Weskus Trippie = 2/07/ - 15/07
Posted: Mon Jul 17, 2017 10:09 am
Dagsê mense.
Hier is my verslag van ons Weskus vakansie.
DAG 1: Trek weg van Pretoria na Kimberley, slaap oor daar. Niks om te vertel nie.
DAG 2: Trek weg van Kimberley, oor na Schmidtdrif, Campbell, Griekwastad, Groblershoop, deur na Putsonderwater. Van daaraf na Kenhardt tot by Brandvlei. Sou daar oorslaap. Hulle het nie goed geadverteer op internet nie, dus kon ek nie boek om daar oor te nag nie. Het maar kans gevat dat ek iets sou kry. Een plek was volgeboek en die ander plek het leeg gelyk. Ons moet dus besluit of ons deur druk na Hondeklipbaai wat nog vyf en halh uur se ry is, wat dan beteken ons sal daar omtrent agtuur aankom. Of ons ry deur na Calvinia toe en dis twee ure se ry. Wel, Calvinia is die antwoord. Kom daar vyfuur aan en kry maklik slaapplek.
Oranje rivier by Groblershoop 1 Oranje rivier by Groblershoop 2 Voëlnes oppad na Putsonderwater Naby Putsonderwater Pad na nêrens Een van die panne na Calvinia DAG 3: Druk deur na Garies oor Loeriesfontein. Pragtige wêreld en pad is goed. Van Garies is ons oor na Hondeklipbaai. Mooi wêreld. Geen probleme gehad nie. Nou ja, het gedink daar sal 'n winkel wees waar ek alles kan koop, maar nee. Moes hout koop by drankwinkel. Vleis en brood by die slaghuis, die slagter bak ook brood vir die dorp. Ander goed by die Ark winkel. Vra rond vir kaart van die wêreld daar. Hulle stuur my rond van een na die ander tot iemand my na een dame verwys wat 'n gastehuis het. Sy het toe een gehad maar dit was 'n tuisgemaakte kaart. Volgens die kaart beplan ek toe my roete vir die volgende dag. Van hieraf oor twee passe na Kammieskroon en buite Kammieskroon is die Kammiesberg pas. Terug dorp toe en van daaraf oor Soebatsfontein deur Wildeperdhoek pas na Kleinzee en dan af langs die kus terug na Hondeklipbaai.
Kerkgeboutjie by Loeriesfontein Langs die pad na Garies Weet nie wat die doel is nie Ons slaapplek by Hondeklipbaai Hondeklipbaai se hond klip Skilpadjie langs die pad 1ste Son ondergang by Hondeklipbaai DAG 4: Wel oor twee passe tot by Kammieskroon en die Kammiesberg pas geen probleem nie. By Kammieskroon hotel kry ek nog twee kaarte, een tuisgemaak en ander een is van die Namakwa NP. Vergelyk die kaarte en werk uit hoe ek verder gaan ry. Wat wel gebeur het oppad Kammieskroon toe, is dat ons twee borde gekry het wat wys, afdraai na Soebatfontein en by altwee is daar hekke wat gesluit is. Met die drie kaarte werk ek toe uit dat ek by Bowelsdorp moet afdraai en die pad vat my dan na Soebatfontein. Maar die kaarte en Google map stem nie ooreen met die werklikheid nie. Amper uur en half later kry ons toe die pad wat na Soebatfontein gaan. Was lekker pret gewees om daar rond te ry in die wilde wêreld. Nou is ons oppad na Soebatfontein. Na omtrent 'n tyd wys die bord, af na Soebatfontein. Draai af en daar is 'n hek, toegesluit. Dit dwing ons toe om na de Drift toe te gaan wat ons toe na Springbok toe vat. Wel, ons is maar toe van daar af na Kleinzee toe, terug na Hondeklipbaai toe.
By die Rooi Spinnekop restaurant hoor ons toe van ander manne wat van Groenrivier afgery het. Kry meer details by hulle en dog toe dat ons die volgende dag daardie pad gaan ry.
Die hotel wat nie meer is nie Na die Killians pas Killians pas vanaf Grootvlei pas Bo-op Grootvlei pas Kerkgebou op Kamieskroon Bo-op Kamiesberg pas Vanaf Spektakel pas