Page 1 of 1

2014 prado kdss problems

Posted: Wed Jul 30, 2014 10:40 pm
by Renierwolf
Naand mense. Ek hoop daar is iemand wat my so n bietjie kan help. Of wat sou julle in die volgende geval gedoen het:
Ek het n 2014 Prado 150 vx 3.0 d4d. En staan nou op 11500km. Hy was al in die 6 maande wat ek hom het 8 keer by toyota gewees vir sy suspension. Die kdss sisteem gaan le aan die regter kant. Die blerrie new part fitters kry dit net nie reg nie. Het die saak al 2 keer by toyota sa geraporteer. Nou wil hulle n spacer op die regter kantste coil sit om die level reg te kry. Is dit n goeie ding om n spacer net op een coil te sit?
Gaan die enigsins die ry gemak beinvloed?
Is daar enige iemand wat al dieselfde probleem ervaar het?
Hoop daars iemand wat my kan help!
Dankie

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Wed Jul 30, 2014 10:52 pm
by Thabogrobler
Nee wat, dis tyd dat Toy vir jou 'n nuwe kar gee. Jy het betaal vir 'n nuwe kar wat reg is, nie een met 'n spacer om 'n ander fout te verbloem nie!

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Thu Jul 31, 2014 5:44 am
by Renierwolf
Ek voel ook dat hulle nie die probleem uitorteer van die kdss wat collapse nie. Daar moet verseker iets fout wees dat dit gebeur. Nou maak hul n plan om net die voertuig gelyk te kry. Die probleem bly daar! Ek het gister voorgestel dat hulle hom maar moet inruil en n nuwe een weer gee. Hulle kan dan met die probleem sit. Om so duur vir n voertuig te betaal wat probleme gee is nie meer aangenaam nie.

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Thu Jul 31, 2014 7:56 am
by jacques kotze
As hulle n spacer insit dan maak hulle mos n fout met n fout reg. Hulle sterte, vir die bedrag van n Prado kan hulle maar sukkel tot hy reg is soos een wat jy voor betaal het.

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Thu Jul 31, 2014 8:31 am
by Mud Dog
Probeer "Hello Peter" ............

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Thu Jul 31, 2014 12:58 pm
by Rianc
Daar is geen manier dat jy die modifikasie kan aanvaar nie punt! Hulle maak hom of reg deur alle relevante onderdele te vervang of jou voertuig om te ruil! As Hudayi dit destyds vir my kon doen, sekerlik kan iemand soos Toyota dit doen!

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Thu Jul 31, 2014 1:09 pm
by LouisZ
I know on the 1st few L/C 200 there is issues with the kinetic suspensions, the older they get the more they lean to the front RIGHT. As these vehicles are sometimes out of their warranties Toyota still fit the 20mm front spacer to this to level them. This is done FREE of charge.

Now, in you case. They must get the kinetic to work properly. It still under warranty, the spacer do not apply to the problem as as one can see in the consumer act. The problem have to fixed with same parts etc. If the problem cant then they have to help with a new vehicle.

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Thu Jul 31, 2014 8:07 pm
by Renierwolf
Dankie julle. Ek Het al begin dink ek raak onnodig moeilik.... Ek het vandag weer die prado terug gekry. Al wat hulle se is dat hy nou "level" is..... Ek vra die volgende simpel vraag vir die werkswinkel bestuurder: as jou niere oppak en jou gesig raak geel. En die dr gee jou n vel room om die kleur van jou vel weer reg te kry. Het hy die probleem van jou niere aangespreek of nie.???
Hulle kon my nie antwoord nie.
My volgende stelling aan hulle was. As ek nou die prado oor n jaar of twee wil inruil, gaan hulle my gee vir hom wat ek moet kry of gaan hulle my minder aanbied omdat hy al so baie by hulle was en nogsteeds nie die probleem uitgesort het nie. Die een het net gese: laak ontslae van hom nou...
Nou wag ek dat hulle my n goeie "deal" maak. Ag ek raak sommer weer de hel in.

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Thu Jul 31, 2014 8:47 pm
by pietpetoors
Daar is geen frieken manier nie, dit is onaanvaarbaar, hulle kan nie net 'n spacer wil insit nie, hulle is new part fitters, hulle moet die nuwe part bestel en fit.

Dit laat 'n mens se bloed kook.

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Thu Jul 31, 2014 9:22 pm
by Baasvark
Onaanvaarbaar!
CPA ACT!!!
Dreig om koerante toe te gaan, Carte Blanche en wie nog. Laatmaak moerse stickers wat jy op jou voertuig plak en stop hom buite hulle besigheid. Maak nie saak wat nie maar jy kan dit nie aanvaar nie.
Kry 'n prokerower om 'n brief te skryf. Kry mense wat vingers en bene breek....Dreig hulle met die sangoma :D
Wat ook al dit neem, laat hulle jou voertuig vervang! Never mind reg maak!
As jy genoeg lawaai maak sal jy jou sin kry. Maak ook seker dat hulle nie 'n spacer ingesit het nie!

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Thu Jul 31, 2014 10:04 pm
by pietpetoors
Ek dink 'n goeie begin kan wees as hulle die hele agter suspensie vervang met 'n nuwe.
As dit nie werk moet dit die comuter boks wees wat dan ook met nuwe vervang word.

Met sulke lae kilos moes hulle al lankal ophou rondneuk het en die goed vervang het wat foutief is.

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Fri Aug 01, 2014 9:13 am
by LouisZ
Die Kinetic suspensie werk voor en agter. Dit moet as geheel vervang word.

Die voertuig is onder waarborg(PUNT)

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Fri Aug 01, 2014 10:22 am
by Baasvark
Ons kry die sort behandeling omdat ons te "ordentlik" is om 'n bohaai op te skop!

Soos Louis gese het, DIE VOERTUIG IS ONDER WAARBORG!!!

Ek deel self met kliente en as daar 'n problem is sort ek dit altyd uit TOT VOORDEEL VAN DIE KLIENT!

Dis nie te se ek glo die klient is altyd reg nie! Alles behalwe, maar in jou geval het jy 'n regverdige klag!

Het jy al ooit gedink as jy (of joune) iets moet oor kom as gevolg van hulle laslap plan? Of dalk die volgende eienaar?

Stick to your guns! Maak dit vir hulle warm TOT DAT hulle ingee.
Paar jaar terug het 'n pel van my 3 ratkaste in 30 000km op sy Toyota gehad.Nuwe bakkie!
Op die ou einde het hulle hom 'n nuwe bakkie gegee met 'n minimale bybetaling!

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Fri Aug 01, 2014 10:27 am
by pietpetoors
Op die ou einde het hulle hom 'n nuwe bakkie gegee met 'n minimale bybetaling!
en in 'n geval soos die voel ek self om inbetaling van kliënt te verwag is absolute twak.

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Fri Aug 01, 2014 10:32 am
by pietpetoors
Op die ou einde het hulle hom 'n nuwe bakkie gegee met 'n minimale bybetaling!
en in 'n geval soos die voel ek self om inbetaling van kliënt te verwag is absolute twak.

Dink net hoeveel ongerief moes die kliënt verdra om die voertuig 3 keer terug te neem vir nuwe ratkas. Heel moontlik 3 keer moes verlof insit of 3 keer moes afvat by werk. 3 keer moes ander kar reel, etc etc etc. en dan het hulle die vermeetelheid om te verwag die kliënt moet inbetaal. &^$&^%$^#

Ek spoeg sommer vuur

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Fri Aug 01, 2014 10:42 am
by LouisZ
Geen inbetaling.

Nou net met een van my kliente gepraat. Hy het 'n Mercedes Vito bus nou vir so 10 maande, in die tydperk was die ding al elke maand in vir 'n briek fout.

Hy het gister die ding teruggevat, Mercedes het gereel om sy geld terug te gee en koop nou 'n Toyota 200VX. Hulle kon die problem nie regmaak wat die klient gelukkig hou nie. Hulle het hom 'n aanbod op 'n ander Mercedes gemaak maar het dit van die hand gewys.

Wys jou. Hou die druk en moet nie opgee.

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Fri Aug 01, 2014 11:59 am
by Renierwolf
Dankie julle. Ek moet se ek ref hulle oor dit. Nou net n oproep van toy SA gekry en gevra of ek nou gelukkig is. Ag jis manne toe verloor ek dit!!!! Volgens hul is die voertuig mos nou gelyk. Wat is dan die probleem. Ek het net gese die probleem is dat die voertuig se sisteem nogsteeds ingegee het en hulle maak dit met die spacer net gelyk. Die flippen probleem bly nogsteeds daar. Hulle gaan nou reel dat ek hom weer moet invat. Ek het net gese dan vat ek n ander een.
Ek kan nie glo dat n mens so moet sukkel nie....

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Sat Aug 02, 2014 9:25 am
by Rianc
Wil jy vir my sê hulle wragtig 'n spacer gaan insit!!!!! Dis mos 'n modifikasie ne? Volgens Toyota se waarborg mag geen modifikasies aan jou voertuig gemaak word nie en sal sodoende die waarborg totniet maak, wel dis nou as jy dit self sou doen! Ry jou voertuig in die vertoon lokaal in, parker hom, klim in 'n ander een en ry weg! Los vir hulle R400 rand vir die skoonmaak van die een wat jy daar los. Staan net sterk! Ek word as VIP hanteer nadat ek so erg tekere gegaan het oor die betaling van die spiral (airbag lig), dat hulle die ander kliente wat daar was te vra om na veiligheid toe te gaan.

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Sun Sep 28, 2014 4:57 pm
by pietpetoors
Renier wat het van jou Prado probleem geword? Is dit al uitsorteer?

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Sun Apr 03, 2016 9:09 pm
by Renierwolf
Hi Piet.
Sorry , is nou weer terug op die forum.
Nee, dis al 2 jaar se probleme. Baie emails na toy sa en nog niks nie. Hulle (4 verskillende agente) se my reguit hulle soek nie daai prado op hul vloer om te verkoop nie. Of hulle se hulle gee my so tussen 80k tot 100k onder boekie waarde. Ek sal dit maar toy se probleem hou en n extended warranty uitneem...


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Sun Apr 03, 2016 9:11 pm
by Renierwolf
ImageUploadedByTapatalk1459710980.119363.jpg
Dis hoe die (spacer) al lyk...


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2014 prado kdss problems

Posted: Sun Apr 03, 2016 9:13 pm
by Renierwolf
ImageUploadedByTapatalk1459711076.143945.jpg
ImageUploadedByTapatalk1459711113.180241.jpg

Sent from my iPhone using Tapatalk