Page 1 of 1
Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Sun Oct 23, 2016 6:18 pm
by Leeuplesier
Die toer was nou al meer as n jaar terug op ons agenda gewees. Finale beplanning was toe vanaf 11-30Augustus gewees. Moet sê, die inligting op die forum het baie handig te pas gekom. Besprekings was gedoen en ek moet sê ek het werklik baie goeie diens gekry van Tara by Botswana footprints. Ons hele trip se besprekings met die park permitte en al is deur haar gedoen en dit was foutloos gewees.
Persoonlik sal ek weer van hulle gebruik maak. Totale koste vir die hele toer se verblyf met al die park permitte was BP45700-00 gewees vir ons vier gesinne. Brandstof en spending was op elkeen se eie koste gewees.
Ons groep het bestaan uit Pieter&Marina Viljoen(BT50), Peter&Marita Carse(D4D, Bushlapa treiler) en Leon&Alta van Dyk(D4D)
Almal het 4uur die oggend bymekaargekom by Vaalpark brug, radio's is uigedeel en die regte kanaal is gestel. Gedink ons gaan die verkeer mis maar dit was toe nie die geval nie. Later deur die verkeer het ons by Petroport gestop vir koffie en die nodige oggend roetine. So 80km voor Ellisras begin die SFA se dif erg sing en besluit toe maar om deur te druk tot in Ellisras waar ek daarna sal laat kyk. Terwyl ek die SFA invat om te kyk wat fout is eet almal sommer ontbeit by die Pot. Baie interessante menu en heerlike kos.
Ons beplanning was om die eerste aand by Bosveldskerm gastehuis te oornag maar die eiendom is intussen verkoop en die nuwe eienaar gaan nie meer aan met die Lodge nie. Dus het die besluit maar gekom dat ons deurdruk to in Botswana en by KwaNokeng oornag. Ons het sommer die versekering deur hulle laat uitneem. Dus nou die Pad permit-BP40-00, Voertuig versekering BP50-00 en die Road fund BP50-00. By Martins Drift aangekom was daar vele trokke gewees wat ons verwag het maar ons is baie vinnig deurgewys. Eerste keer dat daar geen dokumentasie, verklarings of vrae gevra was by die grenspos nie. Ons het die drywer van KwaNokeng lodge ontmoet en hy het sommer self al die dokumente aan die beamptes getoon en ons is deur sonder enige probleme. Gou n groepsfoto gevat en weer in die pad geval.
Ons eerste aand aan die Botswana kant het ons gekamp en dit was heel lekker gewees met kragpunte en warm water storte. Hoender gebraai en sommer net lekker ontspan.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Sun Oct 23, 2016 7:20 pm
by Leeuplesier
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Mon Oct 24, 2016 7:39 pm
by Leeuplesier
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Mon Oct 24, 2016 8:12 pm
by Leeuplesier
Dag 5 het aangebreek en min het ons geweet wat voorlê. Volgende stop is Nxai Pan South camp. Ons het 07H30 vanaf Kubu Eiland weg rigting Gweto. Langs die pad het ons gestop vir brunch wat bestaan het uit bully beef, eiers en roosterbrood.
Die pad tot by Gweta was nie net een pad nie maar libetanre van paadjies wat een of ander tyd weer bymekaar uitkom. Bosse kap was ons voorland gewees en al die voertuie en waentjie het maar n paar littekens opgedoen in die proses.
By Gweta aangekom soek ons die vulstasie wat op T4A aangedui word. Die geboue staan nog maar alles is buite werking, net die lee geboue oor. Oppad Nxa Pan toe sny die SFA net uit. Ek was bevrees dis dieselfde nagmerrie wat ek met ons Namibia toer beleef het aangesien dit dieselfde simptome was. Het weer so n paar keer uitgesny en weer aan die gang gekom tot by die kamp. Ons het tot die slotsom gekom dat dit die coil is wat te warm word. Ons het gemaak tot by Nxai kamp nommer 3 reg by die ablusie blok, tyd van aankoms 16H30. Dit was n lang vermoeiende dag gewees. Het n paar groot olifant bulle te siene gekry. By die kamp het ons die coil geskuif en was vol vertroue dat dit die oplossing was. Terwyk ek en Pieter besig was met die SFA het Peter vir ons n lekker bredie gemaak. Almal se gevoel was dat die kamp weer besoek moet word en vir ten minste drie dae om so bietjie te kan ronry. Die nag was heerlik gewees met die leeus wat jy in die verte kon hoor.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Mon Oct 24, 2016 8:43 pm
by Haboob
Baie mooi verslag en fotos. Voel asof ek by is.
Stem saam met die digte stof voor Kubu in die lang rit na Kubu.
Sien uit na die res van die verhaal...
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Thu Oct 27, 2016 6:49 am
by Leeuplesier
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Thu Oct 27, 2016 7:18 am
by Leeuplesier
Vandag het ons nie te vêr om te ry na Moremi South Gate Camp toe nie. Ons was eers in Maun toe om weer voorraad aan te vul vir die res van die toer. Met Pieter en Marina se gesoek na Checkers ipv Shoprite het hulle op n nuwe slaghuis afgekom met die naam Beef Boy's wat werklik uitstekende vleis verkoop. Hulle biltong is ook baie lekker. Die res van ons het ons vleise by Shoprite gekoop en nou al geleer dat fillette wat gevacuum pak is puik is. Ek het wors gekoop wat ek nie eers vir my honde sal gee nie. Net buite Maun het ons gestop om bietjie banddrukke af te bring. Die sinkplaat pad oppad Moremi toe is net te erg. Dis seker net van toepassing as jy met jou eie voertuig ry want die manne met die gehuurde voertuie dink duidelik nie so nie as mens sien hoe hulle ry nie. Ons het een gekry wat sy spaarwiel verloor het en later oppad Linyanti toe wat se swing arm afgebreek het en hy soek seker nou nog na die band en arm.
South Gate camp staanplek no 3 was ons bestemming gewees. Bietjie vêr van die ablusiegeriewe af maar steeds n mooi kamp. Later die aand na ons gebraai het ons besoek gekry van n hiena wat duidelik nie afgeskrik word deur mense nie. Ek dink as hom sou toegelaat het sou hy tussen ons deurgeloop het. Iets om in gedagte te hou vir die wat met klein kinders kamp. Later die nag het daar nog drie hienas ons kamp besoek. Ander wild soos Olifante, Kameelperde, Steenbokkies, Rooibokke ne Koedoes was daar ook gewees.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Thu Oct 27, 2016 8:39 am
by WayneSchalk
Lyk of jul 'n baie lekker tyd gehaad het
EK het vir nou net die fotos gekyk,
sal vannaand bitjie lees.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Thu Oct 27, 2016 4:36 pm
by mushroom
Great TR so far...keep it coming.
I found the road to Nxai pans was worse than the Maun / Mababe road - but agree that both are pretty *a*
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Sat Nov 19, 2016 1:26 pm
by Leeuplesier
Vandag se eindbestemming in Xakanaxa kamp. Om 08H00 is ons in die pad en het baie wild te siene gekry al is dit droog. Van die uitlanders met hulle gehuurde 4x4's glo ek nie sal enige iets raak sien soos hulle jaag nie. Lyk eerder of die eindbestemming die belangrikste gedeelte van hulle toer is en dat die wild lewe nie werklik saak maak nie.
Ons het die laagwater bruggie deurgegaan en verbasend was daar nog water om deur te gaan. Sal die roete weer wil doen net na die reen seisoen. By die hek het ons n ou seekoeibul gekry wat tussen die geboue loop en wei. By die Kiosk kan mens die nodige aanvullings doen, nie dat hulle baie goedkoop is nie maar dit help darem as die beplanning nie te goed was nie. Ons het XA6 kampeerplek gekry en gerieflik kamp opgeslaan. Die rivier is toegegroei met riete en het talle deurgange soos wat die seekoeie en die olifante daardeur beweeg. Olifante het rustig langs die kamp deur geloop en eet. Die nag se paddakoor was iets verskrikliks gewees. Ons was almal pootuit en het oponder die geraas aan die slaap geraak.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Sat Nov 19, 2016 2:04 pm
by Leeuplesier
Vanoggen moes ons nog vroër opstaan en is 07H00 oppad na Magotho kamp.Min het ons geweet wat se avontuur vir ons almal gaan voorlê. Wild was daar volop gewees langs die pad. By die Khwai rivier aangekom het n toergids ons aangewys om nie daar deur te gaan nie maar eerder hoër op. Met die aanbeveling is ons na die volgende waterkruising. Met die vars spore was die gevolgtrekking dat dit sy spore is en ek is eerste deur. Water was bo by die bonnet gewees maar ek is daar deur met gemak. Voordat ek die res kon stop is Pieter&Marina ook deur. Ek wys toe die ander voertuie om te wag. Sien die temperatuur meter van my SFA klim....ja ek het n fixed fan op en al my blades is af. Gelukkig het ek n additionele elektriese fan op wat my darem nie gestrand laat nie. Goue reel verbreek. Moes eers die belt afgehaal het voor ek deur is, maar ja die gedagte was nie daar nie. Pieter het met die water wat opgestoot het spoed verminder wat amper erge gevolge gehad het. Ons moes die water uit die filter dreineer. Gelukkig het daar nie water in die enjin ingekom nie en hy kon ook verder deurgaan. Met die wat ons besig was om water by sy bakkie te dreineer het Peter&Marita n alternatiewe stroompie probeer oorsteek wat nie reg uitgewerk het nie en sy D4D se voorwiele sak toe heeltemal weg in die sloot. Gelukkig was Leon&Alta nog daar en kon hulle help om die treiler af te haak en hulle uit te sleep. Ek en Pieter is hoër op dier n vlak kruising om te gaan help. Lessons learned is ons daar weg toe my SFA weer neus in die grond steek. Weer die brandstof pomp wat nie werk nie. Met die gespook te Pieter op dat die relay nie goeie kontak maak nie. Met WD40 en so n paar keer in en uit is ons weer aan die gang. Peter en Leon hulle is solank vooruit om kamp te gaan soek. Ons het later by hulle aangesluit, kamp gekry en opgeslaan. Vure gemaak en heerlike braai genuttig. Tyd om die vuur was die gesprekke meerendeels oor ons ervaring van die dag en wat ons daaruit geleer het. Stort tente is opgeslaan en almal het heerlik gestort. Deur die nag was die leeus se roep baie mooi gewees en ons was vas beslote dat ons die volgende dag leeus gaan sien. Die volgende oggend so om en by 05H00 roep die natuur en terwyk ek so staan sien ek iets in die lang gras beweeg. Skaars 20metr van my af. Dit was volmaan gewees en dit het gelyk soos n ratel maar na so n rukkie het die "ratel" regop loop sit en is toe wragtig n Luiperd wat besig is om te jag. Sekere so 80 meter van hom af was daar n troppie rooibokke gewees. Een van die bokke het hom gewaar en met een blaf is hulle daar weg. Kat se kind het maar gedweë weggeloop bos se kant toe.
Ek persoonlik sal weer Maghoto toe gaan en vir ten minste 3dae daar spandeer. Bad en Toilet geriewe is daar nie maar is nie vir ons n probleem nie. Sal dit net die keer met die Treiler doen om seker te maak jou staanplek bly behoue.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Sat Nov 19, 2016 2:06 pm
by Leeuplesier
Nog n paar foto's by Magotho kamp.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Sat Nov 19, 2016 2:49 pm
by Leeuplesier
Ons is die oggend vroeg uit die vere en in die pad. Sasl weer terugkom. Oorsrponklike beplanning was om tee die kaplyn af te ry na Linyanti kamp toe, maar met die dat ek nie 4x4 het nie en met Peter wad die treiles sleep het ons besluit om eerder deur die Ghobe hek te gaan en vandaar Linyanti toe. Ek glo nie dit sou enigsins n verskil gemaak het nie, die pad was sleg met baie dik sand. Ek het banddruk afgebring na 0.6Bar en met genoeg momentum kon ek die hele pad deurgaan in 4x2. By die Linyanti het ons kampplek CL2 gekry en kamp opgeslaan. Ablusie geriewe naby aan ons was buite werking maar verder af was daar ablusies wat klaar opgegradeer was. Dit was n entjie se loop gewees maar dit het nie gepla nie. Die uitsig oor die rivier met die troppe olifante was n gesig om te sien. Soveel olifante bymekaar is iets om te beleef.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Sat Nov 19, 2016 3:38 pm
by Leeuplesier
Twee dae by Linyanti was net genoeg om bietjie te rus en die nodige wasgoed te doen. Vandag se bestemming is Ihaha kamp ook vir twee dae. Om 06H30 verlaat ons Linyanti. By Kavima is daar n Kurios winkel waar ons n paar aandenkinge koop. Ons gebruik ook die tyd om die banddrukke weer normaal te kry vir die teerpad wat voorlê. By Ngoma hek gaan ons in oppad Ihaha kamp. Peter val vas met die treiler en ons blaas eers wiele af. By ons kampplek aangekom het Peter die BushLapa afgehaak en ons is Kasane toe om brandstof in te gooi en die nodige aankope te doen. Ek is na spaarparte winkel en het n waaier vir die SFA gaan bestel. Middagete was KFC wat heel aangenaam afgegaan het. Ry rustig kamp toe en sien heelwat wild. Die aand maak ons groot vuur, braai steaks en Leon maak vir ons aartappels gaar. n Helse swerm bruin besies kom oor ons gevlieg en die goedjies klim orals in. Dit was seker so 20minute gewees toe weet jy nie van hulle nie. Nadat almal klaar ge-eet het en alles weer skoon en terug is op hulle plekke sit ons rustig om die vuur en kuier met die leeus wat roep in die agtergrond. Twee ratels besoek ons, kan sien hulle is gewoond aan mense en kom baie naby aan ons. Nie te lank nie of ons gewaar die leeus sommer hier naby ons. Almal in rep en roer. Vrouens is eerste in plek van veilighed. Ons staan op die wal en ek neem foto's soos hulle verbyloop, nie meer as 20 meter van ons af nie. Hulle was naby genoeg vir die kamera se flits om nog goeie fotos te gee. So is ons kuier om die vuur ook klaar en almal is kooi toe.
Van al die kampe wat ons besoek het is Ihaha die enigste kamp wat jy met n geruste hart jou kanne vol water kan maak. Ander plekke se water was baie brak en vuil. Ablusie geriewe is netjies en word daagliks gediens. Hier sal ek ook weer kom kamp vir ten minste 4dae.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Sat Nov 19, 2016 3:41 pm
by Leeuplesier
Nog n paar foto's van Ihaha kamp.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Sat Nov 19, 2016 4:14 pm
by Whisky
Lekker lees ek nou aan die verslag. Hoe hanteer die Bush Lapa in die sand en op die nou twee spoor paaie?
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Sat Nov 19, 2016 7:48 pm
by Leeuplesier
Ben, ek moet sê die ek self het n Conqueror Conquest maar het baie respek gekry vir die Bush Lapa. Hy is baie gerieflik ingerig en is baie ligter as die Comander. Al sy ekstras is net eenvoudig maklik hanteerbaar, berging is beter. Glo my as ek weer koop gaan ek beslis na die reeks kyk. Die enigste gedeelte wat my afsit is die tipe haak wat hy ophet. Ek sal vra dat die haak vervang moet word na swaarder diens haak.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Sat Nov 19, 2016 8:16 pm
by Leeuplesier
Vanaf Ihaha was ons nie haastig om die oggend te vertrek Chobe Lodge toe nie. Ons het eers bietjie gaan rondry en wild soek. Peter en Leon hulle is solank vooruit om besprekings te gaan doen vir die Vic Falls. Ons het baie wild gekry Leeus, Kudu's, Swart Witpense, Buffels, Olifante, Seekoeie, Rooibokke, Zebra's en Kameelperde. Dis net jamme die Luiperds het ons nie gekry nie. Al het ons een gesien toe ons by Magotho was is dit maar nie dieselfde as jy nie n kiekie van dit het nie.
By Chobe Lodge aangekom was my %%$$# heeltemal gestrip vir die lotte. Ons het seker die kleinste plekkie gekry om te kamp...4 voertuie en n treiler. Hulle was kwansuis vol bespreek en kan ons nie skuif nie. Ons het toe maar die beste van n slegte saak gemaak en moes n sinkplaat nader sleep aangesien my SFA wydsbeen bo-oor die braaiplek moes staan. Die lodge fasiliteite het darem opgemaak daarvoor en my gemoedere het na die 4de bier ook tot ruste gekom. Ek het darem reggekom met die part wat ek bestel het. Peter hulle het die besprekings gedoen vir die Vic Falls, net ek en vroulief wat uitsit op die trippie. Ons wil dit graag in die reenseisoen doen wanneer die valle op hulle beste is en ook sommer die Zim trippie saam doen. Ek het die dag gebruik om die SFA te herstel en swambo het sommer seker gemaak dat alles gewas en gestryk word. Die res van die groep is baie vroeg uit die vere en weg met n bussie. Cars & Guides het hulle met n bussie opgetel by die lodge en deurgevat tot by Vic Falls. Hulle gids Pollie was baie behulpsaam en hulle is moeiteloos deur die grens na Zim. Teen $20.00 per persoon om by die Vic Falls in te gaan was dit die moeite werd gewees en almal was gelukkig en tevrede. Ek wou nog by die Tiervis hengel uitgekom het maar dit sal moet wag tot n volgende geleentheid. Ons het die aand braaivleis en Aartappel skyfies ge-eet.
Die volgende dag het ons geboek om op die boot uit te gaan vir bietjie wild kyk. Wat n belewenis was dit nie om so naby aan die wild te kan kom nie. Ek wag nog vir Peter se foto's, glo hy sal n paar goeie foto's kon kry. Ek het die jaar baie gesukkel met my kamera se settings. Die frustrasie was net aan myself te danke omdat ek deur die jaar geen aandag aan die kamera's gegee het nie en nie maar kon onthou van die settings nie. Ek is tans besig om die dingetjies weer bietjie op te skerp.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Sat Nov 19, 2016 8:38 pm
by Leeuplesier
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Sat Nov 19, 2016 9:00 pm
by Leeuplesier
Vanaf Elephan Sands het ons eers n draai in Francistown gaan maak om n paar aankope te doen en ook om bier te kry vir die kinders by die huis. Ek het ratolie gekry en maar opgetop waar ek die geleentheid gekry het. Ons het die aand oornag by Phokoje lodge. Baie gerieflike lodge vir oornag as jy besluit om deur die Thule blok te ry. Na n stewige ontbyt is ons almal weer fort. Peter en Marita is vandaar af en weer terug deur Martins Drift Sasolburg toe aangesien werksverpligtinge roep. Myself, Leon en Pieter het deur die Tuli blok gery en is Pontdrift deur. Ons enigste Elande vir die hele trip het ons hier te sien gekry. Wild is maar skugter aan die kant van Botswana en hardloop weg as voertuie nader kom. Selfs die olifante wat ons hier teegekom het se gedrag is bietjie anders as by Chobe.
By die grenspos moes ek en Leon daktente oopmaak vir die nodige inspeksie en by Pieter hulle word die groente gekonfiskeer. Ek sal volgede keer weer tamaties deurbring en goed dokter met indian beans. Leon en Alta het ons gegroet en koers gekies Eiland toe vir n week se rus. Ons is vandaar Alday's oor en het by Ellisras middagete by die Spur gaan eet. Die aand het ons by Klein Kariba oornag. Volgende oggend na n Wimpy ontbyt is ons weer in die pad terug Sasolburg toe.
Totale afstand wat ons gery het 3704Km.
Ek sal die brandstof verbruik en al die ander stats gee sodra ek dit gekry het.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Sun Nov 20, 2016 8:26 pm
by Whisky
Leeuplesier wrote:Ben, ek moet sê die ek self het n Conqueror Conquest maar het baie respek gekry vir die Bush Lapa. Hy is baie gerieflik ingerig en is baie ligter as die Comander. Al sy ekstras is net eenvoudig maklik hanteerbaar, berging is beter. Glo my as ek weer koop gaan ek beslis na die reeks kyk. Die enigste gedeelte wat my afsit is die tipe haak wat hy ophet. Ek sal vra dat die haak vervang moet word na swaarder diens haak.
Dankie Stefan.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Mon Nov 21, 2016 1:59 pm
by Haboob
Baie mooi geskrewe verslag en foto's.
Dankie vir die deel.
Re: Augustus 2016 Botswana toer
Posted: Tue Jan 03, 2017 9:50 am
by Hilux01
Dankie vir die deel en die verslag
Het self n BL gekoop en hy gaan een van die dae ook daai Botswana stof op hom kry
Groete