16-17 Augustus 2014 Buiteleweskou Devoetpadkloof

Post Reply
User avatar
Hilux01
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 591
Joined: Tue Aug 26, 2008 11:54 am
Town: Secunda
Vehicle: Toyota Hilux 3.0D4-D dc 4x4
Real Name: Henk
Club VHF Licence: X85

16-17 Augustus 2014 Buiteleweskou Devoetpadkloof

Post by Hilux01 »

Mnre en dames

n Vriend van my is besig om saam met die manne van deVoetpadkloof (2ure van Gauteng tussen Middelburg en Loskopdam) http://www.devoetpadkloof.co.za/ n buitelewe skou aanmekaar te slaan
Dit gaan die 16-17 Aug 2014 wees en deel van die skou is n Toyota saamtrek om Hilux, Fortuner en Cruisers bymekaar te kry een van die borge is Barloworld Toyota Witbank (en Middelburg) wat 2010 die hempde geborg het vir die AAWDC Family fun day
Daar gaan vreeslik baie uitstallings wees deur off road waentjie fabrikate, 4x4 winkels en nog baie meer

Ek heg n berig aan wat in die plaaslike koerant verskyn het
Ek self is vas want ek gaan 2 Aug pa word en twee weke later gaan nie lekker werk nie
Ek hoop iemand soos Ali3 en van die ander manne van die Noordelike streek se fees kommitee kan dalk offisieel aanmekaar slaan

Wat dink julle?

Buitelewe Skou

Van ’n 4x4 baan tot splinternuwe 4x4 kampwaens wat vir die eerste keer op uitstalling sal wees, sal deel uitmaak van die reuse Buitelewe Skou op 16 en 17 Augustus by De Voetpadkloof.
Mnr. Koos Kleinsmith (van De Voetpadkloof) sê dat daar reeds ’n lang lys uitstallers is wat bevestig het dat hulle die Buitelewe Skou gaan bywoon. Daar is buiten die uitstallings ook verskeie aktiwiteite op die program.
• Die plaaslike Shongololo besigheid wat bekend is vir sy sakprys kamptoerusting sal tydens die skou die nuwe “Shongololo” kampwaentjie van die Bush Lapa reeks bekendstel. Dit sal die eerste keer wees dat dié waentjie op uitstalling in Mpumalanga is. Bush Lapa het ook ander waentjies in hul reeks, met interessante name soos Rooimier, Vlooi, Boskriek, Miskruier en Geitjie!
• Maranata 4x4 bring ook ’n nuutjie na die skou. Die nuwe Offtrax “Outplay” en “Outback” 4x4 waentjies.
• Conqueror/Opposite Lock 4x4 Fitment Centre (eMalahleni) gaan in samewerking met Barloworld Toyota Middelburg en eMalahleni ’n reuse 4x4 baan tydens die skou saamstel.
Op dié baan kan 4x4 geesdriftiges die geleentheid kry om met nuwe 4x4 Hilux bakkies en Landcruisers saam met instrukteurs op die baan te ry. Mense kry dus die geleentheid om nie net nuwe voertuie te toetsbestuur nie, maar ook hul bestuursvernuf op te knap.
Mnr. PJ Raath (verkoopsbestuurder van Conqueror/Opposite Lock 4x4 Fitment Centre) sê hulle gaan verder poog om op dié dag ’n rekord saam te stel. Mense word genooi om met hul eie Hilux bakkies, Fortuners en Landcruisers op te daag. ’n Spesiale parkeerarea sal toegerus word.
Die plan is om ’n rekord op te stel vir die meeste voertuie by so ’n uitstalling. Alle persone wat hul voertuie inskryf vir die uitstalling, betaal ’n R50 inskrywingsfooi en pryse kan gewen word. ’n Lugfoto sal ook op die dag geneem word.
Fondse wat met dié uitstalling geïn word, sal geskenk word aan die “Choc” organisasie, wat hulp verleen aan kinders met kanker.
Vir meer inligting en inskrywings, bel mnr. Raath by 071 682 1990 of stuur epos na witbank@oppositelock.co.za
Ander uitstallers sluit in:
• Sollys GM Middelburg wat van hul voertuie sal uitstal.
• TV Electric sal gerat wees vir alle buitelewe toerusting soos flitse.
• Middelburg Jurgens met hul karavane en ander kamptoerusting.
• Middelburg Bow & Outdoor - alle benodigdhede vir boogjag.
• Le Cars - Vierwielaangedrewe motorfietse.
• Sunset Boats (van eMalahleni) - bote.
• Outdoor Warehouse (eMalahleni) - alle buitelewe benodigdhede.
• Rod & Reel - hengeltoerusting.
• Mahindra eMalahleni - uitstal van voertuie.
• Esaaks Middelburg - kamp en ander buitelewe toerusting.
Daar is ’n maatskappy van Pretoria wat Saligna buitelug meubels kom uitstal, ’n uitstalling van unieke sakke vir van bootenjins tot gasbottels en braaiers, ’n uitstalling oor ’n nuwe konsep in tentpenne, ’n uitstalling van ketties en ’n persoon wat mense gaan wys hoe om met koerantpapier brikette te maak!
Vic Boshoff, die slangkenner, gaan ’n vertoning lewer.
Mnr. Kleinsmith het gemeld dat daar meer as genoeg stalletjies met eetgoed sal wees en die biertuin sal die dorstige kele nat hou.
2013 Toyota Hilux 3.0D4-D dc 4x4
Bush Lapa Miskruier 810
Gerbers Alu Canopy
ORRA Call Sign: X85
Image
User avatar
Hilux01
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 591
Joined: Tue Aug 26, 2008 11:54 am
Town: Secunda
Vehicle: Toyota Hilux 3.0D4-D dc 4x4
Real Name: Henk
Club VHF Licence: X85

Re: 16-17 Augustus 2014 Buiteleweskou Devoetpadkloof

Post by Hilux01 »

Bump...

Manne het bietjie Ali3n gesels verstaan daar is heelwat ander dinge aan daai naweek maar ek is seker ons kan n paar Toyotas bymekaar gooi
2013 Toyota Hilux 3.0D4-D dc 4x4
Bush Lapa Miskruier 810
Gerbers Alu Canopy
ORRA Call Sign: X85
Image
Post Reply

Return to “Mpumalanga”