Page 1 of 1

Mosambiekse groot trek

Posted: Sun Nov 07, 2010 9:11 pm
by Paul Grobler
Ons was oppad trug van ons jaarlikse trip af na die SA grens by Pafuri toe ons op die Nissan bakkie afkom wat half lyf in die water staan waar hulle die Limpopo wou kruis na die ander kantste dorpie so 10 km anderkant die grens. Ons het hom toe met ou betroubaar uit die water gesleep en toe probeer om dit weer aan die gang te kry na n lang gesukkel loop die motor weer. Toe begin die drywer van die Nissan onderhandel laat ons hom uit desperaatheid asb na die anderkant moet sleep agter ou betroubaar wat ons toe instem op en was dit n gesig hiers n paar fotos van die gebeurtenis

Re: Mosambiekse groot trek

Posted: Sun Nov 07, 2010 9:29 pm
by OOOOMS
Lekker roete daai :thumbup: Wil dit graag doen voor die rivier afkom!

Re: Mosambiekse groot trek

Posted: Sun Nov 07, 2010 9:31 pm
by Paul Grobler
en so :dance1:

Re: Mosambiekse groot trek

Posted: Sun Nov 07, 2010 11:05 pm
by JohanM
OOOOMS wrote:Lekker roete daai :thumbup: Wil dit graag doen voor die rivier afkom!
Ek ry daai pad so teen die 19de Maart 2011. Teen daai tyd behoort die rivier al klaar afgekom het en gesak het. :thumbup:

Re: Mosambiekse groot trek

Posted: Mon Nov 08, 2010 7:26 am
by Paul Grobler
Hoop so Johan want ons het hom in Aug gery en daar was nog baie water ! Het vir 5 dae net in die limpopo af gery en die verste wat ons van die grens was was so 35 km maar dit was n belewenis

Re: Mosambiekse groot trek

Posted: Mon Nov 08, 2010 7:31 am
by chopper
Johan,
Ek glo dat jou enigste kans op 'n kruising in Maart is met die pont by Mapai :thumbup:

Re: Mosambiekse groot trek

Posted: Mon Nov 08, 2010 7:37 am
by JohanM
Thanx Thinus!!! Gelukkig is die roete redelix flexible om in Moz te kom so as dit die pont is, dan maak ons so... Tog lekker om so iets ook te ervaar!!! Dis mos ma deel van Afrika travel... :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: Mosambiekse groot trek

Posted: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
by chopper
Johan,
Die ander roete is Kruger - Moz via die Giriyondo hek afhangende van waarheen julle op pad heen is?
Die Vilanculos manne ry normaalweg via Mapai

Re: Mosambiekse groot trek

Posted: Mon Nov 08, 2010 4:38 pm
by Thabogrobler
Het in 2006 vanaf Pafuri na Mapai gery al langs die Limpopo af met die Defender Trophy. Amper-amper was daar groot akkies toe ons nie 'n vlak genoeg plek kan kry om te kruis nie...

Re: Mosambiekse groot trek

Posted: Mon Nov 08, 2010 8:20 pm
by chopper
:wth: :lol: