Page 1 of 1

Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Wed Jan 11, 2017 9:21 pm
by JohanM
Ek het Desember so kort draai gery en bietjie plekke gaan ondersoek en paaie bekyk in die Weskus area asook so draai deur die karoo gery.

Ek het moes ongelukkig n deel van my roete op die laaste verander agv omstandighede en het dus so paar dae vroeer terug gekom maar daarin was dit ook baie goed gewees om vroeer terug te ry.

Hiermee so bietjie terug voering rondom die vakansie, voertuig asook n paar interesante getalle vir julle...

Afstand gery - 4210 km.

Brandstof ingegooi - 587.00 Liters of 95 Octane fuel

Gemiddelde Verbruik - 13.94l/100km or 7.2km/l

Lowrange eenmaal gebruik om die verskil in die sand te toets teenoor Highrange.

Bande gebruik is die General Grabber AT - Fantastiese allround band. Bande het na die die reis geen abnormale merke, chipping of skade gewys nie. Van die paaie kon ek sien hoe die skerp klippe orals le en met die swaar vrag in het ek ten tye my bedenke gehad net om na die tyd baie tevrede te kan se dit is die beste all round band wat ek al op n 4x4 gery het.

Bandruk op teer was 2.5Bar, Grondpad het gewissel tussen 1.7 en 1.5 voor en agter was 1.8 tot 1.6 bar.
Sand het ek 1.0 bar voor gery en 1.2 bar agter, asook op die pad van Groenriviertoring tot by Brand se baai.

Air Helpers se druk was 1.5 bar met die vertrek en met die vol vrag van 80L water en 40L brandstof extra asook so paar bokse wyn en sakke hout was 1.8 Bar.

So vinnig alles geweeg wat die voertuig gedra het sonder die water en brandstof was by 380kg dit sluit nou die yskas, glyrak stelsel asook battery en alle kamptoerusting, klere asook kos. Tans besig met so bietjie van n gewisverlies program om als tot op die minimum te beperk en so doende die vrag te verlig na so +/- 250 - 300 kg.

Geniet die fotos mense en julle is welkom om vrae te vra.

01.jpg
02.jpg
03.jpg
04.jpg
05.jpg
06.jpg

Re: Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Wed Jan 11, 2017 9:23 pm
by JohanM
07.jpg
08.jpg
09.jpg
10.jpg
11.jpg
12.jpg
13.jpg

Re: Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Wed Jan 11, 2017 9:29 pm
by JohanM
14.jpg
16.jpg
17.jpg
18.jpg
19.jpg
20.jpg
21.jpg

Re: Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Thu Jan 12, 2017 4:02 am
by The Legend
Mooi foto,s Johan.Dit lyk asof jy en jou Prado die vakansie geniet het.

Re: Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Thu Jan 12, 2017 7:12 am
by mcw
Lyk baie lekker Johan

7.2km /l beitjie beter as myne ,lyk as of myne so 6.2km/l doen ,nog nie n lang genoeg rit gedoen om deeglik te toets nie

Martin

Re: Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Thu Jan 12, 2017 8:40 am
by JohanM
Martin ja ek kry gewoonlik sonder die dakrak op en minder vrag so 7.8 - 8.2km/l verbruik oor die algemeen. Ry maar min kort afstande met myne. So ek sal seker ook 6 kry in stads verkeer.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Thu Jan 12, 2017 12:32 pm
by ROOFER
lyk of jy lekker getoer het .
ons land is maar mooi!

Re: Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Thu Jan 12, 2017 8:10 pm
by pietpetoors
Shoe jy het al die mooi plekke besoek.
Jammer ek was nie hier toe jy hier was.

Daai Prado van jou lyk mooi.

Re: Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Thu Jan 12, 2017 9:34 pm
by JohanM
pietpetoors wrote:Shoe jy het al die mooi plekke besoek.
Jammer ek was nie hier toe jy hier was.

Daai Prado van jou lyk mooi.
Pieter dankie ek geniet my Prado baie!!! Ek dink ons moet maar n tyd vaspen dat ons kan gaan saam daai wereld verken. :thumbup:

Re: Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Fri Jan 13, 2017 8:07 am
by Hilux01
Ai Johan hoe verlang ek nou terug
Ons het so paar jaar terug n trip gedoen om meestal grondpad te ry van hier in die Tvl tot aan die weskus
Besoeke ingesluit soos Orania, Sutherland, Oubergpas, Tankwa, Sederberge, St Helenabaai, Verneukpan, Putsonderwater, Witsand ens

Mens besef dan opnuut hoe mooi ons land is

Re: Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Fri Jan 13, 2017 6:49 pm
by george
Lekker Johan :thumbup: Dit lyk sommer bakgat

Kan jy glo ek is al 4 jaar op die weskus en was nog nie by die Spoegrivier grotte nie. :oops:

Ek pak sommer nou my 90

Re: Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Fri Jan 13, 2017 9:00 pm
by JohanM
George jy sal nie fout maak om so paar dae daarso te gaan kamp nie. Daai 90s hou van sulke uitstappies..

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Sat Feb 11, 2017 8:07 pm
by Tank
Hi Johan dankie vir al die mooi foto's jy wil nie dalk vir ons 'n roete kaart ook laai nie asb.

Re: Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Sat Feb 11, 2017 8:48 pm
by JohanM
Tank ek sal bietjie die gps log aflaai en vir julle post hierso


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Weskus en Karoo so vinnig besoek

Posted: Sat Feb 11, 2017 10:14 pm
by Froll
Lyk baie mooi Johan. Ek moet nog self daai plekke gaan besoek. Sal kyk as my trok klaar is. :thumbup: