Page 1 of 1

HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REBUILD

Posted: Wed Oct 29, 2014 4:05 pm
by Oosie101
Soos van julle weet het ek so paar weke gelede probleme gehad met my 2007 V6 Hilux se 4x4 wat nie wou engage nie. Ek en Nathaniel (Springkaan op die forum) het n Saterdag spandeer om te probeer uitvind wat die probleem kan wees.
Troubleshooting het soos volg gegaan:
Heel eerste het ons vasgestel of die voorste driveshaft draai as die Hilux in 4H of 4L is, dit was wel die geval en ons het toe besluit dat die probleem genadiglik nie by die Transfer Case was nie. Ons het egter steeds deur die hele troubleshooting proses gegaan.

Ons het eerste gekyk na die System diagram en Parts location in die service manual:
Alles wat gemerk is het ons getoets. (asook die nodige fuses natuurlik)
System diagram.png
Parts location.png
Ons het eers begin deur al die transfer indicator switches te toets. Dit was nogal ‘n storie aangesien die outjies maar bitter moeilik is om by uit te kom as jy nie ten minste die centre console uithaal en die grommet wat die clamp op die ratkas vashou losmaak nie. Al 3 die switches was uitgeplug en getoets met ‘n multimeter terwyl ons die kort kierie tussen 2H, 4H, N en 4L rondgeskuif het. Al die switches het mooi gewerk.

Volgende moes ons ‘n manier kry om die 4WD ECU te toets. Gelukkig kon ons met iemand reel om met sy D4D ‘n draai te maak vir ‘n bier en om gou ECU’s te ruil. Dit gedoen, het vasgestel dat die ECU nie die probleem was nie.
Ons moes toe doen wat ons nog heeldag probeer uitstel het, en dit is om die ADD af te haal en oop te maak. Die rede hoekom ons dit probeer vermy het was hoofsaaklik omdat ons weer Diff olie sou moes ingooi (en dis omtrent ‘n mission op sy eie ) omdat daar heelwat uit loop as jy die ADD afhaal.
Ons het begin en 1 plug en 4 x 8mm boute later was die ADD af. (een van die 4 is nogal moeilik om by uit te kom) Ons moes die ADD ook liggies klop met ‘n rubber hammer om los te kom.
Hier is hoe dit lyk as hy op is: (nie op my bakkie die een nie, foto op die internet gesoek van een)
ADD OP (FJ).jpg
ADD OP (FJ).jpg (75.5 KiB) Viewed 16597 times
Hier is hoe dit lyk as hy af is:
Breather pipe and sleave.JPG
ADD Side view.jpg
ADD Side view.jpg (44.43 KiB) Viewed 16597 times
Die ADD is oopgemaak en ons het het hom propvol ou water gekry… alles mooi vas geroes (so lyk of die water al vir ‘n rukkie daar binne was, wat nogal impressive was aangesien ek nog net die naweek voor dit met hom ‘n 4x4 roete gedoen het en alles het mooi gewerk) Water uitgegooi en dit is hoe hy gelyk het.
ADD full of water.JPG
Ons het die oorsaak van die water opgespoor, breather nipple wat afgebreek het. Blykbaar ‘n algemene verskynsel.
Breather nipple broken.JPG
Die breather nipple het binne die pyp gesit, so ons kon hom gelukkig nog red.
Breather nipple and pipe.JPG
(242.48 KiB) Downloaded 689 times

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Wed Oct 29, 2014 4:11 pm
by Oosie101
Binnekant van die ADD is skoongemaak met bietjie petrol en ‘n verfkwas. Die motortjie was ook heeltemal vasgeroes maar nadat ons hom skoongemaak het en bietjie Q20 gespuit het het hy weer gedraai.
Cleaning with petrol.JPG
Maak seker as julle die gears en spring afhaal dat julle dit weer presies dieselfde terugsit. (neem maar fotos voor die tyd… ons het nie en het lekker gesukkel om die regte timing weer te kry)
Cleaned up 1.JPG
Die punt waar die kontakte van die motortjie kontak maak in die ADD is ook maar ‘n probleem gewees. Hulle was glad nie gesoldeer nie en ons het toe sommer dit ook gedoen terwyl ons besig was.
Cleaned up 2.JPG
Die breather nipple is vasgeplak met Q Bond
Breather nipple fixed with Q Bond.JPG
Ons het bietjie moeilikheid gehad toe ons die motortjie uithaal om skoon te maak. As julle dit doen, onthou net hoe hy weer terug gesit moet word. Ons het die motor eers verkeerd om opgesit en hy het toe verkeerde kant toe gedraai omdat die polariteite omgeruil was.
ADD motor bracket.JPG
Daar is o-ring seel in die ADD wat perongeluk in die petrol beland het toe ons skoongemaak het. Die het toe uitgerek en nie meer gepas nie, soveel so dat ons maar gesny het om te maak pas en net mooi geseel het met silicon.
O-ring.JPG
O-ring too big.JPG
O-ring cut shorter.JPG

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Wed Oct 29, 2014 4:14 pm
by Oosie101
Alles in die ADD was mooi gegrease en toe is die outjie terug aan mekaar gesit met die claw in die 2WD posisie. Maak ook dan seker dat die kort kierie in die 2H posisie is.
Greased up 1.JPG
Greased up 2.JPG
Greased up 3.JPG
Back view of claw.JPG
Hier is fotos van die sleave op die sideshaft wat wys wanneer hy in 2WD of 4WD is:
(Jy kan hom sommer met die hand skuif om ooreen te stem met die ADD)
2WD:
Sleave in 2WD.jpg
Sleave in 2WD.jpg (75.83 KiB) Viewed 16595 times
4WD:
Sleave in 4WD.jpg
Sleave in 4WD.jpg (79.29 KiB) Viewed 16595 times
Die ADD was terug gesit, diff olie ingegooi en alles het weer 100% gewerk, behalwe die liggie op die dash wat aandui dat die 4x4 aan is… ons vermoed daar is ‘n switch in die ADD wat dalk net TE VEEL water gekry het. Meganies werk alles egter 100%.

Ons het ook vasgestel dat as die ADD ooit sou oppak in die bos is dit heel eenvoudig om die twee sideshafts permanent in 4x4 te sluit. Haal die ADD af, skuif die sleave in die 4x4 posisie in en maak seker die ADD se gears is in die regte posisie sodat die claw ook in 4x4 is, sit hom dan terug maar moet hom nie inplug nie.

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Wed Oct 29, 2014 4:45 pm
by Masekind
Baie dankie vir die info dit gaan ons ander baie help :clap: :clap: :clap: :clap: :clap:

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Wed Oct 29, 2014 4:49 pm
by toyo v6
Baie goed gedoen manne ek sekker iemand gaan die info in die toekoms gebruik.

Sent from my GT-I9190 using Tapatalk

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Wed Oct 29, 2014 6:02 pm
by Kykdaar
Gaan hierdie save vir eendag - dankie vir die deeglike verduideliking :thumbup:

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Thu Oct 30, 2014 5:25 am
by Mud Dog
Nice detailed article - sommer made it a "Sticky" :thumbup: :thumbup:

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Thu Oct 30, 2014 10:16 am
by Hangover
Dankie nou weet ek ook vir ingeval...

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Thu Oct 30, 2014 2:22 pm
by Mars
Dankie. Dit is 'n uitstekende post!!!

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Tue Nov 04, 2014 2:10 pm
by Oosie101
Thanks manne.

Ek dog toe ek bel vir 'n paar Toyota dealerships om kwotasies te kry om te sien hoeveel geld ek gespaar het. (hulle sou mos net die ADD vervang het).
Die eerste dealership moes ek letterlik 'n foto stuur van die ADD want hulle het nie geweet waarvan ek praat nie. Die volgende een moes my so 2 keer terugbel om te vra wat presies die ADD is en wat hy doen...
Een van die dealerships het sommer vir my gese hulle doen nie die fitment van die ADD nie, hulle stuur hom na 'n gearbox&diff centre om dit te doen want die job is te groot...

ADD alleen - R 4,132.00
ADD plus labour - R 5,767.00

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Tue Nov 04, 2014 2:36 pm
by LouisZ
Goed geskryf.

Die Fortuner, Hilux en dan ook die FJ het dieselfde ADD problem veral die motor se drade wat nie goed gesoldeer is nie. Daar word baie op die Amerikaanse 4x4 Forums daarvan gepraat.

Net joune is mooi uiteengesit met die fotos. :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Tue Nov 04, 2014 3:05 pm
by Oosie101
Thanks Louis...

Ons het juis so bietjie op die FJ forum rondgesoek en het agter gekom hulle sukkel ook daarmee ja.

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Thu Jan 15, 2015 10:14 pm
by rynobez
Ek het ook ander dag die add oor gedoen. Onder die groot rat is daar n micro switch met so klein oortjie wat afbreek as jy die deksel afhaal. Ek het dit weer opgebou met q-bond en my liggie het weer reg gewerk.

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Fri Jan 16, 2015 6:04 am
by Oosie101
rynobez wrote:Ek het ook ander dag die add oor gedoen. Onder die groot rat is daar n micro switch met so klein oortjie wat afbreek as jy die deksel afhaal. Ek het dit weer opgebou met q-bond en my liggie het weer reg gewerk.
Hoekom moes jy die ADD oordoen? Myne het water ingekry, selfde met joune?

Ek hoop nie om hom gou weer oop te maak nie, maar as ek ooit moet sal ek jou idee vir die switch gebruik, baie dankie!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REBUILD

Posted: Fri Mar 18, 2016 7:02 pm
by 3.0 D4-D
Dankie die het my baie gehelp.ADD was vol water en elektriese motor het geroes waar 2 kragpunte vas gesoldeer word.nou is 4x4 weer reg.liggie op dashbord werk nie as 4x4 geselekteer word maar dis okey vir nou tenminste werk 4x4 nou.dankie vir n goei brokkie inligting

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REBUILD

Posted: Sat Mar 19, 2016 6:31 am
by Jaans
Dankie vir die uitstekende artikel.

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REBUILD

Posted: Sat Mar 19, 2016 5:08 pm
by Hi-Hilux
Dankie, kan handing wees in die toekoms

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REBUILD

Posted: Sun Sep 18, 2016 2:43 pm
by Buffel
Dankie manne dis presies nou die issue waarmee ek sit. Gaan die besigheid nou uit haal en kyk of dit my probleem is.Wat n gemors.

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Sun Apr 23, 2023 11:46 am
by Montie
Oosie101 wrote: Wed Oct 29, 2014 4:11 pm Binnekant van die ADD is skoongemaak met bietjie petrol en ‘n verfkwas. Die motortjie was ook heeltemal vasgeroes maar nadat ons hom skoongemaak het en bietjie Q20 gespuit het het hy weer gedraai.
Cleaning with petrol.JPG

Maak seker as julle die gears en spring afhaal dat julle dit weer presies dieselfde terugsit. (neem maar fotos voor die tyd… ons het nie en het lekker gesukkel om die regte timing weer te kry)
Cleaned up 1.JPG

Die punt waar die kontakte van die motortjie kontak maak in die ADD is ook maar ‘n probleem gewees. Hulle was glad nie gesoldeer nie en ons het toe sommer dit ook gedoen terwyl ons besig was.
Cleaned up 2.JPG

Die breather nipple is vasgeplak met Q Bond
Breather nipple fixed with Q Bond.JPG

Ons het bietjie moeilikheid gehad toe ons die motortjie uithaal om skoon te maak. As julle dit doen, onthou net hoe hy weer terug gesit moet word. Ons het die motor eers verkeerd om opgesit en hy het toe verkeerde kant toe gedraai omdat die polariteite omgeruil was.
ADD motor bracket.JPG

Daar is o-ring seel in die ADD wat perongeluk in die petrol beland het toe ons skoongemaak het. Die het toe uitgerek en nie meer gepas nie, soveel so dat ons maar gesny het om te maak pas en net mooi geseel het met silicon.
O-ring.JPG
O-ring too big.JPG
O-ring cut shorter.JPG
Baie dankie, ek is nou daar!

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB

Posted: Sun Apr 30, 2023 3:49 pm
by Montie
Oosie101 wrote: Fri Jan 16, 2015 6:04 am
rynobez wrote:Ek het ook ander dag die add oor gedoen. Onder die groot rat is daar n micro switch met so klein oortjie wat afbreek as jy die deksel afhaal. Ek het dit weer opgebou met q-bond en my liggie het weer reg gewerk.
Hoekom moes jy die ADD oordoen? Myne het water ingekry, selfde met joune?

Ek hoop nie om hom gou weer oop te maak nie, maar as ek ooit moet sal ek jou idee vir die switch gebruik, baie dankie!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dis blykbaar hierdie limit switch? Dit ook verkieslik gesoldeer word aangesien dit dieselde "swak" konneksies as die motortjie het?

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REBUILD

Posted: Fri Nov 17, 2023 1:15 pm
by WitRatel
Hi manne

My 2016 GD6 2.4 Hilux 4x4 gee selfde probleem, ook gesien op Youtube dis wat moet gedoen word, dealers soos julle se wil net vervang, gearbox shops wil transfer case sommer oop maak vir geen rede. Ek sal myne ook met oopmaak en kyk, want het eerste die een agter by transfer case oop gemaak en nogsteeds liggie wat net flash, maar het al gehoor die hook beweeg as ek onder bakkie le.