Page 1 of 1

Toyota hilux front diff swop

Posted: Mon Nov 13, 2017 12:07 pm
by Hiluxmadness
Dagse mede 4x4 eienaars
Ek is nuut op die forum so weet nog nie lekker hoe dit werk nie
Ek wil eerstens begin by te vra of julle my kan help,ek het die hele internet al rondgesoek maar kry nie veel na wat ek soek nie
Ek het n Toyota hilux 4.0 V6 en ja hou baie van 4x4 so alles loop goed en mooi maar my probleem nou is dat ek hom nog wil lig maar dit word beperk op die voorste subspensie en nou wil ek begin kyk na diff swop,om die IFS uit te sny en vaste diff met vere in te sit
1ste vraag is of een van julle die projek al aangepak het?
Ek brand om dit te doen so ek luister graag dankie :thumbup:

Re: Toyota hilux front diff swop

Posted: Mon Nov 13, 2017 1:20 pm
by Stef
Welkom!

Hele paar ouens het dit al op die IFS Hiluxe gedoen (dis nou die KZTE se shape). Soek vir "Solid Axle Swop"...hier is een vd resultate viewtopic.php?f=8&t=11357&p=126643&hili ... op#p126643

Re: Toyota hilux front diff swop

Posted: Mon Nov 13, 2017 2:14 pm
by Mud Dog
Welkom Herman! :thumbup:

Ja, dit is al baie gedoen, varal met die eerste IFS modele en daar is 'n paar sulke omboudings wat hier op dir forum gepos is met prente. Gebruik die "Search" funksie en soek na "SAS" (afkorting vir solid axle swop) of selfs vir "solid axle swop". Kan nie onthou of daar iemand 'n SAS met 'n Vigo model hier op die forum gedoen het nie.

Voorspoed! :winkx:

Re: Toyota hilux front diff swop

Posted: Tue Nov 14, 2017 7:03 am
by FIRSTGEER
Welkom Herman