Page 1 of 1

Watter Winch moet ek gebruik

Posted: Tue Jan 20, 2009 1:50 pm
by advencen
Dag almal
Ek het n 2004 Hilux DC 4x4 waarmee ons tot in Etiopie en terug gaan ry.

Ek is opsoek na n winch om op die trip te vat maar het bietjie hulp nodig.So as julle kan help sal dit great wees. Hier is die vrae.

Het ek regtig n winch nodig, sommiges se n winch bring jou net dieper in die moeilikheid!
Watter groote winch sal geskik wees? Dink n 6000lbs is te klein???
Ek het n gewone wrap around Bullbar wat voor op die bakkie kom. Kan ek die winch naby die chassis mounts saam met bullbar vas maak of moet mens iets soos n ARB bumper kry aangesien ek nie eintlik n budget vir die het nie!??
Het iemand n goeie tweedehandse winch in Kaapstad omgewing?
groete
raino

Re: Watter Winch moet ek gebruik

Posted: Tue Jan 20, 2009 2:28 pm
by LouisZ
Hallo Riano,

Gewoonlik net as jy dink mens moet nie 'n Winch gebruik nie het jy hom wel nodig, dis te vinde toe ek die week 'n baan naby Brits gaan evalueer het, het my in dinges gekry en moes my toe daar uit kry.

Winch "brands" tel nie baie in my by my nie, sorg net dat waar ook al jy koop dat jy amper op swart op wit dit kry dat jy 'n waarborg het.(Koop die populere "Brands") Ek het al verskeie winches gebruik en kan se dat almal baie dieselfde performance het. Gewoonlik is die een bietjie stadiger as die een maar onthou, mens moet appels met appels vergelyk.

Paar tips:
1. Kies nommer een die winch wat die swaarste kan trek, bv. om 'n 8500 pond(3.6Ton) te koop vir R7900 maar die 9500 pond winch kos R8395. Koop die grooter een, ek verseker jou, die gemak van 'n sterker winch help.
2. Niemand let op die feit nie,JOU BAKKIE SE BATTERY IS 90% TE KLEIN VIR DIE WINCH, VOORGESTELDE BATTERY GROOTTE MOET MEER WEES AS 650, die rede, jou battery is net reg vir jou bakkie se elektriese stelsel, nou moet dit nog sters hanteer as daar ewe skielik 128Amps uit hom getrek word. Jy sal dit agter kom as jy winch en jou voertuig vrek net. Asy dieselfde battery wat te klein is en jy winch in die leeftyd van die battery so 2 keer gaan jou battery leeftyd drasties verkort.
3. Sorg dat jy saam met die winch in die begin handskoene, boom strap wat 10ton rating het en 2 shackles.
4. As jy dit laat fit, verseker die ou wys jou hoe om die winch te gebruik( die clutch te engage en disengage).
5. Te minste een keer 'n maand jou kabel so 5m af te wind en weer in te winch, dit verseker dan al die werkende dele kry lubrikasie en jy sit nie moet 'n winch wat seize op jou nie.

Jou vraag is is 6500 pond genoeg, dit kan wees, maar hang altyd af wat is die oomblik in die bakkie as jy moet winch en gewoonlik in die geval is 'n snatch block nodig om die kragte te verminder( as jy net die winck se kabel het teen 'n anker en winch trek jy gewoonlik die voertuig massa(kom ons se dit is 2000kg), as jy van die winch af die kabel vat deur die snatch block(pulley) en weer terug na die voertuig, sal die massa per gedeelte 1000kg wees.)

Jy kan die winch agter jou std bumper fit op 'n wich plaat, so installasie is moonlik en wees maar bereid om so R3800 te betaal daarvoor. Ek sal se dis 'n goeie prys omdat so iets vat altyd so 7 ure se sweet.

Altyd die beter opsie, is die replacement winch bars, onthou hulle is daarvoor gemaak en getoets om winching te hanteer teen snaakse hoeke.

Ek weet is 'n mondvol, maar ek hoop dit help.

Beste Groette,
Louis

Re: Watter Winch moet ek gebruik

Posted: Wed Jan 21, 2009 6:30 am
by Scooter
Shoo, Louis, ek kon nie dit beter se nie :clap: :D:

Re: Watter Winch moet ek gebruik

Posted: Thu Jan 22, 2009 1:27 pm
by advencen
Baie dankie Louis
Help baie!!
Nog n vraag is. Ek moet bande vir die trip koop. Meeste ouens se Goodrich is die beste maar die vraag is nou watter groote? Het op die oomblik 30/9.5/ R15 op en hoef dus net 4 te koop en het dan 2 spaar. As ek die 31/10.5/R15 koop moet ek 6 koop en die goed is baie duurder.

Wat is die beste vir die 2.7 Hilux DC en is die bietjei extra lift die extra geld werd?
Groete

Re: Watter Winch moet ek gebruik

Posted: Fri Jan 23, 2009 7:35 am
by Martin K
In my experience you can get all the way to Nairobi on pretty easy roads so a decent all terrain tyre would do. The road up to the Ethiopian border can be hell if it rains. I went through here in a period of rare flooding and it was a nightmare. Mud tyres would be the thing to have. If you continue on up in to Ethiopia it will get much harder. The north of that country is mountains and mud. It is recommend for only tracked vehicles in some areas in rainy season.

Re: Watter Winch moet ek gebruik

Posted: Mon Jan 26, 2009 3:26 pm
by LouisZ
As jy gelukkig is met die bande se grootte nou kan dit baie beslis werk. As jy na die 31 toe gaan kan jy bietie krag verloor maar jy wen weer bietjie hoogte.

Louis