Page 1 of 1

Road To Hell 30-04-2016

Posted: Thu May 26, 2016 8:54 am
by mosteran
Wil sommer net n paar fotos met julle deel.
Het saterdag oggend vroeg uit springbok vertrek om road to hell aan te pak.
Het lekker maklik af en op gery, bietjie wors gebraai die middag en daarna vertrek na Kamgab, waar ons die aand gekamp het.
Lekker om so naby die mooi wereld te bly.
Volgende trip sal seker venstervalle wees.

Re: Road To Hell 30-04-2016

Posted: Thu May 26, 2016 9:10 am
by Obelix and Dogmatix
Ek hou nie van manne wat sukke fotos post nie.

MAAR HOU AAN ASB.

Re: Road To Hell 30-04-2016

Posted: Thu May 26, 2016 10:19 am
by Dowe Koos
Ek sekondeer.

Re: Road To Hell 30-04-2016

Posted: Thu May 26, 2016 3:18 pm
by Enrico
Lekker Andre. Ons was dieselfde naweek net so bietjie stroomop van julle - daar by Ramansdrift. Die Venstervalle roete is werklik die mooiste deel van die Richtersveld. Daar waar die Vanderster en Roesyntjie berge mekaar ontmoet in die Oemsberge. Julle gaan dit baie geniet. Net ter inligting aan die forum lede. Die Venstervalle roete is in die Richtersveld Nasionale Park en jy moet vooraf aansoek doen vir 'n permit by Sendelingsdrift kantoor. Hulle laat slegs voertuie toe indien daar nie stappers op die Richtersveld Stap Roete is nie.

Re: Road To Hell 30-04-2016

Posted: Thu May 26, 2016 7:26 pm
by Dowe Koos
Groot asb, hou op om ons in die versoeking te lei.

Re: Road To Hell 30-04-2016

Posted: Fri May 27, 2016 8:27 am
by mosteran
Enrico, miskien kan jy my inlig hoekom die toeriste kantore in Khuboes en Eksteenfontein nie beskikbaar is nie.
Landlyn bestaan nie en epos gaan nie deur nie.
Het sanparke genader maar hulle se ek moet by "richtersveld world heritage site" aanklop. http://richtersveld-conservancy.org/" onclick="window.open(this.href);return false;
maar kry niemand in die hande.

Re: Road To Hell 30-04-2016

Posted: Fri May 27, 2016 9:25 am
by Enrico
Ja, dis 'n probleem om die mense in die hande te kry. Daar is geen telefoon drade nie, net verlore pale. Selfs die selfoontoring werk net wanneer hy wil. Die Stinkfonteinberg 4x4 roete loop naby die Venstervalle verby. So, streng gesproke moet jy toegang betaal vir die Richtersveld Wereld Erfenis Gebied. Dan, as jy afdraai Venstervalle toe, moet jy SANParke betaal. Maar dis 'n uitdaging om Kuboes en Eksteenfontein se Toerisme kantore in die hande te kry. Praat maar daar met Prins, by Richtersveld Nasionale Park se kantoor. Ons het al baie by hom bespreek vir Venstervalle.

Re: Road To Hell 30-04-2016

Posted: Fri May 27, 2016 9:33 am
by mosteran
Jy n idee wat die kostes beloop per voertuig?

Re: Road To Hell 30-04-2016

Posted: Fri May 27, 2016 3:44 pm
by Enrico
Stinkfonteinberg 4x4 roete was R50 per persoon toegang. Indien jy by Tierhoek of Glybank kamp, moet jy addisioneel daarvoor ook betaal. Weet nie hoeveel nie. Ons het altyd direk vanaf Kuboes deur gery na Venstervalle toe. Venstervalle kamp was R215 per dag vir die eerste ses persone. Daarna R76 per persoon per dag. Dan moet jy ook nog die Conservation Fee betaal van R70 per persoon per dag.

Re: Road To Hell 30-04-2016

Posted: Mon May 30, 2016 7:51 am
by Bosfebok
Mooi man! Ek jaloers

Re: Road To Hell 30-04-2016

Posted: Mon May 30, 2016 4:49 pm
by Mr_B
Awesome... love that trail! Brings back such good memories.

Glad to see you took with an Isuzu recovery vehicle! :tease:

Re: Road To Hell 30-04-2016

Posted: Mon May 30, 2016 5:55 pm
by ChrisF
mooi bly darem MOOI !!