Page 1 of 1

This is not good news for us West Coast mense !!!!!!

Posted: Thu Feb 14, 2013 1:52 pm
by Stubs
http://www.weslander.co.za/articles/art ... s&id=49524" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: This is not good news for us West Coast mense !!!!!!

Posted: Thu Feb 14, 2013 3:03 pm
by KOBUSL
:evil: :evil: Dit laat die bloed kook. Ape wat dink alles behoort aan hulle en kan dit opmors soos hulle wil. In die proses ly ons almal daaronder.
Ek stel voor ons borg 'n baie groot stootskraper om 'n groot genoeg hindernis te bou om die elemente uit te hou, sodat net ware 4x4 mense dit kan besoek. Vir hulle kan ons tenminste vra om hulle te gedra, soos 92% dit reeds doen. m50cw

Re: This is not good news for us West Coast mense !!!!!!

Posted: Thu Feb 14, 2013 4:41 pm
by Hoppy
Luckily Stubs is not a Weskusmens, maybe they will allow imports as they don't kuier that much......

Re: This is not good news for us West Coast mense !!!!!!

Posted: Thu Feb 14, 2013 8:23 pm
by Tonto
Ek kan nie die artikel oopmaak nie, kan iemand dalk help?

Re: This is not good news for us West Coast mense !!!!!!

Posted: Thu Feb 14, 2013 8:50 pm
by Froll
You get them all over. :thumbdown:

Re: This is not good news for us West Coast mense !!!!!!

Posted: Thu Feb 14, 2013 9:41 pm
by pietpetoors
“Obsene tekens”, kru-taal en aggressie.

Dít is die reaksie wat Roelf Louw, eienaar van Varswaterbaai kry wanneer hy kampeerders daarop wys dat hulle op privaateiendom is.

Varswaterbaai grens aan Trekoskraal.

Mense kamp gereeld onwettig op Trekoskraal, sowel as op die aangrensende Holbaai en Varswaterbaai. Volgens Louw, is die strukture waaronder kampeerders en dagbesoekers in die verlede kom “afpak” het, twee jaar gelede afgebreek, “maar dié goed het intussen weer een vir een opgegaan. Dis ’n nagmerrie!”

Louw en Kasper Wiehahn, die eienaar van die grond by Trekoskraal, probeer die sensitiewe gebied beskerm, maar mense los hulle rommel oral en ry elke naweek sonder enige gewetenswroeginge met hul 4x4’s en vierwielmotorfiets oor die sensitiewe duineveld en die strand. “Nêrens in die land is dit wettig om op ’n strand te ry nie. Ek weet nie hoekom mense dink hulle kan dit hiér kom doen nie,” sê Louw. Hoewel die kusreserwe (die strand tot by die hoogwatermerk en 100m land in) staatsgrond is, word kamp ook hiér verbied.

Louw sê die voertuie versteur die sensitiewe ekosisteem en swarttobies se eiers word platgery. Dit is baie moontlik dat waardevolle artifakte van die Khoisan ook in die proses vernietig word. Twee Khoisan-skelette is al in dié gebied opgegrawe, sowel as die oudste volledige Khoisan-pot wat nou in die nasionale museum in Kaapstad is. Volgens Louw word gereeld kennisgewings by sy grens opgerig wat ’n privaat-natuurreservaat aandui, maar dié borde hou nooit lank nie. “Mense haal dit uit of ry eenvoudig daaroor.” Toe Louw ’n man aangespreek het wat besig was om seevoëls te skiet, het dié glo vir hom gesê dat hy ’n Weskusser is en dat “niemand vir hom sal sê nie”.

’n Tienerseun wat op die duine by Holbaai met sy vierwielmotorfiets gery het, het krutaal gebruik en vir Louw ’n lelike teken gewys. “Dít is die tipe houding waarmee ons te doen kry,” sê Louw.

Die groot vraag is, wat word dan wel by Trekoskraal toegelaat? Volgens Wiehahn mag mense die servituutpad na die kus (wat aan die staat behoort) gebruik, maar nie die onwettige paaie op sy grond wat mense met hul 4x4’s uitgery het nie. Mense mag kom piekniek hou, die natuurskoon geniet en stap, maar niemand mag oorslaap nie. Kampeer op die strand (staatsgrond) of op die aangrensende privaatgrond, is streng verbode. Geen voertuie mag op die strand, die duine of oor die delikate fynbos ry nie. Wiehahn vra ook dat besoekers die gebied respekteer en hul rommel saamneem wanneer hulle huiswaarts keer. Hy sê die gebruik van Trekoskraal is ’n voorreg en nie ’n reg nie.

Re: This is not good news for us West Coast mense !!!!!!

Posted: Fri Feb 15, 2013 12:25 am
by ROOFER
dis nou jammer

Re: This is not good news for us West Coast mense !!!!!!

Posted: Fri Feb 15, 2013 8:35 am
by pietpetoors
That is unfortunately life. You get people who go to a place and enjoy nature. Then you get the pigs who think they have the right to go on another person's property and have the right to stuff up everything and make a mess. Them pigs always spoil it for everybody because in the end nobody is allowed to go there anymore.

I feel sorry for this land owner because it will be very hard to control access to his farm. Since there is a road running over his land he cannot really stop people from going in there. I wish we could turn it into a private nature reserve kind of thing where only "true friends of Trekos" are allowed, not the kind who pollute and damage the area.