Page 1 of 1

My ander groot liefde

Posted: Wed Jan 20, 2016 8:37 am
by Matewis007
Image
Witvos, my stofskoeter.

Ek love dit om nuwe paaie veral stofpaaie te verken. Die Saldanha-Sishen spoorlyn is nog op my lysie om te ry.

Image
Image

Sien die motorfiets seksie is maar stil.

Re: My ander groot liefde

Posted: Wed Jan 20, 2016 10:13 am
by Froll
Mooi fiets daai.

Re: My ander groot liefde

Posted: Wed Jan 20, 2016 10:46 am
by Dowe Koos
My grootste liefde is my vrou. Tweede is 4x4 wat natuurlik Hilux is. Sal vanmiddag n foto plaas van my derde een.

Re: My ander groot liefde

Posted: Wed Jan 20, 2016 10:54 am
by Matewis007
Hahahahaha Dowe Koos ek sit met 4. Vrou, Fiela my dogtertjie, my Hilux en my Stofskoeter. Wys bietjie daardie foto!!

Dankie Roger. Ek ken nogal man of 2 daar in Vioolsdrift, lewer vir ons groente hier in die Kaap.

Re: My ander groot liefde

Posted: Wed Jan 20, 2016 11:04 am
by ChrisF
Jaco hier is nogal baie mense op die forum wat ook motorfiets ry. :)


MOOI "scooter" wat jy daar het.

Ek het seker so 200 000km of fietse gedoen, waarvan omtrent 75 000 met die RT gedoen is. LEKKER TYE !

Re: My ander groot liefde

Posted: Wed Jan 20, 2016 11:12 am
by Matewis007
Die outjie het ek laasjaar Oktober in Witbank gekoop. Het nou maar 46000km op die klok. Vorige fiets was 'n 650 Dakar.

Wou nog altyd 'n 1150 GS ADventure gehad het. Ewan Mcgregor en Charlie se Long Way Round het die bike in my kop gesit en nou ja. Daar staan hy nou.

Re: My ander groot liefde

Posted: Wed Jan 20, 2016 4:19 pm
by Dowe Koos
Hier's my derde liefde.
DSC_0279.jpg

Re: My ander groot liefde

Posted: Thu Jan 21, 2016 3:49 pm
by Stef
20150201_111212.jpg
Myne....


Mens moet eintlik 2 hê; maar dink om die ene dalk te swaai (hy woela baie lekker maar hy werk jou gewrigte en elmboë) en ook maar 1 van daai ou man stof skoeters te kry...alhoewel ek het meer aptyt vir die KTM adventure...

Re: My ander groot liefde

Posted: Thu Jan 21, 2016 4:17 pm
by Dowe Koos
Hallo Stefan. Het jy net een liefde. Jaco loop voor met vier en ek met drie. Is daar iemand wat meer liefde het in sy lewe as Jaco. :naah: :surrender:

Re: My ander groot liefde

Posted: Thu Jan 21, 2016 4:41 pm
by Matewis007
Whahahaha ou man Stofskoeters?? Ou manne ry glo BMW, jongmanne KTM( ATM) of so hoor ek! Dan is ek nou maar enige dag 'n jeugdige ou 35

Re: My ander groot liefde

Posted: Thu Jan 21, 2016 4:59 pm
by Dowe Koos
Ou man of jong man, bike ry bly lekker. Ek is eintlik 'n groot Suzuki man, ry al jare met DR 800. Kon nie die nuwe 1000cc ( daar was nognie tweedehandse een nie) bekostig nie. Besluit toe maar om die BM te koop en is nie spyt nie. Dis nou regtig 'n lekker ryding.

Re: My ander groot liefde

Posted: Thu Jan 21, 2016 6:37 pm
by ChrisF
Van my 16de verjaarsdag motorfiets gery.

1 000km per maand net skool toe en terug. RZ50 .... :)

toe n hele reeks Japanese modelle. Meer Honda's besit as die ander, maar tog is my hart maar by YAMAHA.


Toe kry ek die brain wave om n fiets te koop met ABS - paar "amper" insidente gehad terwyl ek daagliks van Bellville na Kaapstad gery het.

Koop toe die BMW F650GS - spesifiek vir die daaglikse rit werk toe ...


en so leer ken ek die manne by Atlantic in die stad, en ek word aanmekaar uitgenooi om saam te kom vir n "breakfast run" ..... magatag, ek is mos nie n tattoo rowwe man nie ..... maar uiteindelik ry ons toe wel die een dag saam. WOW !!!!!!

3 weke later is ons saam Sutherland toe met die motorfietse. NAT gereen !!!!!!!!! maar wat n lekker trip. en weet jy wat, normale mense wat op so trip gaan .... Maand later is ons saam Plet toe, al die pad op die 650, met vroulief agterop.

baie vinnig baie kilos op daai 650 gesit :)

en toe hoor ek een van my vriende in die klub het n 1200Rt gekoop, en sy ou 1150RT staan nog by die huis ..... DIT was nou die maklikste besluit ooit !!

30 000km in een jaar op daai fiets gesit !! selfs van die Kaap tot St Lucia gedoen op die fiets - net ek en vroulief, geen ander fietse nie.


toe ons later n 4x4 kry is die fietse al minder gebruik.



hoor graag julle verhale.

Re: My ander groot liefde

Posted: Thu Jan 21, 2016 7:24 pm
by Dowe Koos
Hallo almal. Ry al 35 jaar bike, allie pad net Suzuki dr's, klein gebegin en groot geeindig. Koop vir die eerste keer 'n ander maak, BMW verlede jaar Desember. Het al paar keer geval daar in die veld met off-roads. Raak goed met bike ry. Ontmoet my vrou en amper twee jaar later kom ek in 'n erge bike ongeluk. Lê daar in die hospitaal so half in 'n koma. Op die derde dag word ek wakker en met besoek tyd kom my nooitjie daar aan. Na hallo sê val sy sommer weg met, hoe lyk dertien Desember. Vra haar wat gebeur dan. Toe antwoord sy, dan trou ons. Nou ja, komende Desember is ons dan dertig jaar getroud.
Nouja Chris, vêr paaie het ek al gery maar nie so baie soos jy nie. As 'n jong man het ek al so duidend kilos gery vir 'n naweek. So op my eie. Het eenkeer van Pretoria af na George vir 'n vakansie. Ek en my vrou het ook een keer van Pretoria na Sabie en terug vir 'n lanknaweek gegaan. Verder is dit meestal breakfast run wat ons doen. Meeste van die tyd alleen. Sal maar kyk of die forum manne sal belangstel dat ons as klublede so iets kan reël.

Re: My ander groot liefde

Posted: Fri Jan 22, 2016 7:18 am
by Matewis007
Ek sal so bietjie hier op die groep my Bikestories post. Dan kan julle bietjie lees en terugvoer gee

Re: My ander groot liefde

Posted: Sat Jan 23, 2016 2:41 pm
by Froll
Dankie Roger. Ek ken nogal man of 2 daar in Vioolsdrift, lewer vir ons groente hier in die Kaap.[/quote][/quote]ote]

Ok Jaco, by watse plek werk jy. Ek werk vir Klipwerf boerdery, ons lewer ook aan n paar plekke in die Kaap.

Re: My ander groot liefde

Posted: Sun Jan 24, 2016 12:31 pm
by Matewis007
Hahahahaha dan het ons mekaar al ontmoet. Klipwerf lewer vir ons. Werk vir Freshmark. Was al daar bo by julle gewees.

Sent from my Z3

Re: My ander groot liefde

Posted: Mon Jan 25, 2016 11:17 am
by Stef
Dowe Koos wrote:Hallo Stefan. Het jy net een liefde. Jaco loop voor met vier en ek met drie. Is daar iemand wat meer liefde het in sy lewe as Jaco. :naah: :surrender:
Natuurlik....vanselfsprekend Vroulief & my dogter, nie gedink dis nodig om te herhaal nie.

Ander goed dan soos kamp, visvang en model vliegtuie ook

Re: My ander groot liefde

Posted: Sat Jan 30, 2016 8:26 pm
by Stef
Witvos wrote:Whahahaha ou man Stofskoeters?? Ou manne ry glo BMW, jongmanne KTM( ATM) of so hoor ek! Dan is ek nou maar enige dag 'n jeugdige ou 35
KTM = Kick Twenty Minutes.... :mrgreen:

Re: My ander groot liefde

Posted: Fri Feb 26, 2016 1:29 pm
by jthuynsma
Hier is myne

Re: My ander groot liefde

Posted: Sat Feb 27, 2016 2:06 pm
by Matewis007
Mmmm Acerbis tank??

Sent from my Z3

Re: My ander groot liefde

Posted: Sun Feb 28, 2016 8:32 pm
by jthuynsma
Witvos wrote:Mmmm Acerbis tank??

Sent from my Z3

Ja ek het 2 'n L en 'n R albei met acerbis tank

Re: My ander groot liefde

Posted: Thu May 19, 2016 4:04 pm
by Stef
My volgende fiets moet die een wees:
127744_1290-super-duke-gt-my-2016 (1).jpg
127740_1290-super-duke-gt-my-2016 (1).jpg

Re: My ander groot liefde

Posted: Fri May 20, 2016 7:53 am
by Matewis007
Ek moet se ek hou van sy lyne. Wat is sy volle naam??

Re: My ander groot liefde

Posted: Fri May 20, 2016 9:03 am
by Mr_B
Witvos wrote:Ek moet se ek hou van sy lyne. Wat is sy volle naam??
Motor Bike... :twisted:

Re: My ander groot liefde

Posted: Fri May 20, 2016 9:25 am
by Matewis007
File Save As

KTM 1290 Superduke GT

Re: My ander groot liefde

Posted: Fri May 20, 2016 4:15 pm
by Mud Dog
My two (the 500XT behind belongs to my son-in-law) .....
IMG_0530.JPG

Still my favourite ....
IMG_0583.JPG

Re: My ander groot liefde

Posted: Sat May 21, 2016 1:38 pm
by ChrisF
So nearly bought one of those Yammie shafts back in the day .... My first bike was a Yammie, and the brand will always be dear to me.

Re: My ander groot liefde

Posted: Mon May 23, 2016 7:42 am
by Stef
Witvos wrote:File Save As

KTM 1290 Superduke GT

Dis hom :thumbup: Same hooligan bike as the Superduke; pillion slightly longer for the panniers and some of the mapping slightly different, but still just as beastly in sport/motard mode.

That V-twin sounds sweeeet. Hooked up with an Adventure R on the way to work and that thing pulls...I have to really give it horns to to keep up on the ZX in 1st gear, but from 160 onwards I'm gone. If that is anything to go by then the Superduke is a real monster

https://www.youtube.com/watch?v=0F47OgT39fs

Same price as the GS adventure, but the KTM has my vote hands down...