Mount Dyer Fynbos 4x4

Tell us about your favorite 4x4 trail. Tell us how easy or difficult it was, is there escape routes for the faint hearted? Please add some photographs if you can.
Post Reply
User avatar
tersmit
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 564
Joined: Mon Aug 30, 2010 8:51 pm
Town: Durbanville Cape Town
Vehicle: '06 Hilux 4x4 4.0 Auto D/C, 185a/h Dual Battery Sistem, 1500w inverter
Real Name: Tertius

Mount Dyer Fynbos 4x4

Post by tersmit »

More more
Ek gaan die naweek Gansbaai toe en wil sommer bietjie gaan speel terwyl ek daar is.
Ek het rondgesoek vir 'n trail report van die Mount Dyer trail.
Sover is die plan om alleen te gaan.
Vrae:
1. Is een voertuig genoeg, of moet ons nog wees ?
2. Ek het 'n 2006 Hilux 4x4, standaard, gaan daar probleme wees met ground clearance etc ?
3. Hoe lank vat die roete om te voltooi ?


Dankie Baie
T
User avatar
tersmit
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 564
Joined: Mon Aug 30, 2010 8:51 pm
Town: Durbanville Cape Town
Vehicle: '06 Hilux 4x4 4.0 Auto D/C, 185a/h Dual Battery Sistem, 1500w inverter
Real Name: Tertius

Re: Mount Dyer Fynbos 4x4

Post by tersmit »

Ok
Mount Dyer Fynbox 4x4 Roete is Verlede jaar Desember gesluit.
Maar Gelukkig ken my gids wat in die omgewing bly ander paaie wat teen die berg opgaan.
Ons Skakel toe vir Hannes, kan nie nou sy van onthou nie. Hulle plaas is onder aan die voet van die berg naby Franskraal.
Jy ry nou verby Franskraal se ingang, dan draai jy links na die kwekery se kant toe, hou net reg uit aan met die pad tot hy doodloop, dan kry jy die Plaas huis.
Die roete is baie maklik, en is meestal seker maar 'n 1, met uitsondering van die begin wat styl los klippe is, wat seker so 2 is.
Die roete is baie mooi, en jy ry tussen die fynbos die heelpad. As jy eers bo is, kan jy tot Kaap punt sien.
Die uitsigte bo op die berg is asemrowend. Ons het 'n paar Walvisse gesien van bo op die berg.
Die hele roete het ons 3 ure geneem. Ons het baie gestop en foto's geneem.
Toe ons klaar in die berg was, het ons bietjie op die sand gaan ry oppad Pearly Beach toe. Daar is klomp sand paaie agter die duine. Ai die ou V6 Auto loop maar net tog te lekker innie dik sand.

Hier is so paar foto's van die trip teen die berg op.

Hannes se sel nr is:084 553 4106
Attachments
My Lux, bo op die berg
My Lux, bo op die berg
fk04.jpg
Een van die uitsigte bo op die berg
Een van die uitsigte bo op die berg
Die eerste stuk van die roete is baie klippe
Die eerste stuk van die roete is baie klippe
User avatar
Blackadder
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 306
Joined: Mon Sep 13, 2010 8:12 am
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Fortuner 3.0 D4D, Ironman Bumper, OME, Dual Battery, BFG'S, TJM Snorkel, Navstar 220 29mhz radio, LAS Pro Rear Bumper, Frontrunner Roofrack
Real Name: Thinus
Club VHF Licence: X82
Location: Centurion

Re: Mount Dyer Fynbos 4x4

Post by Blackadder »

Wow...Wat 'n uitsig...Ek wil volgende jaar so Maart/April Gansbaai toe om bietjie Galjoen te vang. Ek dink ek sal die outjie moet in werk terwyl ek daar is...Dankie vir die pics.
Image
Post Reply

Return to “Trail Reports”