Page 1 of 1

3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Sun Dec 18, 2011 9:53 pm
by Traveler
Afgelope naweek het ons as gesin die bekende (berugte) 3 Provinsies buite Volksrust.
Vanaf Boksburg het ons die N17 gevolg via Secunda en Bethal. Hier het ons afgedraai en deur Morgenzon en Amersfoort aangery Volksrust toe. 13km vanaf Volksrust of die Vrede pad vind jy afdraai aan die linkerkant van 3Provinsies 4x4.
Volg die grondpad vir ‘n verdere 5km en dan is jy by die ou plaashuis wat dien as ontvangs en die kantoor. Die ou huis het ‘n ongelooflike uitsig oor ‘n wye valei waaroor jy nog sal kans kry om baie uit te tuur.
Nadat ons die nodige vorms onderteken het is ons ‘n roetekaart gegee asook ‘n beskrywende lys van die roetes wat mens op jou eie kan gaan ry. Die kaart en die beskrywings is van die beste wat ek nog gesien het, indien dit dalk nie die heel beste is nie.
Ons het besluit om dadelik ‘n roete te gaan ry en het uitgewyk om die “Ou Wildkamp” te gaan ry, dit staan nou bekend as die Tierkloof roete. Hierdie roete het ons navigasie tot die uiterste beproef. Duidelik word hy nie gereeld gery nie, en daar is nie regtig spore om te volg nie. Dit was werklik soek die roete tussen die GPS coordinate. Ek sal erken teen hierdie tyd het ek erg begin twyfel in my keuse om 3 Provinsies te gaan ry. Ek het groot dele van die roete “gestap/gesoek” terwyl Nadine bestuur het. Die uitsig het wel loshande opgemaak vir die tekortkoming van hierdie ervaring. Dit was ‘n baie uitdagende roete en daar was dele wat my nogal laat snak het na my asem (die gedagtes van ‘n stukkende diff nog vars in die geheue). Ons het wel gekies om die moeiliker dele te doen, en ek dink die gewone roete sal niks meer as ‘n 3/5 wees nie. Die uitsig gedurende hierdie roete was konstant asemrowend gewees.
Nadat ons hierdie roete voltooi het, het ons na die kampterrein toe gery. ‘n Baie aangename kampterrein met netjies fasiliteite het ons ingewag. Dit bly steeds ‘n “boskamp”. Jy is tussen bome en daar is nie mooi grasperke nie. Dit is meer private ruimtes tussen die inheemse bos. Ons het kamp nommer1 gevind en sommer daar uitgespan. Daar is nie elektrisiteit nie, maar daar is goeie wasfasiliteite en daar is skoonwater wat jy kan drink.
Ongelukkig was die kamp baie vol, en daar was een of ander LandRover klub gewees wat gedink het dis hulle taak om almal te vermaak.
Saterdagoggend het ons die hoofroete aangedurf. Die roete is uit en uit ‘n natuurlike roete, al die uitdagings en hindernisse is wat die natuur daar gesit het. Daar is geen plaveisels nie, en gaan sement nie. Als is klip, turf en grond.
Die hoofroete is ‘n ander perd. Hy word duidelik, gereeld gery, en daar is niks wat geraai hoef te word nie. Weereens is die roete gelee in asemrowende omgewing, en die vistas en die uitsig laat mens verstom.
Die 1ste deel van die roete het ons baie stadig gedoen saammet ‘n groepie vanuit Pretoria en Kempton Park. Daar was ‘n Defender, Ranger, Cherokee en 2 Willy’s Jeeps in die groep. By die braaiarea het ons agter ‘n Fortuner en ‘n Prado ingeval. Hierdie manne was vanuit Newcastle en r y die roete gereeld, en ek het Helshoogte en Die Tonnel saammet hulle gery, daarna het ek hulle maar gelaat om aan te gaan want hulle het dinge met bietjie te veel spoed aangevat.
Hierdie roete verdien sy reputasie verseker. Dit is nie ‘n speletjie nie, en mens moet maar katvoet te werk gaan met heelwat van die hindernisse omdat baie van dit gery word teen moeilike hoeke. Min gebeur op platgrond. Daar is baie los klip, en baie seepgladde turf.
Ek sal verseker weer gaan kuier, en sien uit na my volgende ry by 3 Provinsies.

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Mon Dec 19, 2011 7:12 am
by Traveler
Aan die begin van die Tierkloofroete.

Die beeste het nogal lank agter Dreadnought aangestap. :mocking:

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Mon Dec 19, 2011 7:15 am
by Traveler
Hierdie stukkie van die Tierkloofroete het my die meeste probleme gegee. Traksie was maar min, en daardie klippe aan die linkerkant is bedrieglik hoog.

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Mon Dec 19, 2011 7:25 am
by Traveler
Die kampterrein.

Soos julle sien, dis steeds baie natuurlike plantegroei.

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Mon Dec 19, 2011 7:25 am
by CasKru
Klink na vet pret

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Mon Dec 19, 2011 7:36 am
by Traveler
So paar van die snaps van die hoofroete self.

Die fotos wat ons geneem het saammet die ander manne het ons hierdie kringe gekry waar die weerlig die berge gepeper het.

So entjie van daar af kry jy hierdie vingerpolle.

Die plek waar jy kan staan en voete sit in 3 provinsies sonder om 1 meter te skuif.

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Wed Jan 04, 2012 7:22 am
by OOOOMS
Baie nice :thumbup: Dankie vir die pics, wonderlike gaste daai mense :thumbup:

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Wed Jan 04, 2012 7:38 am
by Ou vale1
Baie nice roete :thumbup:
BTW, watse vierkantige box sleep daai FROD agter hom? :twisted:

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Thu Dec 20, 2012 9:25 am
by louis fourie
Net om julle te laat weet, hierdie jaar is ons beurt :yahoo:

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Thu Dec 20, 2012 11:25 am
by offroad nut
Hi Traveler
Pictures of Helshoogte

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Thu Dec 20, 2012 12:04 pm
by 4x4Maniac
Louis, is hierdie jaar nou 2012, of 2013, ek wil ook baie graag weer hierdie roete aanpak. Laaste keer toe ons hierso was het ek n stukende diff gehad.

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Thu Dec 20, 2012 12:58 pm
by offroad nut
Looks like it was the 4x4 community that where there on the weekend
http://4x4community.co.za/forum/showthr ... 30&page=65" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Thu Dec 20, 2012 1:01 pm
by louis fourie
Hierdie jaar - 2012

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk 2

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Thu Dec 20, 2012 2:49 pm
by KOBUSL
Ou vale1 wrote:Baie nice roete :thumbup:
BTW, watse vierkantige box sleep daai FROD agter hom? :twisted:
Dis die oliekan................... :laugh2: :laugh2:

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Thu Dec 20, 2012 6:53 pm
by 4x4Maniac
louis fourie wrote:Hierdie jaar - 2012

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk 2
Mmm as jy nou gese het volg. Jaar dan sou dit lekker gewees het om jou te join, wanneer beplan julle?

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Thu Dec 20, 2012 9:17 pm
by louis fourie
4x4Maniac wrote:
louis fourie wrote:Hierdie jaar - 2012

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk 2
Mmm as jy nou gese het volg. Jaar dan sou dit lekker gewees het om jou te join, wanneer beplan julle?
Heinrich

Ons ry Maandag, maar wie sê ons wil nie weer gaan nie:)

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk 2

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Sat Jul 20, 2013 10:01 pm
by subok
Enige lede daar vir die langnaweek in Augustus?

Hilux D4D
ORRA X130
4x4AG GP0228

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Tue Apr 15, 2014 3:57 pm
by grobbepj
Hierdie is n ou draad en het net gewonder of iemand onlangs hier was?
Wat is die kans vir skade?
N vriend van ons wil soontoe oor die langnaweek met sy land cruiser vx100 wat n OME suspensie in het maar ook nog sy running boards etc. moet hy sy running boards afhaal?? Sy LC het nou nie die beste grondvryhoogte wat ek al gesien het nie.

Enige idees wat ek kan aanpass sal waardeer word.

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Tue Apr 15, 2014 7:33 pm
by louis fourie
Pieter

Dit hang af waar 'n mens ry. As hy oor die berg ry, hy sal weet waarvan ek praat as my daar is, gaan hy heelwat meer as nuwe running boards nodig hê.

Sent from my IdeaTab S6000-H using Tapatalk

Re: 3 Provinsies 16.12.2011

Posted: Tue Apr 15, 2014 8:07 pm
by grobbepj
louis fourie wrote:Pieter

Dit hang af waar 'n mens ry. As hy oor die berg ry, hy sal weet waarvan ek praat as my daar is, gaan hy heelwat meer as nuwe running boards nodig hê.

Sent from my IdeaTab S6000-H using Tapatalk
Dankie Louis. Sal hom laat weet. Dan moet hy dalk eerder die een n skip gee... Lyk na n baie nice roete maar hy sal nie skade goed vat nie :-)