Page 1 of 1

SWAMBO MET HA 2.4 DIESEL 4x2 RECOVER MY 4x4 2 KEER IN 1 WEEK

Posted: Tue Jun 14, 2011 9:35 pm
by TheoF
:disgust: :oops: :disgust: :oops:
Hiermee verklaar ek T Fourie dat my vrou my 2.5 D4D 4x4 by 2 geleenthede die afgelope week herwin het met ons 2.4 diesel swb 2x4 plaasbakkie en wil MEV. baie graag weet wat die forum manne hiervan dink. Genadiglik geen fotos beskikbaar nie.

Re: SWAMBO MET HA 2.4 DIESEL 4x2 RECOVER MY 4x4 2 KEER IN 1

Posted: Tue Jun 14, 2011 9:37 pm
by george
:clap: :clap: Jys die beter man om dit te erken

Re: SWAMBO MET HA 2.4 DIESEL 4x2 RECOVER MY 4x4 2 KEER IN 1

Posted: Tue Jun 14, 2011 9:38 pm
by Mud Dog
Ek dink sy moet ons hier oppie forum join! :lol: :lol: :lol:
Dalk kan sy vir ons almal raad gee! ;-)

Eish, Theo! Wat het jy nou angevang! :D:

Re: SWAMBO MET HA 2.4 DIESEL 4x2 RECOVER MY 4x4 2 KEER IN 1

Posted: Tue Jun 14, 2011 9:57 pm
by CasKru
Daar kan verskeie faktore hiervoor wees. Maar sonder foto's sal ons ongelukkig nooit ons opinie kan gee nie

Re: SWAMBO MET HA 2.4 DIESEL 4x2 RECOVER MY 4x4 2 KEER IN 1

Posted: Wed Jun 15, 2011 7:05 am
by ThysdJ
Theo

Die eerste stap is geneem. Dit is om te erken jy het 'n probleem.... :thumbup: :thumbup: Baie geluk en respek dat jy mans genoeg is om te erken jou vrou is 'n beter bestuurder as wat jy is. Voertuie sit nie sommer so vanself vas nie, dis die bestuurder wat die voertuig laat vassit... :twisted: :twisted: :twisted: :twisted:

Aan die ander kant is dit ook waar dat as jy nog nie vasgesit het nie, het jy nog nie hard genoeg probeer nie.... :lol: :lol: Ons sit almal vas, selfs ou Kaspaas moes al met 'n Land Rover herwin word, en daar was fotos... :oops: :oops: :oops: :oops:

Koop vir haar blomme en se mooi dankie... jy moet dalk weer binnekort op haar nommer druk... :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: SWAMBO MET HA 2.4 DIESEL 4x2 RECOVER MY 4x4 2 KEER IN 1

Posted: Wed Jun 15, 2011 7:29 pm
by TheoF
Thys wag, wag, wag so bietjie,ek het erken sy't my uitgesleep ma nog nie dat sy 'n beter bestuurder as ek is nie hoor.
Dan die ander ding , daai Land Rover ding ,dit moet darem erg wees broer, ek kan my net indink watse sielkundige letsels dit moes gelos het.
Jy moet 'n baie sterk persoonlikheid he want dit sou my gebreek het.
Ek wonder of Kaspaas jou al vergeef het.

Re: SWAMBO MET HA 2.4 DIESEL 4x2 RECOVER MY 4x4 2 KEER IN 1

Posted: Mon Jun 20, 2011 1:55 pm
by ThysdJ
TheoF wrote:Jy moet 'n baie sterk persoonlikheid he want dit sou my gebreek het.
Niks wat 'n paar koues nie kon regruk nie... berading uit die bottel... :twisted: :twisted: :twisted:
TheoF wrote:Ek wonder of Kaspaas jou al vergeef het.
Hy wou bietjie harregat raak met my maar toe ons by die 3de petrolpomp verbyry, toe kom hy agter dit help nie om kwaad te bly nie... :twisted: :twisted: :twisted: