een :D:

Ek het n toer vriend wat elke trip sukkel met sy stelsel. Hy gebruik 2 leisure tipe aux battery, 2 yskaste, die NL laai stelsel, en hy het n 80 amp alternator. The aux battery laai net nie vol nie.

My vemoede is die NL is die verkeerde stelsel met die batterye wat hy gebruik, maar hy glo my nie. :D:
uhm ja ..... :blackeye: ook daai skoolgeld betaal !

nou moet jy nog net byse dat sy batterye agter in die voertuig is .....

DIE tipe stelsel is net goed vir n paar dae in KOEL weer ... dan moet daai batterye deur eskom gelaai word .....
User avatar
Hilux 1
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4124
Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
Real Name: Tertius
Club VHF Licence: HC137

Re: solar Panels

Post by Hilux 1 »

ja het het plek om 1 x 120w panel te mount op die bestaander roof rack. EN my battery sit agter in die bak
User avatar
Johan Kriel
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 623
Joined: Sun Apr 26, 2009 8:41 pm
Town: Okahandja
Vehicle: 2.5 SC 4x4
Real Name: Johan kriel
Location: Okahandja

Re: solar Panels

Post by Johan Kriel »

ChrisF wrote:nou moet jy nog net byse dat sy batterye agter in die voertuig is .....
Hoe't jy geweet :thumbup:
Johan Kriel

Legend 50
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: solar Panels

Post by Stef »

ChrisF wrote:

maak nie sin om wiskunde te doen as die voertuig net spasie het vir byvoorbeeld 2x80W panele nie ...

dan die ander bekerkende faktor - jy wil regtig nie meer as 12A in die battery indruk nie ... 12A x 13,8V is 165W .... en daar is ons weer terug by die gewilde 2x80W panele ....

Ek dink mens moet maar 'n controller/charger hê wat 'n goeie "range" het van inset en las...dis hkm ek nogal vd D250S hou (ja ek stem dis waaaay te duur eintlik), kan nog batterye of panele bysit, die ding sal self uitwerk wat is nodig.

My 100W panel druk so 5A wat ek dink genoeg is; sal nog 'n 100W oorweeg om daai laaste son te melk in di middag waneer jy nie meer 5A per panel kan kry nie, maar ek wil beslis nie nog 'n kamp opslaan vir 'n solar farm nie :mrgreen:
Post Reply

Return to “Electronic Gadgets and Radios”