Weskus Trippie = 2/07/ - 15/07

Tell us about your recent trip. Please add some photographs.
Post Reply
User avatar
Dowe Koos
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 592
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Mon Jul 17, 2017 10:09 am

Dagsê mense.

Hier is my verslag van ons Weskus vakansie.

DAG 1: Trek weg van Pretoria na Kimberley, slaap oor daar. Niks om te vertel nie.
DAG 2: Trek weg van Kimberley, oor na Schmidtdrif, Campbell, Griekwastad, Groblershoop, deur na Putsonderwater. Van daaraf na Kenhardt tot by Brandvlei. Sou daar oorslaap. Hulle het nie goed geadverteer op internet nie, dus kon ek nie boek om daar oor te nag nie. Het maar kans gevat dat ek iets sou kry. Een plek was volgeboek en die ander plek het leeg gelyk. Ons moet dus besluit of ons deur druk na Hondeklipbaai wat nog vyf en halh uur se ry is, wat dan beteken ons sal daar omtrent agtuur aankom. Of ons ry deur na Calvinia toe en dis twee ure se ry. Wel, Calvinia is die antwoord. Kom daar vyfuur aan en kry maklik slaapplek.
Oranje rivier by Groblershoop 1
01- Oranje rivier by Groblershoop 1.jpg
Oranje rivier by Groblershoop 2
02- Oranje rivier by Groblershoop 2.jpg
Voëlnes oppad na Putsonderwater
03 - voelnes oppad na Putsonderwater.jpg
Naby Putsonderwater
04 - Naby Putsonderwater.jpg
Pad na nêrens
05 - Pad na nêrens.jpg
Een van die panne na Calvinia
06 - Een van die panne na calvinia.jpg
DAG 3: Druk deur na Garies oor Loeriesfontein. Pragtige wêreld en pad is goed. Van Garies is ons oor na Hondeklipbaai. Mooi wêreld. Geen probleme gehad nie. Nou ja, het gedink daar sal 'n winkel wees waar ek alles kan koop, maar nee. Moes hout koop by drankwinkel. Vleis en brood by die slaghuis, die slagter bak ook brood vir die dorp. Ander goed by die Ark winkel. Vra rond vir kaart van die wêreld daar. Hulle stuur my rond van een na die ander tot iemand my na een dame verwys wat 'n gastehuis het. Sy het toe een gehad maar dit was 'n tuisgemaakte kaart. Volgens die kaart beplan ek toe my roete vir die volgende dag. Van hieraf oor twee passe na Kammieskroon en buite Kammieskroon is die Kammiesberg pas. Terug dorp toe en van daaraf oor Soebatsfontein deur Wildeperdhoek pas na Kleinzee en dan af langs die kus terug na Hondeklipbaai.
Kerkgeboutjie by Loeriesfontein
07 - Kerkgeboutjie by Loeriesfontein.jpg
Langs die pad na Garies
08 - Langs die pad na Garies.jpg
Weet nie wat die doel is nie
09 - Weetnie wat die doel is nie..jpg
Ons slaapplek by Hondeklipbaai
10 - Ons slaapplek by Hondeklipbaai.jpg
Hondeklipbaai se hond klip
11 - Hondeklipbaai se hond klip.jpg
Skilpadjie langs die pad
12 - Skilpadjie langs die pad..jpg
1ste Son ondergang by Hondeklipbaai
13 - 1ste Son ondergang by Hondeklipbaai.jpg
DAG 4: Wel oor twee passe tot by Kammieskroon en die Kammiesberg pas geen probleem nie. By Kammieskroon hotel kry ek nog twee kaarte, een tuisgemaak en ander een is van die Namakwa NP. Vergelyk die kaarte en werk uit hoe ek verder gaan ry. Wat wel gebeur het oppad Kammieskroon toe, is dat ons twee borde gekry het wat wys, afdraai na Soebatfontein en by altwee is daar hekke wat gesluit is. Met die drie kaarte werk ek toe uit dat ek by Bowelsdorp moet afdraai en die pad vat my dan na Soebatfontein. Maar die kaarte en Google map stem nie ooreen met die werklikheid nie. Amper uur en half later kry ons toe die pad wat na Soebatfontein gaan. Was lekker pret gewees om daar rond te ry in die wilde wêreld. Nou is ons oppad na Soebatfontein. Na omtrent 'n tyd wys die bord, af na Soebatfontein. Draai af en daar is 'n hek, toegesluit. Dit dwing ons toe om na de Drift toe te gaan wat ons toe na Springbok toe vat. Wel, ons is maar toe van daar af na Kleinzee toe, terug na Hondeklipbaai toe.
By die Rooi Spinnekop restaurant hoor ons toe van ander manne wat van Groenrivier afgery het. Kry meer details by hulle en dog toe dat ons die volgende dag daardie pad gaan ry.
Die hotel wat nie meer is nie
14 - Die hotel wat nie meer is nie.jpg
Na die Killians pas
15 - Na die Killianspas.jpg
Killians pas vanaf Grootvlei pas
16 - Killianspas vanaf Grootvleipas.jpg
Bo-op Grootvlei pas
17 - Bo-op Grootvleipas.jpg
Kerkgebou op Kamieskroon
18 - Kerkgebou op Kamieskroon.jpg
Bo-op Kamiesberg pas
19 - Bo-op Kamiebergpas.jpg
Vanaf Spektakel pas
20 - Vanaf Spektakelpas.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.

User avatar
Dowe Koos
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 592
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Mon Jul 17, 2017 10:23 am

DAG 5: So veertien kilometer van Hondeklipbaai draai ons nou suid af deur die Namakwa NP na Groenrivier. Bande afgeblaas en daar gaan ons. Draai gemaak waar die robbe is en paar wilde sandpad later is ons by Groenrivier. Betaal ons toegang daar en vra of ons nog verder kan afry langs die kus tot by Lambertsbaai. Hulle raad was, tot by Brand se Baai behoort ons nie probleme te hê nie. Verder af mag ons dalk probleme optel met hekke wat gesluit gaan wees. Dus sal dit beter wees van Brand se Baai af na Lutzville. Nouja, verby die vuurtoring af ry ons toe, hier en daar slegte sinkplaat pad maar verder geen probleem nie. Op 'n staduim kon ons in die verte 'n massiewe sandhoop sien. Hoe nader ons kom word hierdie sandhoop net groter en groter. Iewers daar kry ons die soutmyn waarvan die wildbewaarder gepraat het en ons is daar verby. Uiteindlik kom ons by hierdie massiewe sandhoop en om dit na Brand se Baai. Op 'n stadium kom ons by 'n bord wat sê, Brand se Baai maar ook 'n hek wat gesluit is. Die wildbewaarder het ons verduidelik ons daar na Lutzville toe moet gaan. Hoe nou, die hek is dan gesluit. Ry maar terug en kry toe 'n myner van hierdie massiewe sandhoop wat toe vir ons verduidelik hoe om by die pad na Lutzville uit te kom. Daar het ons ook omtrent 'n uur verloor maar dit was mooi by Brand se Baai. Van daaraf is ons toe na Clanwilliam. Het drie nagte daar oorgeslaap. Kry toe ook sommer 'n kaart van Clanwilliam se wêreld en beplan wat ons die volgende twee dae gaan doen. Die eerste dag sal wees 'n sirkel roete oor Wupperthal en Matjierivier. Tweede dag sal wees Lambertsbaai.
Langs die kus in Namakwa NP
22 - Langs die kus in Namakwa NP.jpg
Kolonie robbe
23 - Kolonie robbe.jpg
Groenrivier vlei
24 - Groenrivier vlei.jpg
Vuurtoring by Groenrivier
25 - Vuurtoring by Groenrivier.jpg
26.jpg
27.jpg
28.jpg
Treinbrug naby Vredendal
29 - Treinbrug naby Vredendal.jpg
(32.9 KiB) Not downloaded yet
DAG 6: die oggend is ons uit Clanwilliam oor Pakhuis pas en Kouberg pas na Wuppertal toe. By Wuppertal maak ons maar seker oor die pad na Matjierivier toe. Geen probleem, dis twee en half ure se ry. Ons is daar weg en so na halfuur se ry kom ons by 'n vurk. Google map en die kaart wys dat altwee pad kom uit by Matjierivier en die bord was ook nie baie duidelik oor hoe ons moet ry nie. Besluit toe maar om links te gaan. Ons onthou ook toe van die pas wat ons oor moet gaan en dit gaan omtrent 'n halfuur vat volgens die inwoners van Wuppertal. Wel, daar ry ons die pas uit en dit was omtrent halfuur lank en ons sak toe af. Daar ondergekom ry ons al langs die rivier. Ons ry by paar plaashuise verby en kom by 'n hek uit. Vroutjie klim uit om die hek oop te maak, toe sy omdraai na iemand wat haar iets beduie. Sê toe vir my die mense sê ons kan nie hiedie pad ry nie want dit is verwoes met die vorige reën wat hulle gehad het. Ons moet omdraai en by die bordjie weer uitkom. Nouja, ek gaan nie met hulle stry nie, hulle behoort te weet waarvan hulle praat. Draai maar om en gaan weer oor die pas tot by die vurk. Daar gaan ons maar toe regs en dit was die Eselberg pas waarvan hulle toe gepraat het. Pragtige wêreld. Ons is toe deur na Matjierivier, Cederberg en Algeria. Nou van Algeria kom mens nou by die Uitkyk pas uit en dit was die mooiste pas wat ek nog al gery het. Asemrowend. Vandaar is ons toe oor Nieuwoudt pas terug na Clanwilliam toe.
Bo-op Koubergpas
35 - Bo-op Koubergpas.jpg
Wupperthal vanaf Eselbergpas
37 - Wupperthal vanaf Eselbergpas.jpg
38.jpg
Eselbergpas
39 - Eselbergpas.jpg
Bo-op Eselbergpas
40 - Bo-op Eselbergpas.jpg
intersante erosie op muur op Eselberg
41 - intersante erosie op muur op Eselberg.jpg
42.jpg
43.jpg
44.jpg
Oppad na Matjierivier
45 - Oppad na Matjierivier.jpg
Bo-op Uitkykpas
46 - Bo-op Uitkykpas.jpg
Af in die vallei vanaf Uitkykpas
47 - Af in die vallei vanaf Uitkykpas.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.

User avatar
Dowe Koos
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 592
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Mon Jul 17, 2017 10:53 am

Van die vorige deel.
Uitkyk pas vanaf Nieuwoudt pas
48 - Uitkykpas vanaf Nieuwoudtpas.jpg
Oppad bo na Nieuwoudt pas
49 - Oppad bo na Nieuwoudtpas.jpg
Nieuwoudt pas
50 - Nieuwoudtpas.jpg
Langs die Olifantsrivier na Clanwilliam
51 - Langs die Olifantsrivier na Clanwilliam.jpg
DAG 7: Lambertsbaai toe. Daar aangekom was alles toe onder die mis. Kon nie veel sien nie. Ry maar terug Clanwilliam toe. Oppad soontoe wys daar 'n bordjie wat sê Elandsberg kwekery. Dog toe maar om af te draai en te kyk of ek nie paar plante daar kan kry wat uit daardie wêreld deel uitkom. Daar drink ek toe die lekkerste rooibos tee wat ek nie eindlik wou drink nie. Raak so heerlik aan die gesels met die gasvrou wat toe vir my telefoon nommers gegee het van verlangse familie wat in die omgewing bly.
Kontak hulle en geen probleem om vir hulle te kuier nie. Daar by hulle praat ons so lekker oor waar vandaan ons kom en so meer.
Nouja, een ding is seker, as ek aftree sal ek maklik daar wil gaan bly in Clanwilliam se wêreld.
Oppad na Laingshoogte
52 - Oppad na Laingshoogte.jpg
(27.71 KiB) Not downloaded yet
Laingshoogte
53 - Laingshoogte.jpg
My pa se geboorteplek op Graafwater
54 - My pa se geboorteplek op Graafwater.jpg
Mistig in Lambertsbaai
55 - Mistig in Lambertsbaai.jpg
(28.72 KiB) Not downloaded yet
Mistig in Lambertsbaai
56 - Mistig in Lambertsbaai.jpg
Tolla se rusplek
57 - Tolla se rusplek.jpg
DAG 8,9 en 10: Oppad Kaap toe het dit heeltyd gereën. Het die Atlantis duine uitgery. Was een groot vet pret. Een ding is verseker, as jy die sandpaaie al gery het, beteken nie noodwendig jy kan die duine uitry nie. My broer en een neef ry voor my. Daar gaan my broer uit oor die duin. En daar gaan my neef ook uit. Dog by myself, as hulle kan, kan ek ook. Ha Ha, drie keer vasgesit teen die duin uit. Elke keer sê my broer, kry jou spoed reg. Ek gaan elke keer vinniger maar kom nie daar uit nie. Die vierde keer besluit ek, te hel daarmee, as ek met bokspring daar moet uit, sal ek. Ek laat waai maar toe en daar is ek toe uit oor die duin. Ek ry dit toe nog uit sommer vier reg agter mekaar. Daarna was dit net pret waar ons oral ry. Jammer dat ek julle Kapenaars nie kon ontmoet het nie. Maybe next time.
Res van die tyd in die Kaap het ek maar dinge gedoen en gekuier by my een seun wat daar bly en ook my broer.
Een van my planne was dat ek die volgende dag oor Sutherland na Calvinia sou gaan. My broer oortuig my om eerder om reguit na Calvinia te gaan en as ek vroeg genoeg is, dan na Vanryn pas en Knersvlakte te gaan.
Bergrivier by Velddrif
58 - Bergrivier by Velddrif.jpg
By West Coast Farm Stall
59 - By West Coast Farm Stall.jpg
Atlantis duine
60 - Atlantis duine.jpg
Middagete
61 - Middagete.jpg
Atlantis duine
62 - Atlantis duine.jpg
Atlantis duine
63 - Atlantis duine.jpg
In die reen by Atlantis duine
64 - In die reen by Atlantis duine.jpg
64 - In die reen by Atlantis duine.jpg (28.58 KiB) Viewed 475 times
Driekeer vasgesit op hierdie duin
65 - Driekeer vasgesit op hierdie duin.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.

User avatar
Dowe Koos
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 592
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Mon Jul 17, 2017 11:02 am

DAG 11: Ons is deur Wellington oor Baineskloof pas na Ceres toe. Nouja, van Ceres na Calvinia toe is 220 kilometer. Dit is die langste grondpad in Suid Afrika tussen twee dorpe met niks tussen in. Daar ry ons en ons ry en ons ry. Op 'n staduim kry ons 'n bordjie wat sê Half Way House. Net 'n entjie verder, weer 'n bord wat sê Calvinia - 110 km. Dog by onselwe halfpad deur, en daar gaan die een band en bars toe. Sit maar vir die eerste keer vandat ek die bakkie het, 'n spaarwiel op. Ek bekyk die spaarwiel so en besluit dat ek maar rustig sal ry want die spaarwiel is al agt jaar daar onder die bak. Gaan oor Bloukrans pas
Kom in Calvinia aan by Supa Quick en vervang sommer die stukkende band en ook die spaarwiel. So met die geselsery kom dit toe uit dat hulle doen goeie besigheid met almal wat daardie pad gery het.
Halfpad uit op Baineskloofpas
66 - Halfpad uit op Baineskloofpas.jpg
Op Baineskloofpas
67 - Op Baineskloofpas.jpg
68.jpg
69.jpg
Oppad van êrens na nêrens
70 - Oppad van êrens na nêrens.jpg
Halfpad merk
71 - Halfpad merk.jpg
Halfpad merk
72  - Halfpad merk.jpg
Gebarste band in middel van rêrens
73 - gebarste band in middel van rêrens.jpg
Vroutjie sit hand by
74 - Vroutjie sit hand by.jpg
75.jpg
Bloukrans pas
76 - Bloukrans pas.jpg
Oornag by Calvinia
77 - Oornag by Calvinia.jpg
DAG 12 en 13. Ry oor De Aar na Vanderkloof en net buite De Aar ry ons verby die grootste sonkrag plaas in Afrika, Suidelike halfrond en Midde Ooste verby. Dit strek oor 500 hektaar en het 700,000 panele. Dit het 'n 175 megawatt fasiliteit. Slaap oor by Vanderkloof. Besoek Orania en Rolfontein NP. Natuurlik ook die dam.
Sonkrag plaas buite De Aar
78 - Sonkrag plaas s buite De Aar.jpg
Windplaas buite De Aa
79 - Windplaas buite De Aar.jpg
Oornag by Vanderkloof dam
80 - Oornag by Vanderkloof dam.jpg
Uitkyk oor die dam
81 - Uitkyk oor die dam.jpg
Vanderkloofdam
82 - Vanderkloofdam.jpg
Oranjerivier onderkant die wal
83 - Oranjerivier onderkant die wal.jpg
Beeldtuin in Orania
84 - Beeldtuin in Orania.jpg
Orania
85 - Orania.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.

User avatar
Dowe Koos
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 592
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Mon Jul 17, 2017 11:05 am

Opvolg
Deel van dam by Rolfontein NP
86 Deel van dam by Rolfontein NP.jpg
Ander deel van dam by Rolfontein NP
87 - Ander deel van dam by Rolfontein NP.jpg
Deel van dam by Rolfontein NP uitkyktoring
88 - Deel van dam by Rolfontein NP uitkyktoring.jpg
DAG 14. Terug huistoe.

Statistiek
Totaal km ry = 5317km
Totaal brandstof gekoop = R8981.00
Gemid brandstof verbruik = 8.025km/lt
Beste brandstof verbruik = Quest brandstof stasie - 9km/lt
Swakste brandstof verbruik = Shell brandstof stasie - 7.1km/lt
Ander brandstof stasie = Sasol, Caltex en KLK
Sasol = 7.9 km/lt
Caltex = 8.4 km/lt
KLK = 7.5km/lt
Caltex = 8.8km/lt
Caltex = 7.8km/lt
Shell = 7.1km/lt
Shell = 7.7km/lt
Quest = 9km/lt

Ek het altyd gesê dat Sasol is tops. Voor hierdie reis het ek nie 'n snorkel gehad nie. Nou wonder ek of die snorkel vir my beter brandstof verbruik gee. Daar kan ook ander faktore wees.

Daar het julle dit.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.

User avatar
Dowe Koos
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 592
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Mon Jul 17, 2017 12:58 pm

Sien sommer die links op Youtube van die Atlantis duine

https://youtu.be/kvioppIOS9k
https://youtu.be/g_slrNz9wTw
https://youtu.be/l5S-uqz0HZQ
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.

User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3052
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
ORRA Call Sign: X107

Mon Jul 17, 2017 2:10 pm

:thumbup: Lekker man, dis mos nou 'n trip en 'n half....

User avatar
Dowe Koos
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 592
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Mon Jul 17, 2017 3:27 pm

Dankie Stefan
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.

User avatar
Hilux 1
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3994
Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: 2000 Raider 2700i 4x4 Double cab. met "rock sliders" en Powerflo stainless exhaust
Real Name: Tertius
ORRA Call Sign: HC137

Mon Jul 17, 2017 4:08 pm

awesome, net jammer ons kon toe nie duine maak nie. kon lekker gespeel het. sand lekker hard met die reen ook nog.

User avatar
Dowe Koos
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 592
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Mon Jul 17, 2017 4:15 pm

Dit was 'n voordeel vir my wat nog nooit die duine gery het nie. Daar was kolle waar die ander ouens die sand lekker los gery het en ek het heelwat geleer daai dag.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.

User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2399
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
ORRA Call Sign: HC129

Thu Jul 20, 2017 8:51 am

Hallo Hennie,
Dankie vir die deel aan jou tour ervaring. Klink asof julle dit geniet het.
Jammer oor die gesnyde wiel, maar dit was tyd om die spaar na agt jaar te vervang.
Wys nou weer dat 'n gewone pad kan tires beskadig. Ry jy met net een spaarwiel?
Image
HABOOB means "Dust Storm"

User avatar
Dowe Koos
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 592
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Thu Jul 20, 2017 2:17 pm

Hallo Edge.
Jy onthou nog met my Richtersveld trip. Ek het hierdie trip met min inligting aangepak en dit was 'n avontuur 100 keer beter as met Richtersveld. Daardie dae waar ek val vir die media is verby. Daardie stukkende band was op die grondpad tussen Ceres en Calvinia, blykbaar berug volgens Supa-Quick in Calvinia. Ja, ek het net een saamgebring, nie gedink dit is nodig vir twee in ons land nie. Volgende keer bring ek maar altwee spaar saam. Dankie vir jou belangstelling.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.

Post Reply

Return to “Trip Reports”

  • Information
  • Who is online

    Users browsing this forum: No registered users