Page 1 of 1

Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Tue Jan 01, 2013 8:08 pm
by Frederick
Goeienaand manne
Is daar dalk iemand wat in daai omgewing bly of die omgewing ken wat vir my 'n goeie visvang spot kan aanbeveel?
Ons gaan daar wees volgende week vir 'n paar dae? Is dit die moeite werd om 'n boot te charter? Hoe lyk die see?

groete

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Tue Jan 01, 2013 9:57 pm
by Thabogrobler
Frederick wrote: Hoe lyk die see?

groete
Man, redelik blouerig en om een of ander onverstaanbare rede word jy nat as jy inval... :yahoo:

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Wed Jan 02, 2013 10:04 pm
by ThysdJ
Ek het jarre lank daar gehengel en niks behalwe so 'n paar hang-overs gevang nie, o ja en 'n verkoue of 2... :twisted: :twisted: :twisted: :twisted:

Ek weet nie van bote charter nie, maar as jy die moeite wil doen om Gansbaai se kant toe te ry kan jy op die "Gruis" net na Uilkraalsmond gaan vang.. daar kry mens altyd ietsie.. Jy kan selfs so ver uit ry as De Damme, daar waar die teerpad ophou.. teen daardie strand af was ook redelik vis.

Geniet hom..

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Thu Jan 03, 2013 1:18 pm
by Frederick
Dankie Thys
:thumbup:

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Thu Jan 03, 2013 1:35 pm
by ThysdJ
Ek kan nie mooi onthou nie maar ek dink daar is 'n permit wat jy moet uitneem by die natuurbewaringskantoor in Hermanus om op die gruis te mag ry... Ek is seker die toerismekantoor op die dorp sal jou in die regte rigting kan beduie.. Geniet dit.. :thumbup: :thumbup:

pas net op vir die poffies en geelslange in die bosse agter die duine.. :shock: :shock:

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Thu Jan 03, 2013 8:18 pm
by LoneRanger
Just past the Pearly beach turn-off, there's a dirt road that takes you to "Die Wrak" - and you can do a little off roading and no you don't need a permit to go into the Nature reserve - you pay at the gate (just after Uilkraal's Mond - just over the bridge)

Hope that helps :wave: :thumbup:

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Fri Jan 04, 2013 8:56 am
by Thabogrobler
Op die oomblik is die see maar rof - nou in Tsitsikama maar hoor tot in Mosselbaai is die weer nie lekker nie.

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Tue Jan 08, 2013 11:12 pm
by Frederick
See is mooi kalm. Gaan more vroeg probeer daar by die wrak. Baie dankie vir die inligting.

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Tue Jan 08, 2013 11:20 pm
by Frederick
LoneRanger wrote:Just past the Pearly beach turn-off, there's a dirt road that takes you to "Die Wrak" - and you can do a little off roading and no you don't need a permit to go into the Nature reserve - you pay at the gate (just after Uilkraal's Mond - just over the bridge)

Hope that helps :wave: :thumbup:
Hi
Will my national permit be sufficient or do I need another one?

Regards

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Wed Jan 09, 2013 8:28 am
by Hoppy
Die dam van ons het maar min visse in, hoop jy kry iets, probeer maar Galjoen tussen die bamboes dis maklikker, veral as jy n paar perlemoendermpies by die locals kan kry.
As jy nie n permit het vir Galjoen nie, trek net sy voortanne uit dan gaan hy deur as n Hotnotsvis.

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Wed Jan 09, 2013 10:02 am
by Hilux 1
hi Frederick, jy kan in gaan by Stanford, vat die pad deur die dorp en volg die borde Wortelgat. ry al met die grond pad tot by die SANS park hek en betaal daar vir toegang tot Hermanus/De kelders plaat. jy kan probeer daar vir Kabeljou of Steenbras. die locals praat meer van April maand se kant vang mens goed daar. maar met ons weer deesdae weet ek nie meer nie. as jou op laag daar is kan jy trap vir wit mossel ook.

Daar is n hele paar gate in Pearly Beach self. vra maar rond vir Blou water baai asook by Castle beach kan jy n paar gate vind.

Sterkte

was nou my hele vakansie daar en het boggerol gekry nie.(weer etc het ook nie die saak gehelp nie)

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Wed Jan 09, 2013 2:09 pm
by Hilux 1
o ja, daar is Die Damme, Buffeljags en natuurlik Rietfontein

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Wed Jan 09, 2013 2:24 pm
by Cleaner
Hoppy wrote:As jy nie n permit het vir Galjoen nie, trek net sy voortanne uit dan gaan hy deur as n Hotnotsvis.
My nou amper nat gemaak! Goeie een Hoppy - Weet nie hoe oud daai grap is nie, maar dis die eerste keer wat ek dit hoor!

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Sat Jan 12, 2013 10:49 pm
by Frederick
Dankie vir almal se bydrae. Ons het toe net kans gehad om 1 oggend te gaaan. Is toe daar na Stanger toe. Dit was regtig baie mooi daar maar ons het netbbamboes gevang..
Nou terug in Pta en val weer Maandag in...

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Mon Jan 14, 2013 3:15 pm
by Hilux 1
ai tog, het regtig gehoop iemand vang darem iets daar rond.

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Mon Jan 14, 2013 8:13 pm
by Hoppy
sorry....

Re: Hengel by Hermanus /Onrus

Posted: Tue Jan 15, 2013 9:41 am
by dalkill
Waar is rowweklip in hermanus?
Die manne praat van steenbras daar.