K & N Filter

If you drive a 4x2 Hilux, do NOT think you are not welcome. Post your questions here
Post Reply
User avatar
Bees
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 245
Joined: Thu Oct 11, 2007 2:51 pm
Town: Stellenbosch
Vehicle: Hilux 4.0 V6, 4x4, D/C, A/T. En een gevaarlike petrol voet.
Real Name: Ian

K & N Filter

Post by Bees »

Hallo aan almal, ek is nuut by die forum, hou baie daarvan. Ek is nou maar ook van daai ongelukkiges wat nie 'n 4x4 het nie ( geld verdamp mos ) . Maar nie te min ek is trots op my bakkie ( 2700i, 2001 model).

Sal nog 'n foto op sit sodra ek 'n kansie het.

Ek wil ook net weet, is nou maar nie die slimste as dit by enjins kom nie, 'n K & N filter, is dit nadelig vir 'n enjin of nie. Ek ry darem nie baie grondpaaie nie en ja kan mos nou ook nie so lekker duine ry soos 'n 4x4 nie, so die stof is nie so 'n groot faktor nie.
Het ook gewonder of dit die brandstof verbruik affekteer.

Leka dag
Ian
Die lewe is 'n lied, sing blik$em sing
TopHilux Hilton
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 88
Joined: Tue Jul 17, 2007 12:50 pm
Town: Boksburg
Vehicle: '91 Hilux DC 4x4 3.0L KZTE Eng.
Real Name: Hilton

Re: K & N Filter

Post by TopHilux Hilton »

Welkom Ian.

Persoonlik dink ek n K&N filter is n pot stront. Op n Superbike kry jy so 2 tot 3 HP by, want hy suig bietjie maklikker, maar nou praat ons van n ding wat limit op 12000rpm. Die kere wat ek die filter gewas het, het my geskok. Die hoeveelheid stof op daai ding is ongelooflik....en dit vir n scooter wat nooit grondpaaie gesien het nie.

Ek sal se bly by jou Donaldson.
1991 Hilux D/Cab 4x4 3.0L KZTE Eng
User avatar
Bees
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 245
Joined: Thu Oct 11, 2007 2:51 pm
Town: Stellenbosch
Vehicle: Hilux 4.0 V6, 4x4, D/C, A/T. En een gevaarlike petrol voet.
Real Name: Ian

Re: K & N Filter

Post by Bees »

Jis Hilton

Dankie vir die info.

Watter ligte veranderings sal julle aanbeveel om die Hp 'n bietjie te verbeter , nie dat hy dit regtig nodig het nie.

Ek neem aan as ek meer krag soek kan ek maar vergeet van 'n beter brandstof verbruik.

OK.
Die lewe is 'n lied, sing blik$em sing
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: K & N Filter

Post by BenHur »

EK sal nie regtig krap aan daai 2.7 as ek jy is nie. Los hom stock standard en hy sal jou baie kilo's gee. Een van my vriende Herman (engel op die 4x4community forum) het syne as 'n werksbakkie gebruik, hy ry nie juis mooi nie, en toe hy daai bakkie op 500 000 kms verkoop het hy nog nie eers begin olie gebruik nie.

Diens jou bakkie gereeld, sorg dat hy goed ingestel is, gebruik decent olie en sorg dat alle filters skoon is en dan is dit maar net jou voet wat ekonomie sal bepaal.

O ja - K&N of enige cone filter is gagga. Hoe minder restriction hoe beter lugvloei, maar hoe swakker die filtrering. Sit 'n sakdoek oor die aircleaner se inlaat pyp en ry vir 'n week so net op mooi paaie en kyk hoe vuil is daai ding as jy my nie glo nie.
User avatar
Sakkie
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 34
Joined: Wed Nov 07, 2007 1:44 pm
Town: Bloemfontein
Vehicle: Hilux 2.7 DC 4x2
Real Name: Jacques Swanepoel

Re: K & N Filter

Post by Sakkie »

Bees, ek stem saam met Bennie. Los daai 2.7 net soos hy is. Het myne bietjie hard gery in die begin om hom los te kry, maar hy het nou 188 000 km op en ek kry op average so 8.5km op 'n liter. Het verder nog nie een dag se probleme gehad nie en ek gebruik hom elke dag as werksbakkie.

Sakkie
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: K & N Filter

Post by pietpetoors »

Ja ou Bees. As ek so lang bult vat en bietjie sukkel dan sien ek ook so in my geestesoog daardie V6 of V8. Maar as dit kom by betroubaarheid dan kruie ek maar voort. Ek kry gemiddeld so 7.3 na 7.5, het al 8.1 gekry op haar beste. Moet byvoeg sy staan nou al op 344,000km.

Die K&N filter is nie gebou vir al die stof nie. Kyk na die eerste foto by http://www.hilux4x4.co.za/snorkel.php en dit was maar net so 3,000km grondpad sonder 'n snorkel. Die bakkie se luginlaat sit mooitjies binne in die fender, sekerlik die plek waar die meeste stof opgaar.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
Knersus
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 322
Joined: Tue Jun 26, 2007 10:33 am
Town: Kathu
Vehicle: 2.4 Hi Lux 4x4 DC 95'
Real Name: Eben
Club VHF Licence: ZS3EP
Location: Kathu

Re: K & N Filter

Post by Knersus »

Bees jy gaan verskillende reaksies kry op die K&N filters onderwerp en my weergawe is dat ek sou my donaldson papier filter enige tyd vervang het met 'n K&N as ek die regte een kon kry wat net so lyk en sal pas in die air boks. Ek weet jy kry K&N filters wat vir die 2.7 Hi lux gemaak is en hy lyk en pas ferfek in jou air box. Die groot geheim van die K&N is dat hy moet ge-olie wees en jy moet hom gereeld skoon maak.

'n Vriend van my in Upington wat sy eie motorhawe het, het al baie kalahari boere met K&N filters voorsien en wat ek gesien het is ongelooflik. Die filter is vuil maar die intake pyp is skoon. Wel dis nou op die K&N filters wat in die boks pas en nie die oop cone tipe nie. Wel elke ou het sy mening maar ek sou my papier filter vervang as ek die regte K&N vervanging kry. :?
Eben Pienaar
2.4 Hi Lux 22R 95'
Codan HF radio; Kenwood VHF Hi band; Tait VHF midband; Snorkel; OME suspension; Diff lock on next shortlist. Dis lekker om 'n mens te wees....Jy moet net 'n lekker mens wees
Arri
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 92
Joined: Sat May 03, 2008 8:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux 2.7VVT-i Raised Body Raider s/c lwb 2008
Real Name: Arno
Location: Pretoria

Re: K & N Filter

Post by Arri »

Ja mense ek stem saam, die K&N filter doen sy werk maar dan moet jy home gereeld was en her olie na elke uitstappie soos die instruksies se, en hulle wasmiddel en olie is maar duur. Jy kan 'n SAC stage ii conversion doen wat jou 2.7 se wringkrag en perre saam met die V6 plaas, maar ek glo nie die betroubaarheid en en langlewendheid gaan dieselfde wees nie.
Arriwyks
Toyota Fan
arriwyks@gmail.com

ImageImageImageImage
Image
Post Reply

Return to “4x2 Hilux's Welcome”