Hilux SFA 2.4D or 2.8D 4x4 S/C

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
djboer
Newbie
Posts: 5
Joined: Sun Oct 22, 2017 6:59 pm
Town: Outjo
Vehicle: 1989 Hilux SFA 2.4D 4x4
Real Name: DeWet

Hilux SFA 2.4D or 2.8D 4x4 S/C

Post by djboer »

Wat is die pro's en con's van die 2.4D en die 2.8D?
Watter een is 'beter'? Soek 'n lekker ou betroubare plaas bakkie vir Namibië/SWA wat hard kan werk.
Ek hoor (klaarblyklik) word die 2.8D warm?
Dieselverbruik? Engin leeftyd? Onderhoud? ens...?
Enige advies, raad, kennis sal waardeer word.
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: Hilux SFA 2.4D or 2.8D 4x4 S/C

Post by Mars »

Die 2.4D is onvernietigbaar maar is 'n donkie om mee te ry. Ek weet nie van die 2.8 nie maar my eerste reaksie was om te sê gaan vir die 2.8. Mens sal maar moet hoor of daar manne is wat weet of daar hitte probleme met die 2.8 is.
IndianaJones7746
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 156
Joined: Sun Dec 09, 2007 11:26 am
Town: Citrusdal
Vehicle: 84 SFA Hilux
Real Name: Ben

Re: Hilux SFA 2.4D or 2.8D 4x4 S/C

Post by IndianaJones7746 »

Die algemene konsensus is dat die ouer aluminium tappet cover 2.4D (2L) enjin, meer betroubaar is as die "uprated" blik "tappet cover" 2.4D (2L"2")en 2.8D (3L) enjins. Ek dink nie dit is noodwendig so nie, ek dink hul dieselverbruik, en leeftyd is omtrent dieselfde. En onthou teen vandag, is die jongste van die modelle amper 20 jaar oud, jy kan nie weet wat so 'n enjin al moes deurmaak nie.
Ek moet noem, ek het self 'n 2.4D 4x4, en dit hang natuurlik af van wat jy van 'n plaasbakkie verwag, en watter soort terrein jy dit in gebruik, maar teen die pryse waarvoor hulle deesdae verhandel, dink ek daar is beter kope te maak. Anders gestel, ek sal nie myne kan vervang nie.
Stadige spoed, in klip terrein, is so 'n diesel 4x4 Hilux baie betroubaar, hoewel ek sou nie se hulle is die ligste op diesel nie, het beter verbruik as 'n petrol model, maar as jy gemsbok in die duine gaan soek, moet jy liewer kyk na 'n petrol model.
Post Reply

Return to “Open Discussion”