Page 1 of 1

Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon May 09, 2011 9:14 am
by RooiLux
Dagse manne ek dog ek deel met julle so bietjie fotos.

Die is my vrou se kar wat gerol het so 2 weke terug slegste is die kar is amper klaar betaal skuld minder as R10 000 op hom.

Ek moet sê vir 'n kar wat gerol het is die terios redelik veilig siende dat my vrou sonder enige beserings uit die kar gekom het rede hoekom kar gerol het is 'n gebarsde band.
DSC01157.JPG
DSC01158.JPG
DSC01160.JPG
DSC01159.JPG
DSC01162.JPG
DSC01181.JPG

Re: Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon May 09, 2011 9:22 am
by Ali3n
Eks darm bly jou vrou het sonder beseering weg gekom. Die Terios het n 4 ster rating en is ook deur TOYOTA gemaak. :thumbup: Dis hartseer dat hy amper klaar betaal is!!! :(

Re: Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon May 09, 2011 9:24 am
by OOOOMS
Marius, dankie tog niemand het seer gekry nie :thumbup: Dis nie lekker om sulke pics te sien nie....

Re: Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon May 09, 2011 9:26 am
by RooiLux
Ja nee dis hartseer was 'n lekker klein 4x4 gewees,wag net om te hoor of die versekering hom gan regmaak of afskryf skade is R87000 so ek glo dis afskryf sal maar wag om te hoor wat die assesor sê.

Re: Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon May 09, 2011 9:31 am
by Ali3n
Hoe het gebeur Marius? Dis bja sleg om sulke goed te sien maar dit lat mens bietjie veiliger voel as mens self so voertuig ry.

Re: Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon May 09, 2011 9:34 am
by RooiLux
Alien1147 wrote:Hoe het gebeur Marius? Dis bja sleg om sulke goed te sien maar dit lat mens bietjie veiliger voel as mens self so voertuig ry.
Band het gebars agter dit lyk of die kar toe vooroor geflip het meeste skade is voor op die neus en dak voor lyk ook of die body geknak het by die3 voordeure want hulle maak ook nie meer heeltemal oop nie en daar is 2 knakke voor onder die duere agter as is ook gebuig.

Re: Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon May 09, 2011 9:39 am
by Gunta
Thank goodness no one was hurt. :thumbup:

Re: Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon May 09, 2011 9:46 am
by Bulletjie-3
Jammer om te hoor van julle skade sterkte

Re: Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon May 09, 2011 9:49 am
by Ali3n
Ek kyk seker deur my ooglede vas!!! Ek sien nou eers dat jy wel gese het n band het gebars. :oops:

Dit klink baie min om reg te maak as hy wel geknak het... As hule hom afskryf, sal jy weer kyk na so een?? :think:

Sterkte vir julle... Vriende van my sukkel nou al 3 weke net om uit tevind of hulle hul trokkie gan reg maak of afskryf nadat hulle hul Isuzu gerol het!!!

Re: Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon May 09, 2011 9:55 am
by RooiLux
Alien1147 wrote:Ek kyk seker deur my ooglede vas!!! Ek sien nou eers dat jy wel gese het n band het gebars. :oops:

Dit klink baie min om reg te maak as hy wel geknak het... As hule hom afskryf, sal jy weer kyk na so een?? :think:

Sterkte vir julle... Vriende van my sukkel nou al 3 weke net om uit tevind of hulle hul trokkie gan reg maak of afskryf nadat hulle hul Isuzu gerol het!!!
Sal enigetyd weer so een koop is 'n baie nice kar maar die nuwe Kia sportage is net so mooi net jammer oor die laang waglys op die kia's ons wag om te hoor wat die versekering sê so dis of weer 'n terios of die Kia sal maar nog sien.

Re: Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon May 09, 2011 12:49 pm
by ChrisF
jammer oor jou kar. BLY jou vrou is ok.

Re: Terios Extreme 4x4ing!Replacement arrived friday afterno

Posted: Mon Jun 13, 2011 12:46 pm
by RooiLux
Die ou ene
DSC01158.JPG
DSC01158.JPG (41.7 KiB) Viewed 6441 times
Die nuwe een
Image0612.jpg
Image0612.jpg (30.22 KiB) Viewed 6441 times

Re: Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon Jun 13, 2011 12:51 pm
by Ali3n
Baie geluk!!!! :thumbup: :clap:

Re: Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon Jun 13, 2011 2:47 pm
by Traveler
Geluk Marius

Re: Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon Jun 13, 2011 2:53 pm
by CasKru
Jis Marius... ek sien nou eers die post raak. Bly jou vrou het sonder beserings daar uit gekom.

Baie geluk met die nuwe kar. Hoop hy gee vir julle sorgvrye gebruik

My simpatie met die kar wat amper af betaal was se afskryf. 4 Feb die jaar is ons klaar betaalde kar af geskryf wat nog in prestine kondisie was en baie lae kilos... dink jy mens kan weer dieselfde kry tweede hands... aikona

Re: Terios Extreme 4x4ing!

Posted: Mon Jun 13, 2011 2:58 pm
by RooiLux
CasKru wrote:Jis Marius... ek sien nou eers die post raak. Bly jou vrou het sonder beserings daar uit gekom.

Baie geluk met die nuwe kar. Hoop hy gee vir julle sorgvrye gebruik

My simpatie met die kar wat amper af betaal was se afskryf. 4 Feb die jaar is ons klaar betaalde kar af geskryf wat nog in prestine kondisie was en baie lae kilos... dink jy mens kan weer dieselfde kry tweede hands... aikona
Ja nee glo my ek weet ons het net R6000 geskuld op die ou ene,En nou het ons 'n 4x2 en nie meer 'n 4x4 nie,nie dat dit eintlik pla nie het nooit regtig gan 4x4 met die terios nie is inelkgeval te duur om mee te gan bundu bash en te krap is maar die vrou se stads 4x4'tjie/pavement crawler.

Gebruik maar die Hilux vir speel maar nou is ek speelding loos tot Louis klaar is met die efi dan speel ek weer lekker!