Helpende Hand

Here you can post information of charities and charities in need or any good ideas you have on helping charities.
Post Reply
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Helpende Hand

Post by pietpetoors »

Ek ontvang elke maand nuusbriewe van verskeie liefdadigheidsorganisasies. Ek dink nie ons besef altyd wat se nood daar in ons land is nie. Ek het besluit om die inligting van daardie nuusbriewe gereeld hier op te sit sodat meer mense kan betrokke raak by dit. Elke klein bydrae kan wel 'n verskil maak.

Hier is Helpende Hand se nuutste nuusbrief:
Helpende-Hand-Nuusbrief-November-2009.pdf
Helpende hand nuusbrief
(794.78 KiB) Downloaded 64 times
Stel ons jongmense in staat om op gelyke voet te kompeteer

Kinders uit verarmde gemeenskappe het baie struikelblokke om te oorkom. Die realiteit is dat Afrikanerjongmense ʼn hele paar ekstra struikelblokke moet oorkom om die sirkel van armoede te breek.

* Eerstens is baie Afrikaners skaam om te praat oor die nuwe stille armoede wat ons gemeenskap raak. Baie Afrikaners voel dit is nie polities korrek om oor wit armoede te praat nie. Dit is veel makliker om die probleem te ontken, te relativeer of te maak asof dit minder erg is as armoede in ander gemeenskappe.
* Tweedens word dit moeiliker vir Afrikaanse kinders om onderrig in hulle moedertaal te ontvang. Dit is nie net op skoolvlak waar die getal enkelmedium Afrikaanse skole dramaties krimp nie. Op tersiêre vlak is dit nie meer vanselfsprekend dat ʼn jongmens in Afrikaans verdere opleiding kan kry nie.
* Derdens is daar maatskaplike diskriminiasie teen minderheidsgemeenskappe. Die regering praat van “swartes en ander” en die “ander” het doodgewoon nie dieselfde maklike toegang tot staatshulp nie. Onafhanklike navorsing wys tans dat daar 131 000 wit gesinne is wat sou baat by ʼn HOP-huis. Sedert 2000 het die Tshwane-metroraad nog net vir twee wit gesinne ʼn HOP-huis gegee. Terloops, ons moet nooit daarvoor blind wees dat ander minderheidsgemeenskappe onder dieselfde maatskaplike diskriminasie ly nie. Sedert 2000 het slegs 65 bruin gesinne ʼn HOP-huis van die Tshwane-metroraad ontvang. Helpende Hand het nog nooit die nood en pyn van armoede in die swart gemeenskappe ontken nie, maar vra net ʼn regverdige en gelyke kans vir alle gemeenskappe.
* Vierdens maak die ideologies gedrewe transformasie- en regstellende aksie-beleid van die regering dit nog moeiliker vir Afrikanerjongmense om werk te kry.

Helpende Hand vra nie eksklusiewe of spesiale behandeling vir verarmde Afrikanerjongmense wat die potensiaal het om verder te studeer nie, maar ons het die verantwoordelikheid om ons kinders in staat te stel om op gelyke voet in die arbeidsmark te kompeteer.

Hoe doen Helpende Hand dit?

* Deur vir kinders van kleins af te leer hoe belangrik dit is om te leer. Die skooltassieprojek is juis daarop gemik om graad eens toe te rus met die nodige hulpmiddels sodat hulle nie met ʼn plastiek inkopiesak by die skool hoef op te daag nie. Navorsing het getoon dat indien ʼn kind se selfvertroue in die grondslagfase geknak word, die kans goed is dat hy of sy nie skool sal voltooi nie.
* Deur die Afrikaanse beursplatform verder uit bou. Finansies mag nooit ʼn rede wees waarom ʼn begaafde jongmens uit ʼn behoeftige gemeenskap nie verder kan studeer nie.
* Deur die voorbereiding van jongmense vir die arbeidsmark met behulp van ʼn nuutgestigte Beroepsleidinginstituut. Met die regte beroepskeuses en met behulp van leierskapsontwikkeling, kan ʼn jongmens met selfvertroue die toekoms betree.
* Deur gemeenskappe te mobiliseer om deur middel van Helpende Hand-takke betrokke te raak by die nood in hulle omgewing. Helpende Hand-takke staan nie net op teen onreg en diskriminasie op plaaslike vlak nie, maar gee vir kinders kosblikkies, want hulle kan slegs leer as hulle magies vol is. Helpende Hand-takke help ook jongmense wat die potensiaal het om verdere opleiding te ontvang, deur gemeenskapsbeursfondse te stig.
* Die Solidariteit-beweging veg om die blokkasies van regstellende aksie en diskriminerende transformasie te verwyder. Deur die blokkasies te verwyder, kan broodnodige vaardighede vrylik in die ekonomiese hoofstroom invloei.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Helpende Hand

Post by OOOOMS »

Dankie Pieter, vir die informasie, dit is nogal steurend!
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29856
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Helpende Hand

Post by Mud Dog »

OOOOMS wrote:Dankie Pieter, vir die informasie, dit is nogal steurend!
Om die minste te sê, Mark. Ek dink die meeste van ons is bewus van die toestandighede, maar het geen benul oor die diepte of verspreidenheid daarvan. Als witmense is ons almal slagoffers hiervan in een of ander vorm. :( :think:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
3RZ
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 725
Joined: Mon Jan 14, 2008 12:37 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2004 Legend 35 Hilux 2.7 DC 4x4
Real Name: Willem Grimsell

Re: Helpende Hand

Post by 3RZ »

Solidariteit se Helpende Hand aanvaar ook enige klere, kos, huisraad ens by al die takke van Solidariteit http://www.solidariteit.co.za/Tuis/tuis.php. Ek gooi niks bruikbaars meer weg nie, alles wat ek van ontslae wil raak gaan na hulle toe, klere, komberse, matrasse, stoele, ou mikrogolfoond, hulle sorg dat dit by die regte mense uitkom wat dit kan gebruik.
Last edited by 3RZ on Tue Nov 10, 2009 8:51 am, edited 1 time in total.
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Helpende Hand

Post by pietpetoors »

Hi Willem, is goed om te weet daar is nog iemand wat help.
Helpende hand se web adres is
http://www.helpendehand.co.za/

Teken in op hulle nuusbrief.

Hulle het nog 'n projek, die Groeifonds, wat weer help met opleiding van ons Afrikaner kinders.
Sien http://www.groeifonds.co.za/
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
3RZ
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 725
Joined: Mon Jan 14, 2008 12:37 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2004 Legend 35 Hilux 2.7 DC 4x4
Real Name: Willem Grimsell

Re: Helpende Hand

Post by 3RZ »

Pieter ons probeer maar help waar ons kan. Afriforum is ook een van die ander Solidaritiet inisiatiewe waar ek lid is.

http://www.afriforum.co.za/
Post Reply

Return to “Community Responsibility”