Page 1 of 1

1400 km Richtersveld toer - Pella

Posted: Wed Jul 15, 2015 2:23 pm
by DeonV
Ek is nie 'n persoon wat goed is met storie vertel nie, wat ek wel vir enigiemand wat die Namakwa Eco roete, Pella tot by Vioolsdrif en dan van Vioolsdrif verby Eksteenfontein na Alexanderbaai, Alexanderbaai verby die grotte na Sendelingsdrif en dan via die park terug Vioolsdrif wil aandurf, kan ek met alle eerlikheid sĂȘ dat dit 'n great ondervinding is. Ek het reeds fotos geplaas van gedeeltes van die roete, hier volg 'n paar van die gedeelte tussen Pella en Vioolsdrif.
As daar iemand is wat my inligting kan gee oor die GPS koordinate op Garmin se BaseCamp wat glad nie ooreenstem met my T4A koordinate op my GPS nie, sal dit baie waardeer word want ek het BaseCamp gebruik om my roete uit te werk en na my GPS af te laai maar het lelik verdwaal as gevolg daarvan.

Re: 1400 km Richtersveld toer - Pella

Posted: Sun Jul 19, 2015 12:21 pm
by Fanusl
Deon jy moet seker maak of die kaart op jou rekenaar en die kaart op jou gps dieselfde is. Ek het my trip op dieselfde metode beplan en die punte was baie akkuraat. Plaas asb van die fotos waar die paaie verspoel het. Ons gaan DV Desember weer in daardie deel en in die park rondry.

Re: 1400 km Richtersveld toer - Pella

Posted: Sun Jul 19, 2015 8:56 pm
by Oupa Stig
Man, dit lyk lekker.
Ongelooflik mooi daar.
En die verdwaal is deel van die avontuur! :mocking:

Re: 1400 km Richtersveld toer - Pella

Posted: Mon Jul 20, 2015 6:09 am
by DeonV
Fanus, die gedeelte wat weg gespoel het is tussen die Bakkrans grotte en Alexanderbaai, ek het die fotos op een van die posts wat ek geplaas het aangeheg maar ek sit dit weer vir jou hier by. Die mooiste gedeelte tussen Alexanderbaai en die grotte is waar in die Holgat rivier gery word, die res is maar redelik plat met hier en daar 'n slote en vespoelings om deur te kom, niks ernstig nie.

Re: 1400 km Richtersveld toer - Pella

Posted: Mon Jul 20, 2015 6:22 am
by DeonV
Die verdwaal was verseker die moeite werd, ek het meer gesien en actually 4x4 nodig gehad op van die paadjies wat geen 4x4 aanwysings gehad het nie. Die een met die vespoelings byvoorbeeld, het geen hilux aanwysings of 4x4 gemerkte bande gehad nie. Ek glo nie dit is deel van die normale roete nie. Ek het wel so plus minus 50 km na die vespoelings 'n roete aanwyser gekry wat 'n regs draai gewys het, weg van die vespoelings af, dit was naby een van min huise wat op die roete gekry word wat nog bewoon word.