4x4 roetes vir 4x2's

If you drive a 4x2 Hilux, do NOT think you are not welcome. Post your questions here
Post Reply
User avatar
Bees
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 245
Joined: Thu Oct 11, 2007 2:51 pm
Town: Stellenbosch
Vehicle: Hilux 4.0 V6, 4x4, D/C, A/T. En een gevaarlike petrol voet.
Real Name: Ian

4x4 roetes vir 4x2's

Post by Bees »

Ek het weer na al die lekker fotos en stories gesit en kyk die ander dag, van al die lekker trips en roetes wat julle almal met die 4x4's doen.
Toe wonder ek waar daar orals roetes is wat ek met my standaard 4x2 sal kan aanpak, sonder om darem te veel vas te sit.

Ek het al gehoor die Takbok roete net buite die Paarl is doenbaar met 'n 4x2.
Maar, is daar nog? en is daar miskien 'n plek waar 'n man darem so hier en daar aan 'n duintjie kan raak, want ja, DUINE sal nou seker nie heeltemal werk nie.

So as julle my kan uit help met sulke tipe plekke sal ek dit waardeer.

Wil ook darem die ou wa so bietjie gebruik vir speel.

Dankie
Die lewe is 'n lied, sing blik$em sing
User avatar
Sakkie
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 34
Joined: Wed Nov 07, 2007 1:44 pm
Town: Bloemfontein
Vehicle: Hilux 2.7 DC 4x2
Real Name: Jacques Swanepoel

Re: 4x4 roetes vir 4x2's

Post by Sakkie »

Bees

Ek hoor die ouens praat van die Sani pas in Lesotho, ek sal maar nog gaan kyk en dan gaan ek die komende naweek saam met 'n paar pelle Korannaberg in die Vrystaat doen. Ferndale in die Oos Kaap is ook blykbaar doenbaar met ons 4x2's. Weet ongelukkig nie van die Wes Kaap nie.

Sakkie
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: 4x4 roetes vir 4x2's

Post by ToyX4 »

Bees

Ek kan jou nie regtig help nie.

Maar kyk in SA4x4 en ander soortgelyke tydskrifte vir die trails. Dalk kan jy hulle bel en vra of daar escape roetes is. So kan jy dan ry en kyk wat kan jy doen.

Dalk moet jy saam met n pel wat n 4x4 het gaan, dat hy jou uit die knyp kan help as nodig.
ImageImage
Image
User avatar
Family_Dog
Moderator
Moderator
Posts: 12695
Joined: Tue May 22, 2007 10:09 am
Town: Klerksdorp
Vehicle: Hilux DC SFA, Hilux 2.7 DC, Hilux 2.7 SC, Prado 95 VX
Real Name: Eric
Club VHF Licence: HC101
Location: Klerksdorp, NW
Contact:

Re: 4x4 roetes vir 4x2's

Post by Family_Dog »

Sani Pass is geen probleem vir 'n Hilux 4x2 nie, maar wees versigtig as die Pas reen gekry het, dan word hy glyerig.


-F_D
Image

White Fang: 1999 2.7i DC Raider 4x4
Bull Dog: 1987 4Y-EFI 2.2 DC 4x4
Pra Dog: 1998 Prado VX 3.4
Hound Dog: 2000 2.7i SC 4x4


One Staffie, One Jack Russell, One Ring Neck Screecher, 17 Fish of questionable heritage


Image
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: 4x4 roetes vir 4x2's

Post by ThysdJ »

Een van die dae kan jy Sani Pass met jou Porsche 911 ook uitry. Hulle gaan hom teer. Jy kan altyd Atlantis Duine probeer in die winter as die sand lekker nat is. Ek het so tyd jie gelede 'n ou met 'n Nissan 1400 bakkie daar gekry wat orals op en af gery het oor die duine. En jy kan mos kies watter van die duine jy wil ry en watter jy 'n mis wil gee. Sorg maar dat jy 'n tjommie met 'n 4x4 saamvat vir die vassitslag. :D :lol: :D :lol:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
Cookie Monster
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 968
Joined: Tue Jun 26, 2007 7:02 am
Town: Port Elizabeth
Vehicle: 2006 Hilux DC V6 Auto 4x4 Oldman Emu suspension
Real Name: Justin
Location: Eastern Cape
Contact:

Re: 4x4 roetes vir 4x2's

Post by Cookie Monster »

Most of Baviaans is passable with a 4x2 shouldnt be a problem just avoid going when there have been heavy rains. And as Kaspaas mentioned if you go along with a buddy with a 4x4 it should not be a problem :mrgreen:
2006 Hilux DC 4x4 4.0 V6 Old Man Emu suspension, Long Range Fuel Tank and a LA Sport Sump Guard, Natko railings with spade and high lift brackets, LA Sport high lift jack mounts, Powder coated Hilux Nudge Bar, Hella LED light bar, LED Work Light
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: 4x4 roetes vir 4x2's

Post by pietpetoors »

Hallo Bees, oppad Malemesbury toe op die Klipheuwel pad is PerdeBerg. Ek glo jy sal hom met 'n 4x2 kan doen, hulle noem ook op hulle webtuiste dat 4x2 dit sal maak. Hy is baie mooi en maklik.
Sien my storie by
http://www.pietpetoors.com/perdeberg
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
Knersus
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 322
Joined: Tue Jun 26, 2007 10:33 am
Town: Kathu
Vehicle: 2.4 Hi Lux 4x4 DC 95'
Real Name: Eben
Club VHF Licence: ZS3EP
Location: Kathu

Re: 4x4 roetes vir 4x2's

Post by Knersus »

Bees jy sal sekerlik 90% van die plekke kan ry in 4x2 maar dis nie aanbeveelbaar nie. Sodra jy 'n 4x4 roete ry in 4x2 kan jy wielspin veroorsaak wat dalk die terein/pad kan beskadig. :?: en dit plaas ook baie strem op jou klutch en bande. Op sand beskadig mens nie veel nie maar 4x2 opsie maak weer die pad vol sinkplaat hobbels waarby dit nie sommer sal gebeur in 4x4 nie. Wel ek het al met 'n 4x2 voertuig gery waar 4x4 bakkies vassit dan ry ek houtgerus verby sonder sukkel :o . Dis net die stop en wegtrek slag wat 'n probleem is in die duine in 4x2. Ek glo wel die gogga het jou al gebyt om daai hande viervoet te kry want dit maak dinge soveel makliker en lekkerder en jy het darem meer gemoedsrus om 'n rowwe terein aan te durf.

Sakkie jy is bevooreg om Koeranna berge toe te gaan en nog die Sani ook te ry. Die Koeranna berge is 'n vantastiese plek en wil weer eendag daarheen gaan.
Persoonlik sal ek nie die sani in 4x2 wil opry nie. Die terein is nie te sleg nie maar dis maar 'n steil opdraande die laaste stuk boontoe wat weereens onnodige stremming plaas op die klutch. Ek verkies low range dan kruip ek die pas lekker uit en bekyk die terein en uitsig 8)
Eben Pienaar
2.4 Hi Lux 22R 95'
Codan HF radio; Kenwood VHF Hi band; Tait VHF midband; Snorkel; OME suspension; Diff lock on next shortlist. Dis lekker om 'n mens te wees....Jy moet net 'n lekker mens wees
User avatar
Bees
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 245
Joined: Thu Oct 11, 2007 2:51 pm
Town: Stellenbosch
Vehicle: Hilux 4.0 V6, 4x4, D/C, A/T. En een gevaarlike petrol voet.
Real Name: Ian

Re: 4x4 roetes vir 4x2's

Post by Bees »

Jis Manne.
Dankie aan almal vir die info, ek sal defnitief die roetes in die naby geleë dele van die Wes Kaap probeer. Baviaans en Sani is op die stadium so 'n bietjie ver vir my.

En ja Knersus, die gogga het my duidelik gebyt, kan nie wag vir die dag wat ek my eerste 4x4 kry nie.

Ok
Die lewe is 'n lied, sing blik$em sing
User avatar
troos
Newbie
Posts: 4
Joined: Wed Apr 30, 2008 12:18 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: Isuzu KB350 D/C 4x2
Real Name: Tom Roos

Re: 4x4 roetes vir 4x2's

Post by troos »

Ek kan die volgende 4x2 by jou aanbeveel
* Boegoeskloof 4x4 - tussen Clanwilliam en Lambertsbaai
* Blombos - naby Ysterfontein
* Salmonsdam natuur reservaat - naby Standford
* Matjiesrevier/Whuppertal - Sederberge

Ek het hulle almal self al gery.

Ek beplan nog om die volgende te doen
* Mount Eco
* Helderberg
* Takbok
* Wiesenhof

So daar is baie om van te kies, sonder om 'n "hardore" offroader te wees.

Lekker ry
========================================================================
User avatar
hilex08
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 471
Joined: Sun Aug 26, 2007 5:03 pm
Town: Springs
Vehicle: Hilex V8, Ford Ranger 2500 td, C55 AMG
Real Name: Hennie

Re: 4x4 roetes vir 4x2's

Post by hilex08 »

die N1 van kaapstad tot in bloemfontein is ook 'n lekker roete, pas net op vir die kamera in beaufort wes, ek het klaar my kaarkie innie pos gekry :lol: :lol:
User avatar
troos
Newbie
Posts: 4
Joined: Wed Apr 30, 2008 12:18 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: Isuzu KB350 D/C 4x2
Real Name: Tom Roos

Re: 4x4 roetes vir 4x2's

Post by troos »

:oops: nie boegoekloof nie, maar boegoeberg......
========================================================================
Post Reply

Return to “4x2 Hilux's Welcome”