Page 1 of 1

Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Sun Aug 14, 2016 5:39 pm
by swifty
Nadat ek my plaas in die Tankwa verkoop het, het die nuwe eienaar besluit om die Koedoesberg 4x4 roete op die plaas te sluit. Dit was vir my 'n groot terleurstelling, ek het hard gewerk om die roete aan die gang te kry. Ek het toe 'n plaas in die Sutherland omgewing gekoop, en ek moes eers werk om 'n skaap kudde op te bou en die boerdery aan die gang te kry. Maar nou na 3 jaar het die 4x4 gogga my weer gebyt en ek het nou 'n lekker roete op my plaas gebou. Dit is 13 km lank met 'n 12 km gruispad terug na die plaas. Ek skat dit 'n gradering 3-4.
Ek het ook selfsorg eenhede op die plaas wat 14 persone kan huisves. Die kampeerplek behoort teen November gereed te wees. Dit is langs die Rhenoster rivier gelee.
Sien http://www.discoversutherland.co.za/acc ... guestfarm/" onclick="window.open(this.href);return false;

Hilux groete,

Martin

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Sun Aug 14, 2016 5:46 pm
by george
Jis Martin.bly om te hoor dit gaan goed.wanneer kan ons kim kuier

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Mon Aug 15, 2016 6:23 am
by CasKru
Lekker man... wens julle vele sukses toe

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Mon Aug 15, 2016 6:31 am
by Mud Dog
Mooi, Martin! Alles van die beste! :thumbup:

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Mon Aug 15, 2016 6:44 am
by swifty
george wrote:Jis Martin.bly om te hoor dit gaan goed.wanneer kan ons kim kuier
Hi George, goed om weer van jou te hoor! Julle is altyd welkom! J & M was die naweek hier en hulle het dit baie geniet. Ongelukkig met die platkar gekom, maar J het met my Hilux die roete gedoen. Hy like! :thumbup:

Martin

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Mon Aug 15, 2016 6:48 am
by ChrisF
Martin kan mens tot by die kamplek kom met die platkar ?

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Mon Aug 15, 2016 7:04 am
by swifty
ChrisF wrote:Martin kan mens tot by die kamplek kom met die platkar ?
Hi Chris,

Ongelukkig nie. Sal maar in een van die selfsorg eenhede moet bly as die 4x4 in is vir diens! :mrgreen:

Martin

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Mon Aug 15, 2016 8:01 am
by ChrisF
Reg so :)

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Mon Aug 15, 2016 2:28 pm
by swifty
CasKru wrote:Lekker man... wens julle vele sukses toe
Mud Dog wrote:Mooi,Martin! Alles van die beste :thumbup:
Dankie vir die goeie wense, miskien sien ek julle eendag op die roete!

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Mon Aug 15, 2016 4:51 pm
by TertiusK
Hi Martin.

Dit klink lekker!!! Sal later die jaar beslis so n kuiertjie daar by julle moet inwerk.

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Mon Aug 15, 2016 5:09 pm
by GI Jane
Hi Martin, ons het jou vorige 4x4 roete lekker gery en geniet, en ook op jou vorige plek gekamp... goed om te hoor jy is weer met n 4x4 roete besig. sal graag n plan maak om by julle uit te kom.... alles van die beste met jou nuwe plekkie...

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Mon Aug 15, 2016 7:22 pm
by FIRSTGEER
Best of luck Martin with your new farm and 4x4 venture and thanks for making it available for the guys

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Mon Aug 15, 2016 7:37 pm
by louis fourie
Martin

Wat gaan jou kamp tariewe wees?

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Mon Aug 15, 2016 8:23 pm
by swifty
louis fourie wrote:Martin

Wat gaan jou kamp tariewe wees?
Hi Louis, ek kyk na R200/voertuig/aand ongeag die hoeveelheid insittendes. Daar sal 'n donkie wees vir warm water en sonkrag ligte in die ablusie.

Martin

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Mon Aug 15, 2016 9:57 pm
by ROOFER
all of the best with the new venture and stay warm !! in Sutherland !

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Tue Aug 16, 2016 6:23 am
by swifty
'n Paar fotos van die roete:
SAM_2448.jpg
SAM_2454.jpg
SAM_2444.jpg
SAM_2440.jpg
SAM_3144.JPG
SAM_3100.JPG
'n Paar fotos van die kamp plek wat teen die einde van die jaar gereed sal wees. Die eerste foto is die toegangs roete na die kamp plek waar jy reeds 'n 4x4 nodig sal he:
SAM_2410 (1).JPG
SAM_2409 (1).JPG
SAM_2405 (1).JPG



Hilux groete, Martin

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Tue Aug 16, 2016 9:41 am
by GI Jane
looking good Martin... thanks for the photo's

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Sat Aug 20, 2016 9:44 pm
by Niel
Hi Martin. Bly om te hoor die dinge gaan goed. Jou plekke lyk baie nice. Gaan kom inloer as ek in daai omgewing is. Sterkte met die verdere planned.

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Sun Aug 21, 2016 1:18 pm
by swifty
Baie dankie vir die goeie wense van almal, ek sal laat weet sodra die kamp plek gereed is :thumbup:

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Wed Sep 07, 2016 9:23 pm
by the BuTch3R
Looks really inviting! Well done Martin, and best of luck.

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Thu Sep 08, 2016 6:40 am
by Mud Dog
Lekker! :thumbup:

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Thu Sep 08, 2016 6:55 am
by Rigger
Wat as my Hilux nou gly op al die olie wat daai Defender gemors het op die roete?

Lyk baie mooi en lekker roete!!

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Sat Dec 03, 2016 2:26 pm
by swifty
Uitendelik is die kamp plek gereed. Kan net met 'n 4x4 bereik word. Beplan om volgende 'n boma met pit braai te bou.

http://www.discoversutherland.co.za/acc ... guestfarm/" onclick="window.open(this.href);return false;

download/file.php?mode=view&id=92424" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Sun Dec 04, 2016 12:18 pm
by Haboob
Wish you the very best on your new venture.
Somewhere you must include pensioners rates?

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Sun Dec 04, 2016 6:26 pm
by swifty
Haboob wrote:Wish you the very best on your new venture.
Somewhere you must include pensioners rates?
10% discount for pensioners :thumbup:

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Mon Dec 05, 2016 4:25 pm
by Thunder02
That looks stunning, best of luck with the new adventure :thumbup:
Going to put it on my list of "too do"

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Fri Dec 09, 2016 4:10 pm
by Dadz Toy
Awesome Martin, glad you're settled up there now.

Will deffo make a plan to make a turn by you soon.

All the best mate

Rich :cooldude:

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Sat Dec 10, 2016 1:42 pm
by swifty
Dadz Toy wrote:Awesome Martin, glad you're settled up there now.

Will deffo make a plan to make a turn by you soon.

All the best mate

Rich :cooldude:
Hi Rich, Long time no hear! Looking forward to your vivit :thumbup:
Martin

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Tue Nov 21, 2017 8:43 am
by swifty
Stofkraal 4x4 roete is in die Desember uitgawe van SA4X4 :D:

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Tue Nov 21, 2017 10:29 am
by pietpetoors
Wonderlik, ek gaan hom beslis koop.

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Tue Nov 21, 2017 11:15 am
by Hilux 1
swifty wrote: Tue Nov 21, 2017 8:43 am Stofkraal 4x4 roete is in die Desember uitgawe van SA4X4 :D:
wat het hulle hom gegradeer? en kan jy n paar pryse deurgee asb. vir verblyf etc.

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Tue Nov 21, 2017 12:57 pm
by swifty
Hilux 1 wrote: Tue Nov 21, 2017 11:15 am
swifty wrote: Tue Nov 21, 2017 8:43 am Stofkraal 4x4 roete is in die Desember uitgawe van SA4X4 :D:
wat het hulle hom gegradeer? en kan jy n paar pryse deurgee asb. vir verblyf etc.
Hulle gradeer hom as 'n 1-4+
Selfsorg eenhede wissel van R500/aand vir die Tarentaal kothuis (slaap 4), R600/aand vir die Donkie kothuis (slaap 4) en R970/aand vir die ou plaashuis (slaap6) . Backpackers (bring eie slaapgoed en handdoeke) slaap 6 en kos R80/persoon/aand.
Kampering kos R250/voertuig/aand en die begeleide roete R200/voertuig.
Ons bedien ontbyt op versoek teen R75/person en verkoop hout teen R20/bondel en ys teen R10/sakkie.
Dan het ek 'n "Farmbrew" bier (Ale en Stout) maar sonder 'n lisensie mag ek nie verkoop. Skenk dit in ruil vir 'n donasie :thumbup:

Martin

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Tue Nov 21, 2017 1:09 pm
by pietpetoors
Dis baie mooi daar, moet beslis op klub se kortlys van roetes wees vir volgende jaar.

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Thu Nov 23, 2017 7:08 am
by swifty
pietpetoors wrote: Tue Nov 21, 2017 1:09 pm Dis baie mooi daar, moet beslis op klub se kortlys van roetes wees vir volgende jaar.
Pieter as julle 5 of meer voertuie bymekaar kry kan ek die Hilux manne 50% afslag gee op die kampering en begeleide roete. Op die selfsorg eenhede kan ek 15% afslag aanbied.

Martin

Re: Hallo uit 'n koue Sutherland

Posted: Fri Nov 24, 2017 2:05 pm
by pietpetoors
Daai klink na 'n bargain