Nice oldie ( again )

Share your jokes and funny campfire stories with us here.
Forum rules
Please keep it light hearted enol. No serious stufs hey! :)

BEFORE YOU START A NEW JOKES THREAD PLEASE TAKE NOTE:
We are trying to make the technical information more visible in the Active Topics section. So we are trying to combine all the humour posts into a single thread. This will then more or less always stay on the active topics page if you keep appending your jokes onto this single thread. Your assistance will be greatly appreciated
Post Reply
User avatar
KOBUSL
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2044
Joined: Sat Jul 19, 2008 2:12 pm
Town: WOLSELEY
Vehicle: '96 HILUX 2.8 HILUX DC 3i BMW 540 RANCHERO UTE 4 Li
Real Name: KOBUS

Nice oldie ( again )

Post by KOBUSL »

https://www.facebook.com/photo.php?v=18 ... 43&fref=nf" onclick="window.open(this.href);return false;
Word te vinnig oud en te stadig wys.
User avatar
Hilux 1
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4125
Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
Real Name: Tertius
Club VHF Licence: HC137

Re: Nice oldie ( again )

Post by Hilux 1 »

ja nee bly uitstekend
User avatar
Outlaw
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 124
Joined: Tue Jun 03, 2008 7:41 am
Town: Piet Retief
Vehicle: Hilux V8 Lexus 1995
Real Name: Pierre
Location: Piet Retief

Re: Nice oldie ( again )

Post by Outlaw »

Die een is sekerlik al by baie gewees maar ek lag ELKE keer as ek dit weer lees:

Hi,

Ek sweer ek het dit nou gehad met die honde... Ek gaan hulle nog een kans gee. Die ding is, ek weet rerig nie meer wat om te doen nie want dis elke dag iets anders. En dit maak nie saak as ek goed hoog ophang of wegsteek nie, want Johnson kan al meer as 'n meter hoog spring. So as iemand dalk weet van mense met 'n plaas wat 2 Jack Russels soek, Iaat weet my. Ek wil rerig nie die honde weg gee nie, maar ek raak nou moedeloos.

Die fotos aangeheg is 'n f****n R700 boksak wat hulle gister bygekom het. Behalwe die boksak, het hulle die volgende goed ook al opgevreet:
• 'n R450 Rugz honde mandjie wat die veearts my belowe het sal ten minste 1 jaar hou (wel, hy het dit net-net verby die 3 weke merk gemaak)
• 2 Kamp stoele. (Nie eers myne nie, maar mense wat by my gebraai het).
• My 20m tuinslang is in 400 vyf cm stukkies gekou.
• Hulle kom nie meer in die huis nie, maar ek dink die honde kan teleport soos op Star Trek, want daar is nou al 3 handoeke, 20 onderbroeke, kombuis vadoeke, en 'n remote opgevreet.
• 2 Besems.
• 1 Rubber hark.
• 3 Sakke charcoal (hulle skeur nie net die sak nie, hulle vreet actually die charcoal. Dan moet mens 2 dae lank pik swart hondek@k optel). En vir die wat wonder, ek bêre die charcoal binne in my Weber onder sy deksel. Die hond spring op die Weber, balanseer op een of ander onverklaarbare manier homself, stamp die deksel af, trek die sak charcoal uit die Weber en vreet dit op.
• Al die sif draad, mesh grid en enige ander ding wat ek opgesit het om hulle uit die tuin te hou. En ja, hulle sluk actually stukke sif draad in. Jy sien dit in hulle *a* twee dae later.
• Die klein boompie wat by my agterdeur gestaan het. Hulle het actually 'n hele f****n boom opgevreet!
• My potplant binne die huis is moer toe. Weereens, dis asof Johnson vinnig in hardloop as die deur oop is en voor jy hom kan vang of moer, byt hy alles, gryp 'n speaker draad en spring op al die beddens en banke met sy modderpote waarmee hy nou net ‘n roosboom uitgegrou het in die tuin.
• Die grasperk. Hulle myn vir steenkool of goud. Hulle soek definitief nie vir krieke nie, want geen normale kriek bly 20 m onder die grond nie. Dis gevaarlik om na donker op my grasperk te loop, want jy mag dalk net in 'n skag in donner.
• 2 Honde bakke. Weereens, as dit nie vir die feit was dat ek stukkies plastiek in hulle *a* gesien het wat die selfde kleur as die bakke is nie, sou ek gedog het my bure het die bakke gesteel, want hulle was gone.

Johnson het nou die aand al die honde in die omtrek gaan byt. Hy het uitgeglip, en van hek tot hek gehardloop, die hond aan sy neus gegryp en aan hom geruk asof hy 'n kombers is. Voor ek by hom kom, hardloop hy na die volgende hek. Die wetter is moer rats en my 100m sprint spoed is ook nie te wonderlik nie. Ek moes hom eventually tackle en het my vir 2 dae lank styf geval.

Nou die aand het hulle klein bietjie alkohol in gekry (Moet my nie kom dreig met die SPCA of sulke goed nie, ek is klaar uitgevreet en ek weet alkohol is baie sleg vir honde en ek sal dit in elkgeval nie weer doen nie, maar ek was raad op en wou net kyk of dit nie help nie!!!) Wel, dit het nie. Johnson het soos 'n bok begin spring en heeltyd op sy
kop geval. Hy het ook volspoed in die garage deur vas gehardloop. En toe later...
wel, kom ons stel dit so, Molly is nie meer 'n onskuldige klein hondjie nie.

Die enigste goed wat nog splinternuut en sonder enige skade is, is die ‘chewing toys’ wat ek vir hulle gekoop het. Ek dink hier is 'n consumer complaint, want die mense wat die chew toys maak het OBVIOUSLY geen idee waarvan 'n Jack Russel hou nie. Dalk kan die honde gedagtes lees, en hulle vreet net die goed wat mens nog actually soek.
Danie het juis gister gesê hy is oortuig daarvan dat satan homself dalk in Johnson manifesteer...

Dis alles waaraan ek nou kan dink, maar onthou, ek het die honde nou maar vir 4
maande, en blykbaar leef Jack Russels nogal lank. Dis 'n vonnis, ek sweer! EN, moenie terug mail en se ek moet hulle bliksem nie, want ek doen. Ek het hom gister met 'n stuk van die tuinslang wat hy gevreet het gemoer, hard, en al wat gebeur het is dat hy vir my begin blaf en onder 'n struik gaan wegkruip het. Vanoggend is die struik en die stuk tuinslang weg……..

So ek het gedink ek sal hulle nog een kans gee of dalk twee, maar dit kan nie so aangaan nie. So, hartseer en als, ek begin rerig dit oorweeg om hulle dalk weg te gee. HuIle is nog baie jonk, Molly is 6 maande en Johnson is 9 maande. Altwee is opreg en Johnson het papiere.

Thanx
Frans
Post Reply

Return to “Humor”