Page 1 of 1

Happy new Prado owner - new shocks and new Muds!!

Posted: Wed Nov 22, 2017 4:37 pm
by DanabaaiDaan
Nou ja - daar is hy !! After hopping around on the internet and listening to advice/input, I finally took the plunge into financial obscurity!!

Got the shocks fitted by the local Supaquick in Mosselbaai - Monroe 4x4 Adventurer shocks with a 3yr guarantee (but extended to lifetime guarantee by paying R50 per shock xtra!!) . They couldn't believe when they took out the original Prado shocks with 403 000 kms on the and not even leaking oil yet !! But ja - hulle was murtu!! If I drove over a R2 coin I would be able to tell you if it was heads or tails !!

Then today got the GT Radial 265/75/16 Adventuro MT's from Tyres & More in George (great bunch of guys!) who also alerted me to wear on tear on the steering rack ends - they sommer replaced them as well, and then completed the "gratis" wheel alignment ! En ja - hulle sing mooi soos n swerm "angry" bye, soos n MT moet !!

With the new shocks and muds the Prado gained an average lift of +- 20mm! (although this was never really the intention - ek sukkel klaar genoeg om in te klim soos dit is !)
1.jpg
2.jpg
3.jpg
Nou is dit eers klaar "gespend" !! Nou spaar ons vir petrol om vroeg in volgende jaar bietjie te gaan kamp - dalk eers sommer net hier naby in die Bontebokpark vir n "langnawekie" en dan hopelik iewers na die einde van Maart bietjie n 9-10 dae trippie iewers in die Karoo in - en daai gaan beslis weer n besoek aan die Hel insluit !!

Groete van n bankrot Daan!!

Re: Happy new Prado owner - new shocks and new Muds!!

Posted: Wed Nov 22, 2017 5:22 pm
by Mud Dog
Looking good Daan!! :thumbup:
You wrote:If I drove over a R2 coin I would be able to tell you if it was heads or tails !!
:laugh2:

Re: Happy new Prado owner - new shocks and new Muds!!

Posted: Wed Nov 22, 2017 5:30 pm
by DanabaaiDaan
Thanx Andy!!

Re: Happy new Prado owner - new shocks and new Muds!!

Posted: Wed Nov 22, 2017 7:11 pm
by JohanM
Baie mooi Daan. Die lift is maar omdat die band n omtrek vergroting het van so 25mm in deursnee teenoor die bande wat op was. Iets wat jy sal oplet is dat die voertuig gaan wel bietjie swaarder wees op brandstof allround. Dit is die band grote asook die MT loopvlak. Dan sal ek voorstel dat jy begin spaar en die rack ends vervang asook seker maak die upper en lower balljoints nie speling het nie. Indien hulle speling het, vervang hulle gou want dit is n safety critical deel van die voertuig. Dan is jy reg vir enige plek/tyd/terrein om te verken.



Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Happy new Prado owner - new shocks and new Muds!!

Posted: Wed Nov 22, 2017 8:32 pm
by DanabaaiDaan
Dankie Johan ! Ons het toe sommer vandag die rack ends terselftertyd vervang, maar ek sal bietjie let op die ball joints ook.

Re: Happy new Prado owner - new shocks and new Muds!!

Posted: Thu Nov 23, 2017 2:56 pm
by Mars
Dit lyk nou regtig netjies! Geniet hom!

Re: Happy new Prado owner - new shocks and new Muds!!

Posted: Thu Nov 23, 2017 9:10 pm
by george
Baie nice :thumbup: luister na Johan se raad oor die ball joints.ongelukkig is dit die prado se swak punt

Re: Happy new Prado owner - new shocks and new Muds!!

Posted: Tue May 22, 2018 3:01 pm
by DanabaaiDaan
Het weer n trip Kaapstad toe gedoen, eerste keer met die Mud Terrains op. My vorige beste brandstofverbruik was 8.2 km/l.

Hierdie keer het ek net oor die 7 km/l gekry, insluitend swaar verkeer gedeelte tussen Somerset Wes en Simonstad, en Simonstad na middestad die volgende oggend. Ek is doodtevrede hiermee en BAIE happy met die Grandtrek Adventuros!

Re: Happy new Prado owner - new shocks and new Muds!!

Posted: Tue May 22, 2018 3:47 pm
by Mud Dog
Glad nie te sleg nie in vergelyking met jou beste vorige verbruik as jy in ag neem dat daar gedeeltelik swaar verkeer was asook die meer aggressiewe loopvlak van die nuwe bande. En dit nogal van 'n V6 wat 'n reputasie het om te wil suip. :thumbup:

Re: Happy new Prado owner - new shocks and new Muds!!

Posted: Tue Mar 14, 2023 3:48 pm
by DanabaaiDaan
Goeiedag Prado vriende! Ek het n probleem met my 2002 Prado VX V6 3.4L se alternator gekry. Die auto elec se hy kry nie parte nie (regulator en diode plaat?) Ek kan wragtag nie die R12 000 bekostig wat die agente wil he vir n nuwe een, en die 95-98 modelle se alternator is te groot en pas nie. Myne lyk baie soos die een wat op n 2700i Hilux pas.

Is daar slim manne met goeie planne vir my? Help asb!