Page 1 of 1

Motorfiets carrier

Posted: Sat Jul 16, 2016 5:42 pm
by Dowe Koos
Naandsê almal. Het lank gewik en geweeg of ek 'n trailer moet bou vir my motorfiets wat ek kan saan rondry as ek op vakansie gaan. Het maar toe besluit om vir my 'n carrier gebou wat kompak is en maklik om te gebruik. Sien fotos.
IMG_1799~1.jpg
IMG_1800~1.jpg

Re: Motorfiets carrier

Posted: Sat Jul 16, 2016 8:53 pm
by Froll
Lyk goed Hennie. Net onthou om die ketting af te haal as jy so sleep. :thumbup: :thumbup:

Re: Motorfiets carrier

Posted: Sun Jul 17, 2016 10:42 am
by Mud Dog
Hennie, kyk na die 'carrier' op hierdie thread .... viewtopic.php?f=14&t=38321&p=455838" onclick="window.open(this.href);return false;

Kyk ook na verskillende idees op Google. Persoonlik hou ek nie daarvan dat die fiets op sy agter wiel gesleep word nie - onodige slyting op bearings, ketting moet afgehaal en terug gesit word en dan wonder ek of die fiets nie gaan los werk met die op en af spring trewyl jy ry nie.

Re: Motorfiets carrier

Posted: Sun Jul 17, 2016 5:17 pm
by Dowe Koos
Hallo Andy, ek het aan hierdie konsep geding soos die prentjie van jou.
rack mx600_aa.jpg
rack mx600_aa.jpg (10.65 KiB) Viewed 2553 times
Die bike wat ek wil sleep is 'n BMW 800GS wat 300 kg weeg. Hy is 'n bietjie groot en swaar veral op die hoogte wat ek dit moet opkry met die bakkie en dan boonop is jou bakkie ook gelaai is vir 'n vakansie. Het baie opgekyk op die internet, daar's ouens wat heeltemal gekant is daarteen net soveel ook is daar ouens wat dink dit is goed. Die belangrikste is, soos Rodger sê haal die ketting af. Slytasie is minimaal volgens ouens op BMW klub Wes Kaap. Self die Amerikaners sê ook so. Daar is ouens wat so iets gedoen het vir oor die duisend kilometer. Ek dink net hoe jy dit vasmaak is die belangrikste. Maar dankie vir jou insette, mens leer maar altyd iets. Wat ek wel nie genoem het op die vorige thread nie is dat ek die bike in die raam instoot en dan dit opskroef. Daarna strap ek dit vas. Groete tot dan.

Re: Motorfiets carrier

Posted: Sun Jul 17, 2016 6:50 pm
by ChrisF
Het self so een gebou .... toe ek sien hoe die fiets rond hop het ek dit tot niet gemaak


In die 80s is scrablers so gesleep .... nie meer nie

Glo die manne het skoolgeld betaal

Re: Motorfiets carrier

Posted: Mon Jul 18, 2016 2:41 am
by Mud Dog
Daai rond hop is wat my ook sou pla, veral op die lang pad. Vir my persoonlik dink ek dat 'n bike trailer 'n beter opsie gaan wees - daars dan ook plek om 'n paar extra goedjies te laai. :winkx: