Page 1 of 1

Jerrykan/geyser

Posted: Tue Aug 04, 2015 6:52 am
by coetzer94
More

Weet iemand dalk waar ek n 2de handse jerry kan kan kry wat nog in n goeie toestand is?

Ons het so n paar jaar terug n sleepwa gehuur op n trip Khutse toe, wat oulik was is dat hulle n ekstra kan gegee het spesifiek vir warm water., as jy dan wil gaan stort dan sit jy die kan so teen aan/in die vuur en wag tot hy warm genoeg is.

Ons ry die naweek Mabuashehube toe en wil graag so nou en dan n lou warm stort vat. Ons geen rede vir n geyser nie, en tyd is ook nie n faktor nie.

Ons kanne is nog in te goeie toestand om dit mee te doen, en ek kan dit nie oor my hart kry om n nuwe een te koop om in die vuur te sit nie.

Sal dit waardeer as iemand dalk n plek kan noem, of self een het wat hulle nie meer gebruik nie.