ABS - 2005 HILUX 4L V6 VVTI 4X4 D/C

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
User avatar
jwalters
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 68
Joined: Fri Jun 05, 2009 4:33 pm
Town: Oranjemund
Vehicle: Hilux 4L V6 4x4 d/c Manual
Real Name: Johann
Location: Oranjemund, Namibia

ABS - 2005 HILUX 4L V6 VVTI 4X4 D/C

Post by jwalters »

More,

My bakkie se ABS spring in werking as ek stadig ry en mooi briek by 'n stop straat op 'n teer pad. Dit is asof pedaal sponserig voel in so 'n geval en dit voel asof dit gebeur die oomblik as ek druk op die pedaal verminder..

Weet nie hoe om dit te trouble shoot en/of dit 'n sensor kan wees nie. (Sensor was vervang onlangs.)

Wat ek ook wel kan noem is dat my shock klaaaaar is...

Enige voorstelle?

Groete,
Johann
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: ABS - 2005 HILUX 4L V6 VVTI 4X4 D/C

Post by Mars »

So 'n paar goed wat jy dalk na kan kyk. Die oomblik wat my D4D se remme begin sponserig/sagterig voel dan weet ek die agterste rem skoene begin op raak so ek sou voorstel dat jy kyk of dit nie die geval is nie. Dit op sigself sal nie maak dat die ABS makliker inskop nie behalwe dalk dat die voor remme nou moet help kompenseer vir die agterste remme.

Kyk ook sommer dan vir remvloeistof lekke op die wiele ook.

Die ABS sensor tel op as die voorwiel ophou draai en skop dan in. As jou skokbrekers heeltemal klaar is word die wiel nie behoorlik op die padoppervlakte gehou nie, veral as die oppervlakte hobbelrig is wat maak dat die wiel hop en dan sluit in die lug. Dit sal definitief maak dat die ABS inskop. Vervang daardie skokbrekers eers voor jy nou uitspring en allerhande ander goed (wat dalk nie gebreek is nie) probeer regmaak.
MCHILUX
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 287
Joined: Sat Nov 02, 2013 8:22 am
Town: Centurion Gauteng
Vehicle: Mazda Rustler 16v
Real Name: Jan

Re: ABS - 2005 HILUX 4L V6 VVTI 4X4 D/C

Post by MCHILUX »

Haal die agterste speed sensors uit en kyk of hulle nie dalk vol olie is nie . As die agterste side shaft seels lek kan dit veroorsaak dat die sensors hulle lesings verloor op lae spoed. As die sensor vuil is maak hulle skoon en kyk wat maak hy.
User avatar
jwalters
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 68
Joined: Fri Jun 05, 2009 4:33 pm
Town: Oranjemund
Vehicle: Hilux 4L V6 4x4 d/c Manual
Real Name: Johann
Location: Oranjemund, Namibia

Re: ABS - 2005 HILUX 4L V6 VVTI 4X4 D/C

Post by jwalters »

Baie dankie vir julle terugvoer. Ek sal kyk na die opsies. Groete.
Post Reply

Return to “The Workshop”