Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 2014

Tell us about your recent trip. Please add some photographs.
Post Reply
Leeuplesier

Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 2014

Post by Leeuplesier »

Die beplanning was lankal klaar gewees en dit was toe net wag om met die vakansie te begin. Hierdie is my eerste probeerslag om n trip report te skryf. Vir my was dit laat pak die aand vantevore om alles in plek te kry. Ons was twee voertuie gewees, myself en vroulief met die SFA en jarelange vriende Pieter en Marina Viljoen in hulle Mazda BT50. Beide van ons voertuie was goed toegerus met die nodige vir n lekker trippie. Pieter het vir ons n modifikasie gemaak op die Luna sisteem deur C-Tec se DC/DC laaier en ander klein benodighede by te sit. Hy het vir die Mazda n nuwe laaisisteem agter ingebou en n daktent opgesiten sal die eerste keer wees dat hy daarmee gaan kamp.
DSC_0857.JPG
DSC_0857.JPG (141.61 KiB) Viewed 5408 times
Ons het die oggend redelig vroeg vertrek vanaf Sasolburg aangesien daar n stywe entjie se ry was Upington toe. Tussen Griekwasstad en Groblershoop het Pieter se daktent amper verloor. Danksy radio kommunikasie kon hy darem betyds stop en ons die tent met toue vasgetrek het. Nadat ons ingeboek het by Libby's Lodge moes ons eers gou die tent behoorlik vassit en daarna nie weer probleme met hom gehad nie.
DSC_0771.JPG
DSC_0771.JPG (181.92 KiB) Viewed 5408 times
DSC_0769.JPG
DSC_0769.JPG (185.66 KiB) Viewed 5408 times
Die volgende oggend het ons na n stewige ontbyt vertrek Nakop grenspos toe. Aan die Suid Afrikaanse kant was dit maar Afrika tyd gewees en moes daar eers n lys opgetel word van al die elektriese behore en selfs selfone met hulle serial nommers en ook die waarde van die items. Dis soos ek dit op rowwe papier geskryf het aanvaar en gestempel. So, sal in die vervolg weet. Aan die Namibiese kant het dinge vlot verloop. Pieter was amper sy enigste hoender in die vrieskas kwyt, maar is toe deurgelaat met sy hoender.
DSC_0791.JPG
DSC_0791.JPG (86.77 KiB) Viewed 5408 times
DSC_0798.JPG
DSC_0798.JPG (128.97 KiB) Viewed 5408 times
Ons het in Keetmanshoop gestop vir die nodige aankope. Het toe op die einde van die dag al ons vleis by die Spar gekoop. Werklik goeie gehalte en bekostigbaar. Vandaar afgedraai op die eerste grondpad van ons toer. Fyn stof en nogmaals fyn stof. Dit was verstommend om die kondisie van die grondpad te sien, beter as menigde dorpe se teerpaaie. Wens die teerstrate in Sasolburg was in die selfde toestand gewees. Ons het by die Kokerboomwoud kampeer terrein ingeboek en het daar vir twee nagte oorgebly. Ons het die Giants playground gaan besoek, gelukkig was dit bewolk gewees die dag en nie so warm nie. Maar dis n belewenis om die klipformasies te kon sien.
DSC_0811.JPG
DSC_0811.JPG (148.95 KiB) Viewed 5408 times
DSC_0820.JPG
DSC_0820.JPG (132.3 KiB) Viewed 5408 times
DSC_0856.JPG
DSC_0856.JPG (172.85 KiB) Viewed 5408 times
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Nog fodies. Het ook die Kokerboomwoud se Jagluiperds te siene gekry.
DSC_0902.JPG
DSC_0902.JPG (169.83 KiB) Viewed 5406 times
DSC_0958.JPG
DSC_0958.JPG (156.49 KiB) Viewed 5406 times
DSC_0992.JPG
DSC_0992.JPG (121.85 KiB) Viewed 5406 times
Mooiste Sons opkoms
Mooiste Sons opkoms
DSC_1016.JPG (135.03 KiB) Viewed 5406 times
DSC_1078.JPG
DSC_1078.JPG (147.95 KiB) Viewed 5406 times
Ons is weer deur Keetmanshoop rigting Luderitz. Tussen Aus en Luderitz het ons die bekende wilde perde gekry en ons was baie gelukkig om 22 van die perde te kry. Na n vinnige stop by die uitkyk punt was ons weer in die pad en het heelwat volstruise, Gemsbokke en Springbokke gesien.
DSC_1189.JPG
DSC_1189.JPG (170.96 KiB) Viewed 5406 times
DSC_1230.JPG
DSC_1230.JPG (178.33 KiB) Viewed 5406 times
DSC_1231.JPG
DSC_1231.JPG (133.36 KiB) Viewed 5406 times
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Ons het vooraf besluit om nie in Luderitz te kamp nie en het in die ou lighuis gebly op Shark Eiland. Wat n goeie besluit was dit nie gewees nie. Dit was vrek koud gewees en die wind het het sterk gewaai. Ons het die volgende dag gaan warm baadjies koop wat later in die toer nog meer handig was. Vanaf die huis kon mens afkyk op die kampeerterrein en die wat wel gekamp het het aan die hawe se kant agter die rotse skuiling gesoek om bietjie uit die wind te kom. Maar nou ja, dis mos hoekom die wiele moet rol, as die weer nie saamspeel nie moet jy die alternatiewe opsies oorweeg en daar is baie te siene by die kusdorpie. Ons het die volgende dag by Kolmanskuppe en Diaskruis n draai gaan maak. Oppad Diaskruis toe het ons eers n stukkie 4x4 gery tot by Angra Point. Kolmanskuppe was een van ons hoogtepunte gewees om die oorblyfsels van die myndorpie en sy geskiedenis te kon ervaar. Hulle is tans besig om van die ou vervalle huisies wat nog in n restoureerbare toestand is op te knap. Luderitz self het baie ou Duite argitektuur wat nog goed in stand gehou word wat ook n ryk geskiedenis het.
DSC_1265.JPG
DSC_1265.JPG (137.4 KiB) Viewed 5402 times
DSC_1284.JPG
DSC_1284.JPG (134.75 KiB) Viewed 5402 times
DSC_1588.JPG
DSC_1588.JPG (135.39 KiB) Viewed 5402 times
DSC_1596.JPG
DSC_1596.JPG (185.98 KiB) Viewed 5402 times
DSC_1614.JPG
DSC_1614.JPG (178.87 KiB) Viewed 5402 times
DSC_1629.JPG
DSC_1629.JPG (86.51 KiB) Viewed 5402 times
User avatar
Taljaag
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 258
Joined: Sat Dec 24, 2011 9:32 am
Town: Secunda
Vehicle: Toyota Hilux 3D4D
Real Name: George

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Taljaag »

Hi Stephan dit lyk lekkerrrrr.Kan nie wag vir Julie maand nie dan is dit my beurt in Namibia. :yahoo: :yahoo:
Image

Life is Easy.....! It's the freakin' people that make it difficult!
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Kolmanskuppe, Diaskruis fodies.
DSC_1290.JPG
DSC_1290.JPG (130.51 KiB) Viewed 5404 times
DSC_1377.JPG
DSC_1377.JPG (151.76 KiB) Viewed 5404 times
DSC_1390.JPG
DSC_1390.JPG (158.67 KiB) Viewed 5404 times
DSC_1455.JPG
DSC_1455.JPG (111.87 KiB) Viewed 5403 times
DSC_1477.JPG
DSC_1477.JPG (155.54 KiB) Viewed 5403 times
DSC_1512.JPG
DSC_1512.JPG (123.59 KiB) Viewed 5403 times
DSC_1536.JPG
DSC_1536.JPG (164.69 KiB) Viewed 5403 times
DSC_6650.JPG
DSC_6650.JPG (181.78 KiB) Viewed 5403 times
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Te lank op een plek kan mens nie bly nie, kamp moes daar weer gekamp word. Vanaf Luderitz is ons terug op die Ketmanshoop pad an het tussen Aus en Keetmanshoop afgedraai op die Ai-Ais pad. Volgende bestemming was Canon Roadhouse. Oppad Canon Roadhouse toe het ons Gemsbokke, Springbokke, Volstruise en ook Zebra's gekry. Canon Roadhouse was vir ons n "wow" ervaring met ons aankoms. Vir ons wat lief is vir oudhede en veral ou karre..dêm ek het geniet. Die plek is n oase in die woestyn, moet sê hulle kuierplek doen dit vir n mens. Ons het daar vir twee nagte gekamp. Die lekkerste gemsbok steak ge-eet en net die volgende aand weer een gaan eet net om seker te maak ek verbeel my nie..."lekker man lekker". Volgende dag het ons die Visrivier canyon gaan besoek. By Hobas het ons R130-00 per voertuig betaal vir die voorreg. Groot was ons verbasing gewees om te sien hoe netjies en skaduryk Hobas kamp is. n Moet as ek weer in daardie rigting ry. Hulle gaan ook binnekort begin om n restaurant op die perseel te bou. Hulle kafee is klein maar het die nodigste sou jy iets kort..net vrek duur soos in alle parkeraad winkels. By die Canyon aangekom het die Visrivier geloop. Selfs later toe ons die Visrivier moes kruis op die Noordoewer pad het die rivier sterk afgekom.
DSC_1683.JPG
DSC_1683.JPG (161.62 KiB) Viewed 5401 times
DSC_1694.JPG
DSC_1694.JPG (191.94 KiB) Viewed 5401 times
DSC_1722.JPG
DSC_1722.JPG (140.33 KiB) Viewed 5401 times
DSC_1733.JPG
DSC_1733.JPG (172.65 KiB) Viewed 5401 times
DSC_1737.JPG
DSC_1737.JPG (215.44 KiB) Viewed 5401 times
DSC_1819.JPG
DSC_1819.JPG (146.24 KiB) Viewed 5401 times
DSC_1780.JPG
DSC_1780.JPG (184.39 KiB) Viewed 5401 times
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Nog fodies van Hobas en die Canyon
DSC_1838.JPG
DSC_1838.JPG (134.79 KiB) Viewed 5397 times
DSC_1848.JPG
DSC_1848.JPG (175.48 KiB) Viewed 5397 times
DSC_0065.JPG
DSC_0065.JPG (142.96 KiB) Viewed 5397 times
DSC_0069.JPG
DSC_0069.JPG (147.05 KiB) Viewed 5397 times
DSC_0078.JPG
DSC_0078.JPG (145.03 KiB) Viewed 5397 times
User avatar
Froll
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3305
Joined: Sat Oct 13, 2012 10:13 pm
Town: Vioolsdrift
Vehicle: 2010 4.0 V6 Fortuner 4x4
Real Name: Roger
Club VHF Licence: N/A

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Froll »

Looks awesome, thanks for sharing. :thumbup:
User avatar
Hilux 1
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4125
Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
Real Name: Tertius
Club VHF Licence: HC137

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Hilux 1 »

Taljaag wrote:Hi Stephan dit lyk lekkerrrrr.Kan nie wag vir Julie maand nie dan is dit my beurt in Namibia. :yahoo: :yahoo:
Sal uitkyk vir jou, ons vetrek 4 julie, sendelingdrift deur na Luderitz, bedesta lodge,sossosvlei, walvis swakop henties etc windhoek, mariental norotshama en huistoe
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Ons het redelik vroeg weer die oggend aan die gang gekom en rigting gevat Ai Ais toe. Al die inboek formaliteite afgehandel en vir ons n lekker kampplek onder n groot boom gekry. Op die stadium was ons die enigste kampeerders gewees. Die volgende dag het daar baie meer ingekom meeste wat net oornag het. Dis n lekker oord om bietjie uit te rus vir so twee dae. Ons het die onderdak swembaddens geniet. Natad ons ontbyt by die restourant gaan eet het was ons weer in die pad. Die keer was die oorste stop by die pont by Sendelingdrift gewees en ja hy is ten volle operationeel. Oppad Sendelingsdrift teen die Noordoewer pad kan daar by verskeie plekke gesien word hoe die Oranjerivier se walle vernietig word deur die diamant bedryf. Dis jammer om te sien dat oral waar daar vir die edelsteen gedelf word geen wetgewing toegepas word om die plekke weer behoorlik te rehabiliteer nie. Selfs as jy die gedeelte sien vanaf Kleinsee tot Koingnaas.
Doane formaliteiete aan die Namibiese kant is vinnig afgehandel met n koeldrank en n pakkie kaarte. Ons het so n wyle gewag vir die pont om oor te kom en het daarna die formaliteite ook aan die SA kant gou afgehandel. Ek sal weer die grenspos gebruik as ek Namibia toe gaan. Nadat die formaliteite afgehandel is het on rigting gevat Pootjiespram toe.
DSC_2045.JPG
DSC_2045.JPG (142.38 KiB) Viewed 5351 times
DSC_2057.JPG
DSC_2057.JPG (188.97 KiB) Viewed 5351 times
DSC_2069.JPG
DSC_2069.JPG (152.52 KiB) Viewed 5351 times
DSC_2074.JPG
DSC_2074.JPG (156.19 KiB) Viewed 5351 times
DSC_2135.JPG
DSC_2135.JPG (143.79 KiB) Viewed 5351 times
DSC_2155.JPG
DSC_2155.JPG (124.2 KiB) Viewed 5351 times
DSC_2177.JPG
DSC_2177.JPG (149.78 KiB) Viewed 5351 times
DSC_2197.JPG
DSC_2197.JPG (149.48 KiB) Viewed 5351 times
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Nog fodies van die grenspos en Sendelingsdrift.
DSC_2236.JPG
DSC_2236.JPG (155.46 KiB) Viewed 5344 times
DSC_2263.JPG
DSC_2263.JPG (176.07 KiB) Viewed 5344 times
DSC_2266.JPG
DSC_2266.JPG (127.24 KiB) Viewed 5344 times
DSC_2251.JPG
DSC_2251.JPG (160.01 KiB) Viewed 5344 times
DSC_2300.JPG
DSC_2300.JPG (117.05 KiB) Viewed 5344 times
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Nadat ons brandstof volgemaak het by Sendelingsdrift en die nodigste aankope by die winkel gedoen het vat ons toe die pad na Pootjiespram kampeerterrein. Vir albei ons gesinne was dit die eerste keer in die Richtersveld. So daar was baie opgelees en met mense gepraat oor hoe die geriewe en die paaie is. En wat ons gekry het was in die kol. Die ablusie geriewe regdeur die park was skoon en netjies gewees. Water was daar genoeg, moet net nie warm water verwag in die winter nie, maar as jy in die somer daar is het jy nie n geiser nodig nie die stort water was vrek warm gewees. Daar is ook n lapa waar groter groepe kan braai. Die grootste frustrasie by Pootjiespram is die ape. Terwyl ek kos gemaak het, het Pieter sy hande volgehad om die gediertes weg te hou. Volgende keer gaan die kettie saam, de hel met aap se kind.
DSC_2312.JPG
DSC_2312.JPG (183.58 KiB) Viewed 5340 times
DSC_2314.JPG
DSC_2314.JPG (206.33 KiB) Viewed 5340 times
DSC_0060.JPG
DSC_0060.JPG (183.02 KiB) Viewed 5340 times
DSC_0084 (2).JPG
DSC_0084 (2).JPG (164.26 KiB) Viewed 5340 times
DSC_2331.JPG
DSC_2331.JPG (177.58 KiB) Viewed 5340 times
User avatar
Pettycash
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 117
Joined: Tue Jan 21, 2014 8:47 pm
Town: Johannesburg
Vehicle: 1992 SFA 2.2 petrol 4Y
Real Name: Rubin

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Pettycash »

Dankie vir die report[THUMBS UP SIGN] geniet dit baie!
Ek sien julle gooi wit poeier om die wiele...is dit vir miere?


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10649
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by pietpetoors »

Ai hoe verlang ek nou Namibië toe, dankie dat jy dit deel, jy het 'n paar pragtige prentjies
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
Niel
Moderator
Moderator
Posts: 7372
Joined: Sun Jul 15, 2007 10:07 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 2014, DC, D4D 3.0, 4x4
Real Name: Niel
Location: Bellville
Contact:

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Niel »

pietpetoors wrote:Ai hoe verlang ek nou Namibië toe, dankie dat jy dit deel, jy het 'n paar pragtige prentjies
stem
Rianc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 707
Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
Real Name: Rian
Location: Wonderboom Suid

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Rianc »

En toe???? Vertel nog man! Ek is nou so betrokke.
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Haboob »

Very nice, thanx for sharing...
Image
HABOOB means "Dust Storm"
User avatar
4x4BEES
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3447
Joined: Wed Nov 20, 2013 10:13 am
Town: Brackenfell
Vehicle: Hilux 4.0V6
Real Name: Kevin

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by 4x4BEES »

Lyk na 'n ongelooflikke lekker trip daai.
Baie dankie vir die deel daarvan :thumbup: :thumbup:
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29852
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Mud Dog »

Beautiful pics and nice TR!! :thumbup: :thumbup:

Can't wait for retirement, so I can get back and spend a month or two up there!! :drool:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
FIRSTGEER
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1536
Joined: Thu Sep 30, 2010 6:00 am
Town: King WilliamsTown
Vehicle: 2,5 D4D Singlr Cab 4X4 Full OME suspension. snorkel.GMA aftermarket bullbar.
Real Name: Tony Geer
Club VHF Licence: HC 109

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by FIRSTGEER »

Awsome pics,thanx for sharing them with us :thumbup:
Image
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Die oggend het ons maar traag aan die gang gekom. Met die maak van ontbyt was dit weereens die ape gewees.... :evil: :evil: maar ons kon darem klaar eet en oppak. Oppad na De Hoop het ons heelwat te siene gekry danksy Tracs4Africa se inligting en verwysings. Die Akkedispas was nou nie een van die tegniese 4x4 roetes nie maar die terrein was sleg en het ons besig gehou. Skerp uitstaande klippe is nou maar nie n band se maat nie en moes daar mooi gekyk word om dit te vermy. Gelukkig het ons geen skade gehad nie. Vandaar was die pad heel gangbaar gewees tot by die kamp.
DSC_0092 (2).JPG
DSC_0092 (2).JPG (151.76 KiB) Viewed 5182 times
DSC_0104 (2).JPG
(146.28 KiB) Downloaded 785 times
DSC_2400.JPG
DSC_2400.JPG (200.5 KiB) Viewed 5182 times
DSC_7463.JPG
DSC_7463.JPG (189.28 KiB) Viewed 5182 times
DSC_7532.JPG
DSC_7532.JPG (179.41 KiB) Viewed 5182 times
DSC_7539.JPG
DSC_7539.JPG (177.17 KiB) Viewed 5182 times
DSC_7496.JPG
DSC_7496.JPG (156.57 KiB) Viewed 5182 times
DSC_2456.JPG
DSC_2456.JPG (131.65 KiB) Viewed 5182 times
User avatar
4x4BEES
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3447
Joined: Wed Nov 20, 2013 10:13 am
Town: Brackenfell
Vehicle: Hilux 4.0V6
Real Name: Kevin

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by 4x4BEES »

Pragtig :clap: :clap:
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Vanaf De Hoop na Richtersberg kamp was daar gedeeltes van die pad wat sleg uitgery was deur die myntrokke. Sinkplaatpad ry was daar genoeg. By Richtersberg aangekom het ons eers gaan soek na al die kampplekke wat aabgedui word op die brosjures. Weet nie so mooi nie, lyk of daat n vloed was wat alles weggespoel het. Maar, die plek het my gunsteling geword onder die drie kampe. Ablusie geriewe n bietjie vêr as die nood hoog is maar ek sal sekerlik weer teruggaan en daar bly vir so drie of vier dae.
DSC_2552.JPG
DSC_2552.JPG (205.63 KiB) Viewed 5180 times
DSC_2553.JPG
DSC_2553.JPG (174.58 KiB) Viewed 5180 times
DSC_2564.JPG
DSC_2564.JPG (168.64 KiB) Viewed 5180 times
DSC_2565.JPG
DSC_2565.JPG (165.28 KiB) Viewed 5180 times
DSC_2574.JPG
DSC_2574.JPG (138.47 KiB) Viewed 5180 times
DSC_2583.JPG
DSC_2583.JPG (174.45 KiB) Viewed 5180 times
DSC_2605.JPG
DSC_2605.JPG (100.85 KiB) Viewed 5180 times
DSC_2614.JPG
DSC_2614.JPG (179.19 KiB) Viewed 5180 times
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Met die Richtersveld agter die rug het ons een aand oorgebly in Mcdouglesbaai. Die volgende oggend is ons Kleinsee toe en het ons gids by Hek 4 ontmoet. Dudley Wessels hulle bestuur die konsessie tussen Kleinsee en Koingnaas waar hulle die skeepswrak roete en die duine roete aanbied. Ons het bespreek vir die Skeepswrak roete. Ongelukkig het die Suidooster nou al vir n paar dae die weer omgekrap en was dit baie mistig en koud gewees. Ons het die hele dag nie son gesien nie. Maar dit was steeds die moeite werd. Dudley se kennis van die area se plantegroei is uitstekend en leer mens baie van so n persoon af. Die roete het so drie areas wat dikkerige sand is en nou ja as jy genoeg afblaas nie sit jy, maar gelukkig is dit net van korte duur gewees. Afgeblaas en daarna geen probleme nie. Skeepswrakke soos die Arosa, Piratiny en die Border lê almal hier teen die kort stukkie kus. Ons was ook by die Kliphuis en die putte. Ook hier was Dudley se kennis van groot waarde gewees.
DSC_2623.JPG
DSC_2623.JPG (122.44 KiB) Viewed 5176 times
DSC_2639.JPG
DSC_2639.JPG (134.7 KiB) Viewed 5176 times
DSC_2642.JPG
DSC_2642.JPG (116.62 KiB) Viewed 5176 times
DSC_2657.JPG
DSC_2657.JPG (149.51 KiB) Viewed 5176 times
DSC_2684.JPG
DSC_2684.JPG (115.95 KiB) Viewed 5176 times
DSC_2695.JPG
DSC_2695.JPG (132.42 KiB) Viewed 5176 times
DSC_2706.JPG
DSC_2706.JPG (167.37 KiB) Viewed 5176 times
DSC_2742.JPG
DSC_2742.JPG (129.23 KiB) Viewed 5176 times
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Nog fodies.
DSC_2716.JPG
DSC_2716.JPG (151.62 KiB) Viewed 5175 times
DSC_2720.JPG
DSC_2720.JPG (137.95 KiB) Viewed 5175 times
DSC_2728.JPG
DSC_2728.JPG (157.51 KiB) Viewed 5175 times
DSC_2746.JPG
DSC_2746.JPG (179.66 KiB) Viewed 5175 times
DSC_2763.JPG
DSC_2763.JPG (141.54 KiB) Viewed 5175 times
DSC_2776.JPG
DSC_2776.JPG (131.46 KiB) Viewed 5175 times
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Daardie middag het ons kamp opgeslaan in die Koingnaas karavaanpark. Ons het beplan om twee nagte daar oor te slaap maar die koue het ons gejaag. Dit was sweetpakke en baadjies wat uitgehaal moes word. Gelukkig het ons redelike warm baadjies gekoop in Luderitz wat nou baie handig was. Redelik vroeg was ons in die kooi en het besluit om die volgende oggend n draai by Noup vissers huisies en Hondeklip baai te maak om die laaste van die skeepswrakke te gaan opsoek. As ons dit geweet het kon ons net vir Dudley gebel het en die aand is die huisies oorgebly het, volgende keer sal mens weet. Intussen het Marina vir ons die gastehuis op Springbok gebel en nog n aand daar plek gekry. Op hondeklip baai het ons by die Skulpieskraal restaurant gaan eet. Die eienaars Louwrens en Annemarie is ook oud Sasolburgers en mens kuier altyd baie lekker by hulle. Nadat ons die skeepswrakke die Jaheel en die Arosa besoek het, het ons ook by die halwe hond van dit wat oor is van die klip waarna die baai vernoem is n draai gaan maak. Vandaar is ons oppad Springbok toe oor die Wildeperdehoek pas wat deur Italianse gevangenis gebou was.
DSC_2792.JPG
DSC_2792.JPG (115.67 KiB) Viewed 5173 times
DSC_2794.JPG
DSC_2794.JPG (145.17 KiB) Viewed 5173 times
DSC_2798.JPG
DSC_2798.JPG (127.32 KiB) Viewed 5173 times
DSC_2817.JPG
DSC_2817.JPG (158.05 KiB) Viewed 5173 times
DSC_2849.JPG
DSC_2849.JPG (188.2 KiB) Viewed 5173 times
DSC_7843.JPG
DSC_7843.JPG (120.47 KiB) Viewed 5173 times
DSC_2877.JPG
DSC_2877.JPG (149.35 KiB) Viewed 5173 times
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Nog fodies van Hondeklip baai.
DSC_2882.JPG
DSC_2882.JPG (135.39 KiB) Viewed 5172 times
DSC_2895.JPG
DSC_2895.JPG (149.47 KiB) Viewed 5172 times
DSC_2904.JPG
DSC_2904.JPG (147.83 KiB) Viewed 5172 times
DSC_2907.JPG
DSC_2907.JPG (142.97 KiB) Viewed 5172 times
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Oor die Wildeperdehoek pas Springbok toe..ingeboek by die Cat Nap gastehuis. Eienaar van die gastehuis is Rey Janse van Rensburg. Jy kan sien die man het al baie dele van Afrika gesien. Al die foto's in die gastehuis spreek boekdele. Ons was ook bevoorreg om die man self te ontmoet en te hom gou te laat staan vir n kiekie. Wens ons kon meer tyd saam met hom spandeer, maar hy's n besige man.
Vanaf Springbok het ons eers n draai gaan maak by Augrabies en is toe deur die Vredesvallei na Riemvasmaak waar ons in die droe rivierloop gaan kamp het. Dis was teleurstellend gewees om te sien dat al die pienk, blou en pers klippe wat nog n jaar terug nog so volop was geen teken van is nie. Nie die oorblyfsels in areas waar jy kan sien waar die klippe verwerk. Tekens van onverantwoordelike 4x4 bestuurders kan by verskeie plekke gesien word waar hulle iemand probeer beindruk het en eintlik gatte van hulself gemaak het. Die spore sal vir jare nog daar sit en al ons 4x4 eienaars sal natuurlik geblameer word vir een of twee breinlose idiote.
Die rivierloop by die bron waar daar gekamp moet word is so te sê toegegroei en is daar in werklikheid nou net twee areas oop. As hulle wil hê die publiek moet hulle ondersteun sal hulle die plek beter moet opknap. Ons het die aand lokale besoekers gehad wat in die baddens baljaar het to laat nag. Die een probeer harder as die ander om bobejaan geluide na te maak.....nou ja dit sê alles.
Anyway, ons het lekker gebraai en die nag baie warm gekry. Die volgende oggend was ons oppad Upington toe waar ons vir die laaste aand weer in Libby's Lodge tuisgegaan het. Maar eers moes ons n draai by die Pienk padstal maak en kan duidelik sien waar baie van die klippe wat by Riemvasmaak uitgehaal word heengaan.
Vanaf Upington was dit reguit Sasolburg toe. Die SFA moes ongelukkig vanaf Kimberley gesleep word tot in Sasolburg weens die ratkas wat gebreek het. :surrender: ai en het die BT50 dit nie gelaaik nie.
DSC_2911.JPG
DSC_2911.JPG (112.98 KiB) Viewed 5170 times
DSC_2914.JPG
DSC_2914.JPG (137.88 KiB) Viewed 5170 times
DSC_2917.JPG
DSC_2917.JPG (130.98 KiB) Viewed 5170 times
DSC_0010 (2).JPG
DSC_0010 (2).JPG (153.75 KiB) Viewed 5170 times
DSC_0049 (2).JPG
DSC_0049 (2).JPG (116.4 KiB) Viewed 5170 times
DSC_2950.JPG
DSC_2950.JPG (162.68 KiB) Viewed 5170 times
DSC_2948.JPG
DSC_2948.JPG (168.06 KiB) Viewed 5170 times
DSC_2974.JPG
DSC_2974.JPG (172.42 KiB) Viewed 5170 times
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Nog Fodies.
DSC_2985.JPG
DSC_2985.JPG (166.64 KiB) Viewed 5169 times
DSC_3023.JPG
DSC_3023.JPG (192.05 KiB) Viewed 5169 times
DSC_8072.JPG
DSC_8072.JPG (119.28 KiB) Viewed 5169 times
DSC_8057.JPG
DSC_8057.JPG (154.3 KiB) Viewed 5169 times
DSC_8062.JPG
DSC_8062.JPG (145.49 KiB) Viewed 5169 times
DSC_3039.JPG
DSC_3039.JPG (212.95 KiB) Viewed 5169 times
DSC_3094.JPG
DSC_3094.JPG (150.75 KiB) Viewed 5169 times
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Daar is al baie gepraat en geskryf oor wie jou kampmaats moet wees en al wat ek kan sê van ons trippie.....dit was great in alle opsigte. Sal ons weer saam toer...verseker ja en sommer vinnig ook. Die laaisisteem wat Pieter in die BT-50 ingebou het was puik. Die Luxy moet agter nuwe binnegoed kry. Die krat sisteem werk maar is n beslommernis en mamma gaan haarself seermaak. Die C-Tek met al sy byvoeginkies werk puik. Thanks Pieter vir die modifikasie. Ek lê in die kooi en kan my buite ligte aan en af sit. Die afstand beheer wat ek by 4x4Direct gekoop het werk goed met die LED ligte. Sonpanele moet nog net heeltemal uitgesort word vir die BT-50 om daai hupstoot te gee vir die battery.

Statistieke

BT-50

Km gery - 4851Km. Gemiddelde brandstof verbruik - 8.1Km/L

SFA (3.4L V6)

Gemiddelde brandstof verbruik - 4.2 Km/L
DSC_6252.JPG
DSC_6252.JPG (109.27 KiB) Viewed 5167 times
Ja boete.. jy met jou Toyota het my uitgesleep....maar ek het jou ingesleep HaHaHa
Ja boete.. jy met jou Toyota het my uitgesleep....maar ek het jou ingesleep HaHaHa
DSC_3095.JPG (111.96 KiB) Viewed 5167 times
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Haboob »

Baie Dankie vir die interesante TR. Baie goed gedoen en aangenaam om te lees...
Image
HABOOB means "Dust Storm"
Basjan14
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 42
Joined: Tue Mar 15, 2011 11:13 am
Town: Pretoria
Vehicle: Hilux Surf KZTE 4x4, Land Cruiser 120 VX D4D
Real Name: Tjaart
Club VHF Licence: Basjan14
Location: Pretoria

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Basjan14 »

Dit lyk awesome! Laat my sleg voel dat ek nog nie my trip report op gesit het nie. Ons het min of meer dieselfde roete gery in April maar was van die brawe siele wat gekamp het op Luderitz. Ek sien 'n hilux en 'n tou loop soos boude want ons is altyd reg om bietjie te sleep... Ek het darem nie daai petrol verbruik gekry nie, ek het hie by 8km/l rond gehang. Sal so gou moontlik my verslag lewer. Ons het nie Kleinsee toe gegaan nie, nogals spyt maar nou weet ek waar ek ook wil omgaan op my volgende trip.
User avatar
WayneSchalk
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2139
Joined: Mon Feb 09, 2009 10:22 am
Town: Krugersdorp
Vehicle: 2019 Toyota Hilux 2.8 GD-6 4X4 DC Auto
Real Name: Wayne
Club VHF Licence: X117

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by WayneSchalk »

Dit is bakgat :thumbup: Baie mooi foto's :thumbup: :thumbup: :thumbup:
Leeuplesier

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by Leeuplesier »

Baie dankie, moet sê dit was tot sover een van ons lekkerste trips gewees. Ons was werklik baie gelukkig gewees om goeie weer in die Richtersveld te kry, nie te warm nie en glo my daar was nie een miggie wat gepla het nie. Net jammer my trok het my die keer so baie drama gegee, maar ek hoop dit kan alles uitgesor wees teen Oktober. Ek is klaar besig om weer deur al die Botswana trip reports te werk. As alles goed verloop wil ons Mei volgende jaar neus in daardie rigting stuur.
ROOFER
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1007
Joined: Sun May 23, 2010 10:03 pm
Town: grassy park cape town
Vehicle: 99 s/c hilux 4x4 2.7i long range tank & dual battery; 2003 nissan x-TRAIL (4X4)
Real Name: charl

Re: Suid Namibia, Richtersveld en Weskus Maart 1-21Maart 201

Post by ROOFER »

Dankie dit was baie lekker om so saam te ry :thumbup: :thumbup: baie lekker trip report :!:
Post Reply

Return to “Trip Reports”