Hof werp lig op LED-tameletjie

Quality 4x4 Accessories. Buy online or at any of our 4 Branches.
Post Reply
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10322
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Tue Nov 17, 2015 9:14 am

Bly om te sien die LED sage het nou darem in 'n hof beland, wel in Namibië, maar dit is 'n begin.

http://www.republikein.com.na/vervoer/h ... jie.260258
n Saak oor LED-ligte aan ’n voertuig het tot die hof se skrapping van ’n boete vir dié beweerde oortreding gelei.
In die beskuldigdebank was mnr. André Potgieter - oor ’n LED-lig wat aan sy Toyota Fortuner gemonteer is.
Verkeersowerhede voer aan plaas­like regulasies maak nie voorsiening vir hierdie nuwerwetse ligbronne nie.
Landdros Surita Savage het verlede week die klag teen Potgieter teruggetrek.
Potgieter, mede-eienaar van Canopy Centre op Walvisbaai, het homself verdedig en onskuldig gepleit. Hy voer aan dat ver­skeie moderne motorfabrikate soos BMW, Audi en Mercedes met LED-ligte van monteerbane ry. Voertuie word daarmee gebou.
Potgieter het ook benadruk dat die beskrywing van die LED-ligte waarvoor hy beboet is, van die produk op sy eie motor verskil. Hierbenewens het hy as skietgoed ’n versameling foto’s voorgelê van voertuie van die Namibiese polisie en weermag wat ook LED-ligte het. ’n Ander deel van sy argument het behels dat wettig ingevoerde produkte nie onwettig in die land kan wees nie.
Selfs die landdros het erken dat haar voertuig ook LED-ligte het.
Potgieter is op 19 September vanjaar by ’n padblokkade op Swakopmund voorgekeer en met N$1 000 beboet. Hy was onderweg na Windhoek.
Aanklaer Rowan van Wyk wou gehad het die hof moes die saak tot 21 Januarie uitstel omdat ’n getuie nie beskikbaar was nie. Potgieter het die hof egter ingelig dat hy 400 km vanuit Windhoek moes reis om die verrigtinge by te woon.
Hy beskou die uitslag in sy saak as ’n belangrike oorwinning vir alle padgebruikers.
Die verkeerspolisie bly van mening dat LED-ligte onwettig is weens die gevaar dat dit ander bestuurders kan verblind. Die ministerie van werke en vervoer sal na verwagting eersdaags standpunt oor die polemiek inneem.
Volgens ’n private verkeerskonsultant voldoen die LED-staaf op Potgieter se voertuig inderdaad aan regulasies, tensy nuwe wysigings deurgevoer word om dit te verbied. Prakties is talle nuwe voertuie se ligte byna almal van die LED-tipe.
Namibië het ’n ooreenkoms om Suid-Afrikaanse standaarde vir sulke produkte te aanvaar totdat die land sy eie inspeksies kan uitvoer. Die tersake LED-produkte word ook internasionaal erken.
LED-ligte is meer doeltreffend wat kragverbruik betref en het ook ’n langer leeftyd.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC. Rear diff-lock, Red Peppor Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Kirisun radio, West Coast Rust, Mikem Rear Suspension, Ball Joint Spacers in front, 25watt LED Spots

User avatar
zepplin
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2121
Joined: Fri Jul 27, 2007 1:05 pm
Town: Cape Town
Vehicle: GX Cruiser
Real Name: Steve
Club VHF Licence: HC 127

Tue Nov 17, 2015 9:48 am

Subscribed.
Cruzer GX 80 1hz Manual
Cruzer VX 80 LTD 1hd-ft auto
Cruzer VX 80 UK spec 1hd-ft manual

User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8280
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Tue Nov 17, 2015 10:06 am

Pieter dit sal baie interessant wees om te weet hoekom die klag teruggetrek is - as dit is weens die tegniese fout op die aanklag, dat die lige verskil van dit wat op die aanklag staat verskyn, dan het die uitslag nog niks gedoen om die saak aan te spreek nie.


Hier is n grootter onderliggende probleem - "spot" vs "flood" lights. Sou n LED-SPOT light dieselfde ligpatroon gee as n konvensionele lig (dus nie aankomende verkeer verblind nie), dan sou dit goedgekeur kon word. Tog is daar baie flood-lights daar buite wat die aankomende verkeer verblind, en wat nooit wettig kan wees op n openbare pad nie.


Ek glo die storie het nog n pad om te loop voor dit finaal uitgesorteer word.

User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 28536
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Tue Nov 17, 2015 1:04 pm

Interesting. Hmmmmm ....
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!

User avatar
warthog
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 812
Joined: Fri Aug 14, 2009 8:42 am
Town: Barberton
Vehicle: Fortuner 4.0 V6 Auto, LRFT, Dual Batt, OME's, BFG AT's, ARM comp, 800w inv, Roofrack
Real Name: Hennie
Location: Barberton, Mpumalanga

Wed Nov 18, 2015 11:24 pm

Net op punt van orde: 'n Landdros kan nie 'n saak teen 'n beskuldigde "terugtrek" nie. Daardie diskresie, om 'n saak terug te trek, berus slegs by die persoon wat die saak aanhangig maak- in 'n siviele saak die Eiser, en in 'n strafsaak -soos hierdie-, die Direkteur van Openbare Vervolging, of dan sy verteenwoordiger in die plaaslike hof, die Staatsaanklaer. Selfs al sou die klaer (in hierdie geval die "spietkop" wat die boete uitgeskryf het, nie wil voortgaan met die saak nie, is dit nog steeds die DOV se besluit.)

Wat hier- op dit wat ek lees- gebeur het, is waarskynlik een van 2 moontlikhede:
1. Staat (SA) aansoek gedoen vir uitstel om getuie te roep vir die verhoor, Landdros het die verdere uitstel geweier, en die saak van die rol geskrap.

2. SA het klagte gestel, Potgieter het onskuldig gepleit, in sy pleitverduideliking erken dat hy wel die ligte op sy voertuig gehad het, hy ontken het dit onwettig was om die ligte te he. Die Staat- staatsaanklaer- wou uitstel he om getuie te roep om dit te weerle, maar die Landdros het geweier, en het Potgieter onskuldig bevind- die Staat (SA) kon nie hulle saak bewys nie.

Onderste streep: Landdros kan nie 'n saak terugtrek nie.
Hennie
ImageImage

Live simply, Love generously, Care deeply, Speak kindly. Leave the rest to God.
Jos 24:15: "As for me and my house, we will serve the Lord"

User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3109
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Thu Nov 19, 2015 8:25 am

Soos Chris sê, ander ligte kan ook aankomende verkeer verblind; en dis hoekom daar ook reels is wat se dat bv slegs noodvoertuie mag 'n "movable spot light" hê en jy mag bv ligte op jou roll bar sit maar dit mag nie op openbare paaie gebruik word nie en moet "covers" op hê ens.

Ek dink ook dis uitgegooi oor die beskrywing wat verskil, nie so seer terug getrek nie ("essential elements of the charge")

In my opinie het die Potgieter ou 'n punt beet, veral as die polisie voertuie dit ook op het en daar is geen voorsiening in die wet daarvoor nie (en ek dink ook nie dit val onder die modifikasie wette nie), want dan is almal onder dieselfde kam en dan moet die polisie mos ook aangekla word en hulle s'n ook verwyder word.

As hulle hom wel gevang het dat hy roekeloos /onredelik opgetree het met die gebruik van die ligte en iemand in gevaar gestel het, het hulle wel 'n saak maar dan gaan dit glad nbie meer oor die ligte self nie en kon hulle hom onder ander padwette aankla.

Die saak is nie gewen of verloor nie, so ek stem saam dat daar nog geen uitsluitsel is nie.

User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10322
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Thu Nov 19, 2015 11:15 am

Die debat kan vir ewig aanhou juis omdat daar niks in die wet is wat 'n LED lig definieër of wat sê of dit wettig of onwettig is. In my opinie het enigiemand wat 'n boete kry 'n baie goeie kans om 'n hofsaak te wen, want daar is niks in die wet oor dit nie. Wens hulle wil nou die wet aanpas sodat mens weet wat is wat.

Ek ry baie die pad tussen Kaapstad en Langebaan in die aand, dit wat mens verblind is die ape wat nie weet waar hulle dim en bright stokkie sit nie. As daar in die afgelope jaar twee voertuie met LED Bars my verblind het sal dit baie wees, die wat jou verblind is 99.9% van die tyd voertuie met gewone lgite wat nie dim nie of wat se ligte uitgestel is en jou verblind al dim hulle. Dan is die kersie op die koek enige nuwe voertuig met 100% wettige fabrieksgemonteerde ligte, as hulle nie dim nie dubbel verblind hulle jou.

Ek dink die spiedkops wat so aangaan oor LED Bars is ouens wat nog nooit in hulle lewe langpad in die nag gery het nie.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC. Rear diff-lock, Red Peppor Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Kirisun radio, West Coast Rust, Mikem Rear Suspension, Ball Joint Spacers in front, 25watt LED Spots

User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8280
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Thu Nov 19, 2015 5:19 pm

Pieter hier plaaslik is die verblindingsfaktor eenvoudig - onpadvaardige voertuie van alle ouderdomme - DIMs wat windskeef gestel is en aankomende verkeer verblind ....


LED lightbars is n "soft target". Dit vat meer werk om die eintlike oortreders vas te vat.

User avatar
Johan Kriel
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 607
Joined: Sun Apr 26, 2009 8:41 pm
Town: Okahandja
Vehicle: 2.5 SC 4x4
Real Name: Johan kriel
Location: Okahandja

Thu Nov 19, 2015 5:20 pm

Die LEd ligte maak die spietkoppe heel deyrmekaar.

Die wet is geskryf lank voor LEDs en nou pas die LEDss nie by bykrywings wat die wet se nie, en dus gebruik die spietkoppe dit om te se dit is onwettig. Veral tov die LED bars. Ek wil nog sien hoe n spietkop n ronde LED gaan beboet.

Ek dink die saak was terug getrek weens getuies wat nie daar was nie , of so iets.

Die Landros self het LED op haar voertuig bleikbaar. :D:
Johan Kriel

Prado

User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16663
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Fri Nov 20, 2015 5:21 pm

Die verblindingsding is nonsens as hulle jou nie in the act gevang het nie..... Dis soos om my aan te kla van moord omdat ek 'n pistool besit of van verkragting omdat ek ... mmm julle weet waantoe daai een gaan... :twisted: :twisted: :blackeye:

Dis soos ek lankal gese het, die wette omskryf nie 'n LED bar nie, daarom is dit oop vir interpretasie. Die probleem is as die spietkom my by Gobabis skryf, moet ek in Gobabis hof toe gaan om die saak te beveg. Dit kan tyd vat. Tyd in my geval is geld, want as die saak 2 maande later voorkom, is ek out of pocket in terme van verlies aan inkomste.. en dit om 'n R1000 fine af te "stry" in die hof... Of dit nou in Gobabis of in Vryburg is, is eintlik om't ewe.. Dis nog steeds ongerieflik en dit kos geld. Die spietkops weet dit, daarom skryf hulle daardie kaartjie uit, en 1 uit elke 10 ouens gaan dalk die moeite doen om die saak in die hof uit te sort. Die ander betaal maar.. :silent: :silent:

So om al daardie ongerief en verlies aan inkomste vry te spring, haal ek maar die light bar af... ek ry anyway nie in die nag as ons toer nie, in elk geval nie uit vrye keuse nie...

Watis die kanse dat die wetgewing binnekort herskryf gaan word? Ek dink dis redelik min... daar is ander wetgewing wat BAIE belangriker is vir die ANC as LED's op karre.... :banned: :banned:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...

Post Reply

Return to “4x4Direct”

  • Information
  • Who is online

    Users browsing this forum: No registered users