Page 1 of 1

Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Wed Oct 12, 2016 10:04 pm
by Niel
Is daar iemand wat weet wat die beplande veranderinge aan die vuurwapen Wet gaan wees wat in Nov 16 verwag word?

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Thu Oct 13, 2016 12:43 am
by coetzer94
Sal graag ook wil uitvind, het vroeer van week my jagwapen lisensie aansoek ingedien.

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Thu Oct 13, 2016 5:51 am
by Rigger
Ai tog weer 'n verandering? Gelukkig het ek net so maand gelede my handwapen lisensie gekry. Baie dankbaar daaroor

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Thu Oct 13, 2016 7:51 am
by Stef
Gaan dit seker net nog makliker maak om wettige wapens uit wets gehoorsame burgers se hande te kry reguit in die kriminele s'n in.

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Thu Oct 13, 2016 9:57 am
by Dirka
Niel..hier's wat ek kon onthou so uit die vuis uit..
1. Alle vuurwapens moet ballisties getoets en op rekord geplaas word.
2. Alle vuurwapens moet ge-'Microdot' word.
3. Die minimum straf vir vuurwapen oortredings word verhoog.

Daars nog...maar kan nie alles onthou nie.

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Thu Oct 13, 2016 2:43 pm
by Rigger
Dirka wrote:Niel..hier's wat ek kon onthou so uit die vuis uit..
1. Alle vuurwapens moet ballisties getoets en op rekord geplaas word.
2. Alle vuurwapens moet ge-'Microdot' word.
3. Die minimum straf vir vuurwapen oortredings word verhoog.

Daars nog...maar kan nie alles onthou nie.
Weet jy dalk hoe dit huidige vuurwapen eienaars beinvloed? Of sal dit met hernuwing van lisensie dan moet plaasvind?

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Thu Oct 13, 2016 3:15 pm
by Dirka
Ek het geen idee nie Martiens.
Ek dink die beste is om maar te wag en kyk wat die feite is..

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Thu Oct 13, 2016 3:24 pm
by Rigger
Ai tog dit maak mens moedeloos. Dis presies wat iemand vroeer gese het dat hulle die wapens uit wetgehoorsame burgers se hande wil he

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Thu Oct 13, 2016 10:29 pm
by Dowe Koos
Naandsê almal, weet nie of ek uit my beurt praat nie, maar Stalin het eenkeer gesê solank wat die Amerikaanse konsitusie loelaat dat die Amerikaanse burgers wapens mag hê sal hulle nooit Amerika kan oorneem nie. In ons geval is dit maar dieselfde, wanneer ons wetgehoorsame burgers nie meer wapens mag hê nie is dit verby met ons vryheid, dit sluit wit en swart in. Daar het julle dit.

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Fri Oct 14, 2016 7:54 am
by Thabogrobler
Soek vir Kevin op - hy is/was mos DFO?

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Fri Oct 14, 2016 8:50 am
by dalkill
I applied for the licence renewal many years ago... never got white card i think new one is, never got notification to say it was ready...

when i noticed my competency expired, i went to renew again. They said i'm already on the new licencing system. So i renewed in March 2015. I followed up in Aug 2015 and was told all late application is in bellville somewhere with someone. And i just need to wait. (Made a telephone recording to cover my ass). But i was also told the green card i have is no longer valid since the system shows i have the new card, but i don't have it physically. I asked if i can use the firearm in my home if someone breaks in, i was told no, i'm not licenced to use it ... :shock2:

it's such a big mess.

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Fri Oct 14, 2016 9:21 am
by Stef
Same here....had to go back to PE to get mine....not even sure if mine has expired or what...

Criminals can shoot you with an illegal firearm and get away with it, but you as law abiding citizen must jump through flaming hoops to get one, and then you must be absolutely sure that you are dead before you're allowed to shoot back because they broke into your house to ask for a job at 02h00 in the morning.

I'm all for registering of firearms, but allow me to use it...if someone trespasses on your property you should be allowed to shoot on sight like in some US states. People will think twice about disrespecting someone else privacy or property for that matter. If you are on a farm you should be allowed to have an automatic rifle

And our tax money won't be wasted on futile rehabilitation attempts, they would all be dead and the crime rate would be much lower.

Not sure what government is trying to achieve with the gun laws...because it is certainly not reducing any crime.

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Wed Jul 05, 2017 10:33 am
by Dirka
Net 'n opdatering van nuwe verwikkelinge:

(Aangehaal uit 'n berig vanaf MaroelaMedia 05 Jul '17)
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ ... lisensies/

"Die Hooggeregshof het Dinsdag (04 Jul '17) beslis dat ALLE vuurwapenlisensies wat verval het,
of binnekort sal verval, geldig sal wees totdat die konstitusionele hof artikels 24 en 28 hersien het."

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Wed Jul 05, 2017 12:53 pm
by Niel
My vraag is: as jou vuurwapen lisensie afgekeur was omdat jy laat hernu het en volgens SAPS n "onwettige vuurwapen eienaar was" kan jy met hierdie uitspraak teoreties nou weer aansoek doen om te hernu want die vorige lisensie is steeds geldig? Of mis ek iets?

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Wed Jul 05, 2017 3:14 pm
by Dirka
Niel wrote: Wed Jul 05, 2017 12:53 pm My vraag is: as jou vuurwapen lisensie afgekeur was omdat jy laat hernu het en volgens SAPS n "onwettige vuurwapen eienaar was" kan jy met hierdie uitspraak teoreties nou weer aansoek doen om te hernu want die vorige lisensie is steeds geldig? Of mis ek iets?
Dit blyk korrek te wees Niel...dis hoe ek dit ook verstaan.
Jou vorige lisensie bly nou geldig vir 'n onbepaalde tyd.
Selfs die ou groenes.
Om eerlik te wees sien ek nie eens meer die nut daarin om te hernu totdat die proses
aghehandel is en die riglyne duidelik neergele is nie.
..Of het ek ook verkeerd gelees? :think:

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Wed Jul 05, 2017 3:35 pm
by Niel
Dirk, ek stem saam die oue is geldig maar as ouens die tjol aangejaag het vertrou ek hulle nie - so wie weet wat se dinge hulle nog gaan aanvang. Ek sal die local DFO more bel en vra.

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Thu Jul 06, 2017 7:41 am
by Thabogrobler
Dirka wrote: Wed Jul 05, 2017 3:14 pm
Niel wrote: Wed Jul 05, 2017 12:53 pm My vraag is: as jou vuurwapen lisensie afgekeur was omdat jy laat hernu het en volgens SAPS n "onwettige vuurwapen eienaar was" kan jy met hierdie uitspraak teoreties nou weer aansoek doen om te hernu want die vorige lisensie is steeds geldig? Of mis ek iets?
Dit blyk korrek te wees Niel...dis hoe ek dit ook verstaan.
Jou vorige lisensie bly nou geldig vir 'n onbepaalde tyd.
Selfs die ou groenes.
Om eerlik te wees sien ek nie eens meer die nut daarin om te hernu totdat die proses
aghehandel is en die riglyne duidelik neergele is nie.
..Of het ek ook verkeerd gelees? :think:
Man,

Aa ek 'n wapen lisensie gehad het wat binnekort verval sal ek eeder gaan hernu. Jy weet net nooit watter slinkse planne nou gesmee gaan word om jou mee te slaan nie. Op 'n stafium was daar sprake van 'n R10 000 boete vir laat aansoeke?

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Thu Jul 06, 2017 9:01 am
by Mars
Die mense wat nooit aansoek gedoen het vir herlisensiering in terme van Wet 60 van 2000 nie en net groen lisensies het se lisensies bly geldig. Dit is na aanleiding van die eeste saak wat SA Jagters gewen het. Daar het die Regter gesê dat die situasie uitgesorteer moet word en dat daardie groen lisensies steeds geldig bly. Dit sal so bly totdat die SAPD gevolg gee aan daardie uitspraak in welke geval dit dalk mag gebeur dat groen lisensies almal sal verval maar dat daardie mense dan redelike geleentheid gebied moet word om aansoek te doen. Hierdie proses is al jare uitstaande.

Waar mense aansoek gedoen het vir die nuwe lisensies is daar twee opinies. Die een wat die SAPD toepas wat sê dat aangesien jy deelgeneem het aan die proses en jou onderwerp het daaraan, het jy aanvaar dat die groen lisensie verval en jy is nou uitsluitlik onderhewig aan die nuwe proses. Ek het al regs-menings gesien wat sê dat hierdie benadering van die SAPD is verkeerd en dat die groen lisensie steeds geldig is as jy te laat aansoek gedoen het om die witte te hernu. Hoewel ek dink dat daar so 'n saak uitgemaak kan word is dit nog nie in 'n hof getoets nie en daar is 'n risiko dat 'n hof die Polisie kan gelyk gee wat beteken dat jy dan onwettig in besit is van 'n vuurwapen.

Na die onlangse uitspraak is die posisie nou as volg. Alle wit lisensies bly geldig - selfs die wat al reeds verval het en waar jy nie aansoek gedoen het om hernuwing nie. Regter Tolmay het beslis dat artikels 24 en 28 van die Wet op Vuurwapenbeheer onkonstitusioneel is. Ek het nog nie die uitspraak gelees om presies te sien wat die gronde vir haar uitpraak was nie. Sy het die konstitusionaliteit van die artikels verwys na die grondwetlikehof om finaal daaroor te beslis. Artikel 24 maak voorsiening vir en bepaal die proses vir die her-aansoek vir vuurwapen lisensies en artikel 28 die gronde waarop lisensies verval of ongeldig verklaar kan word- insluitend as gevolg van laat aansoek in terme van Artikel 24.

Elke ou moet maar vir hom/haarself uitmaak of hulle nou die hernuwingsproses gaan aanpak na die uitspraak maar ek sou nie. Die hof het mos nou immers bepaal dat die bepalings ongrondwetlik is.

Die mees belangrike aspek is dat die mense wat nie betyds aansoek gedoen het om heruwing nie en dus opge-eindig het in 'n situasie waar hulle in die onwettige besit van 'n vuurwapen is ('n ernstige misdryf) nou wettig in besit is van daardie wapen/s. Dit beteken verder dat diegene wat deur die SAPD verplig is om hulle vuurwapens te gaan inhandig om vervolging vry te spring nou geregtig is om hulle wapen/s te gaan terug eis.

Hoe die parlement hierdie probleem gaan reg stel sal ons maar moet sien maar hulle sal nie sommer weer bepalings kan insit wat as ongrondwetlik beskou kan word nie.

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Mon Jul 10, 2017 8:16 am
by dalkill
AI.... kan niks glad loop in die land nie.

Ek het to uiteindlik my wit lisensie gerky.
Na ek twee keer opgevolg het my die statie waar ek aansoek gedoen het vir die wit een, gaan ek to na the die SAPS website en vertel hulle die hele storie en hoe ek graag probeer om die regte ding te doen, maar ek kry net niks help van die stasie se personeel nie.

Na omtrent 'n maand kry ek oproep my nuwe lisensie is gereed.

Re: Vuurwapen lisensie wet veranderinge

Posted: Wed Jul 12, 2017 9:18 am
by coetzer94
Ek hoop julle kan my bietjie raad dan gee. Ek het in Augustus/September 2016 my wapen aansoek ingedien by Sinoville polies stasie, sommer op die selfde dag wat ek my bevoegtheids sertifikaat van hulle afgekry het. Nou vroeg Februarie 2017 laat weet hulle vir my die lisensie is goed gekeur en dat ek net op die kaartjie moet wag...

Nou dis nou al amper weer Augustus en ek het nog niks nie. Ek het so n maand of 2 terug die dame by die kantoor gebel (baie behulpsaam) en sy het gese sy gaan vir my n request insit want hulle weet nie wanneer/of die lisensie daar gaan uit kom nie.

Kan iemand my dalk se of daar ander kanale is om deur te gaan om by mense uit te kom wat die inligting sal he/my kan help?