Botswana, Caprivi, Ovamboland, Kaokaland en Namibia toer

Need some information for an upcoming trip or have questions about a camping site, etc, ask it here.
Post Reply
User avatar
Bugzy
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 646
Joined: Thu Sep 30, 2010 12:27 pm
Town: Rustenburg
Vehicle: 2015 Hilux S/C 4X4 Dakar1996 2.8D s/c 4x4 Hilux with 3CT Toyota motor
Real Name: Buks
Club VHF Licence: X56
Location: Zuurplaat
Contact:

Botswana, Caprivi, Ovamboland, Kaokaland en Namibia toer

Post by Bugzy »

Ek en Hannilie beplan 'n toe in September deur Botswana, Caprivi, Ovamboland, Kaokoland Kaokoveld an Namibia. Ek wil graag Van Zyls pas doen maar is nie baie gemaklik on dit alleen te doen nie. Is daar iemand wat dalk die tweede week in September die pas gaan aanvat?
User avatar
DerikB
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 61
Joined: Wed Apr 17, 2013 6:08 pm
Town: Witbank
Vehicle: 2018 Hilux 2.8 XtraCab 4x4 Auto
Real Name: Derik
Club VHF Licence: HC143

Re: Botswana, Caprivi, Ovamboland, Kaokaland en Namibia toer

Post by DerikB »

Hi Buks.

Ongelukkig gaan ek en my vrou Van Zyls eers 'n paar weke na jou weer aanpak.

2012 het ons hom alleen gery, toe nog met my Pajero padskraper. Ek wil graag met jou 'n bietjie van die ondervinding deel.

As ek terug kyk na die ervaring, was die deel tot by die bokant van die pas, by die Van Zyl's community campsite (Baie lekker kampplek, die man wat na die plek kyk praat Afrikaans. Hy was blykbaar ook betrokke by die destydse grens oorlog), vir ons eintlik meer interesant as wat die pas self was. Sodra jy van die D3700 Opuwo pad na die pas toe draai, ry jy op 'n tweespoor padjie wat plek plek deur sand asook somtyds toegegroei was deur die bosse. Ek het ongelukkig nie my GPS log gespaar nie, maar ek reken as jy 'n gemiddeld van 30km/h kan hou is dit baie vinnig!

Die pas self het twee dele waar ek versigtig was en eers gestap het. Die een is omtrent in die middel waar daar baie spoel slote was en die ander is op die einde, die laaste steil afdraende net voordat jy in die Marienfluss is.

Ons het net 1 voertuig gesien vandag ons uit Opuwo totdat ons in die Marienfluss was. So as iets gebeur, gaan jy op jou eie wees. (Mens moet maar vir jouself besluit of die risiko te groot is)

Dit is 'n pragtige wereld en die Noorde is vir my die mooiste deel van Namibia. Soos ek genoem het is ons weer soontoe oppad en al het ons ander mense saam genooi, is daar 'n moontlikheid dat dit weereens net ons sal wees. Hierdie keer gaan ek vir veiligheid net 'n Sattelliet telefoon huur, want ons beplan om baie langer in die area te verken en die meer onbekende padjies te ry.

Kyk ook daarna om 'n aand by die Kunene River Lodge te kamp oppad Van Zyl's toe, ek gaan hierdie slag weer 'n paar dae daar rus. Hulle het 'n swembad wat altyd baie welkom is in die hitte!
IMG_3121.JPG
IMG_3121.JPG (149.25 KiB) Viewed 2015 times
Derik

2011 Toyota Hilux 3.0 D-4D XtraCab 4x4 - ONCA Bar & Rock Sliders, Spacer Lift.
Image
2013 Ford Figo TDCi
Image
ORRA VHF Call Sign: B78
User avatar
Bugzy
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 646
Joined: Thu Sep 30, 2010 12:27 pm
Town: Rustenburg
Vehicle: 2015 Hilux S/C 4X4 Dakar1996 2.8D s/c 4x4 Hilux with 3CT Toyota motor
Real Name: Buks
Club VHF Licence: X56
Location: Zuurplaat
Contact:

Re: Botswana, Caprivi, Ovamboland, Kaokaland en Namibia toer

Post by Bugzy »

Dankie Derik vir jou inligting. Ek waardeer. :thumbup: :thumbup: Ons wil graag saam met iemand ry maar as dit nie anders kan nie, sal ond dit doen.
Groete
User avatar
warthog
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 846
Joined: Fri Aug 14, 2009 8:42 am
Town: Barberton
Vehicle: Fortuner 4.0 V6 Auto, LRFT, Dual Batt, OME's, BFG AT's, ARM comp, 800w inv, Roofrack
Real Name: Hennie
Location: Barberton, Mpumalanga

Re: Botswana, Caprivi, Ovamboland, Kaokaland en Namibia toer

Post by warthog »

Ons het die trip in 2009 gedoen. Jy kan hier gaan kyk.

viewtopic.php?f=4&t=8002" onclick="window.open(this.href);return false;
Hennie
ImageImage

Live simply, Love generously, Care deeply, Speak kindly. Leave the rest to God.
Jos 24:15: "As for me and my house, we will serve the Lord"
Post Reply

Return to “Route Planning questions/discussions”