3600 km Swaziland & Mozambiek

Tell us about your recent trip. Please add some photographs.
Post Reply
User avatar
bosjakkals
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 458
Joined: Tue Dec 09, 2008 8:14 am
Town: Harrismith
Vehicle: 97 Hilux SFA ,31 BF's, Bullbar,Warn winch, Hunting frame, 2 spare wheels, Long range tank, High lift jack, Gearmax rear locker diff, Suspension unknown but very soft)
Real Name: CJ
Location: Nie weer nie

Tue May 03, 2011 9:27 pm

Ek is terug sonder n enige breuke of pap wiele. Ek sal die voledige trip report update as ek gerus en n slag in my eie bed geslaap het.
Giriyonda Grenspos.JPG
Giriyonda Grenspos.JPG (75.62 KiB) Viewed 933 times
03 - Cruiser 105 GX
97 - Hilux 2.4 D/C -
05 - Pajero 3.2 DID SWB ( Ma se kar)
01-Prado 3.0 d (Gesien -Geniet - GEROL))

OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19884
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Tue May 03, 2011 9:29 pm

Nou toe....gaan klim inni bed, rus vir so half uur, ek wag so lank :thumbup:

User avatar
Hi-Hilux
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2841
Joined: Mon Jul 21, 2008 11:22 am
Town: Tsumeb
Vehicle: 1991 Hilux2.2 ---1987 Hilux D/C Hella 1000, Rancho RS9000XL shocks, Good Year M/TR, Warn Winch, STK bullbar, Extended shacles, Kenwood VHF-SOLD
Real Name: Trevor
Location: Namibia

Tue May 03, 2011 9:39 pm

Ek maak solank koffie...hoeveel suiker Markus?
Is gebed jou spaarwiel of jou stuurwiel?
'Life is a coin. You can spend it anyway you wish, but you can only spend it ONCE'

OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19884
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Tue May 03, 2011 9:54 pm

Hi-Hilux wrote:Ek maak solank koffie...hoeveel suiker Markus?
Swart sonder suiker asb, dankie Trevor :thumbup:

Het jy 'n asbakkie?

User avatar
Hi-Hilux
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2841
Joined: Mon Jul 21, 2008 11:22 am
Town: Tsumeb
Vehicle: 1991 Hilux2.2 ---1987 Hilux D/C Hella 1000, Rancho RS9000XL shocks, Good Year M/TR, Warn Winch, STK bullbar, Extended shacles, Kenwood VHF-SOLD
Real Name: Trevor
Location: Namibia

Tue May 03, 2011 10:00 pm

Altyd, en OBS as ons koffie op raak, voel na n lang wag die
Is gebed jou spaarwiel of jou stuurwiel?
'Life is a coin. You can spend it anyway you wish, but you can only spend it ONCE'

OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19884
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Tue May 03, 2011 10:07 pm

Hi-Hilux wrote:Altyd, en OBS as ons koffie op raak, voel na n lang wag die
Beslis..... :dance1: :dance1: :dance1:
0511.png
0511.png (121.5 KiB) Viewed 921 times
Maar ek dink dit gaan dalk die moeite werd wees :yahoo: :yahoo: :yahoo:

User avatar
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5394
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Tue May 03, 2011 10:15 pm

CJ, bly jy dat jy veilig terug is en dat jou trippie so goed afgeloop het.

Kan nie wag vir die fotos nie.
Image
Image

Know what you don't know.

OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19884
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Tue May 03, 2011 10:20 pm

Ek dink iets gaan nou, nou gebeur....................... :blackeye:
!cid_97640327340142EF97F07C47C27E82EF@OFFICE.gif
!cid_97640327340142EF97F07C47C27E82EF@OFFICE.gif (2.42 KiB) Viewed 920 times

User avatar
Hi-Hilux
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2841
Joined: Mon Jul 21, 2008 11:22 am
Town: Tsumeb
Vehicle: 1991 Hilux2.2 ---1987 Hilux D/C Hella 1000, Rancho RS9000XL shocks, Good Year M/TR, Warn Winch, STK bullbar, Extended shacles, Kenwood VHF-SOLD
Real Name: Trevor
Location: Namibia

Tue May 03, 2011 10:24 pm

Dink ook dit gaan n lekker een wees die. Mis daai deel van S.A (Natal) en Moz.
Is gebed jou spaarwiel of jou stuurwiel?
'Life is a coin. You can spend it anyway you wish, but you can only spend it ONCE'

Bulletjie-3
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 853
Joined: Sat Oct 16, 2010 11:00 pm
Town: Centurion
Vehicle: Hilux Raider SFA met 7M-GE engine
Real Name: Everdt

Wed May 04, 2011 8:48 am

CJ ek sal beskuit bring dan kan jy die praatjie begin.

User avatar
bosjakkals
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 458
Joined: Tue Dec 09, 2008 8:14 am
Town: Harrismith
Vehicle: 97 Hilux SFA ,31 BF's, Bullbar,Warn winch, Hunting frame, 2 spare wheels, Long range tank, High lift jack, Gearmax rear locker diff, Suspension unknown but very soft)
Real Name: CJ
Location: Nie weer nie

Thu May 05, 2011 8:35 pm

Oraait

Bring die koffie, koekies, beskuit, OBS, brawewyn ens laat ek begin.

Ek het van Harrismith vertrek na Pretoria met n bakkie wat gelaai was tot barstens toe in die en op die dak soos n Soweto taxi oppad Lesotho toe.
Die voertuie was soos volg
1- Toyota 2.4 Hilux (myne)
2- Toyota 3.0 D4D 2x4 met canopy
3- Merc ML 270 wat n sleepwa sleep

Omdat ek weet ek stadiger is as die ander het beplan om voor hulle weg te spring dan kan ons mekaar by die grenspos of voor dit vang.
Duidelik het Galopino anders gereken as ek, ek was so 4 blikke van die wegtrek af toe my bakkie geboorte skenk aan n klein varkie wat skree asof dit sy laaste dag op aarde is. Ek gaan toe maar terug na die wegtrek punt om te sien waar die varkie is :oops: Die centre bearing het sommer sonder waarskuwing heeltemal ingegee. Mammie het maar gou afgery Midas toe en wraggies met die verkeerde bearing aangekom maar teen die tyd het ek en my seun klaar die ou een uit en n sample is inmammie se hand gestop en gese "JAAAG". So gese so gedaan, vandat mammie gestop het tot ons reg was om te ry 7 minute (Ek was haastig).Die verkeer op die N4 was hel maar hoe verder jy van die groot dorp Pretoria weg gaan hoe beter was die vloei van die verkeer.
IMGP5800.JPG
Swaziland in by die Oshoek hek
IMGP5800.JPG (83.64 KiB) Viewed 880 times
Ons het die aand op die grenspos omtrent in n 2km tou gestaan maar na 2,5 ure is ons deur en vat die pad na ons kampplek toe in Mlilwane wat n natuur reservaat is. Wie het al probeer om n kamp in die reen 23;00 in die nag saggies op te slaan en dan n steak op die vuur gaar te kry sonder om die buurt wakker te raas nie? Ons het dit reg gekry :eh: ( Ek dink :blushing: )
IMGP5863.JPG
Bos humor in Swaziland Mlilwane
IMGP5863.JPG (74.78 KiB) Viewed 880 times
Die volgende oggend het ons in die motreen opgeslaan en rustig die reservaat deurgery en toe na Manzinni en omgewing gery tot by Shewula in die Noord ooste van Swaziland, n vroee aand was welkom want ons wou die volgende oggend 07:00 by die grenspos wees as hy oopmaak Mozambiek toe. Hier was alles baie vinnig en almal baie vriendelik.


Nota: Maak n lys van al jou kameras en laptops ens. As jy by die grenspos die pampiere moet invul heg jy net die lys aan en hulle stempel dit ook sommer vir jou sodat jy dit vorentoe weer kan gebruik as die toerusting moet verklaar.

As jy deur die grens is raak dit mal as jy by Maputo verby gaan. Ek het met tye gedink Johannesburg en Pretoria saam se verkeer loop vinniger in spitstyd, maar as jy rustig is en haastig is vir n afspraak nie en net die omgewing inneem en dit geniet is dit nie te erg nie. Daar is die snaakste klomp karre wat ons nie hier ken nie en ek dink al die Prado's en Surf's van oorsee eindig op in Mosambiek. Die Merc het n probleem ontwikkel van die stadig ry en in "Limp mode" ingegaan toe ons moes stop om hom te reset staan ons langs n wit groot geboou wat netjies onderhou is met groot tuine ens. Mammie pluk die kiekie mashien uit en skiet n vinnige een toe 2 mans met AK's op ons afstorm en "demand" die kamera. Gelukig kom hulle bevelvoerder uit en verstaan ons is net dom toeruste wat van hulle mooi geboue hou. Hy se hy verstaan en sal nog beter kan verstaan as ons foto delete. Nodeloos om te se ons was maar versigtig om daarna enige Ofisiele geboue afteneem.
IMGP6367.JPG
Profesionele lugdraad instilasies
IMGP6367.JPG (76.17 KiB) Viewed 880 times
Ons het gery tot op Nascer del Sol wat n oulike resturant en kammertjie het wat jy net jou eie beddegoed nodig het ( Jy kannie daar kamp nie) en dit was eerste ondervinding van Moz se wit strande en skoon lug langs die see.
IMGP6221.JPG
Pomene met nice chalet tipe Casitas
IMGP6221.JPG (78.79 KiB) Viewed 880 times
Vandaar het ons die nuwe dag gepak en verder noord gery. Die ML het 1000 Mets fine gekry vir n spoed oortreding (70 in n 60 sone) dit is so R250.00 wat jy dadelik moet betaal en jy kry n kwitansie. Die hoofpad wat Noord gan N1 is in n baie goeie toestand en die padwerkers is besig om die dreinering en afspoel slote te bou.
IMGP6338.JPG
Die N1 noord in goeie toestand
IMGP6338.JPG (76.49 KiB) Viewed 880 times
Ons volgende bestemming was Morrongullo, dit is baie mooi maar die prima aandag gaan vir vissermanne en die plek is WARM :oops: 07:00 in die oggend trek dit al 23-25 grade en die humiediteit is 80%-86%. Vir die Vrystater van Harrismith is dit hond warm. Die kamp plek is agter die duin en die wind kom nie lekker deur die bome om te help met die afkoel nie.

Nota: Kry n kampplek weg van die duin af om af te koel :beach:
IMGP6273.JPG
Sonop by Morrongullo
IMGP6273.JPG (74.41 KiB) Viewed 880 times
Hier het ons n bietjie gaan rondry en die plek verken en op baie oulike plekke afgekom en oral was daar nog kamp plekke beskikbaar al is dit die PAAS naweek wat almal se jy kry nie plek nie ( Seker die ouens in die B&B en Lodges)
IMGP6015.JPG
IMGP6015.JPG (82.65 KiB) Viewed 880 times
Die plekkie bo is Benitos en dis wragtig mooi hier
Ons ry die volgende dag noord tot by Pomene en jy ry kilo's in die los sand wat die my swakste brandstof verbruik gelewer het van 5.7 Km/Lit my beste was 8.7 km/lit verby Maputo en die stadige stuk pad noord.
IMGP6221.JPG
Pomene met nice chalet tipe Casitas
IMGP6221.JPG (78.79 KiB) Viewed 880 times
Die tyd by Morrongullo was verby en ons draai terug suid en slaan die pad na Zavora wat weereens besonder is en die fotos moet maar hier praat.
IMGP6725.JPG
Morrongullo se strand
IMGP6725.JPG (73.18 KiB) Viewed 880 times
Ek sal moet ander keer aangaan die hoofstuk stop nou hier vir eers

CJ
03 - Cruiser 105 GX
97 - Hilux 2.4 D/C -
05 - Pajero 3.2 DID SWB ( Ma se kar)
01-Prado 3.0 d (Gesien -Geniet - GEROL))

User avatar
Hi-Hilux
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2841
Joined: Mon Jul 21, 2008 11:22 am
Town: Tsumeb
Vehicle: 1991 Hilux2.2 ---1987 Hilux D/C Hella 1000, Rancho RS9000XL shocks, Good Year M/TR, Warn Winch, STK bullbar, Extended shacles, Kenwood VHF-SOLD
Real Name: Trevor
Location: Namibia

Thu May 05, 2011 8:53 pm

Klink flippen lekker! En die heel laaste foto van jou Lux is baie mooi.
Is gebed jou spaarwiel of jou stuurwiel?
'Life is a coin. You can spend it anyway you wish, but you can only spend it ONCE'

OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19884
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Thu May 05, 2011 9:06 pm

Dankie CJ :thumbup:

Sien uit na die volgende hoofstuk :wink2:

User avatar
bosjakkals
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 458
Joined: Tue Dec 09, 2008 8:14 am
Town: Harrismith
Vehicle: 97 Hilux SFA ,31 BF's, Bullbar,Warn winch, Hunting frame, 2 spare wheels, Long range tank, High lift jack, Gearmax rear locker diff, Suspension unknown but very soft)
Real Name: CJ
Location: Nie weer nie

Thu May 05, 2011 9:30 pm

Thax Trevor
Hier kom die res.
Die Merc het n bietjie recovery nodig gehad
IMGP6884.JPG
IMGP6884.JPG (88.21 KiB) Viewed 870 times
IMGP6394.JPG
Die manne staan oral bakhand
IMGP6394.JPG (87.52 KiB) Viewed 870 times
IMGP6400.JPG
Kreef en Krappe op Mapalane se straat mark
IMGP6400.JPG (86.89 KiB) Viewed 870 times
Ons moes eers die manne se kreef en krappe uitkyk. Ons het n paar mooi krappe gekry maar die kreef was heeltemal te klein :thumbdown: en ek weier om die dom stropers te ondersteun :thumbup: Die ou met die kreef se skaal kom van die kaap af want hy is so reg soos n vrugte smous se antwoorde.

Van hier af het ons die pad Masingir toe gevat. Die Masingir dam is bleikbaar die langste grondwal in die wereld teen 46 km lank :?:
Baie manne praat oor die pad deur die wildtuin en ek het gehoor daar is manne wat van Pretoria reg deur ry tot in Mapelane. Ek sal dit nie probeer nie :naah:

Die pad is stuk stuk redelik en jy kan so 80-100 km/hr kry maar die slaggate is verskriklik en nie lank nie of die D4D verloor n Bridgestone. Later word die teerpad grondpad en padwerke is aan die gang waar die bruggies herstel word en ek glo hulle gaan seker die res van die pad ook regmaak.
IMGP7310.JPG
Slaggate oppad na Masingir
IMGP7310.JPG (71.68 KiB) Viewed 870 times
IMGP6621.JPG
Zavora se ligtoring
IMGP6621.JPG (77.75 KiB) Viewed 870 times
IMGP7046.JPG
IMGP7046.JPG (81.88 KiB) Viewed 870 times
Lekker vars Pao (broodtjies)

Word vervolg
03 - Cruiser 105 GX
97 - Hilux 2.4 D/C -
05 - Pajero 3.2 DID SWB ( Ma se kar)
01-Prado 3.0 d (Gesien -Geniet - GEROL))

OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19884
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Thu May 05, 2011 9:48 pm

Lus word ek nou vir 'n warm vars Pao....bietjie tuisgemaakde appelkoos kofyt...... :yahoo: :yahoo: :yahoo:

User avatar
bosjakkals
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 458
Joined: Tue Dec 09, 2008 8:14 am
Town: Harrismith
Vehicle: 97 Hilux SFA ,31 BF's, Bullbar,Warn winch, Hunting frame, 2 spare wheels, Long range tank, High lift jack, Gearmax rear locker diff, Suspension unknown but very soft)
Real Name: CJ
Location: Nie weer nie

Thu May 05, 2011 10:53 pm

Dit is lekker broodtjies daardie

Ek gaan nou tatta lalla en more verder report
03 - Cruiser 105 GX
97 - Hilux 2.4 D/C -
05 - Pajero 3.2 DID SWB ( Ma se kar)
01-Prado 3.0 d (Gesien -Geniet - GEROL))

OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19884
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Thu May 05, 2011 10:55 pm

bosjakkals wrote:Dit is lekker broodtjies daardie

Ek gaan nou tatta lalla en more verder report
So vroeg.....?
!cid_9.jpg

User avatar
bosjakkals
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 458
Joined: Tue Dec 09, 2008 8:14 am
Town: Harrismith
Vehicle: 97 Hilux SFA ,31 BF's, Bullbar,Warn winch, Hunting frame, 2 spare wheels, Long range tank, High lift jack, Gearmax rear locker diff, Suspension unknown but very soft)
Real Name: CJ
Location: Nie weer nie

Thu May 05, 2011 11:02 pm

Ek staan 4:00 op om te gaan werk :beg:
03 - Cruiser 105 GX
97 - Hilux 2.4 D/C -
05 - Pajero 3.2 DID SWB ( Ma se kar)
01-Prado 3.0 d (Gesien -Geniet - GEROL))

User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 28520
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Thu May 05, 2011 11:08 pm

Lekker lees, CJ! Sien uit na die volgende 'hoofstuk'! :thumbup:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!

Bulletjie-3
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 853
Joined: Sat Oct 16, 2010 11:00 pm
Town: Centurion
Vehicle: Hilux Raider SFA met 7M-GE engine
Real Name: Everdt

Fri May 06, 2011 6:17 pm

Dankie CJ dit lyk baie lekker

User avatar
Hilux01
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 594
Joined: Tue Aug 26, 2008 11:54 am
Town: Secunda
Vehicle: Toyota Hilux 3.0D4-D dc 4x4
Real Name: Henk
Club VHF Licence: X85

Wed May 11, 2011 2:55 pm

Eish hoe maak jy my nou verlang na goeie tye op Mozam se stranded
2013 Toyota Hilux 3.0D4-D dc 4x4
Bush Lapa Miskruier 810
Gerbers Alu Canopy
ORRA Call Sign: X85
Image

User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3109
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Wed May 11, 2011 3:33 pm

Baie Nice CJ! het jy dalk nog pics van Morrongullu?

Post Reply

Return to “Trip Reports”

  • Information
  • Who is online

    Users browsing this forum: No registered users