NGAMILAND Uitreik - Kort Kennisgewing

Here you can post information of charities and charities in need or any good ideas you have on helping charities.
Post Reply
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

NGAMILAND Uitreik - Kort Kennisgewing

Post by Kagiso »

NGAMILAND Uitreik Augustus 2015
DATUMS: 8 Augustus – 23 Augustus 2015
Botswana – Jesus Film Uitreik @ Veeposte

• Wat en waar is NGAMILAND ?
Ngamiland lê ten noorde van Ghanzi en strek tot teen die Okavango rivier. Ten weste tot teenaan [en verby] die Namibie grens EN aan die Oostekant is die Okavango Delta die grens.
• Wat gaan ons nou weer doen?
o Ons bedien die gebied waar Sendelinge van Xanagas; Seronga; Sepupa, Shakawe en NG Gemeente Ghanzi met Sending besig is. Hierdie is hoofsaaklik ’n Jesus Film en Walking With Jesus Film uitreik na:
o Die Boesman gemeenskappe van: New Xanagas, Nxau-Nxau; !Xabatsha, Tshodilo, waar ons saans na son-onder die Jesus Film vertoon
o Ons Uitreik begin by New !Xanagas en die omliggende en afgelee veeposte saam met Ds Gawie Joubert
Wil jy saam kom?
• Wie bedien ons?
Al die volkere wat in hierdie bar, uitgstrekte dele van Botswana is en wie ’n behoefte het om meer van Jesus te wete te kom. Die meeste met wie ons in aanraking gaan kom is die Boesmans, hoofsaaklik Naro maar daar is ook !Xung.,[of Xun gespel] !Xkou-Xkou en Mbukushu. Verder is daar Tswanas [uit die aard van die saak] Herero, Ba-Yeyi, Losi ens...

En nou staan ek hoed inni hand, bakhand en VRA, kan jy n bydrae las maak vir ons paar wat wel op die Uitreik kan gaan? Daar is n paar mane wat graag wil gaan maar nie dit breed het, nie. Ekself het net die klein pensioen en die gaan ook maar net so in dag tot dag huishouding in.
En vir die wat nie wil of KAN gaan nie ???
Sal ASSEBLIEF oorweeg om by te dra tot hierdie uitreik om iemand wat wil gaan gaan maar nie die middele het nie te borg om te gaan ???
Dat jy sal intree in gebed vir ons – nou alreeds vir die beplanning en voorbereidings wat nog moet klaar voor die uitreik – en natuurlik ook tydens die hele uitreik. Asseblief?
Want sonder gebedsdekking haal ek nie eens Pretoria se buite grense nie.
OutreachAfrica Bank Details: OutreachAfrica is a Non-Profit Organisation (NPO) registered to support Outreach work and we operate as Outreach2Africa, is our brand name.
Account name: OutreachAfrica: Bank: Standard Bank; Branch: Castle Walk; Type: Savings
Branch Code: 01464500 ; Account number: 415214742
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Post Reply

Return to “Community Responsibility”