Dust Challenge Series (DCS)

Post Reply
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16625
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
ORRA Call Sign: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Wed Aug 10, 2016 6:04 pm

Ek sien dis maar stil hier, maar ek wil iets se, en ek gaan iets se.

So 'n rukkie gelede het die Dust Challenge Series (DCS) in die Weskaap afgeskop met 2 baie suksesvolle geleenthede wat goed bygewoon is en wat baie goeie terugvoering gekry het. Ons wil dit bietjie wyer aan 'n groter gehoor bekendstel en daarom se ek dit hier.

Wat is die DCS? Dis makliker om te verduidelik waaroor die DCS NIE gaan nie. Almal sien die woord "Challenge" in die titel en onmiddellik doem prentjies van groot wiele, pypkarre en baie modder en stof wat vlieg en gedrogte wat teen kleiwalle hang op in hulle gedagtes. Nee, dis waaroor dit NIE gaan nie. Trouens, ons bou die hindernisse op so 'n manier dat Jan Alleman met sy splinternuwe Prado kan kom deelneem, sonder dat die voertuig beskadig of verniel word. Die DCS is 'n uitdaagreeks wat daarop gemik is om elke 4x4 bestuurder in die land (okay ons is nog nog net besig in die Weskaap maar ons mag droom) se 4x4 vernuf te toets op maniere wat dit nog nie vantevore gedoen is nie. Die DCS le klem op die regte gebruik van 'n GPS, navigasie van een punt tot 'n ander, die samewerking tussen bestuurder en navigator, hoe goed elke bestuurder sy/haar voertuig ken, hoe goed afstand en spoed geskat kan word en 'n groot skeut pret en plesier. Die DCS het dit ten doel om die bestuurder, eerder as die modifikasies aan die voertuig te toets, en sodoende die mees "denkende 4x4 bestuurder" te beloon met 'n prys aan die einde van die reeks.

Waaruit bestaan die DCS?
Die reeks van uitdagings bestaan uit die volgende:
MIDNIGHT.
Midnight is 'n nagry ervaring soos min. Van 21h00 die aand tot 04h00 die volgende oggend is die deelnemers se nagry vernuf tot die uiterste beproef waar hulle afstande tussen beheerpunte moes afle in 'n vasgestelde tyd oor ruwe 4x4 roetes met net die hulp van 'n koplampie, GPS en 'n roetekaart. By elke beheerpunt is 'n taak of hindernis aan die deelnemers gestel waar hulle punte kon sou hulle dit suksesvol afhandel. Die res van die punte is bereken volgens 'n "regularity raid" stelsel waarop die trajekte geskoei was. Die span wat die volle roete so naby as moontlik aan die voorgestelde tyd voltooi het, het dus die beste kans gestaan om te wen. Punte vir die onderskeie take/hindernisse is ook bygetel om dan die finale punt vir elke span te bepaal.

SAND
Sand is in Atlantis Duine aangebied. Nie 'n herhaling van die jaarlikse Atlantis Funday nie, maar eerder iets heel anders. Weereens het bestuurders by die aanvang van die uitdaging 5 stelle GPS koordinate gekry wat hulle moes gebruik om 'n roete deur die duine te plot. By elkeen van die 5 GPS koordinate was 'n bemande beheerpunt, met 'n hindernis wat hulle moes voltooi. By elk van die 5 beheerpunte is hulle van 'n ekstra GPS koordinaat voorsien waar 'n onbemande beheerpunt vir hulle gewag het. Deelnemers moes dan die nuwe punt in berekening bring om nog steeds die kortste moontlike roete te plot. In totaal was daar 10 beheerpunte en elke span se navigasie vermoee is tot die uiterste beproef om al die beheerpunte op te spoor en te besoek. Teen 14h00 die middag is die eindfluitjie geblaas en is almal terug na die wegspring waar die puntestand bereken is en die wenners aangewys is.

Daar is nog 2 uitdagings in die reeks van 4 wat voorle. Hierdie is reeds uitgele, die roetes is bepaal (wel soortvan) en die enjins luier al. As jy nou eers hiervan te hore kom, is daar dus nog 2 kanse om te kwalifiseer vir die Finaal...

MUD & GRIME
Modder Pret. Tradisionele moddergatpret, maar anders. Ons poog om almal net 'n lekker modderbad te gee, terwyl hulle "dink". Ons kan nie veel hieroor se nie, want daar is nie veel wat ons kan se nie, behalwe miskien, trek maar waterskoene aan.

WEEKEND
DCS bied aan 'n mini naweektoer. Deelnemers begin by 'n bymekaarkomplek nie te ver van Kaapstad nie. Daar sal elke span 'n roete kry om te ry en wanneer dit gedoen is word die GPS koordinate van 'n volgende bymekaarkomplek oorhandig en moet die deelnemers soontoe vertrek vir nog 'n uitdaging. Uiteindelik word die deelnemers op 'n toer gestuur waar hulle GPS punte moet opspoor en bietjie meer leer van die omgewing waarin hulle hulself bevind. Die dag gaan redelik vol wees, en kanse is goed dat party deelnemers eers na donker by die oornagpunt kan aankom. Deelnemers kampeer aan die einde van 'n 4x4 roete in 'n kampterrein wat die minimum geriewe bied. Basies 'n grasperk en dalk 'n paar bome. By die oornagpunt aangekom word daar tot ounag toe rondom 'n lekker warm kampvuur gekuier. Die volgende oggend word die kamp opgebreek en almal vertrek terug huis toe.

THE FINAL
By elkeen van die "uitdun rondtes" word 3 wenners aangewys. Hierdie is spanne wat bewys het hulle het die beste gevaar in daardie spesifieke disipline van 4x4 ry en wen hulle 'n inskrywing in die finaal. In totaal sal daar na die 4 uitdunne dus 12 Finaliste wees. Die Finaal word aangebied in die Tankwa Karoo oor 'n tydperk van 3 dae. Daar word lekker baie stowwerige 4x4 ry in droee rivierlope, klipkoppies en smal tweespoorpaadjies in die vooruitsig gestel. En dan wanneer die son sak word sundowners geniet op 'n klipkoppie met 'n das (verpligtend) en baadjie (that's pushing it)... Aan die einde van die Finaal word al die punte bymekaar getel, sompompies word hard geslaan en rook trek by party mense se ore uit en dan word die DCS:All Terrain Masters bekroon. Die span wat bewys het hulle is op alle terreine bobaas. Trofee word uitgedeel, almal sit dasse aan en geniet 'n Tankwa Bonfire met gepaardgaande vleisbraai en feestelikhede.....

:clap: :clap: :clap:

I will translate... but not right now... :twisted: :twisted: :twisted: But just so quickly if you have gumboots and a tie you are suitably dressed... :thumbup: :thumbup: :thumbup:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...

User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8280
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: Bellville
Vehicle: Langpad (RAV4)
Real Name: Chris

Thu Aug 11, 2016 11:00 am

Thys waar en wanneer is die volgende "event"?

User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16625
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
ORRA Call Sign: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Thu Aug 11, 2016 11:40 am

Chris die Mud&Grime event word op Saterdag 13 Aug aangebied by Dirt & Dust. Kom as 'n spektateerder as jy nie kans sien om deel te neem nie. Ons verwelkom altyd iemand wat mooi fotos kan neem... :twisted: :twisted: :thumbup: :thumbup:

Vir meet oor die hele reeks lees hier http://www.dustmedia.co.za" onclick="window.open(this.href);return false;
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...

User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16625
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
ORRA Call Sign: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Mon Aug 15, 2016 11:08 am

Here are some pictures of the Mig&Grime event we held on the weekend. It was well attended despite the rain and wind, and the wet conditions made walking a challenge, let alone driving.. Heaps of fun was had by all..

Image Link Broken

Image Link Broken

Image Link Broken

For more pictures visit the Dust Media page.
http://dustmedia.co.za/2016/08/14/dust- ... -pictures/" onclick="window.open(this.href);return false;
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...

User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8280
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: Bellville
Vehicle: Langpad (RAV4)
Real Name: Chris

Mon Aug 15, 2016 12:39 pm

Dit lyk LEKKER :)

User avatar
Witvos
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 124
Joined: Wed Jan 06, 2016 2:50 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: Toyota Hilux D/cab 3.0KZ-TE
Real Name: Jaco
Location: Brackenfell

Mon Aug 15, 2016 2:16 pm

Ai bliksem hoe kon ek dit dan nou mis

User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16625
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
ORRA Call Sign: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Mon Aug 15, 2016 3:14 pm

Moenie uitmis op die volgende een nie.... 'n Weekend Challenge met 'n spitbraai en kamp...

http://dustmedia.co.za/2016/08/14/dust- ... ries-open/" onclick="window.open(this.href);return false;
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...

User avatar
swartvark
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2053
Joined: Mon Jan 11, 2010 2:03 pm
Town: Gordons Bay
Vehicle: SFA HiLEX V8; Suzuki GSF1200s Bandit
Real Name: Tiaan
Location: Western Cape

Sat Aug 20, 2016 8:43 am

Julle moet inskryf ouens!!! Gerrie en Thys het hulself regtig oortref met hierdie reeks uitdagings.
Ek het die vooreg gehad om saam rond te ploeter by die Sand uitdaging en deel te neem aan die Modder jol. Dit was GREAT!.
Ek moet nou net 'n GPS aanskaf, sodat ek volgende keer aan die hele Reeks kan deelneem. :blushing:

Ek hoop dit gaan 'n jaarlikse ding wees?.....10 uit 10 vir Dust Media en Team Offroad. :thumbup:
unnamed.png
13423829_10209443239577964_422007634959918622_n.jpg
13906973_1271899882862692_6670541728631202258_n.jpg
13912403_10153935480112903_2192111704217738969_n.jpg
13920814_10153935480207903_192209273693712234_n.jpg
13920908_1271899192862761_28510043997492221_n.jpg
13935091_10153935479987903_4807362110323362975_n.jpg
14034863_1271899752862705_69470240543434237_n.jpg
unnamed (1).jpg
unnamed (5).jpg
unnamed (7).jpg
Image
MUD........GLORIOUS MUD!!!!!


Your friendly VW salesperson......(with a passion for SFA Hiluxes)

NEED A CAR?
talk2tiaan@gmail.com
0829294028

User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16625
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
ORRA Call Sign: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Mon Aug 22, 2016 11:39 am

Tiaan, ons gaan hard probeer om dit 'n jaarlikse reeks te maak. Die konsep is uniek, dis nie iets wat elders bestaan nie en dis iets met ongelooflik baie potensiaal... Ons is commited vir hierdie jaar, reg deur tot die Finaal.

Ons leer verskriklik baie, dis nie kinderspeletjies om hierdie goed te reel nie, en dit kos nie kleingeld nie. Die ouens met die venues raak van hulle koppe af as jy praat van 'n event hou op hulle perseel, dan charge hulle net wat hulle wil. Ons kan dus nie altyd die venues kry wat ons wil he nie, so ons moet maar maak doen met wat ons kry.

Atlantis Duine is byvoorbeeld 'n "No-Go" om 'n event te reel as jy nie hare op jou tande het nie... En dis nie goedkoop nie, en hulle is propvol nonsens. Ons moes 'n Environmental Officer huur vir die dag, en toilette en ons mag glad nie, nie eers op die parkeer area, kos voorberei het nie. Geen fotograwe is toegelaat nie... omdat ons nie 'n "photoshoot" permit uitgeneem het nie.... En meeste van die reels en regulasies het in die laaste week voor die event opgeduik. Nadat alles gelde inbetaal was en ons nie meer die ding kon kanseleer/verskuif nie..

Op die stadium is ons "out of pocket" en breek ons nog nie regtig gelyk nie.. Die Finaal le nog voor en dit gaan 'n aardige bedraggie geld kos om te reel. Maar, soos die Engelsman se, In for a Penny, in for a Pound.. Ons byt vas en druk deur.. Omdraai is daar nie, as ons die jaar reg doen en dit is 'n sukses, kom daar hopelik volgende jaar 'n sponsor of 2 aan boord wat kan help met van die kostes. Vir die Finaal het ons Maxxis aan boord gekry, hulle sponsor vir ons 'n R10000 tyre voucher as prys vir die wenner.

Tot dusver lyk die terugvoering van die deelnemers fantasties, ons het manne wat al 3 die uitdagings bygewoon het, so ons moet iets reg doen.. Maar eintlik is die ouens wat die ding laat vlot verloop ons Marshals. Sonder hulle sou ons niks reggekry het nie..
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...

User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8280
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: Bellville
Vehicle: Langpad (RAV4)
Real Name: Chris

Mon Aug 22, 2016 12:47 pm

Thys die photoshoot permit is nog n DA-regering gemors ....

Ek mag met my P&S enige plek fotos neem. Maar sodra dit "public space" is moet ek n permit hê as ek my lang lense wil uithaal.

Moenie eens dink daaraan om n paar trou fotos op die strand te wil neem nie. Die plaaslike regering is vol strooi met die goed !!



So paar jaar terug was dit net n vorm en n klein bedrag om toestemming te kry - absurde moeite vir n tipiese Saterdag middag foto-sessie. Maar dit was nie duur nie.


Ek weet nie wat die proses vandag is nie.

User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16625
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
ORRA Call Sign: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Mon Feb 06, 2017 6:07 pm

2017 is here. And we are working hard behind the scenes to get this thing up and running again this year.

The name changed somewhat. Now not the Dust Challenge Series any longer, we want te get away from the "Chellenge" part of it, because people seem to think it entails breaking your vehicle. So we changed it to Dust Series. Thats it. Dust Series.

3 Events in total this year, Sand, Midnight and Mud&Grime. Top 3 in each of these qualifiers get an automatic entry into the Finals in the Tankwa Karoo. Last year's Finals was a Huge success.

Twist in the tail. We are going National. Yes, we are also presenting a Dust Series in the Free State, you guessed it, Dust Series : Free State and we are negotiating with some guys to also present it in the Gauteng region. Same thing, top 3 of each region also comes to Tankwa Karoo for the Finals. It's going to be BIG this year.

See if you can get around to joining in the fun. Last year was a success, we are aiming to make it a better one this year. :thumbup: :thumbup:
DustSeries2017n.jpg
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...

User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16625
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
ORRA Call Sign: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Mon Feb 27, 2017 3:16 pm

Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...

User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16625
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
ORRA Call Sign: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Tue Jul 11, 2017 2:40 pm

Some reading on thec 2 Dust Series events we did in the Western Cape so far this year. We are taking a "winter break" and will be back in September with a visit to Lambert's Bay dunes, for a day/weekend in the sand.

Dust series also went National, with events also being held in Gauteng, Mpumalanga and Freestate. Watch out for a BIG final this year in Tankwa where all regions will send their top 10 of the Series to duke it out for the right to call themselves Dust Series Champs.

Dust Series : WC - Midnight - From Stikland to Hopefield overnight
http://dustmedia.co.za/2017/04/03/coope ... he-winner/

Dust Series : WC - Dirt - Welgelegen4x4 in the rain.
http://dustmedia.co.za/2017/06/12/coope ... e-are-six/.
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...

User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16625
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
ORRA Call Sign: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Mon Sep 18, 2017 2:49 pm

The qualifiers for 2017 are done and dusted and we have 10 Finalists to do battle with the other 4 regions for the Cooper Dust Series Championship Crown.

Image

Read more about it here: http://dustmedia.co.za/2017/04/03/dust-series-wc-log/
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...

Post Reply

Return to “Competitions”

  • Information
  • Who is online

    Users browsing this forum: No registered users