Page 1 of 1

Blomme van Namakwa

Posted: Tue Apr 05, 2016 9:44 pm
by Damaruri
hallo
Ek wil graag so 'n draai gaan ry om na die blomme te kyk
is daar iemand wat vir my sy roetekaart kan stuur ivm. oornag verblyf en lekker privaat roetes
Ek wil nie graag in 'n groep gaan nie So sllaap waar dit laat word ens.

baie dankie :yahoo: :surrender:

Re: Blomme van Namakwa

Posted: Wed Apr 06, 2016 4:27 am
by ChrisF
Daan ek lees ook graag wat die manne sĂȘ ....


Ons ervaring is dat die area vir n paar weke totaal uit sy nate bars !!

In die erns van die blomme seisoen is verblyf teen n premium ....

Re: Blomme van Namakwa

Posted: Wed Apr 06, 2016 8:16 am
by Matewis007
Blomme is mooi op die Knersvlak buite Vanrhynsdorp asook op die berg by Niewoudtville. Dan kan mens ook in en om Loeriesfontein mooi blomme sien.

Re: Blomme van Namakwa

Posted: Fri May 13, 2016 12:05 pm
by jjgouws
Ons was 'n paar keer in Namakwa Land. Ek kan nie 'n roete kaart voorsien nie, maar kan net noem dat Skilpad altyd mooi blomme het. Ons praat natuurlik van Aug/September. Die tipe blomme verskil nader en verder van die kus af. Vir my is die blomme-spesies baie spesiaal langs die see. Ons kamp gewoonlik langs die kus in die Groen/Spoeg area. Ek sluit fotos van blomme langs die kus en verder binneland in.
O-ja, ons is Aug 2016 weer daar... gaan vir my vrou die blomme wys... sy was nog nie saam nie! Hoop ek sien jou daar... nog beter ry saam... ons verken vir 2 weke die Noordkaap en Suide van Namibie.

Re: Blomme van Namakwa

Posted: Mon May 16, 2016 8:53 pm
by Damaruri
Hallo
Het jul al roetes uitgewerk ens
Ons moet kontak maak dit sal heerlik wees
0824691540

Re: Blomme van Namakwa

Posted: Tue May 17, 2016 7:09 pm
by PAUL NEL
Probeer hierdie web tuistes
http://www.namakwa-info.co.za" onclick="window.open(this.href);return false;
http://www.namaqualand.com" onclick="window.open(this.href);return false;

Hoop julle kom reg.
praat maar indien nog hulp benodig