Chemiese Oorlogvoering....

Share your jokes and funny campfire stories with us here.
Forum rules
Please keep it light hearted enol. No serious stufs hey! :)

BEFORE YOU START A NEW JOKES THREAD PLEASE TAKE NOTE:
We are trying to make the technical information more visible in the Active Topics section. So we are trying to combine all the humour posts into a single thread. This will then more or less always stay on the active topics page if you keep appending your jokes onto this single thread. Your assistance will be greatly appreciated
Post Reply
User avatar
Ratel-06
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 89
Joined: Sun Apr 11, 2010 1:36 pm
Town: Melkrivier - Limpopo
Vehicle: Toyota Hilux 4.0-V6 Auto 4x4, ONCA Bullbar - Towbar & Rocksliders, 2" OME Suspension, 2" Body Lift, 33"x12,5" Khumo MTR's
Real Name: Albert

Chemiese Oorlogvoering....

Post by Ratel-06 »

In die vroee 1990’s word ek vroeg een oggend wakker geklop deur een van my veewagters. Hy hou versigtig sy toe gevoude boshoed na my uit.

Toe ek die boshoed oopmaak was daar n baba muishondjie binne in. So het ons avonture met Loopy begin. Sy was te dierbaar. :clap: Sy het as een van die gesin groot geword.

‘n Vriendelike, speelerige ou dingetjie. Die Boerboel, Bruno en die Worshond, Chappies was haar grootste maats. :dance1: Alhoewel baie mense my gewaarsku het oor die muishond se bekendste wapen, het ek oudergewoonte my gat aan hulle afgevee. Loopy het nooit van haar chemiese arsenaal gebruik gemaak nie. Trouens, ek het gedink dat sy al vergeet het dat sy oor so iets beskik het. :naah:

‘n Goeie vriend van my, Dirk het een Saterdagmiddag kom kuier. Dirk se grootste liefde was Red Heart Rum, gevolg deur vuurwapens. Hy het ‘n ou haelgeweer, van die tipe wat nog hane gehad het, saamgebring. Ons het op die geelhout riempiesbank op die stoep gesit. Loopy het oudergewoonte op haar kussing bo op die bank rustig gele en slaap. Dirk wou die haelgeweer uittoets met AAA patrone. Ek het hom gekeer en vir hom 2 haelpatrone gegee waarvan die haelkorrels verwyder was. Hy het die geweer gelaai, die hane teruggetrek en die sneller gedruk. Absoluut niks het gebeur nie. Hy het dit drie of vier keer gedoen en die geweer wou nog steeds nie afgaan nie.

Ek het toe die huis ingegaan om vir ons vloeibare verversings te kry. Terwyl ek weg was het Dirk weer die haelgeweer gelaai, die keer met die bokhael patrone. Ons het rustig gesels toe Dirk weer die haelgeweer optel, na die sinkdak mik en die snellers druk. :shock2:

Die resultaat TOTALE CHAOS. Die feit dat hy die sinkdak moer toe geskiet het was die minste van ons probleme. Dinge het toe teen die spoed van witlig gebeur. Loopy het met n weersinswekkende kreet opgestyg, soos ‘n tol in die rondte gespin en haar chemiese wapen in die oortreffende trap in werking gestel. Mense, dit was verskriklik. Toe die eerste sarsie my tref, het ek onwillekeurig oor die stoepmuur geduik en die grond snoet eerste getref. Bruno die Boerboel het opgespring en tjankend teen die stoepmuur vasgehardloop. Hy het terselftertyd ‘n reuse aanval van jippoguts gekry. Chappies, die worshond, het ‘n perfekte pirouette uitgevoer, gevolg deur ‘n agteroor somersault wat hom ‘n goue medalje op enige Olimpiese spele sou laat wen het. Dirk het geskok opgespring, gegly op Bruno se stront, en die sementvloer met n dowwe slag getref. Hy het toe blitsvinnig die trappe afgeseil. Dirk, ek en die twee honde het in n toestand van totale, absolute skok op die grasperk gehergroepeer.

Mense, die persoon wat daardie stank op papier kan verwoord is nog nie gebore nie. Dit was onbeskryflik. Dit het geruik asof elke sweetgaatjie wat jy het in ‘n dooie rot verander het. Ons het bewend van skok en ongeloof op die grasperk gestaan. Trane van verontwaardiging en selfbejammering het oor ons wange gerol. Die honde het so gebewe en geruk dat ek enige oomblik verwag het dat hul gaan beswyk. Hulle was te bang om genoeg asem te skep om te tjank. My vrou het die deur oopgeruk en dadelik weer toegeslaan. Sy het twee oorpakke en ‘n blok blouseep deur die ruit in ons rigting geslinger en ons duidelik in kennis gestel dat ons nie die huis sou betree alvorens ons die stank afgewas het nie. Op daardie stadium het Loopy, met haar kenmerkend oulike draffie, die trappe afgekom om te kom kyk waaroor die bohaai gaan. Die honde het, vreesbevange en tjankend, stert tussen die bene, koers gekies skaapkraal toe. Dit was die eerste keer in my lewe dat ek gesien het dat ‘n Boerboel net so vinnig, indien nie vinniger, as ‘n Windhond kon beweeg. Ek en Dirk het met n spoed die Akkerboom bestyg.

Loopy het gelukkig omgedraai en haar middagslapie op die bank gaan vervat. Ons het toe, redelik haastig, na die sinkdam toe beweeg om die stank af te was. Dit was winter in Standerton. Die water was net net bo vriesspunt. Dit het ons geensins gepla nie. Ons het ingeduik en dadelik begin was. Dit het nie baie gehelp nie. Ek dink dat ‘n rioolplaas soos Old Spice deodorant in vergelyking met ons sou geruik het. Die honde, wat redelik skrikkerig was vir water, het instinktief besef, dat indien hulle wou oorleef, ook sou moes bad. Hulle het toe ook in die dam ingespring.

Nadat ons gewas en aangetrek het, wou ons die huis binnegaan. Die Riller, met wie ek op daardie stadium getroud was, het volstrek geweier. James, wat in die tuin gewerk het, het die klerasie wat ons ten tyde van die aanval aangehad het, op n hoop gehark, met diesel deurweek en aan die brand gesteek. Ons het toe maar besluit om in die skeerskuur te gaan slaap. Gewapen met n sak stronke, n swannie braaier, pak wors en n bottel mampoer het ons onself maar tuisgemaak in die stoor. Dit was n droewige en onvergeetlike nag. As die koue ons nie wakkergehou het nie was dit die stank of die honde se nagmerrie oor die dag se gebeure. Ons het vroeg die volgende oggend weer in die sinkdam gespring. Hierde keer het dit darem gehelp.

Loopy het, Goddank, tot haar afsterwe nooit weer haar chemiese wapentuig benut nie. Ek, Dirk en die honde het haar tot haar einde toe, met nuwe respek, gekoppel met ‘n doodse vrees, bejeen..... :shock: :shock:
ImageImage
User avatar
ForYota
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1066
Joined: Tue Oct 23, 2012 2:31 pm
Town: Gauteng
Vehicle: Sold my beloved Lux..
Real Name: Hennie
Location: Vanderbijlpark

Re: Chemiese Oorlogvoering....

Post by ForYota »

:lmao: :lmao: :lmao:
ImageImageImageImage

If I can't go in my Hilux I ain't Going
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: Chemiese Oorlogvoering....

Post by jacques kotze »

:lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao:
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Chemiese Oorlogvoering....

Post by ChrisF »

bwhahaha .... :) :)

absoluut PUIK !!


bwhahaha .... :)
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Chemiese Oorlogvoering....

Post by CasKru »

lol2.gif
lol2.gif (670.14 KiB) Viewed 2600 times
lol.gif
lol.gif (992.12 KiB) Viewed 2600 times
brick-lol.gif
brick-lol.gif (919.39 KiB) Viewed 2600 times
To God be the glory
User avatar
Johan Kriel
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 623
Joined: Sun Apr 26, 2009 8:41 pm
Town: Okahandja
Vehicle: 2.5 SC 4x4
Real Name: Johan kriel
Location: Okahandja

Re: Chemiese Oorlogvoering....

Post by Johan Kriel »

:laugh2: :lmao: :laugh2: :lol:

Ons het as laaitjies ook 3 van die goedjies gevang, noodeloos om te se ons was ook die huis verbied vir dag of twee.
Johan Kriel

Legend 50
User avatar
Hangover
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1374
Joined: Thu Sep 29, 2011 9:55 am
Town: Deneysville
Vehicle: '76 FJ45 , '13 3.0 D4D Hilux
Real Name: Stef

Re: Chemiese Oorlogvoering....

Post by Hangover »

Briljant!!
Hangover(A.K.A die speelding)
1976 FJ45 4x4
1UZ-FE 4.0vvti
2" OME Suspension lift
1.5" Shackle lift
35" Geo MT's
Custom Bullbar
Lockright Locked rear
York OBA
20" LED bar
Nighthawk 100W spots

Dakar
2013 3.0D-4D 4x4 Hilux Dakar
User avatar
Hoppy
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5784
Joined: Mon Jan 07, 2008 10:15 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux SFA & IFS
Real Name: Allan 0721291160

Re: Chemiese Oorlogvoering....

Post by Hoppy »

:lmao: Het lanklaas so lekker gelag! :lmao: :thumbup: :thumbup:
Image
aev@iburst.co.za
The trouble with trouble is...it always starts as fun.
The most precious jewels you will ever wear around your neck is the arms of your children...
" I WOULD RATHER SIT ON THE TAILGATE OF MY HILUX WITH A BEER AND A CHOP, WATCHING A FIRE, THAN DINE IN THE BEST RESTAURANT IN TOWN "
User avatar
GI Jane
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4019
Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
Town: Strand WC
Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
Real Name: Val
Club VHF Licence: X112

Re: Chemiese Oorlogvoering....

Post by GI Jane »

Absolutely Brilliant!!!!!!!! :laugh2: :laugh2: :laugh2: :laugh2: :laugh2: :laugh2: :laugh2:
Image
User avatar
Umpalumpa
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 355
Joined: Tue Feb 26, 2013 2:34 pm
Town: Jacobsbay
Vehicle: Hilux 3.0 D-4D DC, 4x4=16
Real Name: Jacques
Club VHF Licence: HC305

Re: Chemiese Oorlogvoering....

Post by Umpalumpa »

Ek het genuine lanklaas so lekker gelag!! My siel voel ook sommer nou weer beter!!! :thumbup:
Brilliant!!!!!! :lmao: :lmao: :lmao: :lmao:
Just a guy with a passion for 4x4.....
User avatar
Froll
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3305
Joined: Sat Oct 13, 2012 10:13 pm
Town: Vioolsdrift
Vehicle: 2010 4.0 V6 Fortuner 4x4
Real Name: Roger
Club VHF Licence: N/A

Re: Chemiese Oorlogvoering....

Post by Froll »

:lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao:
Dit was nou baie baie snaaks. :thumbup:
d4dfanwp
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 15
Joined: Tue May 07, 2013 3:06 pm
Town: george
Vehicle: toyota d4d
Real Name: martin

Re: Chemiese Oorlogvoering....

Post by d4dfanwp »

flippen hel dit n uitsteekende grappie ek moes die kooi verlaat het nou om die storie kla te lees want my vroukie dink dat ek gladie snaaks is om so harop te lag as sy try slaap nie kan my self daai dag net in dink


Sent from my iPad using Tapatalk HD
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Chemiese Oorlogvoering....

Post by Haboob »

Very well narated :thumbup: :lmao: :lmao: :lmao:
Image
HABOOB means "Dust Storm"
wim
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 668
Joined: Mon Jul 14, 2008 10:54 pm
Town: Vryheid
Vehicle: 95 hilux d/c Hilex
Real Name: Wimpie Van Der Vyver

Re: Chemiese Oorlogvoering....

Post by wim »

Mens maar dis moeilik om met oe vol trane te lees.
Dankie Albert.
ImageImageImage
Post Reply

Return to “Humor”