3000d (5L) het bietjie warm gekry

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

Goeie Dag manne ,

So ek het 'n 1996 SFA met 5L motor in.

Alles was 100% , lieflike motor net bietjie stadig.

Toe ry ek hom sonder met water in die radiator , so toe vrek hy op my..
Die engine was vas toe ek wee try start maar 10min later toe draai die motor weer maar hy wil nie start nie...

Ek moet hom reg kry asb help manne ,

Wie kan dit regmaak in Pretoria omgewing ?
Hoeveel sal so iets kos ?

Was iemand al deur die oefening?

Groetnis
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Mars »

Die kanse is baie goed dat jou ringe platgeval het. As hulle te warm word dan verloor hulle hul temper en word sag en seël gevolglik nie meer nie. 'n Diesel wat nie kompressie het nie sal nie start nie.

Die koste sal afhang van die omvang van die skade wat aangerig is in die enjin toe die "heat seize" gebeur het.
Op die einde van die dag as jy sit met 'n situasie waar die enjin getrek moet word en in totaliteit oopgemaak moet word om te kyk of die bearings ens ook skade gekry het is dit beter om jou reg te maak vir 'n hele enjin herbouing. Jy moet in elk geval eerstens die probleem met die oorverhitting aanspreek voor jy die nuwe enjin start so ky kyk in elk geval na 'n verkoeler stelsel herbou ook.

Ek het 'n man wat jou sal kan help wat eerlik vir jou sal wys wat die skade is en billik is met sy arbeid. Stuur vir my 'n PM dan gee ek jou sy besonderhede.
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

Mars wrote: Thu Aug 02, 2018 7:21 am Die kanse is baie goed dat jou ringe platgeval het. As hulle te warm word dan verloor hulle hul temper en word sag en seël gevolglik nie meer nie. 'n Diesel wat nie kompressie het nie sal nie start nie.

Die koste sal afhang van die omvang van die skade wat aangerig is in die enjin toe die "heat seize" gebeur het.
Op die einde van die dag as jy sit met 'n situasie waar die enjin getrek moet word en in totaliteit oopgemaak moet word om te kyk of die bearings ens ook skade gekry het is dit beter om jou reg te maak vir 'n hele enjin herbouing. Jy moet in elk geval eerstens die probleem met die oorverhitting aanspreek voor jy die nuwe enjin start so ky kyk in elk geval na 'n verkoeler stelsel herbou ook.

Ek het 'n man wat jou sal kan help wat eerlik vir jou sal wys wat die skade is en billik is met sy arbeid. Stuur vir my 'n PM dan gee ek jou sy besonderhede.
Dankie Mars , ja die oorsaak was die radiator wat nie water ingehaad het nie en ek het gehoop om nog die plaashuis te haal , (Hilux breek mos nie ;) ) ja ek weet ek was simpel gewees...
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Mars »

Ja maar daar moet 'n oorsaak wees hoekom hy water verloor in die eerste plek. Jy sal dit moet uitsorteer of jy gaan dieselfde paadjie stap.
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

Mars wrote: Thu Aug 02, 2018 8:39 pm Ja maar daar moet 'n oorsaak wees hoekom hy water verloor in die eerste plek. Jy sal dit moet uitsorteer of jy gaan dieselfde paadjie stap.
Dit was die drywer gewees wat die probleem was , ek het bietjie springhase gejaag en sodoende die radiator m@*rtoe gery ... toe hoop ek nog om by die plaashuis aan te kom .... nie beste besluit nie
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

Ek het bietjie effort gister middag ingesit om hom te begin strip om te kyk hoe lyk die skade , op die een foto kan mens sien die Head gasket het gekalf
Attachments
IMG_20180802_174838.jpg
IMG_20180802_174838.jpg (53.46 KiB) Viewed 3384 times
IMG_20180802_160839.jpg
IMG_20180802_160839.jpg (39.31 KiB) Viewed 3384 times
IMG_20180802_155208.jpg
IMG_20180802_155208.jpg (38.44 KiB) Viewed 3384 times
User avatar
dalkill
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1573
Joined: Wed Feb 13, 2008 8:34 am
Town: Cape TOwn
Vehicle: 2.4 GD6 SR D/C 4x4
Real Name: Shaakir

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by dalkill »

Eish Heinrich.

Jammer om te hoor.
Miskien is 'n recon sub assembly ook 'n opsie. Mag goedkoper wees? Maar dan as jy dit self reg maak weet jy dus 'n ordentlike job.

Laat maar weet pryse as jy besluit om self te recon. So dat ander mens ook kan weet of hulle self moet recon.

Sterkte.
2016 2.4GD6 SR D/C 4x4 (Oct 2022 - current) (Buraaq VI)
2007 d4d 3.0 D/C 4x4 (Mar 2016 - July 2022) (Buraaq V)
2003 Isuzu KB300 D/C 4x4 (May 2015 - Feb 2016) aka Buraaq IV
2000 hilux DC 2.7 4x4 (Jul 2011 - Sep 2012) aka Buraaq III
1999 RXI 20v (Nov 2009 - Jul 2011) aka Quicksilver
1990 hilux DC 2.2 4x4 (Jun 2008 - Jul 2011) aka Buraaq II
1997 corolla 160i GLE (Feb 2007 - Sep 2009) aka Green Goblin
1990 GLI twincam (still my fav rolla) (Oct 2005 - Mar 2007) aka Wit Blitz
Golf GTI 2.0 (temp insanity for 2months) (Jun 2005 - Aug 2005) aka A mistake
1993 hilux SC 2.2 4x4 (April 2003 - Sept 2005) aka Buraaq

TOYOTA IS MY LEWE
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

dalkill wrote: Fri Aug 03, 2018 11:22 am Eish Heinrich.

Jammer om te hoor.
Miskien is 'n recon sub assembly ook 'n opsie. Mag goedkoper wees? Maar dan as jy dit self reg maak weet jy dus 'n ordentlike job.

Laat maar weet pryse as jy besluit om self te recon. So dat ander mens ook kan weet of hulle self moet recon.

Sterkte.
Ek mik om vanmiddag moontlik die head af te haal sodat ek kan sien wat aangaan , sal al die details hier post ...
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Mars »

Ai daardie springhasies het al baie verdriet vir baie manne veroorsaak. Hoop jy kom reg.
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

So deur die loop van die laaste week het ek nou die engine oop gekry.

Dit is darm nie so erg soos wat ek gedink het nie , hierdie donkie diesel is k@khard.

Die pistons se sleaves lyk goed , die head lyk self ook nie sleg nie maar gaan hom vat vir pressure test om seker te maak alles is reg. sal hom sommer skiem ook dan.
Attachments
1227.jpeg
1226.jpeg
1225.jpeg
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Mars »

Dan beteken dit dat jou ringe platgeval het omdat hulle hul temper verloor het.
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

Mars wrote: Mon Aug 20, 2018 12:50 pm Dan beteken dit dat jou ringe platgeval het omdat hulle hul temper verloor het.
Dis wat ons ook afgelei het so ek gaan die pistons die week uithaal , hopelik is hulle en die res van die sleaves onder hulle nog reg. maar gaan beslis nuwe ringe insit ook
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Mars »

Daardie sleeves is ongelooflik sterk/hard. Die werk KZTE wat my skoonpa mee ry het op 400 000 km sy head gekraak. Op daardie stadium kon ek nie 'n ridge voel in die silinders nie.
DELILA
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 27
Joined: Tue Jul 12, 2016 11:49 am
Town: MISGUND WESTERN CAPE
Vehicle: 1993 2.4d Hilux 4x4 SC
Real Name: BAREND

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by DELILA »

Miskien kan jy die sleeves net goed "hone" voor jy nuwe ringe opsit. Die head moet jy maar laat pressure test. Heads baie gevoelig vir hitte.
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Mars »

DELILA wrote: Wed Aug 22, 2018 7:31 am Miskien kan jy die sleeves net goed "hone" voor jy nuwe ringe opsit. Die head moet jy maar laat pressure test. Heads baie gevoelig vir hitte.
Ek wou dit nog eintlik ook noem. Ek stem saam jy sal moet hone dat die nuwe ringe kan inslyp anders gaan sy olie gebruik.
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

Vinnige update , was bietjie besig die laaste ruk.

Ek het die head ingevat en terug gekry, hulle het pressure test en skiem ens. gedoen hy is nou weer volpunte darm nie gekraak of so iets nie.

Sal hopelik in die volgende 2 weke tyd kry om die cylinders te hone en die engine weer terug aan mekaar te sit.

Dankie vir die raad tot dusver manne.
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29852
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Mud Dog »

As jy die enjin klaar uitmekaar gehaal het maak dit sin om sommer dieslfde tyd nuwe bearings en shaft seals in te sit. As ek jou was, sou ek die pistons ook vervang - as die enjin oorhit het is dit baie moontlik dat die piston skirts "collapsed" of "deformed" het.
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
FIRSTGEER
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1536
Joined: Thu Sep 30, 2010 6:00 am
Town: King WilliamsTown
Vehicle: 2,5 D4D Singlr Cab 4X4 Full OME suspension. snorkel.GMA aftermarket bullbar.
Real Name: Tony Geer
Club VHF Licence: HC 109

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by FIRSTGEER »

I agree with Andy.If you are planning to keep the vehicle,rather take the pistons to the engineers to have them micked and also replace the bearings.Also replace the spigot bearing whilst the engine is out.
I know that you are maybe moving the goal posts but it's nice to feel relieved that you have done everything possible while the engine is open. :thumbup:

Good luck
Image
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

Nog 'n update ,

Het toe die pistons uitgehaal . Na verdere ondersoek ens. het ek toe besluit die beste gaan wees om te rebore met moontlik oversize pistons , nie 100% seker of dit a.g.v die oorverhit is dat die pistons se gap waar die ringe is te groot is , dit kan wees van hoe kilo's ook. So die blok gaan nou moet uit kom en dan geskiem en rebore word met die nodige nuwe bearings ens.
Gaan sommer dan al die seals en goed vervang om seker te maak die engine is weer volpunte as ek hom terug sit.
Gaan terselfde tyd na die clutch ook kyk want hy is nou oop.

Dankie weereens vir die raad en advies.
Baby Cruiser
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 68
Joined: Sun Oct 12, 2014 8:35 pm
Town: Swellendam
Vehicle: 2005 3.0 D4D D/C
Real Name: Helgaard

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Baby Cruiser »

Hallo Heinrich.
Kan so bietjie raad gee , so 28 jaar ondervinding as auto motive machinist.
Die ringgroewwe op diesels slyt maar agv carbon. Daar is maar min mense wat weet hoe om daai groewwe vir slytasie te check. Boonste ring is taper en dis nog 'n elfin piston ook. Daar is 'n castiron insert in die piston waarin die boonste ring lê. As jy nie regtig slytasie in jou boor het nie behoort jou piston ring groewwe ook niks te makeer nie. Ek dink Toyota gee hulle max wear tollerance as 0.15 mm. Ek het al menige van hulle op 600 000 km oop gemaak , gehone en ringe opgesit. O ja. Ring groewwe moet jy met nuwwe ringe check.
Ek vat liewer met 'n oorspronklike piston 'n kans as wat ek van deesdae se cheap aftermarket pistons insit.
Kyk maar vir Kolben Schmit pistons Payen of Victor Rheins.
Jy kan die slytasie op jou pistons se koppe sien waar die valves kom draai. Baie manne het al gedink dis valves wat raak , maar dis carbon wat op die valves aanpak. Al is daar nie nou genoeg carbon op die valves nie.
As hy nog nie gesieze het nie was hy ook nog nie so warrem nie. Toets ringe so. As jy die twee end gaps 180 grade uitmekaar kan kry ( een op en ander een af) sonder dat hy breek was hy te warm.
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

Baby Cruiser wrote: Fri Sep 07, 2018 10:13 pm Hallo Heinrich.

Dankie ek waardeer dit , ek gaan jou privaat boodskap stuur , sal graag jou 'n lui wil gee en bietjie gesels.
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

Wil net weer vir oom Helgaard (Baby Cruiser) dankie se ek het 'n lang gesprek gehaad met hom en foto's gestuur en hy het my nog baie raad gegee ens. Dit kom toe daarop neer dat die blok defentief moet uit , geboor ens. moet word.
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Mars »

Een ding wat ek al lankal geleer het is dat as mens al klaar so 'n klomp werk gaan doen dan is dit die moeite werd om dit ordentlik te doen. Hierdie is nou 'n geleentheid om'n klomp vlieë met een klap te slaan. Jy kan opeindig met 'n nuwe enjin. Vervang goed soos die olie seëls op die kruk-as en die inset as op die ratkas. Jy kan sommer kyk of die koppelaar nog reg is. Vervang dit ook terwyl hy uit is. As jy dit reg doen eindig jy op met 'n enjin wat jou nog baie jare kan dien.
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

Mars wrote: Fri Sep 14, 2018 7:00 am Een ding wat ek al lankal geleer het is dat as mens al klaar so 'n klomp werk gaan doen dan is dit die moeite werd om dit ordentlik te doen. Hierdie is nou 'n geleentheid om'n klomp vlieë met een klap te slaan. Jy kan opeindig met 'n nuwe enjin. Vervang goed soos die olie seëls op die kruk-as en die inset as op die ratkas. Jy kan sommer kyk of die koppelaar nog reg is. Vervang dit ook terwyl hy uit is. As jy dit reg doen eindig jy op met 'n enjin wat jou nog baie jare kan dien.
Slaan jy die spyker op die kop! ,, Dis nou juis wat ek gaan doen , dis nou dalk 'n paar rande maar dan weet ek presies waar ek staan met die bakkie en kan op in afrika gaan wanneer ek sou wou.
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

Right so die bakkie vorder , blok is by ingeneurs.
Ek doen nou sommer sy clutch en bearings en als wat moet gedoen word...

Gaan met 'n .25 rebore .

Nou wat ek wil weet van die Rebore storie , hoe gaan dit sy performance en diesel verbruik affekteer en ook gaan ek die bakkie moet inry , soos bv. nie oor 'n sekere spoed of revs gaan nie?
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Mars »

Daardie is so 'n klein vergroting in verplasing dat dit op sy eie nie sal maak dat jy 'n verskil gaan agterkom nie. Omdat jy die engine nuut oordoen gaan hy sterk voel. Dit is uiters belangrik dat jy hom reg moet inloop. Hoe ek 'n nuwe enjin inloop is wanneer die bakkie die eerste keer ry gaan ek op 'n stil pad. Sit hom in 'n hoe rat terwyl ek stadig ry en trap hom plat. Dat hy swaar trek en versnel tot so 80 of 90 km/uur en dan briek ek dat hy stadig ry en trap hom weer plat. Ek doen dit so 8 keer. Dat die ringe lekker in " bed". Ek het ook al gehoor die ringe "skop uit" as jy dit doen maar ek is nie seker of dit regtig die geval is nie. Hou die temperatuur mooi noukeurig dop. Hierna moet jy die bakkie vir 1000 tot 1500 km rustig ry. Nie hard versnel nie, nie konstante hoë revolusies nie en ook nie lank teen een konstante spoed ry met konstante enjin revolusies nie. Die idee is dat mens hom rustig deur die "rev range" moet laat werk. Na 1000 km vervang jy die olie en filter. Moenie enige snaakse smeermiddels of anti-scuff spray in die silinders sit as jy die enjin bou nie. Ek smeer die silinders binne sommer met die hand so 'n lagie enjin olie en maak seker dat jy olie op al die bearing caps sit na jy hulle in die blok en conrods ingesit het. Ek smeer sommer olie op die "journals" van die kruk-as ook en spuit bietjie olie in die kanale in wat die bearing smeer.

Ek het eenkeer gelees van 'n ou wat nogal 'n goeie argument gehad het om die silinders droog te hou as jy hom aanmekaar sit maar ek kon myself nog nooit sovêr kry om dit te doen nie. Ek noem dit maar net vir interssantheid. Dit vat 'n rukkie/paar sekondes vir die olie druk om op te kom as jy hom start. Veral die eerste keer as die enjin oor gebou is en ek ys om te dink dat die pistons sonder enige smering moet werk.
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

Mars wrote: Sat Oct 20, 2018 7:11 am Daardie is so 'n klein vergroting in verplasing dat dit op sy eie nie sal maak dat jy 'n verskil gaan agterkom nie. Omdat jy die engine nuut oordoen gaan hy sterk voel. Dit is uiters belangrik dat jy hom reg moet inloop. Hoe ek 'n nuwe enjin inloop is wanneer die bakkie die eerste keer ry gaan ek op 'n stil pad. Sit hom in 'n hoe rat terwyl ek stadig ry en trap hom plat. Dat hy swaar trek en versnel tot so 80 of 90 km/uur en dan briek ek dat hy stadig ry en trap hom weer plat. Ek doen dit so 8 keer. Dat die ringe lekker in " bed". Ek het ook al gehoor die ringe "skop uit" as jy dit doen maar ek is nie seker of dit regtig die geval is nie. Hou die temperatuur mooi noukeurig dop. Hierna moet jy die bakkie vir 1000 tot 1500 km rustig ry. Nie hard versnel nie, nie konstante hoë revolusies nie en ook nie lank teen een konstante spoed ry met konstante enjin revolusies nie. Die idee is dat mens hom rustig deur die "rev range" moet laat werk. Na 1000 km vervang jy die olie en filter. Moenie enige snaakse smeermiddels of anti-scuff spray in die silinders sit as jy die enjin bou nie. Ek smeer die silinders binne sommer met die hand so 'n lagie enjin olie en maak seker dat jy olie op al die bearing caps sit na jy hulle in die blok en conrods ingesit het. Ek smeer sommer olie op die "journals" van die kruk-as ook en spuit bietjie olie in die kanale in wat die bearing smeer.

Ek het eenkeer gelees van 'n ou wat nogal 'n goeie argument gehad het om die silinders droog te hou as jy hom aanmekaar sit maar ek kon myself nog nooit sovêr kry om dit te doen nie. Ek noem dit maar net vir interssantheid. Dit vat 'n rukkie/paar sekondes vir die olie druk om op te kom as jy hom start. Veral die eerste keer as die enjin oor gebou is en ek ys om te dink dat die pistons sonder enige smering moet werk.
Dankie Mars , dit was nou 'n oordentlike verduideliking!!!

Die ingeneurs het toe vir my gese met die 5L moet mens .50 gaan want blykbaar is die standaard klaar .25 of dit gaan nie help nie of iets ek verstaan dit nie lekke nie ... maar die rebore is nou gedoen . Het die crank ook gepolish en een van die rods vervang want een het gebuig kan mens sien (ekweet nie of dit dalk nog was van toe ek water einde laasjaar in die engine gekry het nie ) maar ja nou is dit kwessie van aanmekaar sit en start (makliker gese as gedaan )

Dankie !
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

crank is in ,, o en ek het toe maar Genuine Toyota seals gaan koop vir voor en agter ,,, en gaan die clutch vervang. dai engine kom nie weer gou uit nie :beg:
Attachments
IMG-20181021-WA0004.jpg
IMG-20181021-WA0003.jpg
IMG-20181021-WA0002.jpg
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29852
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Mud Dog »

:thumbup:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Mars »

Plesier Heinrich.

Jy sal nooit spyt wees dat jy dit ordentlik doen nie. Dit is net te veel werk om weer daardie seëls te moet vervang. Veral die een by die ratkas. Die Toyota seëls is duur maar sal hou.

Die suierstang moes gebuig het omdat daar water in die silinder ingekom het. Hoef nie veel te wees nie omdat die kompressie in 'n diesel so hoog is.

Maak seker dat jy al die kritieke boute die regte waardes torque. Bearing caps, conrod caps en die silinder kop boute.
Heinrichjb458
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 24
Joined: Tue Jul 10, 2018 8:49 am
Town: Brooklyn Pretoria
Vehicle: Hilux SFA
Real Name: Heinrich

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Heinrichjb458 »

Mars wrote: Tue Oct 23, 2018 3:09 pm Plesier Heinrich.

Jy sal nooit spyt wees dat jy dit ordentlik doen nie. Dit is net te veel werk om weer daardie seëls te moet vervang. Veral die een by die ratkas. Die Toyota seëls is duur maar sal hou.

Die suierstang moes gebuig het omdat daar water in die silinder ingekom het. Hoef nie veel te wees nie omdat die kompressie in 'n diesel so hoog is.

Maak seker dat jy al die kritieke boute die regte waardes torque. Bearing caps, conrod caps en die silinder kop boute.
Ek hou van die Afrikaanse terme wat jy gebruik!! :thumbup:

Ja my oom help my nou met die terug aan mekaar sit , hy het darm al ervaring met die goed... net om seker te maak dit word reg gedoen... ek wil nou net begin ry met die bakkie sodat hy ingeloop is wanneer ek met hom desember mosambiek toe ry.
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Mars »

Ai maar dan mix ek hom nog steeds maar party keer.
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29852
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Mud Dog »

"Mix" of meng? :D:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: 3000d (5L) het bietjie warm gekry

Post by Mars »

Darem een ou wat die ironie raaksien.
Post Reply

Return to “The Workshop”