
Ons groep het bestaan uit Pieter&Marina Viljoen(BT50), Peter&Marita Carse(D4D, Bushlapa treiler) en Leon&Alta van Dyk(D4D) Almal het 4uur die oggend bymekaargekom by Vaalpark brug, radio's is uigedeel en die regte kanaal is gestel. Gedink ons gaan die verkeer mis maar dit was toe nie die geval nie. Later deur die verkeer het ons by Petroport gestop vir koffie en die nodige oggend roetine. So 80km voor Ellisras begin die SFA se dif erg sing en besluit toe maar om deur te druk tot in Ellisras waar ek daarna sal laat kyk. Terwyl ek die SFA invat om te kyk wat fout is eet almal sommer ontbeit by die Pot. Baie interessante menu en heerlike kos.
Ons beplanning was om die eerste aand by Bosveldskerm gastehuis te oornag maar die eiendom is intussen verkoop en die nuwe eienaar gaan nie meer aan met die Lodge nie. Dus het die besluit maar gekom dat ons deurdruk to in Botswana en by KwaNokeng oornag. Ons het sommer die versekering deur hulle laat uitneem. Dus nou die Pad permit-BP40-00, Voertuig versekering BP50-00 en die Road fund BP50-00. By Martins Drift aangekom was daar vele trokke gewees wat ons verwag het maar ons is baie vinnig deurgewys. Eerste keer dat daar geen dokumentasie, verklarings of vrae gevra was by die grenspos nie. Ons het die drywer van KwaNokeng lodge ontmoet en hy het sommer self al die dokumente aan die beamptes getoon en ons is deur sonder enige probleme. Gou n groepsfoto gevat en weer in die pad geval.
Ons eerste aand aan die Botswana kant het ons gekamp en dit was heel lekker gewees met kragpunte en warm water storte. Hoender gebraai en sommer net lekker ontspan.