Valse illusie

Tell us about your recent trip. Please add some photographs.
Post Reply
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Valse illusie

Post by Dowe Koos »

Toe ek besluit het om in die Richtersveld vakansie te gaan hou, was daar net een ding in my kop. Richtersveld pak jy nie onvoorbereid aan nie, 4x4 is 'n moet, kan nie alleen ry nie, onherbergsaam, ensovoort, ensovoort. Wat gebeur toe, ek begin met mense gesels, koop boeke en sluit aan by forums om inligting te kry oor die berugte Richtersveld.
Stap een: kry my bakkie reg - volledige diens - eerste keer in vier jaar.
Stap twee: Kry die herwining toerusting bymekaar - paar duisend rand later.
Stap drie: kry water kanne vir baie water - klompie honderd rand later.
Stap vier: kry 'n dual battery stelsel met allerhande goed by - klompie honderd rand later.
Stap vyf: kry kampgoed reg.
Stap ses: genoeg kos - nie 'n probleem nie, mens moet eet.
Laaste stap: bestudeer die roete dat ek naderhand met toe oë die hele roete sal kan ry.

Nou is ek reg vir die Richtersveld. Twee dae later is ons by die park nadat ons deur Vioolsdrift, Helskloofpas en Eksteenfontein is. Lekker en maklike pad. Drie dae later is ons by Helskloof hek uit. Ook lekker en maklike pad. Daarna is ons Alexanderbaai toe om die Oranje rivier mond te gaan sien en daarna Port Nolloth toe. Toe ons by Port Nolloth kom, net daar kry ek die gier, wil nie meer verder vakansie hou nie, nou wil ek huistoe gaan. Vroulief kon nie verstaan nie. Twee dae later kom by die huis aan, moeg en seer lyf maar veilig. Dank aan die HERE daarvoor.

Nadenke oor Richtresveld, hoekom wou ek net huistoe gaan.
• Die media is die grootste sondebok - die rubriek skrywers moet die plekke baie aantreklik maak vir die dom lesers met al sy gevare en probleme. Advertensies met al die gadgets wat jy moet hê om hierdie gevare te kan trotseer en die probleme te kan oorkom. Groot geldmaak storie. (al hierdie gadgets is seker maar vir ouens wat nie weet hoe om 2x4 te ry nie)
• Die sogenaamde 4x4 kenners wat boeke en videos versprei met hulle kennis oor 4x4, wonder of hulle sou regkom sonder al die gadgets wat hulle saamry om hulle te help. Thys, jy is nie een van hulle nie. Jy deel jou kennis en raad gratis uit. Dankie ook aan Mac wat eerlik was oor Richtersveld.
• Nuwe 4x4 eienaars wat nog nooit ernstige 4x4 roete gery het, pak dan sulke roete aan en vertel dan stories oor hoe verskriklik en erg dit was.
• Nog nie eenkeer op alle terreine 4x4 gery nie, kon net sowel vir sewe dae by De Wild uitkamp en daar vir sewe dae 4x4 en 2x4 rondry, sou my goedkoper gekos het. Die locals het in hulle gewone bakkies daar by ons verby gejaag asof hulle op die nasionale pad is. Dit het my heeltemal afgesit nadat ek onder die indruk was dat dit onherbergsaam is.

Goeie punte van Richtersveld.
• Die weer was aangenaam, so gemiddeld 35 grade en dit was baie winderig, dus was ons koel gewaai. ( toe ons deurry na en terug van Upington was dit onhebbelik warm - 46 grade)
• Behalwe die een dagbesoekers (een voertuig) en die locals was ons die enigste mense in die park. (daar mag mense gewees het voor ons of na ons)
• Dit is 'n ander wêreld, laat my terug verlang na Suidwes, Botswana en Mosambiek se paaie.
• Het nie GPS gehad nie, net die kaart en die bakens om ons is gebruik. 'n Tegniek wat besig is om verlore te gaan.

Vir die ouens wat vrae gehad het oor Dunlop SP Trackgrip. Op teer paaie was band druk 2.5 bar teen gemiddeld van 130 km per uur. Tussen Vioolsdrif en Alexanderbaai op alle soorte terrein was band druk 1.45 bar met spoed tussen 40 en 80 km per uur. Op die Alexanderbaai pad was die gemiddelde spoed 100km per uur. Ek was altyd 'n Dunlop man en na hierdie trip nog steeds 'n Dunlop man. Twee spaarwiele was nie gebruik nie.

Brandstof gebruik
Bakkie was leeg in Pretoria toe ek dit volmaak met SASOL, beide die gewone tenk en die long range. Tot by Upington was die verbruik 7,7km / liter. Volgemaak met Caltex ( mix van SASOL en Caltex) - tot by Springbok was die verbruik 6,6km / liter. Weer volgemaak met Shell plus die twee jerry kanne. Oor Steinkop,Vioolsdrift, Eksteenfontein, Sendelingdrif, Potjiepram, de Hoop, Kokerboomkloof, Helskloof hek, alexanderbaai, Port nolloth, Steinkop terug na Springbok was brandstof verbruik 6.6km / liter.

Pad vorentoe.
Gaan van nou af al my trips beplan op die ou manier sonder al die fancy gadgets, "soos in die ou dae." Ek het met hoë verwagtinge na die Richtersveld gegaan en was teleurgesteld huistoe. Sal nie weer gebeur nie.
DSC01308.gif
DSC01308.gif (221.69 KiB) Viewed 4342 times
DSC01287.gif
DSC01287.gif (222.85 KiB) Viewed 4342 times
DSC01277.gif
DSC01277.gif (222.91 KiB) Viewed 4342 times
DSC01272.gif
DSC01272.gif (223 KiB) Viewed 4342 times
DSC01147.gif
DSC01147.gif (23.92 KiB) Viewed 4342 times
DSC01078.gif
DSC01078.gif (223.01 KiB) Viewed 4342 times
DSC01064.gif
DSC01064.gif (222.93 KiB) Viewed 4342 times
DSC01058.gif
DSC01058.gif (222.99 KiB) Viewed 4342 times
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
Jacques T
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 89
Joined: Sun Sep 18, 2011 4:29 pm
Town: Centurion
Vehicle: SFA Hilux
Real Name: Jacques

Re: Valse illusie

Post by Jacques T »

Interessant.
Dankie!
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Valse illusie

Post by ChrisF »

Hennie jy laat my nou dink aan fotos van Sossosvlei in Namibie.

Iets asemrowends !!


Dan kom jy daar aan en dit IS mooi, maar nie naastenby soos die fotos nie .... jy vra rond en kry net die dowe oe wat terugstaar - DIT is mos hoe die vlei lyk, waarvan praat jy ?

Kom by die huis en kyk weer na "anner manne" se fotos, en wratag dis net soveel mooier as wat jy daar gesien het ....


En toe kom daar mos n omie na die fotografie klub en wys van sy MOOI fotos .... maar WAG so bietjie nou praat hy van sonop OP die duine wees - met vrae tyd vra ek toe hoe kry hy dit reg om "met sonop" daar te wees? Eers probeer hy my vraag ontwyk, maar nog iemand vra ook so .... so kom dit uit dat van die manne "buite die reels" gaan om die beste fotos te kry. En so word die storie geleidelik verdraai ... tot dit wat jy sien nie meer is wat in die brosjures is nie ....
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Valse illusie

Post by Dowe Koos »

Dankie Jacques en Chris vir julle reply.
Het met klomp vriende en mense gepraat. Hulle is almal eens dat dit wat hulle in die tydskrifte sien en self daar is, is nie die seldfe goed nie. Meeste van hulle voel ook dat al die 4x4 en vakansie tydskrifte nie eerlik is nie in dit wat hulle skryf nie. Maar soos ek gese het niks meer van hierdie in my volgende trip nie.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Toppie4x4
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 836
Joined: Sat Apr 06, 2013 3:38 pm
Town: Centurion
Vehicle: Hilux 4.0 V6 DC 4x4
Real Name: Andre

Re: Valse illusie

Post by Toppie4x4 »

Shoe dit laat mens wonder ne!! :roll: :roll:
User avatar
Hangover
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1374
Joined: Thu Sep 29, 2011 9:55 am
Town: Deneysville
Vehicle: '76 FJ45 , '13 3.0 D4D Hilux
Real Name: Stef

Re: Valse illusie

Post by Hangover »

Ek het ook altyd gewonder of al die verskriklike roetes so erg is soos hulle dit voorgee in media... Sover weet ek van 2 roetes wat as "gevaarlik" beskou kan word in my oe... Die een meer as die ander met die doodsakker (daar moet net deeglik belplan word en timing is baie belangrik) in eerste plek en bobbejaanspas tweede (Pad bou tot bo en jys fine)
Hangover(A.K.A die speelding)
1976 FJ45 4x4
1UZ-FE 4.0vvti
2" OME Suspension lift
1.5" Shackle lift
35" Geo MT's
Custom Bullbar
Lockright Locked rear
York OBA
20" LED bar
Nighthawk 100W spots

Dakar
2013 3.0D-4D 4x4 Hilux Dakar
User avatar
Jaans
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 504
Joined: Sun Nov 21, 2010 4:39 pm
Town: Benoni
Vehicle: 2005 4L V6 DC Hilux; Pajero Sport 2.5 4x4 M/T
Real Name: Johannes

Re: Valse illusie

Post by Jaans »

Hi Hennie

Ek stem saam dat mense roetes en plekke verskillend ervaar. Vir die een is dit moeilik en vir die ander een is dit maklik. Wat ook waar is is dat plekke verander van seisoen en van dag tot dag. Ek het dit ook gesien in Botswana waar ons die vakansie was. Die eendag ry jy n pad met geen probleem nie en die volgende dag moet jy omdraai want die rivier is te diep.

Dit hang ook af watter roete jy vat. Jy kan baie keer n maklike of moeilike roete na dieselfde kamp plek vat. Toe ons in Namibia was by Epupa valle het ons al langs die rivier soontoe gery en dit was 4x4 pad, toe ons by die kamp kom was daar gewone karre in die kampplek en jy kan ook tot daar ry met n mooi grondpad.

So my punt is, mense wat die artikels skryf weet nie hoe die pad gaan lyk of watter roete jy gaan vat nie. Om die rede dink ek maak hulle seker jy is reg vir die ergste, as wat hulle se jy kan ry met jou sedan en jy val vas en sit daar vir drie dae tot iemand daar verbykom om jou te help.

Dit is ook so dat die mense wat fotos neem vir kampplekke baie goeie rekenaarprogramme het want ons het baie keer geskok by n plek gestaan as jy dit wat jy sien probeer vereenselwig met dit wat jy op die plek se webtuiste gesien het.
1 Kor 1:18 " Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Valse illusie

Post by ChrisF »

Hennie my buurman versamel WegRy, en beplan hul vakansies uit die artikels.

Einde September is ons saam na Gifberg. Die artikel, met n oorvloed fotos, praat van die 4x4 roete na n kamp plek langs die rivier. Die roete ward beskryf as n "maklike graad 3".


daar was so 3 of 4 plekke waar ons moes MOOI kyk vir die beste lyn !! en met die laaste hindernis voor ons by die rivier stop misgis my buurman hom met die lyn - lelike skade aan die Prado se running bord !! Kind huil, ma se lip hang .....

En daar HANG die Prado in die lig ... kos my hom na agter uitsleep. Wat my vies maak is dat volgens daai artikel sou mens die roete alleen kon aanpak.


ek glo toe maar dis erosie slote en was seker beter toe die artikel geskryf is.

Maar NEE, later hoor ek by n ander vriend hy het sy Hilux se spaar wiel AF GESTAMP op van daai hindernisse !! Selfde tyd as toe die artikel geskryf is ....


Sal ek weer gaan - JA, beslis JA.

Mar nou WEET ons wat vir ons wag. En die absolute natuurskoon onder by die rivier maak dit oor en oor die moeite werd. Tipe plek waar mens n paar dae kan afskakel.
User avatar
Hilux 1
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4125
Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
Real Name: Tertius
Club VHF Licence: HC137

Re: Valse illusie

Post by Hilux 1 »

moet eerlik wees, dit is net n ander tipe wereld daai en elkeen ervaar dit mos maar anders want almal is anders. Ons het dit terdee geniet toe onsdaar deur was in Julie 2014.

Maar soos ek se dis mos anders vir elkeen. Moet ook net bylas, my trip was nie deur n boek gedoen nie. maar wel deur Google earth en T4A
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Valse illusie

Post by Dowe Koos »

Dankie vir almal se insette. Intersante stellings en punte wat uitkom wat mens laat besef hoe elkeen dit sien en beleef. Baie jare terug beplan ek 'n Suidwes toer waarvan Skedelkus Park deel was van die toer. By Swakop het ek ekstra 200 liter petrol op die dak gehad en by Myl 108 ekstra 200 liter water vir die Skedelkus Park. Daai jare was daar nie internet, boeke en tydskrifte nie. Ek het maar gereken dit is wat ek nodig gehad het. Die volgende oggend by Terrace baai, staan ek eerste op en dog toe ek gaan die mense veras met koffie. Wat kry ek toe, net 25 liter water, die res is weg. Daar haak my kop uit en ek skree die mense wakker. Wat toe gebeur het is dat twee vrouens het vuil gevoel en wou bad, daar gebruik hulle toe 175 liter water om bad. Ek moes daar maar inland toe gaan en kon nie die res van die Park sien nie.
Wat ek probeer sê is, dat ek het beplan vir die ergste en dit het geboomerang omdat daar nie water is nie. Ek het ook drie wiele opgery, twee spaarwiele gehad. So mens moet altyd beplan vir die ergste, maar dit is die illusie wat geskep word wat my die bliksem inmaak.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Valse illusie

Post by ChrisF »

Luderitz


en meeste mense dink aan tente wat wegwaai ....

My ouers het vir jare in Luderitz gewoon, en ek is daar gemaak, maar hier in die Kaap afgelaai. So het ons BAIE stories gehoor van luderitz by ons ouers, al die mooi herinneringe ....


Na my ouers se afsterwe het ek vir die eerste keer soontoe gegaan. Drie dae van PERFEKTE weer !! Die mooiste fotos daar geneem. die pragtigste dorp.


te bang om ooit weer soontoe te gaan - will nooit daai illusie laat weg waai nie .... :)
User avatar
Rebel 4x4
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1655
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:28 pm
Town: Port Elizabeth
Vehicle: 2020 Toyota Fortuner GD-6 4x4 Auto
Real Name: Thomas
Location: Port Elizabeth

Re: Valse illusie

Post by Rebel 4x4 »

Is die media nie die leisure 4x4 vroumense nie? :mrgreen:
Sent from my iPhone
Image
Image
User avatar
batavia
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 61
Joined: Fri May 09, 2008 9:53 am
Town: Mossel Bay
Vehicle: Toyota
Real Name: Christo

Re: Valse illusie

Post by batavia »

Hennie
Ek is jammer om te hoor dat die Richtersveld jou soveel ongelukkigheid gegee het.
Vir iemand wat die afgelope tien jaar baie staatgemaak het op die inligting wat op die forum gegee word, vind ek die meeste van jou kommentaar moeilik om te sluk.
Sê jy ons kan die Sanparke deel van die Richtersveld maar sonder 'n 4x4 aanpak.
Hoef ons nie die nodige ekstra water saam te neem soos die kenners aanbeveel nie.
Die pad is lekker en maklik.
Gps is nie nodig om my koordinate deur te bel met satelietfoon indien ek probleme optel. Onthou ek is net een voertuig.
Daar is heelwat voertuie om my te help indien ek probleme optel.
Ek gaan die Richtersveld Julie besoek vir vyf dae.
So op ñ ligter noot: my sidekick wat saamry sê sy klap my hard as ek so knormoer gooi en sommer huis toe ry as alles nie is soos ek verwag nie.

Christo
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Valse illusie

Post by Dowe Koos »

Hallo Christo
Soos ek al in my ander post gesê het, ek ry al dertig jaar 4x4. My uitsluitlike rede hoekom ek 4x4 het is om na plekke te gaan waar gewone kar nie gaan nie. Ook, soos ek genoem het hoe die locals by my verby jaag in die park 3 keer by verskillende plekke. Die pad tussen Eksteenfontein en Sendelingdrif - die eerste helfte is die ergste van die hele trip van ses dae. Ek het 2 x 25 liter kan gehad wat ek nie eenkeer gebruik het nie. Dan het ek 48 500ml bottels water gehad en die meeste wat ons daarvan gedrink het was tussen Olifantshoek deur Upington na Kakamas 46 grade - soontoe en terug. Verder al ons water benodighede het ons by die kampe gekry. Ek het videos geneem van die hele trip, oor 40 gig wat ek toe ge-edit het en verklein na net oor 1 gig. Gee kans, dan sal ek dit op Youtube sit en jou laat weet. Ja, die paaie is so maklik, ek sal met 'n 1400 bakkie die plek kafdraf. Net ek en my vrou met een bakkie sonder probleme. Eers wou ek net een dag gaan, maar later besluit ek op twee dae en dit word toe drie dae. My eerlike opinie is, langer as drie dae, gaan jy by elke kamp vroeg aankom en vir die res van die dag sit en niks doen. Ek het 'n goeie vrou, sy sal my nie klap nie.
:laugh2:
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Valse illusie

Post by ThysdJ »

Ja ek weet nou nie mooi wat om te se nie.. Dankie dat jy my nie insluit by die verspreiders van vals inligting nie... Ek is jammer as die Richtersveld nie aan jou verwagtinge voldoen het nie en dat jy teleurgesteld huis toe gekeer het Hennie.

Hierdie het met ons ook al gebeur, waar ons plekke besoek het wat aan ons voorgehou is as "fantasties en sonder weerga" wat op die ou einde maar redelik oninteressant en glad nie sielsberoerend was nie. Ons probeer nietemin maar altyd die beste van die saak maak om sover as moontlik ons trippie te geniet al is dit deur net die rustigheid en die natuurskoon in te neem. Gewoonlik dan op pad huis toe wanneer ons tyd het om behoorlik nabetragting te doen sou ons dan besluit om nie weer in daardie spesifieke rigting te reis nie, of om volgende keer 'n ander roete te volg...

Maar helaas, elkeen hou op sy eie manier vakansie, en daaroor gaan ons nie met mekaar stry nie... Die media doen maar wat die media veronderstel is om te doen... plak mooi prentjies van mooi plekkies en skryf mooi storietjies... Dien hier en daar as inspirasie, en bron van bestemmingsinligting, maar by ons is hulle nie die skepper van verwagtinge nie...

Se eers gou, wat krap nou eintlik Hennie? Die feit dat die Richtersveld se paaie nie rof genoeg was na jou sin nie? Of die feit dat jy voorberei het vir iets baie ergers as wat jy toe uiteindelik ervaar het? Of dat jy voorsorg getref het met klomp water en toe net helfte daarvan gebruik het? Of dat jou ekstra spaarwiel ongebruik huistoe gekom het?

Maar belangriker as dit.. hoe het daai kwaai swing-arm toe gewerk?? :twisted: :twisted:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Valse illusie

Post by Haboob »

Welcome Hennie; Enjoy the trip and the forum...
December is normally hot there so take plenty water to drink and have an extra spare wheel, as the road there can always claim a tyre...

Hallo Hennie,
I have been to the Richtersveldt on three previous occasions and also cruised around there in two wheel drive without doing the route between the two camps on the River...
This is not because I only travel on good gravel roads, but do not take chances where I do not need to. Yes I have done the section along the Kunene, van Zyls Pass and the Naukluft 4X4 Route as well as many river beds in Namibia and large sections of Botswana and Zimbabwe. I have done a lot of these places Solo with the little lady.
I also lost a tyre, like many others on the road to/out the Richtersveldt, but not in the Park. Many people have had two or more tyres lost on a trip. It only costs you once to prepare properly for most situations. Take the kit that you need, don’t take what everyone else takes. People are buying trailers/showers/hot water systems and after a trip or two sell them, as they see that they don’t use them. Go on trips and look at what is on the market and buy what you will need. Remember that the heavier you are loaded the more likely you are to get break downs.
I was there on my own as well, but being alone and far from HELP, tend to be more careful where I can help it...
I am sorry to hear that you feel unhappy about the information that you received from Forum/Club Members with a few exceptions...
I informed you to take sufficient water with you as people I know had a vehicle break down in the Richtersveldt and were not well kitted out. They had little spare water and were forced to walk out of their situation, for help. 48 x 500ml water does seem a bit excessive though, where a 20-25 L plastic container could have served you just as well for the three days you spent in the Richtersveldt. We also travel with a few cases of beer as well as a couple of 2L cool drinks for mix.
When I travel I normally take in the region of 50L of water, which is used for washing, drinking & cooking. This is only used where necessary as many/most places have potable water for human consumption. Where only grey water is available we will use it for washing and then draw from our reserves...
You as an old hand at 4X4 Driving, Over landing and Camping, you must make your own decisions as to how much water you will require in a day, week or three week holiday. What may be overkill in the perfect situation may be a lot different if you are camped out in the flats, waiting for help in high temperatures, with no water or shade and a long way away from help. You know how much water you consume in a day. Take a bit extra for emergencies.
I will be going to Namibia in June, 2015, where I will be driving River Beds and back roads that I find on a Tracks4africa map that I purchased. These are mostly off the normal tourist routes and are mostly places that I have not been to, so are completely unknown to me. I drive the roads that I encounter as these are the only roads there. Where there are no campsites in the vicinity I bush camp. I try and be as careful as possible, but realise that anything can happen. I have only recently purchased a GPS unit which I cannot even use (SWAMBO is learning to use it), as I have on all my previous trips used paper maps and common sense. We often travel alone when we do not have travel companions.
If you want a copy of my Trip Planner, I will gladly e-mail it to you if you send me your e-mail address, which you can use at your convenience.
Again I want to apologise for giving you the wrong information.
Edge (Haboob).
Image
HABOOB means "Dust Storm"
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Valse illusie

Post by Dowe Koos »

Dankie Thys en Edge
Soos ek in die vorige post gesê het, ek wil gaan waar gewone karre nie kan kom nie. Dit beteken dat daar nie oorbevolking is van mense met hulle karavane en die hele huisraad wat daarmee saamgaan. Ek gaan altyd met minimum in die veld met die idieë van die rustigheid van die natuur en om weer 'n mens te word en dan ook nader aan GOD te kom. So, as ek na plekke wil gaan en dit benodig 4x4, hoe beter vir my. As daar uitdaging voorlê, hoe beter. Dis jy en jou voertuig teen die natuur. Dis die uitdaging in die natuur wat wys hoe nietig is 'n mens is en daardeur kom jy nader aan GOD. Al die ekstra goed wat ek saamgery het was nodig gewees, sou mens probleme optel. Wat ek vergeet het om in my eerste post by te sit, was dat my vroutjie het van De Hoop na Kokerboomkloof gery sonder enige probleme - 2x4.
Soos jy kan sien op die foto dat ek straps gebruik het, het gemaak dat daar geen vibrasie was nie. Daar was geen probleme gewees met die carrier, danksy aan jou raad, Thys. Sal dit defnitief weer gebruik, gaan dit net verbeter.
Ja Edge, ek stem 100% saam met jou, mens moenie onnodige kanse vat nie. Dis hoekom ek so baie navrae gedoen het, om te verseker dat sou ek probleme optel, ek iets daaraan kan doen. Meeste van die inligting op hierdie forum was redelik van pas gewees. Miskien net een of twee post was overkill. Dis hoofsaaklik paar boeke met en een wat baie bekend is met 4x4 wat my afgesit het. Ek besluit nog waar ek wil gaan hierdie jaar in die Julie vakansie. Hiers my email adres, hennie@signgenius.com
Geen kwade gevoelens met enig iemand op die forum.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Hangover
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1374
Joined: Thu Sep 29, 2011 9:55 am
Town: Deneysville
Vehicle: '76 FJ45 , '13 3.0 D4D Hilux
Real Name: Stef

Re: Valse illusie

Post by Hangover »

Dowe Koos wrote:Dankie vir almal se insette. Intersante stellings en punte wat uitkom wat mens laat besef hoe elkeen dit sien en beleef. Baie jare terug beplan ek 'n Suidwes toer waarvan Skedelkus Park deel was van die toer. By Swakop het ek ekstra 200 liter petrol op die dak gehad en by Myl 108 ekstra 200 liter water vir die Skedelkus Park. Daai jare was daar nie internet, boeke en tydskrifte nie. Ek het maar gereken dit is wat ek nodig gehad het. Die volgende oggend by Terrace baai, staan ek eerste op en dog toe ek gaan die mense veras met koffie. Wat kry ek toe, net 25 liter water, die res is weg. Daar haak my kop uit en ek skree die mense wakker. Wat toe gebeur het is dat twee vrouens het vuil gevoel en wou bad, daar gebruik hulle toe 175 liter water om bad. Ek moes daar maar inland toe gaan en kon nie die res van die Park sien nie.
Wat ek probeer sê is, dat ek het beplan vir die ergste en dit het geboomerang omdat daar nie water is nie. Ek het ook drie wiele opgery, twee spaarwiele gehad. So mens moet altyd beplan vir die ergste, maar dit is die illusie wat geskep word wat my die ******* inmaak.

Daai was seker baaaaiiee jare terug... Ek was die eerste keer saam my ouers soentoe 1996 en daar was genoeg water by terrace in die asbes huisies... Die water was wel gepomp uit daai stroom so hele paar km suid maar dit kon mens dam skoon kry... Ons het daarna vir 7 jaar tenminste een keer n jaar gegan en hope vis gevang. Daar het iets gebeur met die bestuur en met die 8ste jaar het ons as familie gegan en die eerste dag het my oom voedselvergiftiging gekry... Ek is nie presies seker of dit met delwery(dis mos hoe terrace onstaan het) of met die trollers te doen was dat die bestuur so verswak het nie maar nouja... Ek was nou 5 jaar laas daar en mis daai wereld erg baie en beplan definitief n trip soentoe die jaar met die petrol prys was so lekker val... Ons het ook n hele paar spaar wiele gebruik in daai grondpad wereld tot ons op n dag n oud vriend Daan Nel daar in langstrand gekry het... Hy was op daai stadium die eienaar van Daredevil Adventures en het gereeld Torra en Terrace toe gery om te vang veral as die kabeljoue geloop het... So vertel hy ons dat die skrapers die klippe skerp op die kors afsny en die enigste manier om te keer vir sidewall snye is blaas jou tyres as... So getry en van die skedelkus hek af blaas ons af na 1.5bar of laer en nog nooit weer n pap wiel gekry nie(hy reken n pap wiel vou om n skerp klip waar n stywe band nie mee gee nie en die teorie maak sin in abie maniere maar in ander ook nie)...
Hangover(A.K.A die speelding)
1976 FJ45 4x4
1UZ-FE 4.0vvti
2" OME Suspension lift
1.5" Shackle lift
35" Geo MT's
Custom Bullbar
Lockright Locked rear
York OBA
20" LED bar
Nighthawk 100W spots

Dakar
2013 3.0D-4D 4x4 Hilux Dakar
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Valse illusie

Post by Dowe Koos »

Hallo Stef
Daardie eerste helfte vanaf Eksteenfontein na Sendeligdrif was so 'n pad, baie los en skerp klippe - meer klippe as sand of grond. My bande was op 1.45 bar en geen probleme gehad.
As jy in Julie na Skedelkuspark gaan, laat weet my. Dan wil ek defnitief gaan as ons iets tussen ons kan reël.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
The Legend
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3558
Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
Town: Kempton Park
Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
Real Name: Dawie
Club VHF Licence: X93-

Re: Valse illusie

Post by The Legend »

Hangover wrote:
Dowe Koos wrote:Dankie vir almal se insette. Intersante stellings en punte wat uitkom wat mens laat besef hoe elkeen dit sien en beleef. Baie jare terug beplan ek 'n Suidwes toer waarvan Skedelkus Park deel was van die toer. By Swakop het ek ekstra 200 liter petrol op die dak gehad en by Myl 108 ekstra 200 liter water vir die Skedelkus Park. Daai jare was daar nie internet, boeke en tydskrifte nie. Ek het maar gereken dit is wat ek nodig gehad het. Die volgende oggend by Terrace baai, staan ek eerste op en dog toe ek gaan die mense veras met koffie. Wat kry ek toe, net 25 liter water, die res is weg. Daar haak my kop uit en ek skree die mense wakker. Wat toe gebeur het is dat twee vrouens het vuil gevoel en wou bad, daar gebruik hulle toe 175 liter water om bad. Ek moes daar maar inland toe gaan en kon nie die res van die Park sien nie.
Wat ek probeer sê is, dat ek het beplan vir die ergste en dit het geboomerang omdat daar nie water is nie. Ek het ook drie wiele opgery, twee spaarwiele gehad. So mens moet altyd beplan vir die ergste, maar dit is die illusie wat geskep word wat my die ******* inmaak.

Daai was seker baaaaiiee jare terug... Ek was die eerste keer saam my ouers soentoe 1996 en daar was genoeg water by terrace in die asbes huisies... Die water was wel gepomp uit daai stroom so hele paar km suid maar dit kon mens dam skoon kry... Ons het daarna vir 7 jaar tenminste een keer n jaar gegan en hope vis gevang. Daar het iets gebeur met die bestuur en met die 8ste jaar het ons as familie gegan en die eerste dag het my oom voedselvergiftiging gekry... Ek is nie presies seker of dit met delwery(dis mos hoe terrace onstaan het) of met die trollers te doen was dat die bestuur so verswak het nie maar nouja... Ek was nou 5 jaar laas daar en mis daai wereld erg baie en beplan definitief n trip soentoe die jaar met die petrol prys was so lekker val... Ons het ook n hele paar spaar wiele gebruik in daai grondpad wereld tot ons op n dag n oud vriend Daan Nel daar in langstrand gekry het... Hy was op daai stadium die eienaar van Daredevil Adventures en het gereeld Torra en Terrace toe gery om te vang veral as die kabeljoue geloop het... So vertel hy ons dat die skrapers die klippe skerp op die kors afsny en die enigste manier om te keer vir sidewall snye is blaas jou tyres as... So getry en van die skedelkus hek af blaas ons af na 1.5bar of laer en nog nooit weer n pap wiel gekry nie(hy reken n pap wiel vou om n skerp klip waar n stywe band nie mee gee nie en die teorie maak sin in abie maniere maar in ander ook nie)...
Hy s 100% reg.Ek het dit ook nog elke keer gedoen as daardie pad geskraap is.Hangover miskien moet onsen n paar ander saam n trippie beplan soontoe.
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”

“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
User avatar
swartvark
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2051
Joined: Mon Jan 11, 2010 2:03 pm
Town: Gordons Bay
Vehicle: SFA HiLEX V8; Suzuki GSF1200s Bandit
Real Name: Tiaan
Location: Western Cape

Re: Valse illusie

Post by swartvark »

Ons was in 2010 daar en het die natuurskoon en stilte baie geniet.
bakkie en boom.jpg
bakkie en boom.jpg (24.88 KiB) Viewed 4106 times
boom op koppie.jpg
boom op koppie.jpg (24.71 KiB) Viewed 4106 times
Hand of God.jpg
Hand of God.jpg (35.88 KiB) Viewed 4106 times
Klippe lyk soos ape op klip.jpg
Klippe lyk soos ape op klip.jpg (38.43 KiB) Viewed 4106 times
Kokerboomkloof kamp.jpg
Kokerboomkloof kamp.jpg (33.3 KiB) Viewed 4106 times
oggend.jpg
oggend.jpg (18.14 KiB) Viewed 4106 times
Uitkyk punt.jpg
Uitkyk punt.jpg (20.59 KiB) Viewed 4106 times
Image
MUD........GLORIOUS MUD!!!!!


Your friendly VW salesperson......(with a passion for SFA Hiluxes)

NEED A CAR?
talk2tiaan@gmail.com
0829294028
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Valse illusie

Post by Dowe Koos »

Ja Tiaan die uitkyk punt oor Springbokvlakts was vir my die mooiste deel wat ek in die park gesien het.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
FIRSTGEER
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1536
Joined: Thu Sep 30, 2010 6:00 am
Town: King WilliamsTown
Vehicle: 2,5 D4D Singlr Cab 4X4 Full OME suspension. snorkel.GMA aftermarket bullbar.
Real Name: Tony Geer
Club VHF Licence: HC 109

Re: Valse illusie

Post by FIRSTGEER »

:lol:
Image
Post Reply

Return to “Trip Reports”