Beplan ses lande toer - 02 Julie 2017 ---- 21 Julie 2017

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Beplan ses lande toer - 02 Julie 2017 ---- 21 Julie 2017

Post by Dowe Koos »

Naandsê almal. Ek beplan 'n toer soos aangedui soos bo.
Van Pretoria na Beitbrug.
1. Suid-oostelike deel van Zimbabwe
2. Klein deel van Mosambiek waar Tete en Cahora Basa is
3. Die hele Malawi - van onder tot bo
4. Noord-westelike deel van Zambië waar Tanjanjika meer is, aan die weste kant af na Lusaka tot by Kariba, al langs Kariba tot by Katima Mulilo
5. Klein stukkie deur Caprivi Strook na Botswana
6. Botswana - Nata deur Makgadikgadi panne na Orapa
Terug huistoe oor Thabazimbi.

Roete is klaar uitgewerk in detials, oornag punte.
Alle koste en verpligte benodighede vir alle lande se grens oorgang is saamgestel.
Een ding is dat ek nie die internet, tydskrifte en ander goed bestudeer om my trip te beplan nie.
Ek klim net in my voertuig en vat die pad, stok en blok gelaai.

Eie voertuig, kos, kampering, brandstof en alles wat jy wil saamvat en doen is op jou eie koste.
As jy DC het, kan jy mense saamvat om koste te deel.
Ek het 'n SC, dus net ek en my vrou, koste vir ons alleen beloop plus/minus R25000. Gee jou 'n idieë wat dit gaan kos. Dit is vir grens oorgang koste, brandstof in al die lande, oornag koste en kos met 'n paar rand spending money.

Enigiemand wat belangstel kan my PM vir meer besonderhede of bel 081 405 2299
NB - Ek kyk so na maksimum 6 tot 8 voertuie vir die trip.
NB - Datum is vas volgens die skoolvakansie volgende jaar (ek is 'n onderwyser.)

Groete tot dan.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Beplan ses lande toer - 02 Julie 2017 ---- 21 Julie 2017

Post by Haboob »

Hennie, Ek sal so trip nie aanraai nie, maar my opinie is seker nie gevra of belangrik nie.
Julle gaan baie min of niks sien nie. Julle ry seker net die hoof paaie om te kan sê dat julle daar was, sonder om enigiets te sien wat die moeitewerd is.
Neem liewerste die selfde drie weke en ry deur Mozambiek, Malawi, Zimbabwe, Botswana of Namibia.
Die enigste plek waardeur jy ry is die Botswana se panne, anders sal jul seker by plekke langs die hoofpad stop en kamp.
Die keuse is joune en ek wil jul nie sê wat om met jul geld of vakansie te doen nie, maar jul roete gaan seker baie min 4x4 paaie ry nie.
Jammer om intemeng, hoop jy kry die avontuur wat jul soek...
Image
HABOOB means "Dust Storm"
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Beplan ses lande toer - 02 Julie 2017 ---- 21 Julie 2017

Post by Dowe Koos »

Hallo Edge.
Zimbabwe ruines, Chimanimani NR, Nyanga NR, Cahora Basa, die hele lengte van Malawi meer, Nyika NR, onderste deel van Tanjanjika meer, Sumbu NR, Mweru meer, Bangweulu meer en vleilande, agter paaie noord van Kariba, Caprivi strook, (as die tyd toelaat, om die onderste kant van die Okavango delta, dan na Makgadikgadi panne waar Khubu Island is.
Roete is min of meer 50/50 teer / grond. Ek wil nie net sê ek was daar nie. Al langs die Malawi meer is teerpad maar ander plekke in Malawi is grondpaaie (in watter toestande weet ek nie.) Klomp natuur reservate is op die lys. Om vir negentien dae 4x4 te ry is selfmoord.
Ek was al in die hele Namibië onder die ou Rooi lyn gebied. Beplan elke geval vir 2018 om die ou Rooi lyn gebied plat te ry.
Okavango delta, Moremi, Chobe - was daar.
Mosambiek, van onder tot by Inhambane - was daar.
Die trip volgende jaar, is waar ek nog nie was nie.
Raad en voorstelle is altyd welkom, geen probleem nie.
Groete
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
JohanM
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4047
Joined: Tue Aug 14, 2007 8:33 pm
Town: Meyerton
Vehicle: Prado 120 4.0 V6
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC126
Location: Gauteng
Contact:

Re: Beplan ses lande toer - 02 Julie 2017 ---- 21 Julie 2017

Post by JohanM »

Hennie dit klink nou na een baie besonderse toer wat jy wil aanpak. heelwat unieke plekke om te gaan kyk, maar ek is jammer 19 dae is hopeloos te min om dit lonend te doen.

Ek wil nou nie vir jou voorskryf nie, maar jy gaan ry dat dit klap en baie moeg terug kom.

Jou average ry km per dag in Afrika op n goeie teerpad is so +/- 450 km sonder dat jy moet onnodig jaag of by besienswaardighede verby ry.
Die gemmiddelde kilometers op n goeie grondpad per dag is 350 km as jy dit druk. Slegte grondpaaie ry jy so 150-200 km per dag gemiddeld maar dit kan selfs net 50 km vir n dag word.

Grenspos kruisings neem so gemiddeld van 2 ure en omdat jy in die skool vakansie gaan is die grensposte besiger met almal wat toer.

Ek sal persoonlik jou aanraai om eers die suide en oostelike hooglande van Zimababwe te verken, dalk oor te gaan in Mosambiek in, Gonerazhou nasionale park te besoek, op te ry Cahora Bassa dam toe en dan Mana Poele te doen, die suide van Kariba en deur Hwange terug en by Botswana die Tuli blok te gaan kyk. Ek sal verkieslik Beitbrug vermy as ek kan en eerder deur die Kruger ry na Mosambiek toe en na Zimbabwe toe deur die Limpopo.
Johan Marais
User avatar
mcw
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 805
Joined: Sat May 18, 2013 12:20 am
Town: krugersdorp
Vehicle: Prado 90 V6 3.4 Auto
Real Name: Martin
Club VHF Licence: X100

Re: Beplan ses lande toer - 02 Julie 2017 ---- 21 Julie 2017

Post by mcw »

hi Hennie

ek is genieg om met die ander saam te stem miskien die toer te doen in twee trips ,miskien omdat ek oud word ,maar n elk geval ,wat jy ook besluit ,geniet dit wens ek kon saam gaan

Martin
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Beplan ses lande toer - 02 Julie 2017 ---- 21 Julie 2017

Post by Haboob »

Hennie, ons probeer nie voorskryf nie, maar ek het net gedeelte van Zimbabwe in 21 dae gedoen sonder Gonarazou in die suid ooste naby Beitbrug en sonder die "Eastern Hilands"
Dit was op deur Bots tot by Vic Valle, Hwange, Matusadona, Kariba, Chitaki Springs, Mana Pools, toe af Matopos toe en uit by Francistown en terrug huistoe. Ek is wel een dag verder as jy soontoe en een dag terrug en ons kon 'n dag uitgesny het by Mana Pools, maar het by al die ander plekke waar ons gekamp het omtrent net een dag oorgebly.
Dis hoe ons toer, ons bly nie dae op een plek nie.
Jy is nog jonk en kan al die plekke nog besoek, maar gaan en doen soveel verskillende plekke in Malawi of Zim of Moz in een vakansie, dan vat jy die volgende plek die volgende jaar. Ek sê nie ry 4x4 L vir drie weke aanmekaar nie. Die doen ek self nie, maar jy sien soveel meer aantreklike plekke op die twee spoor paadjies wat ek al op was as die hoof routes. Net my opinie. Sook nie skoor nie. Probeer net my insette gee. Jou toer planne lyk goed en blyk dat jy al navorsing gedoen het. Ek wil ook soveel sien as moontelik elke dag in my toerplanne en lê nie rond in die kamp om boek te lees nie, want die kan ek goedkoper by die huis doen.
Image
HABOOB means "Dust Storm"
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Beplan ses lande toer - 02 Julie 2017 ---- 21 Julie 2017

Post by Dowe Koos »

Hallo Edge, stem saam met jou oor die een "en lê nie rond in die kamp om boek te lees nie, want die kan ek goedkoper by die huis doen." Tenminste stem ons oor iets saam. :D: :D: :D:
Dan ook hallo Johan en Martin.
Die begin datum, daardie oggend is ek al op Beitbrug grenspos en en die einddatum slaap ek by Khubi Ilsland en op die 22ste Julie daardie oggend ry ek terug huistoe.
Ek het destyds op die Namibië trip, van die huis af tot terug by huis oor 'n afstand van 8200 km in sestien dae gedoen. Die komende toer wat oor 21 dae strek gaan 7400km vêr wees. Dit gee my 'n gemiddeld van 352,38 km 'n dag en dan is drie plekke uitgesit in drie lande, vir 2 aande elk waar ons lekker kan uitrus.
En ja, Edge en Martin, volgende jaar is ek 55, is dit nou oud of jong. :mocking: :lmao:
Edge, julle manne het die wêreld al plat gery in tye wat ek nie kon nie, dus julle het baie meer ervaring as ek. Dis eers in die laaste klompie jare wat ek ook nou die wêreld kan platry. So julle insette, opinies en raad waardeer ek baie. Ek onthou nog toe ek met my 84 SFA daardie trips gedoen het, twee liter enjin en as ek gelukkig was, teen 120 km per uur kon ry. Daarteen ry ek nou die 2.7 IFS wat vir my vinniger by my bestemming laat uitkom.
Julle onthou seker nog hoe ongelukkig ek was met my Ricthersveld trip wat ek met toe oë kon platry. Ek het dit te goed beplan en dit was nie meer pret gewees nie. Ek gaan wel sorg dat my backup en recovery in plek is, dat my voertuig in 100% werkende toestand is.
Laat ek julle 'n storie vertel en dis nou jare terug.
Ek het toe al twee toere gereël waar dieselfde mense op was. My volgende toer was Malawi. Begin met al die reëlings, kry papierwerk in orde. Dis nou net kwessie van bespreking doen en reëlings vasmaak. Daar kom my vrou een middag aan en sê dat sy nie meer kan saamgaan nie. Hoe nou, vra ek haar, Nee sê sy, sy is swanger. Ek laat weet die ander mense dat ek nie meer saamgaan op die toer nie, maar sal alles vir hulle gee van wat al gereël is en dan moet hulle maar die toer doen sonder my. Hulle wou ook nie meer gaan nie omdat ek nie kan gaan nie. Dis nou 26 jaar later en ek word ouer.
Daar het julle dit.
Ek sal defnitief hierdie trip geniet.
Groete tot dan.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Beplan ses lande toer - 02 Julie 2017 ---- 21 Julie 2017

Post by Dowe Koos »

Naandsê almal.
Drie ander groepe wat sou saamgaan het, het een na die ander kop uitgetrek, nie genoeg verlof, een gaan Kanada om vir sy seun te gaan kuier en laaste een se besigheid het verlede jaar nie goed gedoen nie.
So, ek is nou in 'n delimma. Gaan ek of nie. Die hele Desember dink ek, hoe nou, wat gaan ek maak, ens. Op 'n stadium dog ek, dan net Malawi en Zambië. So het ek nou maar voort gestruikel die hele Desember.
Vanoggend gaan ek na Zambië se ambasade toe en vra vir hulle vir die beste kaart wat hulle het. Kom by die huis aan, maak die kaart oop en daar val my mond oop. Die beste pad/land kaart wat ek nog gesien het. Wys al die petrolstasies, kampeerplekke en lodges, museum en monumente, alles tot die paadjies waar die donkiekarre ry. Kan julle dit glo, waar die donkiekarre ry. Kyk toe gou wanneer is die kaart gemaak - in 2014.
Die kaart het my oë oopgemaak en my laat besef het Zambië is 'n besoek op sy eie werd.
So my plan is nou, gaan deur Zimbabwe na Cahora Bassa, van daar deur Malawi - van onder tot bo - en dan deur Zambië. Caprivistrook en Botswana is uit, sal in die vêrre toekoms dit doen. Gaan dan meer tyd spandeer in Malawi en Zambië. My brandstof koste gaan so met 25% minder wees, dus meer "spending money" vir die twee lande.
Edge, Johan en Martin, dink julle ek word nou slimmer. :subscribed: :siffler: :siffler:
Groete tot dan
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Beplan ses lande toer - 02 Julie 2017 ---- 21 Julie 2017

Post by Haboob »

Hennie,
Sommer so van die oog af, hoe ouer jy raak hoe slimmer raak jy, so daar is nog baie hoop.
Ek het baie aan jou toer gedink en gedink dit sou lekker wees om net saam te ry, vir die ry genot.
Ongelukkig is ek nog bietjie vas die jaar.
Jy moet ook in ag neem dat brandstof en alles duurder in Zambia is. Dis 'n duur land om te toer.
Zimbabwe en Botswans val in die selfde bootjie (net brandstof is goedkoper as RSA in Bots).
Beitbrug om by Zim in te kom is 'n nagmerrie en Moz het baie probleme met korupsie.
Malawie het vervoer probleme met baie voetgangers en fietse op die paaie wat voertuie versper.
Hou ons maar op hoogde met jou beplannings.
Ons sal Augustus maand in die Kruger Wildtuin wees.
Daarna, hopelik baie meer tyd om te toer.
Image
HABOOB means "Dust Storm"
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Beplan ses lande toer - 02 Julie 2017 ---- 21 Julie 2017

Post by Dowe Koos »

Hallo daar.
Probeer maar weer.
Enigiemand wat belang stel om saam te gaan volgende jaar Julie - 2018, laat weet my.
Groete
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Beplan ses lande toer - 02 Julie 2017 ---- 21 Julie 2017

Post by Dowe Koos »

2018 trip gekanseleer. Sal in 2019 gaan defnitief.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
Post Reply

Return to “Open Discussion”