Page 1 of 1

Raad vir winch mounting

Posted: Tue Dec 05, 2017 8:24 am
by Dowe Koos
Dagse manne, ek wil vir my raam bou waar ek die winch kan installeer. Vraag is die base plate waarop die winch gemount gaan word, kan dit vertikaal wees of horisontaal wees. Hoe belanerik is dit. Groot dankie.

Re: Raad vir winch mounting

Posted: Tue Dec 05, 2017 4:20 pm
by coetzer94
Soos ek verstaan wil jy n raam bou vir die winch, maar ek is nie seker waar jy hom wil opsit nie? Ek het al gesien dat die ouens n plaat bou wat by jou detatchable towbar se plek insuif waarop jy dan die winch vas sit. Die ouens wat bootsleep gebruik mos die voorste towbars om mee te launch wat in hierdie geval net so lekker kan werk. Ek sou se die sterkste sal wees om hom normaal (plat) te mount. Dis sodat hy makliker pak, asook sterker is met die dat jou boute en welds van Shear kragte gaan afhang.

Re: Raad vir winch mounting

Posted: Tue Dec 05, 2017 5:26 pm
by Dowe Koos
Ja die raam is deel van die bullbar/bumper wat aan die onderstel vaskom.

Re: Raad vir winch mounting

Posted: Tue Dec 05, 2017 6:06 pm
by Mud Dog
Vian wrote:Ek sou se die sterkste sal wees om hom normaal (plat) te mount ........ asook sterker is met die dat jou boute en welds van Shear kragte gaan afhang.
Net so. Base plaat moet ook stywig wees ... 8mm plaat. Probeer hom so ver terug en laag as moontlik te kry sonder dat dit jou 'approach angle' te baie hinder. Hoe laer hy sit in lyn met die chassis raam, hoe minder stress deur die bullbar of integrated bumper.