Page 1 of 1

Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Fri Apr 01, 2011 6:12 pm
by FUDGES
Ek wil nou by julle hoor is dit regtig nodig om n hi lift jack saam te ry dis n swaar ding wat ek nie eers weet hoe hy werk nie. (As ek moet sal ek leer hoe om hom te werk)

Ek het n balloon jack en n graaf so dis hoekom ek nou gewornder het is dit regtig nodig vir n hi lift?

Wat se julle?

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Fri Apr 01, 2011 6:32 pm
by ToyX4
AJ, ek het myne nog nie gebruik nie, maar as ek hom die dag nodig het, wil ek nie sonder hom wees nie.
Dit is al jack wat ek op my hilux het, so as ek papwiel kry, en ek ruil band, sal high lift die werk doen.

Cassie het al my en sy high lifts gebruik om sy bumper reg te buig wat hy hier by my op so klein obstacle gebuig het. Sonder dit sou ons seker n plan kon maak, maar met hulle was dit n heel eenvoudige werkie gewees!

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Fri Apr 01, 2011 7:02 pm
by Hi-Hilux
A.J ek glo daar sal seker n dag en plek kom waar mens hom sal nodig kry maar in my 9 jaar van 4x4 het ek nog nie een nodig gekry nie, daar is ander ways ook. Nou moet ek ook bysit dat ek nou al 3jaar lank een het maar te bang is om hom te gebruik. Het gesien hoe iemand sy tande en kakebeen af geslaan het. Handle uit sy hand gegly en daan loop daai jack op sy eie stoom.

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Fri Apr 01, 2011 9:18 pm
by STAMPIE
Ek het myne gereeld saamgery op meer as 100 trips. Dit 3 keer nodig gehad waar geen ander jack sou werk nie. Een maal was ek alleen, en was dit nié vir die hi-lift jack nie, was ek seker vandag nog in die gat van meer as 6 vt diep.

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Fri Apr 01, 2011 9:42 pm
by Tiger7
Het my jack nog net gebruik as ek die bande roteer.

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Fri Apr 01, 2011 9:59 pm
by OOOOMS
STAMPIE wrote:Ek het myne gereeld saamgery op meer as 100 trips. Dit 3 keer nodig gehad waar geen ander jack sou werk nie. Een maal was ek alleen, en was dit nié vir die hi-lift jack nie, was ek seker vandag nog in die gat van meer as 6 vt diep.
Danie, Danie, Danie....nou sien ons uit na 'n klomp trip reports wat gaan volg :yahoo: :yahoo: :yahoo:

AJ, die ballon jack is beslis my gunsteling tool as ek gou moet pap wiel regmaak. Alhoewel dit ook baie gevaarlik kan wees! Moet nie die ballon onderskat nie!

Die hi-lift het beslis baie meer funksies en failure rate is beslis minder as die ballon.

As ek moet kies watter een van die twee ek by die huis 'moet' los, sal dit sonder twyfel die ballon wees!

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Fri Apr 01, 2011 10:32 pm
by FUDGES
Ok Ok julle het my nou oortuig ek sal maar die plaas implement koop aan die einde van die maand ;-)

Nou waar gaan ek leer hoe om die ding te gebruik en watter grote/lengte moet ek koop?

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Fri Apr 01, 2011 11:14 pm
by 2.8 d/cab SFA
Dunno if u need it if you have a baloon jack. I dint even know how to use mine till my last trip to chloorkop and got stuck nose first. I was a quick learner, a spade is a must.
viewtopic.php?f=42&t=16920" onclick="window.open(this.href);return false;
:bye:

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Fri Apr 01, 2011 11:45 pm
by OOOOMS
As jy na die LA Sport show gaan (Pta) die jaar het hulle gedurende die dag nice demonstrasies om hoe die hi-lift jack te gebruik en demonstrasies ens.

So voor jy een gaan koop sal dit dalk goed wees om daar in te loer:

http://www.lasport.co.za/index.php/even ... -show.html" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Fri Apr 01, 2011 11:53 pm
by cheetah
OOOOMS wrote:As jy na die LA Sport show gaan (Pta) die jaar het hulle gedurende die dag nice demonstrasies om hoe die hi-lift jack te gebruik en demonstrasies ens.

So voor jy een gaan koop sal dit dalk goed wees om daar in te loer:

http://www.lasport.co.za/index.php/even ... -show.html" onclick="window.open(this.href);return false;
Stem saam met jou Mark :thumbup: , help nie jy het n hi lift jack, maar jy weet nie hoe om dit reg te gebruik nie. As jy op jou eie toer daar in die veld kan hy jou beslis help in n noodgeval.

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Sat Apr 02, 2011 12:09 am
by OOOOMS
As ek reg onthou is daar 'n boek of artiekel oor 101 uses for a hi-lift jack, nie net om jou voertuig op te jack nie maar te bladvere the herstel, as (axle) support, winch, clamp, ens, ens.

As jy bv in water / rivier vas sit is dit moebies moeilik amper onmoontlik om jouself op te lig met 'n balloon jack.....hy dryf...

Al hou ek nie baie van die HL nie (om rede hy baie gevaarlik is soos Trevor verduidelik het) is dit 'n waardevolle 'tool'

En bygese is die balloon ook nie baie lig nie, sal moet oppi skaal gooi eendag en weeg

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Sat Apr 02, 2011 12:38 am
by cheetah
OOOOMS wrote:As ek reg onthou is daar 'n boek of artiekel oor 101 uses for a hi-lift jack, nie net om jou voertuig op te jack nie maar te bladvere the herstel, as (axle) support, winch, clamp, ens, ens.

As jy bv in water / rivier vas sit is dit moebies moeilik amper onmoontlik om jouself op te lig met 'n balloon jack.....hy dryf...

Al hou ek nie baie van die HL nie (om rede hy baie gevaarlik is soos Trevor verduidelik het) is dit 'n waardevolle 'tool'

En bygese is die balloon ook nie baie lig nie, sal moet oppi skaal gooi eendag en weeg
Waar kan ek die boek kry?[101 uses for a hi lift jack] :?:

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Sat Apr 02, 2011 8:22 am
by FUDGES
Goeie vraag ek wil ook weet?

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Sat Apr 02, 2011 10:51 am
by bosjakkals
Ek het n berig gelees van n ou wat met n ou LD deur Afrika getoer het en later sy winch gelos het om te vrot en eersder sy HL Jack gebruik het vir alle tipe recoveries.

Ek het albei op my bakkie en het nog nie een nodig gehad tot dusver nie. Ek weet ek gaan hulle nodig kry sso my manne noed terugkom na ek my Prado gerol het.

"Dis n Hilux, Hy MOET daar kan deur" :yahoo:

CJ

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Sat Apr 02, 2011 8:02 pm
by ChrisF
Aj net EEN stukkie advies - maak SEKER jou wiele is "ge-prop" wanneer jy daai jack gebruik !!

Wanneer jy n voertuig so hoog lig wil dit na n kant loop/val, en daai jack HOU van "loop" ....



Met my heel eerste probeerslag amper my Hilux se neus opgevoeter !! Ek het n heilige respek vir daai stukkie impliment. Dit staan tans in die garage, bloot omdat ek nie pakplek het vir dit in die bakkie nie ....

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Sat Apr 02, 2011 8:51 pm
by OOOOMS
ChrisF wrote:Aj net EEN stukkie advies - maak SEKER jou wiele is "ge-prop" wanneer jy daai jack gebruik !!

Wanneer jy n voertuig so hoog lig wil dit na n kant loop/val, en daai jack HOU van "loop" ....



Met my heel eerste probeerslag amper my Hilux se neus opgevoeter !! Ek het n heilige respek vir daai stukkie impliment. Dit staan tans in die garage, bloot omdat ek nie pakplek het vir dit in die bakkie nie ....
Selfde met die ballon. Het ook my les geleer RTIM first!!!

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Sat Apr 02, 2011 9:07 pm
by Mammabeer
Handige stukkie equipment! Ek het verlede jaar die HL jack nodig gehad toe iemand die Disco se band stukkend gesteek het en ek stoksiel 7 uur in die aand die band moes omruil......

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Sun Apr 03, 2011 9:08 am
by george
Hier is so 'n paar movies



Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Sun Apr 03, 2011 1:01 pm
by Traveler
Los nie my HL by die huis nie.

AJ, moet nie jou geld mors op 'n Farmjack nie. Koop die regte ding.

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Sun Apr 03, 2011 5:04 pm
by FUDGES
Ja nee ek sal die regte een kry.

Watse lengte?

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Sun Apr 03, 2011 6:01 pm
by AM Racing
Found this interesting:
http://www.jk-forum.com/showthread.php? ... s-and-uses" onclick="window.open(this.href);return false;.

Sorry it is from a Jeep forum so they would need to use it often....

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Sun Apr 03, 2011 6:18 pm
by george
A.J. wrote:Ja nee ek sal die regte een kry.

Watse lengte?
Die 1.2m is 'n lekker size

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Sun Apr 03, 2011 8:50 pm
by Traveler
Stem saam op daai een. Dis die size waarop ek gesettle het.

Ek het beste prys gekry by ONCA.

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Sun Apr 03, 2011 10:24 pm
by ThysdJ
Wees net asseblief versigtig met daai hi-lift jack. Dis 'n baie gevaarlike stuk toerusting in onkundige hande. :shock: :shock:

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Mon Apr 04, 2011 6:32 am
by CasKru
I never leave home without it.

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Mon Apr 04, 2011 7:23 am
by CasKru
Net vir jou AJ
jack_instructions.pdf
(1.17 MiB) Downloaded 286 times

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Mon Apr 04, 2011 11:08 am
by FUDGES
Cassie jy kan bly wees jys nie n vrou nie ;-) ;-) :thumbup: :yahoo:

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Mon Apr 04, 2011 11:10 am
by Traveler
A.J. wrote:Cassie jy kan bly wees jys nie n vrou nie ;-) ;-) :thumbup: :yahoo:
Ek dink hy is dalk. :eh:

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Mon Apr 04, 2011 11:17 am
by CasKru
A.J. wrote:Cassie jy kan bly wees jys nie n vrou nie ;-) ;-) :thumbup: :yahoo:
Image

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Wed Apr 06, 2011 5:55 pm
by The Legend
Hi Ouens

Ek het hierdie made in u.s.a hi-lift jack -1.2 meter lank.Nog nooit nodig gehad om te gebruik nie.Sien n Hi-Lux sit mos nie vas nie. :yahoo: :yahoo:

As ek dit sou wou verkoop.Wat is realistiese prys?

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Wed Apr 06, 2011 6:06 pm
by yotaman
U mens sou nou dink dat die farm jack ook moet goed wees! ek meen n plaas! Wats fout met die blou farm jacks? net nuuskierig. Breek hulle of is hulle meer gevaarlik? Dawie ek skat so vanaf R500...weet nie juis nie net n skatting.

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Wed Apr 06, 2011 9:52 pm
by ChrisF
Skynbaar is een van die issues met die farm jack hoe dit die voertuig laat sak ... as jy nie baie presies te werk gaan nie dan VAL hy ! Moet dadelik by sê - as jy aanjaag met die sak proses met n Hi-lift kan hy jou kakebeen breek ! maar daar was al paar ervare manne wat kommentaar gelewer het oor die probleem met die farm jack se meganisme.

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Wed Apr 06, 2011 10:26 pm
by Zantus
Ek het nou al 15 jaar dieselfde hi-lift jack en ek gebruik hom BAIE! Ek het altyd my Hi-lift en my graaf by my, met daai 2 goed sal ek myself amper orals uit kry.....vat net partykeer 'n bietjie tyd en harde werk. Myne was nog met rooi lood geverf en nie die blink rooi verf wat die nuwes mee kom nie en meeste van die verf is al af so baie het ek hom al gebruik.

Een ding is verseker, jy moet hom met respek behandel en jy moet weet wat jy doen, anders kan jy jouself en ander in gevaar stel. 'n Hi-Lift werk baie goed vir recoveries, maar as jy 'n papwiel wil reg maak, is hy nie heeltemal die regte ding nie.

Sit 'n paar accesories by en hy word 'n goeie "multi-tool".

Ek moes net so ruk terug die jack geservice het met nuwe pins en springs en nou werk hy weer soos 'n nuwe jack. Hiers wat ek gedoen het met die "service" - http://www.4x4tec.co.za/wp/my-opinions- ... k-serviced" onclick="window.open(this.href);return false;

Myne is die 1.5m jack en daar was al 'n paar keer wat ek bly was ek het daai ekstra 300mm meer as die gewilde 1.2m jack gehad. Hiers 'n goeie voorbeeld waar ek die volle lengte van die 1.5m jack gebruik het. Ek het die gat opgejack na ek op die pens vasgesit het en hom met die traksie op die voor wiele vorentoe van jack die jack afgery.
Image

Image

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Thu Apr 07, 2011 12:43 pm
by FUDGES
Lollie wrote:Hi Ouens

Ek het hierdie made in u.s.a hi-lift jack -1.2 meter lank.Nog nooit nodig gehad om te gebruik nie.Sien n Hi-Lux sit mos nie vas nie. :yahoo: :yahoo:

As ek dit sou wou verkoop.Wat is realistiese prys?

R150 :twisted:

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Thu Apr 07, 2011 12:50 pm
by yotaman
R200

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Thu Feb 20, 2014 9:22 am
by grobbepj
:subscribed:
Net sodat ek dit later weer maklik kan kry vir die videos en die instruction manual :oops:

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Thu Feb 20, 2014 9:34 am
by Hoppy
n Highlift is swaar, gevaarlik, werk net waneer hy wil, jy het accsesories en opleiding nodig om hom te gebruik, kop n airbag, vou klein op en is baie veiliger

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Thu Feb 20, 2014 11:08 am
by grobbepj
Hoppy wrote:n Highlift is swaar, gevaarlik, werk net waneer hy wil, jy het accsesories en opleiding nodig om hom te gebruik, kop n airbag, vou klein op en is baie veiliger
Dankie Allan,

DIt is presies wat ek wou hoor :boss:

Ek het reeds n airbag wat baie lekker werk veral in die sand in Moz. Maar nou het ek al die gate vir die hi-lift jack punte en n lekker gadget op my extra spaarwiel bracket waar hy kan pas... en ek sien almal ry met die goed rond, toe begin ek wonder wat mis ek. Moet ek nie dan ook maar een aanskaf nie? Tot ek begin rondbel vir pryse en al die extras wat blykbaar moet saamgaan... Na ek deur youtube geblaai het gaan ek dalk in elk geval te bang wees om die ding te gebruik.

Ek soek na iets wat ek maklik kan saamry want die air jack nie altyd in die bakkie en ek het nou die dag met skok agtergekom my bottle jack wat saam met die bakkie kom kan nie bakkie se wiel van die grond af kry nie. Bakkie te hoog van die grond af. Gelukkig het dit tuis gebeur toe en nie langs die pad nie.

Enige ander voorstelle? Kry mens "langer" bottle jacks of ry ek bakstene agter die seat saam om dit hoër te laat staan?

Re: Is n hi lift jack regtig nodig??

Posted: Thu Feb 20, 2014 12:19 pm
by Haboob
Pieter, ry lieweste 'n block hout saam. Grooter, sterker en beter as 'n baksteen.
Ek ry maar die hi-lift saam. Het al gebruik om die beed van 'n tier te breek en af te haal. Ook obm voertuig sonder recovery punte uit die modder te kry. Ook om gesnyde band af te haal.
Ook bekend as 'n arm man se winch om youself uit 'n plek te winch as die nood erg is. Ek ry soms aleen met die tannie, dan gee dit darem bietjie gemoedsrus. Die besluit bly die van die individueel.