Page 1 of 1

Recovery points

Posted: Thu Dec 04, 2008 8:14 am
by Piesang
Ek het nou al baie gelees dat jy nie 'n voertuig 'recover' aan sy bullbar of sleephak nie, maar met sy 'recovery points', want die is direk aan die onderstel ge koppel.

:think: Nou die vraag :think:

die touhak is veronderstel om daardie woonwa op steroids saam in die bos tevat en terug tebring huis toe, :think: hoekom dan te swak vir 'recovery' :?:

die winch word op die bullbar gemonteer en die baar moet sterk genoeg wees om dit paarton agterhom uit die modder tesleep, :think: hoekom dan te swak vir 'recovery nie' :?:

en as ek na party van die voor bampers kyk wat die manne maak word die 'recovery point' op die bumper gesit, :think: is dit dan nie ook teswak nie :?:

Re: Recovery points

Posted: Thu Dec 04, 2008 8:30 am
by CasKru
Dit gaan oor momentum. As jy die trailer sleep, bly hy gekoppel aan die voertuig en is daar geen speling nie en geen G-forces nie. As jy iemand recover, is daar baie meer g-forces betrokke. m2cw

Re: Recovery points

Posted: Thu Dec 04, 2008 8:35 am
by Dadz Toy BFI
Pieter

see also:

viewtopic.php?f=35&t=2635

Re: Recovery points

Posted: Thu Dec 04, 2008 8:40 am
by JohanM
Cassie het `n punt beet daarso!!! Ek het wel gesien dat sekere bullbars soos die ARB en van die plaaslike bullbars se mountings so ontwerp is om wel die recovery te kan hanteer, maar dit is net op sekere voertuie van toepassing.

Meeste tubular bullbars en towbars sal nie die kinetiese forses kan hanteer nie en dan kan dit groot moeilikheid veroorsaak as dit loskom en of wel dan buig. :shock:

Re: Recovery points

Posted: Thu Dec 04, 2008 9:00 am
by ThysdJ
Buig is nog orrait Johan, dis die loskom, afbreek, ens wat lewensgevaarlik is. Onthou die afgebreekte item (bullbar,towbar, tow-hitch) travel teen enorme spoed weens die hoeveelheid kinetiese energie wat betrokke is, en enigiemand wat in daai ding se pad kom gaan baie seerkry... :shock: :shock: :shock:

Re: Recovery points

Posted: Thu Dec 04, 2008 3:08 pm
by Piesang
Dankie ouens :thumbup:

Ek wil vandag die yster bestel om 'n nuwe toubaar temaak die ou een wat van pyp is is vrot en wou dus net sekeheid hê oor die recovery points.

Re: Recovery points

Posted: Fri Dec 05, 2008 5:50 am
by Bushwacker
Solank die recovery poins sterk genoeg is on 'n landrover uit te sleep :thumbup:

Re: Recovery points

Posted: Fri Dec 05, 2008 6:50 am
by JohanM
Bushwacker wrote:Solank die recovery poins sterk genoeg is on 'n landrover uit te sleep :thumbup:
Dis korrek Piet, Die Randlovers is mos almal `n klomp swaar voertuie, so as jy `n Randlover kan uitsleep sonder om te sukkel of jou recovery punte te beskadig, dan is hulle sterk genoeg....... :thumbup: :twisted:

Re: Recovery points

Posted: Sat Dec 06, 2008 6:01 pm
by Mud Dog
"Dit gaan oor momentum. As jy die trailer sleep, bly hy gekoppel aan die voertuig en is daar geen speling nie en geen G-forces nie. As jy iemand recover, is daar baie meer g-forces betrokke"

Daar stem ek heeltemaal saam, en na my mening is dit nog erger as jy "snatch".

Re: Recovery points

Posted: Thu Mar 12, 2009 7:26 pm
by Gertc
Vir die wat wonder. n' Recovery point/HOOK kos R.105 By 4 x 4 Mega World. Heel wat goedkoper as n windskerm of towbar.

Re: Recovery points

Posted: Thu Mar 19, 2009 10:31 am
by Scorpion
I bought last week at 4x4 Megaworld in 4Ways and paid R85 for a recovery hook and R85 each for 4 & 3/4 ton bow shackles

Re: Recovery points

Posted: Thu Mar 19, 2009 10:52 am
by Piesang
I bought last week at 4x4 Megaworld in 4Ways and paid R85 for a recovery hook and R85 each for 4 & 3/4 ton bow shackles
Is die recovery hook net vir toyota of pas dit op alle voertuie?

Re: Recovery points

Posted: Thu Mar 19, 2009 10:57 am
by Scorpion
It can like to be universal. :thumbup:

Re: Recovery points

Posted: Thu Mar 19, 2009 11:07 am
by Gertc
:mrgreen: Rand/Dollar :mrgreen: :lol: :lol: :lol: :lol:

Re: Recovery points

Posted: Thu Mar 19, 2009 1:59 pm
by Mr_B
Scorpion wrote:It can like to be universal. :thumbup:
I are wearing a jean pant!... :lol:

Re: Recovery points

Posted: Thu Mar 19, 2009 2:54 pm
by Scorpion
snipes wrote:
Scorpion wrote:It can like to be universal. :thumbup:
I are wearing a jean pant!... :lol:
And why are can you like to be wearing a jean pant to work?

Re: Recovery points

Posted: Thu Mar 19, 2009 3:26 pm
by ThysdJ
At least he can like to be wearing a jean pant today... usually he is like wearing a rokkie wiff a belt... :shock: :shock: :shock:

Re: Recovery points

Posted: Thu Mar 19, 2009 4:45 pm
by Piesang
Voor julle manne onder mekaar se kokke in klim hier is iets wat ek gekry het oor recovery points wat nog al interisant is al is dit nou op landys

http://www.landyspares.co.za/landyspare ... points.htm

Re: Recovery points

Posted: Mon Mar 23, 2009 10:20 pm
by BenHur
Pieter

Ons Hiluix manne vat nie recovery points so serious soos die landy ouens nie want ons word nie so gereeld gerecover soos hulle nie :lol: :lol:

Re: Recovery points

Posted: Mon Mar 23, 2009 10:51 pm
by ToyX4
wat is recovery points? :twisted: :twisted: :D:

Re: Recovery points

Posted: Mon Mar 23, 2009 10:55 pm
by BenHur
ToyX4 wrote:wat is recovery points? :twisted: :twisted: :D:
Daai goet waaaraan jy die naweek die toue gaan vasmaak as jy daai Isuz moet uitsleep :think: :think:

Re: Recovery points

Posted: Mon Mar 23, 2009 11:11 pm
by ToyX4
Gros, nee, ek sleep geen isoesoe nie. Netnou buig die ding se chassis, dan word ek en my Toyota "gesue" vir die skade.

Re: Recovery points

Posted: Tue Mar 24, 2009 7:53 am
by Piesang
Ek is nog nie so dat ek kan sê ek gaan nie vassit met my toy nie ek leer nog.

Het die naweek in 'n tydskrif die nuwe Reno 4x4 gesien en al kan hy nie uitklim waar ek al met my toy gery het nie gaan hy darm deur slote waar sy wiel soos 'n reun met sy agterpoot in die lig staan wat ek weet my toy nie kan doen nie. My toy het nie die lokkers in nie.

Re: Recovery points

Posted: Wed Mar 25, 2009 2:00 pm
by 2.8 d/cab SFA
where is the best place(price) to buy hi-lift jack? :think:

Re: Recovery points

Posted: Wed Mar 25, 2009 6:45 pm
by legend35
Ek dink 4x4 maga world,en hulle het spares vir die jack.