Augustus 2016 Botswana toer

Tell us about your recent trip. Please add some photographs.
Post Reply
Leeuplesier

Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Die toer was nou al meer as n jaar terug op ons agenda gewees. Finale beplanning was toe vanaf 11-30Augustus gewees. Moet sê, die inligting op die forum het baie handig te pas gekom. Besprekings was gedoen en ek moet sê ek het werklik baie goeie diens gekry van Tara by Botswana footprints. Ons hele trip se besprekings met die park permitte en al is deur haar gedoen en dit was foutloos gewees. :thumbup: Persoonlik sal ek weer van hulle gebruik maak. Totale koste vir die hele toer se verblyf met al die park permitte was BP45700-00 gewees vir ons vier gesinne. Brandstof en spending was op elkeen se eie koste gewees.

Ons groep het bestaan uit Pieter&Marina Viljoen(BT50), Peter&Marita Carse(D4D, Bushlapa treiler) en Leon&Alta van Dyk(D4D)
Pieter en Marina BT50.JPG
Peter en Marina D4D met Bush Lapa.jpg
Leon en Alta D4D.JPG
Onse SFA.JPG
Almal het 4uur die oggend bymekaargekom by Vaalpark brug, radio's is uigedeel en die regte kanaal is gestel. Gedink ons gaan die verkeer mis maar dit was toe nie die geval nie. Later deur die verkeer het ons by Petroport gestop vir koffie en die nodige oggend roetine. So 80km voor Ellisras begin die SFA se dif erg sing en besluit toe maar om deur te druk tot in Ellisras waar ek daarna sal laat kyk. Terwyl ek die SFA invat om te kyk wat fout is eet almal sommer ontbeit by die Pot. Baie interessante menu en heerlike kos.
Ete by die Pot Ellisras-Lephalale.jpg
Ons beplanning was om die eerste aand by Bosveldskerm gastehuis te oornag maar die eiendom is intussen verkoop en die nuwe eienaar gaan nie meer aan met die Lodge nie. Dus het die besluit maar gekom dat ons deurdruk to in Botswana en by KwaNokeng oornag. Ons het sommer die versekering deur hulle laat uitneem. Dus nou die Pad permit-BP40-00, Voertuig versekering BP50-00 en die Road fund BP50-00. By Martins Drift aangekom was daar vele trokke gewees wat ons verwag het maar ons is baie vinnig deurgewys. Eerste keer dat daar geen dokumentasie, verklarings of vrae gevra was by die grenspos nie. Ons het die drywer van KwaNokeng lodge ontmoet en hy het sommer self al die dokumente aan die beamptes getoon en ons is deur sonder enige probleme. Gou n groepsfoto gevat en weer in die pad geval.
Groep foto by Martins Drift grenspos.jpg
Ons eerste aand aan die Botswana kant het ons gekamp en dit was heel lekker gewees met kragpunte en warm water storte. Hoender gebraai en sommer net lekker ontspan.
Eerste aand se braai.JPG
Lodge fasiliteite.JPG
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Oggend van die 12de was ons nie te haastig gewees nie en het eers 09H15 by KwaNokeng gery nadat ons ontbyt ge-eet het. Soos beplan het ons by Palapaya gestop om die nodige aankope te doen. Dis nou van vleis tot hoesstroop. Die vorige aand was dit vrek koud gewees en daar moes nog warmer beddegoed ook gekry word wat nie eens gebruik was verder op die toer nie. Maar ja, as jy vleis soek is dit die beste om by die Spar fillette te koopp wat klaar ge-vacuum pak is. Skaap was daar ook nie net Bokvleis wat lekker pot maak.Ons het so 12H30 by Khama Rhino sanctuary aangekom waar Peter die treiler afgehak het en bietjie die park deurgery het. Die res van ons het beplan om die volgende dag daarvoor te gebruik sienende dat ons twee nagte daar gaan kamp. Van ons het probleme met hulle batterye gekry wat nie voldoende gelaai het nie en het al die verlengingskoorde ingespan om krag vanaf die ablusie blok af te trek. Ons het n lieglike staanplek gehad en die ablusiegeriewe is baie netjies. Die aand het ek vir ons n skaap pot gemaak en Leon en Alta het gesorg vir die stysel en die slaai.
Khama Rhino sanctuary kampeer.jpg
DSC_4893.JPG
DSC_4891.JPG
DSC_4884.JPG
DSC_4877.JPG
DSC_4877.JPG (81.02 KiB) Viewed 7199 times
DSC_4875.JPG
DSC_4874.JPG
Dag 3 het almal maar laterig opgestaan en ontbyt ge-eet. Daarna is almal fort om te gaan wild kyk. By n Rhino Sanctuary en ons sien net een renoster, hoe kan die geluk so teen mens draai. Maar nietemin het ons baie ander wild gesien. Hulle wild is baie mak en selfs die Koedoes kies nie die hasepad as jy nader kom nie. Vanaand was dit braaivleis en pap gewees. Nog n lieflike aand en die weer speel al die tyd saam.
DSC_4915.JPG
DSC_4920.JPG
DSC_4921.JPG
DSC_4922.JPG
DSC_4925.JPG
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Dag 4, dis nou die 14de was dit vroegerig uit die vere vir die eerste keer. Volgende bestemming was Lekhubu eiland en ons het nie werklik geweet hoe lank die rytyd sou wees nie. T4A het n redelike lang rytyd gegee en ons het die beplanning daarvolgens gedoen. By Khama se hek het ons die nodige hout aankope gedoen om ons ten minste vir drie dae te hou. By Letlhakane het ons brandstof ingegooi en sommer daar by Granny's place n heerlike ontbyt ge-eet. Die vulstasie se winkel het sommer ook alles gehad wat nodig was vir ons aanvullings.
DSC_4941.JPG
Op die grens van die Makgadikadi panne het ons eers banddrukke laer gekry. Dit was sekerlik een van die ergste stof wat ek nog op enige trip beleef het. Jy kry kolle wat verskriklike fyn stof is tot so n mate dat ek somtyds nie die bak gedeelte van die SFA kon sien nie. Ek is net bly om te sien dat al die moeite wat Park Panelbeaters gedoen het om die SFA stofdig te kry toe hulle die rubberizing gedoen het duidelik die moeite werd was. By Sua pan het ons eers gestop vir die nodige foto's.
DSC_4945.JPG
DSC_4960.JPG
DSC_4966.JPG
DSC_4986.JPG
Ons het 14H10 by Khubu eiland aangekom en is sommer direk verwys na Khareke Kamp 2. Geriewe is daar nie net n longdrop vir die brawes. Weet nie hoe ouer mense die kontrepsie sal gebruik nie, moet soos n bobejaan klim om bo-op die sement blok te kom. Ons was darem voorbereid en het ons eie toilet en warm stort geriewe, so dit het nie gepla nie. Ons het tot bo-op die koppie se kruin geklim vanwaar jy n 360grade uitsig oor die panne het. Sal dit graag wil sien as al die panne vol is. Steeds was dit asemrowend gewees. Lekker vleis gebraai die aand met aartappels in foelie.
DSC_4996.JPG
DSC_4997.JPG
DSC_4999.JPG
DSC_5000.JPG
DSC_5001.JPG
DSC_5002.JPG
DSC_5004.JPG
DSC_5008.JPG
DSC_5016.JPG
DSC_4994.JPG
DSC_4993.JPG
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Dag 5 het aangebreek en min het ons geweet wat voorlê. Volgende stop is Nxai Pan South camp. Ons het 07H30 vanaf Kubu Eiland weg rigting Gweto. Langs die pad het ons gestop vir brunch wat bestaan het uit bully beef, eiers en roosterbrood.
DSC_5024.JPG
DSC_5027.JPG
DSC_5028.JPG
DSC_5029.JPG


Die pad tot by Gweta was nie net een pad nie maar libetanre van paadjies wat een of ander tyd weer bymekaar uitkom. Bosse kap was ons voorland gewees en al die voertuie en waentjie het maar n paar littekens opgedoen in die proses.
DSC_5033.JPG
DSC_5034.JPG
By Gweta aangekom soek ons die vulstasie wat op T4A aangedui word. Die geboue staan nog maar alles is buite werking, net die lee geboue oor. Oppad Nxa Pan toe sny die SFA net uit. Ek was bevrees dis dieselfde nagmerrie wat ek met ons Namibia toer beleef het aangesien dit dieselfde simptome was. Het weer so n paar keer uitgesny en weer aan die gang gekom tot by die kamp. Ons het tot die slotsom gekom dat dit die coil is wat te warm word. Ons het gemaak tot by Nxai kamp nommer 3 reg by die ablusie blok, tyd van aankoms 16H30. Dit was n lang vermoeiende dag gewees. Het n paar groot olifant bulle te siene gekry. By die kamp het ons die coil geskuif en was vol vertroue dat dit die oplossing was. Terwyk ek en Pieter besig was met die SFA het Peter vir ons n lekker bredie gemaak. Almal se gevoel was dat die kamp weer besoek moet word en vir ten minste drie dae om so bietjie te kan ronry. Die nag was heerlik gewees met die leeus wat jy in die verte kon hoor.
DSC_5037.JPG
DSC_5038.JPG
DSC_5043.JPG
DSC_5044.JPG
DSC_5045.JPG
DSC_5051.JPG
DSC_5054.JPG
DSC_5058.JPG
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Haboob »

Baie mooi verslag en fotos. Voel asof ek by is.
Stem saam met die digte stof voor Kubu in die lang rit na Kubu.
Sien uit na die res van die verhaal...
Image
HABOOB means "Dust Storm"
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Dag 6 het ons vertrek vanaf Nxai na Maun en redelik vroeg weer in die pad geval. Ons moes eers n draai by die Xomae(Baines Boababs) gaan maak. Wild, die was maar skaars gewees oppad soontoe. Slegs een Gemsbok en twee Volstruise te sien gekry. Ek dink die Gemsbok hardloop nou nog. Baines Boababs was ook die moeite werd gewees om te besoek. Die Kaudiakam pan is opgedroog en mens kan net wonder hoe oud die bome werklik is. Mooi dorre landskap in die winter.
DSC_5106.JPG
DSC_5077.JPG
DSC_5071.JPG
DSC_5069.JPG
DSC_5068.JPG
DSC_5063.JPG
By Nxai hek word eers gestop om banddrukke weer reg te kry vir die teerpad wat voorlê tot by Maun. Ons het ingeboek by Island Safari lodge en elk het hulle eie ensuite kamer gekry. Bietjie tyd vir bederf en seker te maak alles wat vuil is word weer skoongemaak. Ek moes n draai by n werkswinkel maak aangesien die SFA se ewenaar nou erg raas en daar is nog n lang pad wat voorlê. Die afspraak gemaak en is die volgende dag in later die dag weer uit met nuwe ewenaar. Ongelukkig nie dieselfde ratverhouding nie, so my 4x4 ryery is uit. Die laers is almal gedaan en die olie seel ism.
20160817_110243.jpg
Van ons het besluit om n vlug te boek oor die Okavango Delta. Teen BP830-00pp het ons by Air Shakawe gaan inboek en vandaar oorgestap lughawe toe. Ons het ons vlieenier, Siswe ontmoet en gou groepfoto geneem voor ons in die lug in is. Die Delta is redelik droog die tyd van die jaar, maar nogsteeds n mooi gesig om te sien. Ons het redelik baie wild teegekom wat seker te verstane is met die droogte. Die veld weg van die water lyk maar sleg maar daar is darem n groenigheid naby die waters. Drie van ons groep was maar geel om die kiewe gewees en kon nie wag om weer op moeder aarde te wees nie.
DSC_5165.JPG
DSC_5164.JPG
DSC_5162.JPG
DSC_5153.JPG
DSC_5130.JPG
DSC_5126.JPG
DSC_3777.JPG
DSC_3765.JPG
DSC_3750.JPG
DSC_3740.JPG
20160817_081116.jpg
20160816_182916.jpg
Vanaf die lughawe is ons Lodge toe en het die res van die dag rustig verkeer. Ek het my SFA gaan haal en by die groep aangesluit. Die aand het ons heerlik by die lodge se restaurant gaan eet en vroegerig gaan slaap.
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Vandag het ons nie te vêr om te ry na Moremi South Gate Camp toe nie. Ons was eers in Maun toe om weer voorraad aan te vul vir die res van die toer. Met Pieter en Marina se gesoek na Checkers ipv Shoprite het hulle op n nuwe slaghuis afgekom met die naam Beef Boy's wat werklik uitstekende vleis verkoop. Hulle biltong is ook baie lekker. Die res van ons het ons vleise by Shoprite gekoop en nou al geleer dat fillette wat gevacuum pak is puik is. Ek het wors gekoop wat ek nie eers vir my honde sal gee nie. Net buite Maun het ons gestop om bietjie banddrukke af te bring. Die sinkplaat pad oppad Moremi toe is net te erg. Dis seker net van toepassing as jy met jou eie voertuig ry want die manne met die gehuurde voertuie dink duidelik nie so nie as mens sien hoe hulle ry nie. Ons het een gekry wat sy spaarwiel verloor het en later oppad Linyanti toe wat se swing arm afgebreek het en hy soek seker nou nog na die band en arm.
South Gate camp staanplek no 3 was ons bestemming gewees. Bietjie vêr van die ablusiegeriewe af maar steeds n mooi kamp. Later die aand na ons gebraai het ons besoek gekry van n hiena wat duidelik nie afgeskrik word deur mense nie. Ek dink as hom sou toegelaat het sou hy tussen ons deurgeloop het. Iets om in gedagte te hou vir die wat met klein kinders kamp. Later die nag het daar nog drie hienas ons kamp besoek. Ander wild soos Olifante, Kameelperde, Steenbokkies, Rooibokke ne Koedoes was daar ook gewees.
DSC_5209.JPG
DSC_5207.JPG
DSC_5198.JPG
DSC_5189.JPG
DSC_5188.JPG
DSC_5187.JPG
DSC_5186.JPG
DSC_5185.JPG
DSC_5184.JPG
DSC_5183.JPG
DSC_5182.JPG
DSC_5179.JPG
DSC_5177.JPG
DSC_5172.JPG
DSC_5167.JPG
DSC_5166.JPG
User avatar
WayneSchalk
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2139
Joined: Mon Feb 09, 2009 10:22 am
Town: Krugersdorp
Vehicle: 2019 Toyota Hilux 2.8 GD-6 4X4 DC Auto
Real Name: Wayne
Club VHF Licence: X117

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by WayneSchalk »

Lyk of jul 'n baie lekker tyd gehaad het :clap:

EK het vir nou net die fotos gekyk, :surrender: sal vannaand bitjie lees.
User avatar
mushroom
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 408
Joined: Sat Oct 10, 2009 12:31 pm
Town: krugersdorp
Vehicle: '16 Legend 45 DC 4x4M
Real Name: James

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by mushroom »

Great TR so far...keep it coming.

I found the road to Nxai pans was worse than the Maun / Mababe road - but agree that both are pretty *a*
Q20 if its stuck, duct tape if it moves :shock2: :shock2: :shock2:
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Vandag se eindbestemming in Xakanaxa kamp. Om 08H00 is ons in die pad en het baie wild te siene gekry al is dit droog. Van die uitlanders met hulle gehuurde 4x4's glo ek nie sal enige iets raak sien soos hulle jaag nie. Lyk eerder of die eindbestemming die belangrikste gedeelte van hulle toer is en dat die wild lewe nie werklik saak maak nie.
Ons het die laagwater bruggie deurgegaan en verbasend was daar nog water om deur te gaan. Sal die roete weer wil doen net na die reen seisoen. By die hek het ons n ou seekoeibul gekry wat tussen die geboue loop en wei. By die Kiosk kan mens die nodige aanvullings doen, nie dat hulle baie goedkoop is nie maar dit help darem as die beplanning nie te goed was nie. Ons het XA6 kampeerplek gekry en gerieflik kamp opgeslaan. Die rivier is toegegroei met riete en het talle deurgange soos wat die seekoeie en die olifante daardeur beweeg. Olifante het rustig langs die kamp deur geloop en eet. Die nag se paddakoor was iets verskrikliks gewees. Ons was almal pootuit en het oponder die geraas aan die slaap geraak.
DSC_5264.JPG
DSC_5263.JPG
DSC_5256.JPG
DSC_5255.JPG
DSC_5246.JPG
DSC_5240.JPG
DSC_5239.JPG
DSC_5237.JPG
DSC_5235.JPG
DSC_5233.JPG
DSC_5230.JPG
DSC_5222.JPG
DSC_5221.JPG
DSC_5213.JPG
DSC_3844.JPG
DSC_3825.JPG
DSC_3815.JPG
DSC_3809.JPG
DSC_3805.JPG
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Vanoggen moes ons nog vroër opstaan en is 07H00 oppad na Magotho kamp.Min het ons geweet wat se avontuur vir ons almal gaan voorlê. Wild was daar volop gewees langs die pad. By die Khwai rivier aangekom het n toergids ons aangewys om nie daar deur te gaan nie maar eerder hoër op. Met die aanbeveling is ons na die volgende waterkruising. Met die vars spore was die gevolgtrekking dat dit sy spore is en ek is eerste deur. Water was bo by die bonnet gewees maar ek is daar deur met gemak. Voordat ek die res kon stop is Pieter&Marina ook deur. Ek wys toe die ander voertuie om te wag. Sien die temperatuur meter van my SFA klim....ja ek het n fixed fan op en al my blades is af. Gelukkig het ek n additionele elektriese fan op wat my darem nie gestrand laat nie. Goue reel verbreek. Moes eers die belt afgehaal het voor ek deur is, maar ja die gedagte was nie daar nie. Pieter het met die water wat opgestoot het spoed verminder wat amper erge gevolge gehad het. Ons moes die water uit die filter dreineer. Gelukkig het daar nie water in die enjin ingekom nie en hy kon ook verder deurgaan. Met die wat ons besig was om water by sy bakkie te dreineer het Peter&Marita n alternatiewe stroompie probeer oorsteek wat nie reg uitgewerk het nie en sy D4D se voorwiele sak toe heeltemal weg in die sloot. Gelukkig was Leon&Alta nog daar en kon hulle help om die treiler af te haak en hulle uit te sleep. Ek en Pieter is hoër op dier n vlak kruising om te gaan help. Lessons learned is ons daar weg toe my SFA weer neus in die grond steek. Weer die brandstof pomp wat nie werk nie. Met die gespook te Pieter op dat die relay nie goeie kontak maak nie. Met WD40 en so n paar keer in en uit is ons weer aan die gang. Peter en Leon hulle is solank vooruit om kamp te gaan soek. Ons het later by hulle aangesluit, kamp gekry en opgeslaan. Vure gemaak en heerlike braai genuttig. Tyd om die vuur was die gesprekke meerendeels oor ons ervaring van die dag en wat ons daaruit geleer het. Stort tente is opgeslaan en almal het heerlik gestort. Deur die nag was die leeus se roep baie mooi gewees en ons was vas beslote dat ons die volgende dag leeus gaan sien. Die volgende oggend so om en by 05H00 roep die natuur en terwyk ek so staan sien ek iets in die lang gras beweeg. Skaars 20metr van my af. Dit was volmaan gewees en dit het gelyk soos n ratel maar na so n rukkie het die "ratel" regop loop sit en is toe wragtig n Luiperd wat besig is om te jag. Sekere so 80 meter van hom af was daar n troppie rooibokke gewees. Een van die bokke het hom gewaar en met een blaf is hulle daar weg. Kat se kind het maar gedweë weggeloop bos se kant toe.
Ek persoonlik sal weer Maghoto toe gaan en vir ten minste 3dae daar spandeer. Bad en Toilet geriewe is daar nie maar is nie vir ons n probleem nie. Sal dit net die keer met die Treiler doen om seker te maak jou staanplek bly behoue.
DSC_5339.JPG
DSC_5338.JPG
DSC_5337.JPG
DSC_5334.JPG
DSC_5331.JPG
DSC_5329.JPG
DSC_5323.JPG
DSC_5317.JPG
DSC_5315.JPG
DSC_5311.JPG
DSC_5310.JPG
DSC_5296.JPG
DSC_5288.JPG
DSC_5284.JPG
DSC_5281.JPG
DSC_5278.JPG
DSC_3884.JPG
DSC_3871.JPG
DSC_3850 - Copy.JPG
DSC_3849.JPG
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Nog n paar foto's by Magotho kamp.
DSC_5340.JPG
DSC_5342.JPG
DSC_5345.JPG
DSC_5347.JPG
DSC_5352.JPG
DSC_5356.JPG
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Ons is die oggend vroeg uit die vere en in die pad. Sasl weer terugkom. Oorsrponklike beplanning was om tee die kaplyn af te ry na Linyanti kamp toe, maar met die dat ek nie 4x4 het nie en met Peter wad die treiles sleep het ons besluit om eerder deur die Ghobe hek te gaan en vandaar Linyanti toe. Ek glo nie dit sou enigsins n verskil gemaak het nie, die pad was sleg met baie dik sand. Ek het banddruk afgebring na 0.6Bar en met genoeg momentum kon ek die hele pad deurgaan in 4x2. By die Linyanti het ons kampplek CL2 gekry en kamp opgeslaan. Ablusie geriewe naby aan ons was buite werking maar verder af was daar ablusies wat klaar opgegradeer was. Dit was n entjie se loop gewees maar dit het nie gepla nie. Die uitsig oor die rivier met die troppe olifante was n gesig om te sien. Soveel olifante bymekaar is iets om te beleef.
FB_IMG_1477510840845.jpg
DSC_5409.JPG
DSC_5403.JPG
DSC_5399.JPG
DSC_5393.JPG
DSC_5383.JPG
DSC_5376.JPG
DSC_5375.JPG
DSC_5362.JPG
DSC_3923.JPG
DSC_3911.JPG
DSC_3908.JPG
DSC_3903.JPG
DSC_3900.JPG
DSC_3898.JPG
20160821_170955.jpg
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Twee dae by Linyanti was net genoeg om bietjie te rus en die nodige wasgoed te doen. Vandag se bestemming is Ihaha kamp ook vir twee dae. Om 06H30 verlaat ons Linyanti. By Kavima is daar n Kurios winkel waar ons n paar aandenkinge koop. Ons gebruik ook die tyd om die banddrukke weer normaal te kry vir die teerpad wat voorlê. By Ngoma hek gaan ons in oppad Ihaha kamp. Peter val vas met die treiler en ons blaas eers wiele af. By ons kampplek aangekom het Peter die BushLapa afgehaak en ons is Kasane toe om brandstof in te gooi en die nodige aankope te doen. Ek is na spaarparte winkel en het n waaier vir die SFA gaan bestel. Middagete was KFC wat heel aangenaam afgegaan het. Ry rustig kamp toe en sien heelwat wild. Die aand maak ons groot vuur, braai steaks en Leon maak vir ons aartappels gaar. n Helse swerm bruin besies kom oor ons gevlieg en die goedjies klim orals in. Dit was seker so 20minute gewees toe weet jy nie van hulle nie. Nadat almal klaar ge-eet het en alles weer skoon en terug is op hulle plekke sit ons rustig om die vuur en kuier met die leeus wat roep in die agtergrond. Twee ratels besoek ons, kan sien hulle is gewoond aan mense en kom baie naby aan ons. Nie te lank nie of ons gewaar die leeus sommer hier naby ons. Almal in rep en roer. Vrouens is eerste in plek van veilighed. Ons staan op die wal en ek neem foto's soos hulle verbyloop, nie meer as 20 meter van ons af nie. Hulle was naby genoeg vir die kamera se flits om nog goeie fotos te gee. So is ons kuier om die vuur ook klaar en almal is kooi toe.
Van al die kampe wat ons besoek het is Ihaha die enigste kamp wat jy met n geruste hart jou kanne vol water kan maak. Ander plekke se water was baie brak en vuil. Ablusie geriewe is netjies en word daagliks gediens. Hier sal ek ook weer kom kamp vir ten minste 4dae.
DSC_5497.JPG
DSC_5495.JPG
DSC_5488.JPG
DSC_5476.JPG
DSC_5463.JPG
DSC_5462.JPG
DSC_5458.JPG
DSC_5453.JPG
DSC_5441.JPG
DSC_5435.JPG
DSC_5432.JPG
DSC_5429.JPG
DSC_5428.JPG
DSC_5421.JPG
DSC_5420.JPG
DSC_3961.JPG
DSC_3942.JPG
DSC_3939.JPG
DSC_3934.JPG
20160821_170955.jpg
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Nog n paar foto's van Ihaha kamp.
DSC_5510.JPG
DSC_5509.JPG
DSC_5508.JPG
DSC_5507.JPG
DSC_5506.JPG
DSC_5504.JPG
DSC_5503.JPG
DSC_5499.JPG
Whisky
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 195
Joined: Mon Aug 17, 2009 10:17 am
Town: Durbanville
Vehicle: 2009 Toyota Hilux DC 3.0 D -4D 4X4
Real Name: Ben
Club VHF Licence: HC 136

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Whisky »

Lekker lees ek nou aan die verslag. Hoe hanteer die Bush Lapa in die sand en op die nou twee spoor paaie?
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Ben, ek moet sê die ek self het n Conqueror Conquest maar het baie respek gekry vir die Bush Lapa. Hy is baie gerieflik ingerig en is baie ligter as die Comander. Al sy ekstras is net eenvoudig maklik hanteerbaar, berging is beter. Glo my as ek weer koop gaan ek beslis na die reeks kyk. Die enigste gedeelte wat my afsit is die tipe haak wat hy ophet. Ek sal vra dat die haak vervang moet word na swaarder diens haak.
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Vanaf Ihaha was ons nie haastig om die oggend te vertrek Chobe Lodge toe nie. Ons het eers bietjie gaan rondry en wild soek. Peter en Leon hulle is solank vooruit om besprekings te gaan doen vir die Vic Falls. Ons het baie wild gekry Leeus, Kudu's, Swart Witpense, Buffels, Olifante, Seekoeie, Rooibokke, Zebra's en Kameelperde. Dis net jamme die Luiperds het ons nie gekry nie. Al het ons een gesien toe ons by Magotho was is dit maar nie dieselfde as jy nie n kiekie van dit het nie.
By Chobe Lodge aangekom was my %%$$# heeltemal gestrip vir die lotte. Ons het seker die kleinste plekkie gekry om te kamp...4 voertuie en n treiler. Hulle was kwansuis vol bespreek en kan ons nie skuif nie. Ons het toe maar die beste van n slegte saak gemaak en moes n sinkplaat nader sleep aangesien my SFA wydsbeen bo-oor die braaiplek moes staan. Die lodge fasiliteite het darem opgemaak daarvoor en my gemoedere het na die 4de bier ook tot ruste gekom. Ek het darem reggekom met die part wat ek bestel het. Peter hulle het die besprekings gedoen vir die Vic Falls, net ek en vroulief wat uitsit op die trippie. Ons wil dit graag in die reenseisoen doen wanneer die valle op hulle beste is en ook sommer die Zim trippie saam doen. Ek het die dag gebruik om die SFA te herstel en swambo het sommer seker gemaak dat alles gewas en gestryk word. Die res van die groep is baie vroeg uit die vere en weg met n bussie. Cars & Guides het hulle met n bussie opgetel by die lodge en deurgevat tot by Vic Falls. Hulle gids Pollie was baie behulpsaam en hulle is moeiteloos deur die grens na Zim. Teen $20.00 per persoon om by die Vic Falls in te gaan was dit die moeite werd gewees en almal was gelukkig en tevrede. Ek wou nog by die Tiervis hengel uitgekom het maar dit sal moet wag tot n volgende geleentheid. Ons het die aand braaivleis en Aartappel skyfies ge-eet.
Die volgende dag het ons geboek om op die boot uit te gaan vir bietjie wild kyk. Wat n belewenis was dit nie om so naby aan die wild te kan kom nie. Ek wag nog vir Peter se foto's, glo hy sal n paar goeie foto's kon kry. Ek het die jaar baie gesukkel met my kamera se settings. Die frustrasie was net aan myself te danke omdat ek deur die jaar geen aandag aan die kamera's gegee het nie en nie maar kon onthou van die settings nie. Ek is tans besig om die dingetjies weer bietjie op te skerp.
DSC_5707.JPG
DSC_5704.JPG
DSC_5698.JPG
DSC_5694.JPG
DSC_5686.JPG
DSC_5683.JPG
DSC_5634.JPG
DSC_5603.JPG
DSC_5569.JPG
DSC_5564.JPG
DSC_5563.JPG
DSC_5562.JPG
DSC_5529.JPG
DSC_5527.JPG
DSC_5521.JPG
DSC_4073.JPG
DSC_4046.JPG
DSC_4041.JPG
DSC_4017.JPG
DSC_3983.JPG
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Ons het beplan om met die hunters road af te gaan tot by Elephant Sands maar is ten sterkste afgeraai deur een van die logdge eienaars aangesien die pad in n baie slegte toestand is en hy ons nie aanraai om dit te doen nie tensy ons ons voertuie wil beskadig. Nou ja, met sulke raad in gedagte het ons besluit om dan eerder direk met die teerpad te ry tot by Elephand Sands. Daar ingeboek ons staanplekke gekry en toe...agter die SFA weer net alles met olie besmeer. Die NUWE dif het ook sy gat gesien en alles vol olie gegooi. Almal het klaar kamp opgeslaan en ons is af na die kantoor om te gaan bespreek vir die aand buffet. Daar is heelwat tent huise op stelte wat gehuur kan word vir die wat nie wil kamp nie. Die middag en die hele nag was dit net stof soos die verskillende troppe olifante inkom om te kom water drink. Ons ete was uitmuntend gewees met nagereg en al. Die olifante was n ervaring gewees wat n mens moet beleef. As mense dink om Kruger Park toe te gaan om Ellies te sien maak hulle n groot fout. Hulle moet Botswana toe gaan om die olifante werklik te kan beleef in hulle natuurlike habitat en tussen die diere te kamp. Dit maak alles net die moeite werd om weereens te pak en Botswana toe te kom. Chobe, Khwai en die Moremi is n moet vir alle natuur liefhebbers. Ons het seker een van die mooiste sonsondergange hier by Elephant Sand beleef.
DSC_5883.JPG
Uitsig vanaf stort.JPG
Uitsig uit badkamer.jpg
DSC_5901.JPG
DSC_5899.JPG
DSC_5897.JPG
DSC_5885.JPG
DSC_5874.JPG
DSC_5853.JPG
DSC_5850.JPG
DSC_5849.JPG
DSC_5848.JPG
DSC_5845.JPG
DSC_5841.JPG
DSC_5834.JPG
DSC_4245.JPG
DSC_4242.JPG
DSC_4228.JPG
DSC_4227.JPG
Leeuplesier

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Leeuplesier »

Vanaf Elephan Sands het ons eers n draai in Francistown gaan maak om n paar aankope te doen en ook om bier te kry vir die kinders by die huis. Ek het ratolie gekry en maar opgetop waar ek die geleentheid gekry het. Ons het die aand oornag by Phokoje lodge. Baie gerieflike lodge vir oornag as jy besluit om deur die Thule blok te ry. Na n stewige ontbyt is ons almal weer fort. Peter en Marita is vandaar af en weer terug deur Martins Drift Sasolburg toe aangesien werksverpligtinge roep. Myself, Leon en Pieter het deur die Tuli blok gery en is Pontdrift deur. Ons enigste Elande vir die hele trip het ons hier te sien gekry. Wild is maar skugter aan die kant van Botswana en hardloop weg as voertuie nader kom. Selfs die olifante wat ons hier teegekom het se gedrag is bietjie anders as by Chobe.
By die grenspos moes ek en Leon daktente oopmaak vir die nodige inspeksie en by Pieter hulle word die groente gekonfiskeer. Ek sal volgede keer weer tamaties deurbring en goed dokter met indian beans. Leon en Alta het ons gegroet en koers gekies Eiland toe vir n week se rus. Ons is vandaar Alday's oor en het by Ellisras middagete by die Spur gaan eet. Die aand het ons by Klein Kariba oornag. Volgende oggend na n Wimpy ontbyt is ons weer in die pad terug Sasolburg toe.
Totale afstand wat ons gery het 3704Km.

Ek sal die brandstof verbruik en al die ander stats gee sodra ek dit gekry het.
DSC_5962.JPG
DSC_5961.JPG
DSC_5959.JPG
DSC_5958.JPG
DSC_5957.JPG
DSC_5956.JPG
DSC_5955.JPG
DSC_5954.JPG
DSC_4270.JPG
DSC_4267.JPG
20160831_082300.jpg
20160830_071839.jpg
DSC_5951.JPG
DSC_5950.JPG
DSC_5947.JPG
DSC_5946.JPG
DSC_5933.JPG
Whisky
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 195
Joined: Mon Aug 17, 2009 10:17 am
Town: Durbanville
Vehicle: 2009 Toyota Hilux DC 3.0 D -4D 4X4
Real Name: Ben
Club VHF Licence: HC 136

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Whisky »

Leeuplesier wrote:Ben, ek moet sê die ek self het n Conqueror Conquest maar het baie respek gekry vir die Bush Lapa. Hy is baie gerieflik ingerig en is baie ligter as die Comander. Al sy ekstras is net eenvoudig maklik hanteerbaar, berging is beter. Glo my as ek weer koop gaan ek beslis na die reeks kyk. Die enigste gedeelte wat my afsit is die tipe haak wat hy ophet. Ek sal vra dat die haak vervang moet word na swaarder diens haak.
Dankie Stefan.
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Haboob »

Baie mooi geskrewe verslag en foto's.
Dankie vir die deel.
Image
HABOOB means "Dust Storm"
User avatar
Hilux01
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 591
Joined: Tue Aug 26, 2008 11:54 am
Town: Secunda
Vehicle: Toyota Hilux 3.0D4-D dc 4x4
Real Name: Henk
Club VHF Licence: X85

Re: Augustus 2016 Botswana toer

Post by Hilux01 »

Dankie vir die deel en die verslag
Het self n BL gekoop en hy gaan een van die dae ook daai Botswana stof op hom kry

Groete
2013 Toyota Hilux 3.0D4-D dc 4x4
Bush Lapa Miskruier 810
Gerbers Alu Canopy
ORRA Call Sign: X85
Image
Post Reply

Return to “Trip Reports”