Tue Apr 24, 2012 8:34 am
Snowmaster gebruik wel die Danfross, 55 watt kompressor. Die kompressor het ook 'n 3 jaar waarborg net soos die ander make. Ek is opsoek na 'n 70 lt dubbeldeur so die beskikbaarheid was slegs, Luna en Snowmaster. Het op 'n stadium na Campmaster gekyk, maar was nie baie tevrede nie, aangesien die wat daar by Makro was nie van goeie kwaliteit was nie ( deure wat skeuf sit ). Moenie verkeerd verstaan nie, ek het niks teen Campmaster nie. Ek het 'n Campmaster 220v, ongeveer 40 lt vrieskassie, wat al deur rowwe hengel trips was, met geen probleme nie. Vries gelooflik vinnig. Dis eintlik waar die probleem begin het. Die een kan glad nie as 'n yskas geklas word nie.
Wat ek gehoor het is Snowmaster se diens baie goed, almal wat probleme ondervind het is in 'n kort tydperk uitgesort.
Vir die prys van die Luna kan ek 2 Snowmasters koop.
Ek het alles opgelees oor die yskaste en na my mening val Snowmaster in dieselfde klas as die top verkopers.( het alles in wat in die ander make is ) Wat ek wel nie baie goed bestudeer het nie was Snowmaster se isolasie. Het vandag 'n afspraak by Shane om meer daaroor uit te vind.
Moet sê, ek sien my kla met die Snowmaster toer.