Diewe jag dié Toyotas

Some useful articles on doing it yourself
Post Reply
Ou vale1
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1156
Joined: Fri Jun 04, 2010 5:57 pm
Town: Heidelberg
Vehicle: Hilux 2.5 D4D
Real Name: Koos
Location: Heidelberg

Diewe jag dié Toyotas

Post by Ou vale1 »

Toyota se Hilux en Fortuner-modelle was die laaste paar maande die gunstelinge onder diewe.

Ao. Annabelle Middleton, polisiewoordvoerder, het gesê dit lyk of daar ’n sindikaat is wat hulle op Hiluxe, Land Cruisers en Fortuners toespits.

Juis omdat Hiluxe en Fortuners sulke hoërisiko-voertuie is, het die Gautrein-bestuur by stasies spesifieke plekke waar dié voertuie geparkeer word, het me. Kelebogile Machaka, woordvoerder van Bombela, wat die Gautrein bedryf, aan Seugnet Esterhuyse bevestig.

Volgens Machaka is veiligheidsbeamptes op alle Gautrein-stasies deur die polisie ingelig dat dié voertuie deur diewe geteiken word.

Hoewel alle voertuie in die parkeerterreine opgepas word, hou veiligheidsbeamptes ’n spesiale oog oor Hiluxe en Fortuners, het Machaka gesê.

Mnr. Riaan Roux, wat die Gautrein daagliks gebruik, het gesê hy het aanvanklik gedink dit is ’n “foefie” toe veiligheidsbeamptes op die Hatfield-stasie in Pretoria hom vra om sy Hilux naby die ingang te parkeer.

“Ek het gedink dit is ’n scam sodat hulle my voertuig makliker kan steel,” het Roux gesê.

“Toe ek eendag by my voertuig op die tweede verdieping kom, was die wiele vasgeklamp en het veiligheidswagte om my bakkie gestaan.

“Hulle het gevra ek moet naby die ingang parkeer sodat hulle ’n ogie daaroor kan hou, want ’n hele paar voertuie is gesteel.

“Sedertdien parkeer ek op die spesiale plek wat net vir Hiluxe en Fortuners is. Die voertuie word versper.”

Middleton het gesê daar is Saterdag tussen 06:00 en 12:00 drie Hiluxe en twee Land Cruisers in onderskeidelik Lynnwood, Constantiapark en Waterkloofrif, almal in die ooste van Pretoria, gesteel.

Volgens Middleton is dit al sowat ’n jaar dat diewe Toyota-voertuie teiken.

Die meeste van dié voertuie ry in die rigting van Soweto. Dié wat teruggekry word, is gestroop aan die binnekant. Dié res word na Mosambiek en Swaziland geneem, sê sy.

Opspoorders van twee opsporingsmaatskappye wat anoniem wil bly, het gesê die Hilux en Fortuner besorg hulle die meeste probleme en word byna weekliks gesteel.

“Dié voertuie is ons prioriteit. As een gesteel word, vlieg die helikopter dadelik en ons word uitgestuur,” het ’n opspoorder gesê.

“Die voertuig met die VVT-i-enjin pas presies in die Toyota Quantum in, wat ’n taxi is. Die res gaan landuit.”

Mnr. Leo Kok, korporatiewe kommunikasiebestuurder van Toyota Suid-Afrika, het gesê die polisie het Toyota in 2010 ingelig dat sy voertuie geteiken word.

“Die polisie het ons gewys hoe die diewe die voertuie steel. Ons het in samewerking met die polisie ’n meganiese stelsel ontwerp en verfyn om te keer dat dit gebeur.

“Die stelsel kan in enige Hilux en Fortuner aangebring word,” het Kok gesê.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Diewe jag dié Toyotas

Post by OOOOMS »

VIP parkering....net vir ons, great :thumbup:
User avatar
SWARTLUX
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 891
Joined: Sat Jan 07, 2012 12:39 pm
Town: Gauteng
Vehicle: '05 LEGEND 35 2.7 DC 4x4, Monroe Gas allround, Long range tank, UniQ Chip. Platkar '06 Polo 1.6 Comfortline hatchback
Real Name: Brain
Location: Les Marais, Pretoria

Re: Diewe jag dié Toyotas

Post by SWARTLUX »

OOOOMS wrote:VIP parkering....net vir ons, great :thumbup:
Wys jou net hoe voordelig dit is om 'n hilux te ry! Sien diewe het ook darm klas min dat jy hoor van landrovers wat gesteel word,die diewe weet seker hulle sal nie ver kom nie en sal gan staan langs die pad :lol: :lol:
Image
User avatar
4x4Maniac
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1602
Joined: Fri Jul 09, 2010 9:33 am
Town: Centurion
Vehicle: 2011 Jeep Wrangler Rubicon Unlimited (JKU) 3.8 Auto
Real Name: Werner
Club VHF Licence: X120
Location: Centurion
Contact:

Diewe jag dié Toyotas

Post by 4x4Maniac »

Ek gaan ry sommer die trein net om VIP parking te kry ☺
ORRA CALLSIGN X120
AKA Epsilon on 4x4Community
(2011 JKUR)
Jeep Wrangler Rubicon 3.8 Auto Unlimited

Rugged Ridge Front & Rear Bumpers
Rugged Ridge Light Guards
KC Spotlights
Previous:
2003 Toyota Hilux DC KZTE 3.0 4x4
2001 Toyota Hilux DC 2700i 4x4
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: Diewe jag dié Toyotas

Post by Stef »

Hier is die vereistes van 'n welbekende versekeraar:

"Applicable only to all ISUZU’S, MITSUBISHI COLTS & TRITONS, all TOYOTA HILUXS’ & FORTUNERS with D4D motors and all VOLKSWAGEN CITI GOLF’S and VOLSWAGEN Polo’s without exception –
a minimum VESA Level 3 or 4 Approved Immobiliser or factory fitted system with equivalent VESA specification together with an Insurer approved electronic vehicle tracking system as listed below:"
User avatar
JJBotes
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1301
Joined: Tue Jan 04, 2011 7:19 pm
Town: Witbank
Vehicle: KZ-TE
Real Name: JJ

Re: Diewe jag dié Toyotas

Post by JJBotes »

Stef wrote:Hier is die vereistes van 'n welbekende versekeraar:

"Applicable only to all ISUZU’S, MITSUBISHI COLTS & TRITONS, all TOYOTA HILUXS’ & FORTUNERS with D4D motors and all VOLKSWAGEN CITI GOLF’S and VOLSWAGEN Polo’s without exception –
a minimum VESA Level 3 or 4 Approved Immobiliser or factory fitted system with equivalent VESA specification together with an Insurer approved electronic vehicle tracking system as listed below:"

Jip,ek het daai een.
:thumbup:
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Diewe jag dié Toyotas

Post by ChrisF »

Stef maar darem ook nie in al die provinsies nie .....

hier rond word daai tracker nie op almal afgedwing nie.
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: Diewe jag dié Toyotas

Post by Stef »

Daai is maar wat vir my gestuur is by navraag; weet nie of hulle dit net vir GP kliente stuur nie...die ander versekering wat ek toe eindelik gevat het vereis dit nie, jou bybetaling is maar net 2.5% van voertuig waarde meer as jy nie een het nie.
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: Diewe jag dié Toyotas

Post by Traveler »

Dan is die 2.5D4D nog beter, hulle kan nie so vinnig jaag soos die 3.0D4D nie. :mrgreen:
Image
Image

Know what you don't know.
User avatar
Pora
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 422
Joined: Thu Nov 11, 2010 9:35 am
Town: Brakpan
Vehicle: Hilux 2.5 d4d
Real Name: Pora
Location: JHB

Re: Diewe jag dié Toyotas

Post by Pora »

Traveler wrote:Dan is die 2.5D4D nog beter, hulle kan nie so vinnig jaag soos die 3.0D4D nie. :mrgreen:
haha true story there :thumbup:
Image
Hannes Meyer
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 142
Joined: Sun Jan 17, 2010 3:39 pm
Town: Aranos Namibia
Vehicle: Hilux V6 4.L d/c 4x4 Automatic 2014 , Land Cruiser pick-up 2012, L/Cruiser Pick up 2023
Real Name: Hannes

Re: Diewe jag dié Toyotas

Post by Hannes Meyer »

Hier by ons sit jy net "n Nissan agter klap op wanneer jy Windhoek toe ry dan los hulle jou bakkie uit
User avatar
jagermeister
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 174
Joined: Mon Nov 22, 2010 1:45 pm
Town: Postmasburg Kalahari
Vehicle: 2012 Hilux D4D D/Cab 4x4 XGS Full suspension Long range tank Onca Front and Rear Bumpers 12000 Winch Roof Rack Light Bars Snorkel Rock Sliders
Real Name: Shawn
Club VHF Licence: X 90

Re: Diewe jag dié Toyotas

Post by jagermeister »

Die stelsel wat toyota van praat wat hulle kan instaleer wat behels dit
ImageImageImageImageImage
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Diewe jag dié Toyotas

Post by OOOOMS »

jagermeister wrote:Die stelsel wat toyota van praat wat hulle kan instaleer wat behels dit
Nie veel nie...ongelukkig, maar iets is beter as niks. Ekstra switch op die onder die bonnet waar hulle inkom....en 'n plaat.
Post Reply

Return to “Useful Articles”