Mon Nov 15, 2010 8:15 pm
Chris daar is 2 opsies ek gebruik altwee. Ek gebruik die Afrox inverter met die TIG welding met alu filler rod, die setup het my 4 jaar terug 22duisend gekos, dis baie maar elke cent werd, want jy kan enige iets TIG weld, mildsteel, stainless steel, alu, ek het hal vir n ou op sy geweerloop ge TIG weld en jy kan hom gebruik as n gewone sweis masjien ook. Jou 2de opsie is n MIG welder wat ek 2 jaar terug 14duisend betaal het, die een wat ek het is dieLincoln Power MIG180, jy kan sy polarity verander vir flux core draad (sonder shielding gas) of gewone mig draad met shielding gas. Die flux core draad gebruik jy as jy buite sweis en die gewone draad wat met die gas werk is meer vir binne want buite in die wind waai die gas weg en dan lyk jou weld nie goed nie, dan het ek vir die mig masjien n alu gun gekoop, waarop sy alu draad spoel. Maar die MIG kan nie so fyn en dun materiaal sweis soos die TIG nie. MIG het ek gou geleer maar om netjies en presies te werk met die TIG het baie tyd en oefening gevat. Ek het gesien mens kry alu sweis rods vir gewone sweis maar ek kan nie dink dat dit netjies kan werk nie en ook nie baie dun werk nie, het nog nie probeer nie. Ek dink mens sal dalk goedkoper weg kom met n onbekande maak maar ek betaal maar liewers meer en weet dis n goeie maak en daar is parte en diens as hy iets sou oor kom.
Is gebed jou spaarwiel of jou stuurwiel?
'Life is a coin. You can spend it anyway you wish, but you can only spend it ONCE'